Issuu on Google+

Breederivier

Year 18 • 21 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

’n Haelbui wat die onlangse swaar reën vergesel het, het groot skade aan dele in Montagu aangerig. ’n Eertydse restaurant by die Montagu Wine & Spirits Company is erg beskadig.

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Sommige haelkorrels was so groot soos gholfballe.

Hael rig groot skade aan HILDERINE SCHRÖDER Die geweldige reënbuie wat onlangs in die Langeberg-area uitgesak het, het nie net tot lewensverlies en skade aan infrastruktuur gelei nie, maar het in die Montagu-area ook met grootskaalse haelskade gepaard gegaan. Die Gazette het verlede week berig dat die reënneerslae drie lewens geeis het ná riviere in die Langebergarea oorspoel het. Groot skade is ook

aan brûe en paaie aangerig. Sommige plase in die area het egter ook geweldige haelskade ervaar. Meer as ’n miljoen rand se oesskade is aan boorde, wingerde en landerye op Dawie van Deventer se plaas Little Oaks aangerig. Volgens Van Deventer, ook voorsitter van die Montagu-landbouvereniging, is sowat 1 400 ton vrugte in die haelbui vernietig. Dit sluit perskes, wyndruiwe en ook pampoen in. Hoewel die appelkose op die plaas reeds geoes is, het sowat 850 ton pers-

kes in die slag gebly. Op die plaas Magic Mountain is massiewe skade aan appelkoos- en perskeboorde sowel as wingerde aangerig. Sowat 8 ha is deur die haelbui geraak. Hoewel die meeste appelkose reeds geoes is, sê Karin Kingon van dié plaas, het die perske- en druiwe-oes in die slag gebly. Skade is ook aan die droogfabriek op die plaas aangerig. Die skade aan geboue op die plaas word op sowat R250 000 geraam, ter-

wyl dit ongeveer R600 000 sal kos om bome te vervang indien dit nie gered kan word nie. Van die bome, sê Kingon, is erg deur die hael, waarvan die korrels amper so groot soos gholfballe was, beskadig. “Selfs die bas is van die bome afgeslaan.” Die totale oesskade op dié plaas is in dié stadium nog onduidelik. Die res van die wingerd en vrugtebome op die plaas is nie deur die haelbui geraak nie. ’n Eertydse restaurant by die Montagu Wine & Spirits Company is ook

deur die massiewe haelkorrels beskadig, met dakplate en vensters wat stukkend geslaan is. Dié gebou word tans nie gebruik nie en die omvang van die skade is nog nie vasgestel nie. Volgens Van Deventer is dit volgens sy kennis die eerste keer wat soveel skade deur ’n haelbui in die gebied aangerig is. “My pa is al 35 jaar in die area en dit is die eerste keer wat hy so-iets gesien het,” sê hy. Nóg Van Deventer, nóg enige van die ander produsente is teen haelskade verseker.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 21 Januarie 2014

Grafte loop wéér deur HILDERINE SCHRÖDER Grootskaalse vandalisme by die Robertson-begraafplaas het ’n inwoner van hiér só ver gedryf dat hy nou self ’n plan probeer beraam om die begraafplaas te beveilig. Die Gazette het verlede jaar berig oor grafstene wat deur vandale omgegooi word of beskadig word. Soortgelyke voorvalle het opnuut die afgelope Desember-vakansie én verlede week gebeur. ’n Robertsonner is só bekommerd oor dié toedrag van sake dat hy die Langeberg Munisipaliteit genader het met ’n voorstel dat ’n fonds in die lewe geroep word om te betaal vir verskerpte sekuriteit by die begraafplaas. Sou die munisipaliteit sy plan goedkeur, sê die inwoner, wat uit vrees vir viktimisasie nie sy naam wil noem nie, beoog om hy om naasbestaandes van diegene wat in die begraafplaas begrawe is, te betrek om die area te beveilig. Hy wil so gou moontlik met naasbestaandes by die begraafplaas vergader

waar hulle persoonlik die skade aan grafte kan besigtig. Hierna hoop hy om ’n bankrekening te open waarin naasbestaandes geld kan deponeer wat dan aangewend sal word om die begraafplaas te beveilig. “Een oplossing is waarskynlik ’n hoë muur met veiligheidsdraad bo-op en ordentlike hekke,” sê hy. In hierdie stadium is daar niks wat toegang tot die begraafplaas verhinder nie. “Die toestand van die begraafplaas is absoluut skokkend,” sê die bekommerde inwoner. Die munisipaliteit het vroeër bevestig dat die vandalisme by die begraafplaas groot hoofbrekings besorg, veral in die lig daarvan dat die begraafplaas uit verskeie kleiner begraafplase bestaan wat die verantwoordelikheid van ’n verskeidenheid kerke is. Die munisipaliteit het teen druktyd nie gereageer op die Gazette se navrae ten opsigte van die plan soos deur die inwoner aan hom voorgelê nie. Naasbestaandes wat met die inwoner in verbinding wil tree, kan hom by 076 105 6670 bel.

Grootskaalse vandalisme by die Robertson-begraafplaas het ’n plaaslike inwoner genoop om met ’n plan vorendag te kom om dit te probeer hokslaan. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Hulp en skenkings maak feestyd spesiaal Inwoners en organisasies van Montagu het gedurende Desember uit hul pad gegaan om die feestyd spesiaal vir honderde kleingoed en senior burgers te maak. Die Wardia VGK Primêre Skool het vroeg in Desember reeds aan die beurt gekom toe hulle nie net ’n besoek van Kersvader en ’n hanswors gekry het nie, maar ook elkeen ’n geskenkie gekry het. Danksy donasies uit Duitsland en Nederland is kleingoed by Stockwell NGK Primêr met boekies en skryfbehoeftes sowel as sjokoladelekkers (al die pad uit Nederland!) bederf. Skenkings het ook meegebring dat 83 leerders aan Warmbron Kersgeskenkies gekry het, wat boonop deur Kersvader uitgedeel is. Senior burgers in die gebied het nie agterweë gebly nie. Oudlede van die Montagu Lions het saam met talle ander inwoners van die dorp saamgespan om ’n braai vir 24 senior burgers by Badensfontein te hou. Nie net is daar heerlik gekuier en gesing (dít nogal met die begeleiding van ’n dwarsfluit!) nie, maar ’n hanswors wat die gaste oefeninge laat doen het, het ook vir heelwat geskater gesorg. Kinders van Ashbury is ook bederf met geskenkies danksy skenkings van plaaslike organisasies en oorsese bydraes. Die maand se verrigtinge is afgesluit met ’n Kerspartytjie in Nieuwe Horizon se saal, waar die Nederlandse Stigting vir 83 mense kos gemaak het en 36 kleingoed met geskenkies bederf is.

Kleingoed van Ashbury is onder meer met geskenkpakkies bederf.

Leerders by Stockwell NGK Primêr is met lekkergoed al die pad uit Nederland bederf.

Senior burgers kon smul aan braaivleis danksy die hulp van oudlede van die Montagu Lions en inwoners van die dorp.

Leerders by die Wardia VGK Primêre Skool is verlede maand bederf met ’n besoek van Kersvader.


Dinsdag 21 Januarie 2014

) Twee mense is ernstig beseer en nog sewe het ligte beserings opgedoen in ’n botsing tussen ’n taxi en bakkie gisteroggend (Maandag) omstreeks 06:10. Volgens ao. Sylvester Joseph, woordvoerder van die Ashton-polisie het die ongeluk digby die plaas Klein Parys gebeur toe die bestuurder van ’n Toyota Quantum met 16 passasiers na bewering ’n vragmotor probeer verbysteek het en teen ’n aankomende Isuzu-bakkie vasgery het. Die minibus was vanaf Ashton na Robertson op pad en het fabriekswerkers wat van hul nagskof na hul huise teruggekeer het, vervoer. ’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek. ) Die Robertson-polisie doen ’n beroep op inwoners van die area om nie gesteelde items soos selfone, skootrekenaars en elektriese toebehore aan te koop nie. Volgens lt. Cynthia Mngcele, polisiewoordvoerder, word inbrekers deur die aankoop van hierdie items in hul kwaad gestook en lei dit tot ’n toename in diefstal.

Man val van trok, sterf HILDERINE SCHRÖDER Die Robertson-polisie doen ’n ernstige beroep op inwoners van dié dorp om weg te bly van bewegende vragmotors wat vrugte vervoer. Dít volg ná ’n jong man verlede week van ’n vragmotor wat perskes vervoer het afgeval en aan sy beserings beswyk het. Hendrik Syster (23) is verlede Maandag (13 Januarie) in die Tygerberg-hospitaal oorlede ná hy met ernstige beserings vanaf die Robertson-hospitaal daarheen oorgeplaas is. Volgens lt. Cynthia Mngcele, woordvoerder van die Robertson-polisie, gebeur dit dikwels dat mense, waaronder ook kinders, by stopstrate, verkeersligte en verkeersirkels op bewegende vragmotors vol vrugte spring. In baie gevalle word daar dan vrugte van die vragmotors gesteel en word dié langs die pad verkoop. “Ons doen ’n dringende beroep op mense om hierdie optrede te staak,” sê Mncele. Die polisie rig ook ’n dringende versoek aan Valleiers om nie vrugte langs die pad te koop nie.

Stil feestyd JOLINE VAN DER MERWE Die Robertson-polisiekantoor se bedieningsgebied het oor die algemeen ’n stil feestyd met ’n afname in amper al die misdade geniet. Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 30% gestyg, maar lt. Cynthia Mngcele, skakelbeampte van die Robertson-polisie, sê die styging in syfers kan toegeskryf word aan hoë alkoholinname tydens die vakansie en dit gebeur gewoonlik binne die huis, wat die polisie nie onmiddellik kan bereik nie. Diefstal het ook met 31% gestyg, terwyl bestuur onder die invloed met 80% gedaal het. Luitenant Mcgcele maan inwoners om altyd op hul hoede te wees en nie handsakke en kosbaarhede in die motor te los nie.

News - Nuus

Breederivier Gazette

3


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 21 Januarie 2014

Christo Gaybba is die wenner van die Gazette se vakansiefotokompetisie waarin ’n De Jagers-koopbewys van R500 op die spel was. Hy het hierdie foto’s geneem in sy vakansie in Tanzanië en Zanzibar, asook by die Victoriavalle. Hy het al die pad van Tanzanië tot in Suid-Afrika gery.


Dinsdag 21 Januarie 2014

News - Nuus

DANKIE! Huis Uitvlucht tehuis vir senior burgers op Montagu bedank almal van die Montagu Oudam buurt vir die donasie wat by die Oudam Gholfdag aan die tehuis oorhandig is. Met die tjek staan (agter, van links) Anrie Uys (bestuurder: Huis UItvlucht) en Elizabeth Brighton en AndrĂŠ Swart (Oudam-verteenwoordigers). Voor sit Comine Stemmet, Anna Jordaan en Bing Moll, almal inwoners van Huis Uitvlucht.

Breederivier Gazette

5


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 21 Januarie 2014

What first-time investors should look out for It is no secret that the key to growing your wealth is to invest your money wisely – and as early as possible. However, making the decision of where to invest your money may seem like a daunting task for many first-time investors. This overwhelming task is often made even more confusing given the variety of options available, and this can potentially lead to the wrong investment decision being made. According to Jason Bernic, financial planning coach at Acsis, a leading financial advisory company, there are common mistakes made by first-time investors, and often these can be attributed to simply overlooking the basics at

FAMILIEKENNISGEWINGS

IN MEMORIAM 1015

GELUKWENSINGS

the start of their investment journey. He says that the most common mistake firsttime investors make is not having a financial plan in place. “Any investment should be an element of a greater financial plan because without a plan in place, the possibility of reaching your ultimate goal is reduced.” Bernic says that not committing to an investment plan is also a downfall for first-time investors. “Financial investment solutions are based on an assumed term and if this period is compromised, it could affect the performance of the investment. Many investors also cash in their long-term investments for short-term purchases, resulting in it being very difficult, if not highly unlikely, to catch up those years of savings.” Another common mistake is not trying to fully understand the investment solution. “It is important for an investor to feel comfortable and confident in their investment and to do so, investors should understand the investment’s risks, volatility and sensitivity to the market.” Bernic adds that failing to select the appropriate underlying portfolio will also affect the performance of an investment, as well as its ability to achieve its given objective, whatever that may be. “Too many investors are looking for a ‘quick buck’ and are not prepared to invest

BETREKKINGS 3600

1030

DIENSTE

GESOEK

GEBOORTES

3601

1001

SNYMAN JAN Geb.5/02/1945 Gest.14/01/2014 BURGER KATHARINA Die Roudiens vind plaas SOPHIA Woensdag 22/01/2014 om Gebore op 1 November 2013. ’n Pragtige kleinsus 7nm in AGS- kerk Coetzeestraat. Begrafnisdiens vir Petronella en vir Saterdag 25/01/2014 om Mamma en Pappa. Baie dankie vir vriende en fami- 9vm by die huis in Malvalie se liefde en ondersteu- straat 71, en 10vm in die AGS kerk, Coetzeetstraat, ning met haar geboorte. Robertson. Sal onthou word deur sy vrou, kinders, kleinkinders, familie en vriende.

ALGEMENE werker met kode 10 lisensie so spoedig moontlik. Skakel 082 349 8227, geen please call me's asb. OERSON SINICE Geluk met jou 8ste verjaarsdag, 24 Januarie. Geniet jou dag. Liefde van Mamma Tavia, Daddie en Mammie.

DIENSTE 2420

2420

in their own future. If an individual is on a compulsory scheme, such as a pension or provident fund, he or she often elect the lowest savings option because that will allow him or her the greatest net income each month. Many investors that are on a compulsory scheme also accept the default asset allocation, which is in most cases highly conservative, resulting in a lower return. “As a rule of thumb, first-time investors that are young should be invested in a more aggressive option, as they have time on their side.” “When deciding on an investment, it is important to understand what kind of lifestyle you want to live, as this will determine what return you would need to achieve this lifestyle, the asset allocation required in order to achieve this return, and the resultant risk that accompanies such asset allocation.” When selecting an investment, there are three main questions an investor should always ask, namely how does this align with my greater financial plan, how did I arrive at this investment proposal and how will this investment achieve my personal financial goals? “By keeping these three questions in mind, it will allow you to make an informed decision that is aimed at meeting your financial goals,” concludes Bernic. Source: www.women24.com.


Dinsdag 21 Januarie 2014 HOOF SE HARE WAAI WEER: Soos die gebruik al vir die afgelope 17 jaar, word dr. Japie Spies, hoof van die Hoerskool Montagu, se hare borselkop geskeer as al die matrieks hul eindeksamen slaag. Hannelie Zulch, Chantanne van As, Pieter Booysen en Hester Buhr het hierdie jaar diĂŠ genoeglike taak op hulle geneem.

Schools - Skole

NUWE BESEMS: Die Laerskool Robertson spog vanjaar met twee nuwe personeellede. Lezanne Mouton en Bianca Bester het by die skool se span onderwysers aangesluit. Mouton sal vir die gr.4 C-klasgroep klasgee, terwyl Bester vir die eenheidsklas sal klasgee.

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 18 • 21 Januarie 2014 | Tel. 023 626 5212

Bonnievalers rol in eindronde Die Bonnievale-rolbalklub se C-span het verlede naweek al sy teenstanders stom gelaat toe hy deurgedring het na die finale ronde van die Boland mansviere-kampioenskappe. Die afskop van die kompetisie op Bonnievale het ’n rekordaantal inskrywings gelok met al drie Bonnievale se spanne wat na die volgende ronde deurgedring het, ’n eerste vir dié klub. Gedurende die uitspeelwedstryd, wat op Bredasdorp plaasgevind het, het Bonnievale se C-span gewys wat in hom steek deur die sterkste span in die streek die loef af te steek om na die finale ronde, wat binnekort op Worcester plaasvind, deur te dring. Die Langeberg-streek toon tans die grootste groei in belangstelling in rolbal met dorpe soos Robertson, Swellendam en Bonnievale wat baie doen om die spel aan die jonger generasie bekend te stel.

Die Bonnievale-rolbalklub se C-span het onlangs deurgedring na die finale ronde in die Boland mansviere-kampioenskappe. Van links is Marinus Oosthuizen, Niel Stemmet, Piet Coetzee en Tobie Louw. FOTO: VERSKAF

FYNTRAP: Twee danspare van die Montagu School of Dancing het die skool onlangs by die Fedansa SA kampioenskappe in Durban verteenwoordig. Juwayne Alcaster en Venice Adendorf (albei leerders aan die Hoërskool Montagu) het ’n derde plek in die baldans- en ’n vierde plek in die Latynse dans-afdeling behaal.

Kenwin Stout (ook van die Hoërskool Montagu) en Yane Fisher (van die Hoërskool Robertson) het ’n vyde plek in baldans en ’n sesde plek in Latynse dans losgeslaan.

KARATE: Sewe leerders aan die Hoërskool Montagu het aan die onlangse karate wêreldkampioenskappe in Mumbai, Indië deelgeneem waar drie van hulle besonder goed presteer het. Van links is Jayden Johnson, wat ’n silwermedalje vir gevegskuns (seuns o.13) verower het, Jacqui Kriel, wat ook ’n silwermedalje vir Unison Kata (meisies 16 – 17) en Alrich Sauer, wat ’n goue medalje vir gevegskuns (seuns 16 – 17) verower het.


Breederivier gazette 21 01 2014