Page 1

Breederivier

Year 17 • 19 November 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Hengelaars op die oewer van die Breederivier het ’n verrassing gekry toe hulle vroegoggend wou gaan visvang en daar ’n voertuig in die rivier gelê het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Rowers stoot kar in rivier HILDERINE SCHRÖDER Hengelaars op die oewer van die Breederivier buite Robertson was verlede Donderdag (14 November) stomgeslaan toe hulle ’n kar in die rivier aangetref het. Die kar is vroeër die oggend tydens ’n gewapende rooftog in Montagu gebuit. Volgens kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, is ’n inwoner, wie se naam nog nie aan die media bekend gemaak is nie, vroegoggend deur drie mans, een gewapen met ’n mes en ’n ander met ’n vuurwapen, oorval. Die slagoffer is gedwing om sy kluis oop te sluit waarop die rowers ’n vuurwapen, juwele en ’n onbekende hoeveelheid geld gebuit het. Hierna het hulle hom gedwing om hulle

na sy onderneming te neem waar hulle ook geld uit die kluis gesteel het. Die rowers het die man terug na sy huis geneem waar hulle hom vasgebind in ’n kamer gelaat het en met sy wit Volkswagen Polo gevlug het. Hulle het die voertuig by ’n piekniekplek op die McGregor-pad in die rivier gestoot. Die rede vir dié stap is in dié stadium onbekend. Omstanders het vir ure op die toneel saamgedrom terwyl beamptes van die polisie se forensiese eenheid die toneel vir leidrade gefynkam het. Polisieduikers het ook die kar ondersoek en gou gerugte dat iemand in die voertuig vasgekeer was, die nek ingeslaan. Die voertuig se voorste ruite en die kattebak was oop en die sleutel was steeds in die aansitter toe die rowers dit die rivier ingestoot het.

Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof en voertuigdiefstal. Intussen het ’n lid van die Montagu-polisiëringsforum gesê so ver bekend is dié een van die eerste gewapende rooftogte in dié dorp. Daar word vermoed dat die boewe die slagoffer vooraf dopgehou het om sy roetine vas te stel. Die forum doen ’n ernstige beroep op eienaars van ondernemings om nie groot bedrae kontant op hul persele te hou nie, hul roetine te wissel en ook kennisgewings opsigtelik te vertoon waarin dit duidelik gestel word dat die onderneming se kluissleutels nie op die perseel gehou word nie. Intussen word enigeen wat die voorval gesien het of enige inligting daaroor het, versoek om die Montagu-polisie by 023 614 8300 te bel.

Die Volkswagen Polo was heeltemal onder water met slegs ’n gedeelte van die bagasieruim wat by tye uitgesteek het.

Polisieduikers het die voertuig gefynkam vir enige insittendes. Dit blyk egter die kar was leeg toe dit in die rivier gestoot is.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 19 November 2013

Klink ’n glasie op prestasies Nagenoeg 15 000 wynliefhebbers het onlangs hul stemme laat hoor in die tweede Klink Wyntoerismetoekennings en Van Loveren Wynkelder buite Robertson beloon met twee toekennings uit ’n beskikbare vyftien kategorieë. Die kelder is aangewys as die Beste Kindervriendelike Wynplaas en is ook vereer met die toekenning vir die Beste Kos-en-Wynparing by die Kelderdeur. Weltevrede en die Robertson Wynvallei het ook toekennings losgeslaan, Weltevrede in die kategorie vir die beste informele verblyf op ’n wynplaas en terwyl die Robertson Wynvallei met sy Wacky Wine-fees die wenner was vir die beste wynfees. “Ons is opgewonde en dankbaar vir die kompetisie en die toekennings wat ons ontvang het,” sê Phil-

lip Retief, Van Loveren se uitvoerende hoof in ’n persverklaring. “Dit is verblydend om te sien dat die bedryf alle moontlike geleenthede benut en wyntoerisme op so ’n kreatiewe wyse ontwikkel met meer en meer opsies vir die verbruiker.” Volgens Retief styg die vlak en standaard van dienslewering gedurig. “Hierdie toekennings wat deur ons kliënte, vriende en die groter Van Loveren-familie moontlik gemaak is, sluit ons eerste jaar in ons nuwe proelokaal op ’n hoogtepunt af.” Volgens Retief is Van Loveren veral trots daarop om as kindervriendelike bestemming gekies te word aangesien dié kelder groot klem lê op gesonde gesinswaardes en tradisie. “Ons moedig gesinne aan om die hele dag hier deur te bring, ons wyne saam met goeie kos en lekker stories van ouds te geniet met die verdere

opsie om ’n uitsonderlike buitelugervaring daarby in te sluit. Daar is selfs ’n spesiale proe-en-pas opsie vir kinders met ’n alkoholvrye proebord.” Monika Elias, stigter van die Klink Toekennings, meen wynkelders kan nie meer voorgee dat hulle bloot produkte verkoop nie. “Hulle doen soveel méér deur hul produkte met ’n aantreklike lewenstyl te assosieer. Van Loveren kry dit by uitstek reg deur ’n uitsonderlike ervaring vir die hele gesin te bied.” Die Van Loveren-wyntoerisme-ervaring sluit voorts die nou reeds bekende Christina’s Bistro in, asook die Visarend-wandelroete en bergfietsroetes met die opsie om jou eie fiets te bring of sommer op die plaas een te huur. ’n Ander gewilde trekpleister is die begeleide tuintoere tussen ’n indrukwekkende aantal bome wat geplant is om verskeie familie- en landmylpale te vier.

Jean-Mari Smit

GAZETTE-BEMARKERS KOOK! Die Breederivier Gazette se bemarkingspan het dit wéér gedoen! Zelda Kloppers is aangewys as Boland Media, waarvan die Gazette deel is, se Bemarker van die Maand vir Oktober met Annelda Grootboom wat die Bemarker van die Maand vir Geklassifiseerde Advertensies, ook vir Oktober, was. Dit is die vierde agtereenvolgende keer dat Grootboom dié toekenning losslaan, terwyl Kloppers ook al twee keer tevore (Augustus en Desember verlede jaar) as topbemarker vereer is. “Zelda en Annelda se prestasies is merkwaardig, gesien in die swak ekonomiese tye wat tans beleef word. Vir Annelda om die vierde agtereenvolgende maand as die Geklassifiseerde Konsultant van die Maand gekroon te word is voorwaar besonders. Breedevallei Media is trots op die prestasies van die Gazette-span. Welgedaan en doen so voort,” sê Theresa Olivier, uitgewer en redakteur van Breedevallei Media.

Toerisme-aantreklikhede in die Robertson-area het altesaam vier toekennings losgeslaan by die onlangse Klink Toerismetoekennings. Op die foto is Elizma Botha (Robertson Wynvallei), Steyn Fullard (Weltevrede), Monika Elias (stigter van die Klink-toekennings) en Bonita Malherbe (Van Loveren). FOTO: VERSKAF

Jeneveve Roman

Anke Jacobs

Kies nou die no. 1­bruid Valleiers het nog vir oulaas kans om vir hul gunsteling bruid in die Breederivier Gazette se Bruidskompetisie te stem. Lesers het in hul massas gestem om die vyf finaliste in dié kompetisie aan te wys. Nou is dit tyd om die wenner aan te wys. Die finaliste wat almal ’n kans het om as wenbruid gekroon te word, is Anke Jacobs, Jean-Mari Smit, Cindy Swanepoel, Mandy Moses en Jeneveve Roman. Die wenbruid sal met wonderlike pryse wegstap. Dit sluit drie geskenkpakke van Van Loveren (borg) in wat bestaan uit ’n bottel Four Cousins Rosé, Four Cousins Blush Bubbly en Four Cousins Strawberry.

Beds B’us borg twee geskenkbewyse ter waarde van R100 en Bed & Pine City borg twee Cloud Nine-kussings. Avon Cosmetics gee ’n geskenkpak met skoonheidsprodukte ter waarde van R1 500. Daar is ook twee geskenkbewyse van Hair Illusions op die spel, terwyl Leo-gastehuis verblyf vir ’n nag vir die wenpaartjie borg. Die wenner word op 26 November in die Gazette aangewys. Om vir jou gunsteling bruid te stem, SMS die woord “Bride”, asook die naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50. Die sluitingstyd vir vandeesweek se SMS’e sal Sondag 23 November om 11:00 wees.

Mandy Moses

Cindy Swanepoel


Dinsdag 19 November 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

Leerders van drie laer skole in die Rooiberg Breederivier Bewarea het onlangs meer oor natuurbewaring geleer danksy ’n inligtingsprojek. FOTO: VERSKAF

Leerders kan getuig hoe lekker hul speel­speel leer The multi-million rand building project at Mediclinic Worcester is expected to be completed by 2015. It will increase the hospital’s day and acute-care capacity by 25 beds.

Upgrades at Mediclinic

Mediclinic Worcester will invest in excess of R95 million towards infrastructure and equipment over the next two years. The building project, which started in June 2013, was identified as a priority by Mediclinic Southern Africa in anticipation of the future healthcare needs of the Breede Valley. Once completed, the hospital will increase its day and acute-care capacity by 25 beds. “Increasing patient volumes, ageing infrastructure and our desire to further improve the world-class standard of healthcare at Mediclinic Worcester were the driving forces behind this investment,” says Marquin Crotz, Hospital Manager at Mediclinic Worcester. “We expect the project will contribute to an improved patient experience and better clinical service outcomes.” The first phase started with the construction of a new 12-bed critical care unit, six-bed neonatal critical care unit, new surgical and obstetric units. A more patient and parent friendly paediatric ward is also being considered as part of this phase, which is scheduled for completion by July. The new wards will boast larger rooms as well as more dedicated private rooms. The second phase will include the upgrade and expansion of the orthopaedic and medical

unit and the emergency centre as well as a new hospital pharmacy. Provision to further expand the hospital’s bed capacity is also being made should it become necessary in future. Mediclinic’s continued commitment towards sustainable development and good corporate citizenship have been incorporated in the design features. These include heat pumps to centralise ventilation, solar heating, low-emission glazing and energy efficient lighting. The project will support economic development in Worcester by utilising local companies for the majority of building supplies. The building contract for the first phase was awarded to Buildia Construction CC. The intention is that other discretionary contracts will also be awarded to local suppliers where possible. The site will also contribute towards employment in the area as well as provide a platform for internships for students at Boland College. “Mediclinic Worcester wishes to apologise for any inconvenience caused during the renovations,” Crotz concluded. “The hospital’s management strongly believes the upgrade and renovations are critical in ensuring that we continue to exceed the expectations of our patients, doctors and stakeholders.”

Om speel-speel te leer is baie meer pret as om in ’n klaskamer te sit. Dít het ’n groep van 100 leerders van die primêre skole Vinkrivier, Riverside en Huguenote onlangs eerstehands ervaar danksy ’n drie dae lange inligtingsprojek. Dié projek is deur die Rooiberg Breederivier Bewarea, in samewerking met die Landmark Foundation, die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se Brand- en Reddingsdiens, Sentraal Breërivier Water Gebruikersvereniging se Robertson Werk vir Water-projek en die Graham & Rhona Beck Skills Centre, aangebied. Die Rooiberg Breederivier Bewarea bestaan uit grondeienaars in die Vinkrivier-, Eilandia- en Riverside-area en die meeste van hul werknemers se laerskoolkinders is in die drie deelnemende skole. Die inligtingsprojek het gefokus op bewaring en het onder meer videomateriaal van die Landmark Foundation se luiperdprojek – daar is sowat 13 luiperds in die bewarea geïdentifiseer – ingesluit. Die leerders het ook omgewingsgerigte speletjies gespeel, terwyl hulle op ’n prettige manier meer oor waterveiligheid geleer het waartydens hulle

kans gekry het om een van die brandweerwaens se waterslange te hanteer. Die inligtingsessies is verder geïntegreer met ’n kunswerksessie, water- en vuurkennis en veiligheidsessies. Robertson Werk vir Water het ook ’n inligtingsessie oor uitheemse plante, hul identifisering en bekamping in die veld aangebied. Terwyl die jonger leerders al dié kennis opgeslurp het, is die g. 7’s besig gehou met fisiese aktiwiteite wat gefokus het op spanbou- en sportaktiwiteite. Die inligtingsprojek is op ’n hoë noot afgesluit met ’n vertoning van die animasiefilm WALL-E en die plant van vrugtebome wat deur Stemmet Kwekery op Montagu geskenk is. Volgens Myra Hoffman, sekretaris van die Rooiberg Breederivier Bewarea, is die opwinding en positiewe terugvoering van die kinders na afloop van die program ’n aanduiding van die behoefte onder die jeug om meer betrokke te raak by natuurbewaring. Die inligtingsprogram kan moontlik ’n jaarlikse instelling word, aldus Hoffman. Vir meer inligting oor die Bewarea, bel Hoffman by 023 626 1833.

3


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 19 November 2013

Enjoy fresh, juicy berries this summer Summer is here and it is berry season in Swellendam. What better way to spend a day out with the family than at the Wildebraam Berry Festival on 30 November from 09:00 to 16:00 at the Wildebraam Berry Estate outside Swellendam? Apart from berry picking, the festival has enough on offer to occupy young and old for hours on end: from arts and crafts, a food and coffee garden and live music to jumping castles, pony rides and a water slide to

entertain the kids. There will also be the Berry Amazing Race in support of a number of Swellendam charities. Only two people are allowed in a team, so why not challenge your family, friends and colleagues to some fun-filled rivalry? For more information on the race visit www.swellengram.com/theberry-amazing-race or contact Amanda Schackley on 028 514 3053 or amazingraceswellies@gmail.com. Apart from the festival, Wildebraam is also open for berry picking seven days a week until 12 January.

Visitors can pick blackberries for R10/kg or youngberries for R12/kg. When picking berries look out for firm, well rounded berries, still moist and fresh. Take care not to wash the berries before storing as handling it may damage their cells releasing enzymes that can destroy vitamins. When ready to use, rinse under cool running water and drain. Remember that there are thorns on the plants. Closed shoes are recommended. On a hot day bring along a hat, sunblock and water.

Those who prefer pre-picked berries can pick up blackberries for R15/kg and youngberries for R17/kg until 24 December. Remember to contact Wildebraam a day in advance so the berries can be picked first thing in the morning. The Wildebraam Liqueur Cellar is also open seven days a week for free tastings of jams, deli and chilli products, syrups and liqueurs until 12 January. For more information, contact Wildebraam Berry Estate on 028 514 3132.

Berry picking is not only a lot of fun, but fresh berries are also very healthy and rich in vitamins and antioxidants.

VOORSLAG VEILIGHEIDSDIENS: Vir AC Security is die veiligheid van die gemeenskap en ondernemings ’n topprioriteit. Gaven van Rensburg en Dan Snyman is 24 uur per dag en 365 dae per jaar aan diens. AC Security se dienste sluit in elektroniese beveiliging van hekke en motordeure; die installering van alarmstelsels en veiligheidstrale (beams) by huise sowel as ondernemings asook die plasing van sekerheidswagte by spesiale geleenthede. Om jou eiendom te beveilig, bel AC Security by 0 071 499 3800 vir ’n kwotasie. KWALITEIT IS HUL TROTS: Met nege jaar se diensondervinding agter die rug dra Bart en Janeke Saayman, eienaars van Capital Security, steeds die veiligheid van Valleiers op die hart. Capital bedien ’n wye area, insluitend al die dorpe in die Langeberg-area, sowel as Worcester, Rawsonville en selfs Hermanus, Kraaifontein en Brackenfell. Capital se dienste sluit ’n 24-uur beheerkamer, monitering en gewapende reaksie en wagte in, sowel as die installering van onder meer voertuigopsporingstelsels, elektriese heinings en bystandkrag. Vir navrae, kontak Capital by 0 023 626 5655.

KEEP THIEVES OUT! Keep your property safe and unwanted people out with the wide range of quality barriers that Trellidor has on offer. With Trellidor’s wide range of styles you can choose a selection of options to suit the architectural needs of your home or business, from colour matching to operation that complements the way your window or door opens, you can be sure of the excellent level of protection. Contact Trellidor for a quote on 0 028 312 3214. The Trellidor team is (back) Theron Delport (sales), George Ritter (fitter), Pierre de Villiers (fitter) and David Botha (owner). In front is Conrad Fourie (fitter), Nadja de Jager (administration), Antoinette Bosman (office manager) and JP Geldenhuis (fitter).


Dinsdag 19 November 2013

Borg ’n Kersliggie Kerstyd is gesinstyd en familietyd, ’n tyd vir samesyn en feestelikheid. Nie almal is egter dié samesyn beskore nie. Nie al die kinders wat in die Herberg Kinderhuis gehuisves word is gelukkig genoeg om gedurende Kerstyd na hul huise te gaan nie. Tog doen dié instansie alles in sy vermoë om hierdie tyd so spesiaal moontlik te maak vir die kinders wat hier agterbly. Die kinderhuis se Kersliggie-projek het geen bekendstelling nodig nie en het die afgelope jare nie net vir baie vreugde gesorg nie, maar ook ’n unieke manier geword om geld vir Herberg in te samel. Valleiers kan nou reeds liggies vir die kinderhuis se Kersboom borg en só bydra tot die kinders se Kersvreugde. Vir slegs R50 kan een liggie geborg word. Om vyf liggies te borg kos R250, terwyl tien liggies teen R500 geborg kan word. Vir meer besonderhede oor hoe ’n Kersliggie geborg kan word, kontak Herberg by 023 626 3140.

Bel Gazette Die Breederivier Gazette het nou ’n addisionele telefoonlyn. Lesers kan ons nou ook op 0 023 626 5243 bereik. Die nommer wat tot nou toe in gebruik was, 023 626 5686, sal steeds in bebruik bly.

Liquor licence deadline As the festive season quickly approaches, there is very little time left to apply for temporary and special liquor licences for events such as New Year’s Eve or other special events. According to the designated liquor officer at the McGregor police, the Western Cape Liquor Authority (WCLA) has decided that all applications for licences for special events taking place during December until 26 January 2014, should reach their offices no later that 29 November at 16:00. In order to be considered timeously, all special and temporary liquor applications for events taking place between 1 and 13 December should still reach WCLA 14 days prior to the event. It should be noted however that no applications for temporary and special event liquor licences will be accepted between 1 December and 26 January next year. The presiding officer will consider these applications between 1 and 13 December. After that, the Liquor Licensing Tribunal will be in recess until 6 January 2014. For enquiries, phone WO C.J. Plaatjies (designated liquor officer) or Sgt M.B. Witbooi (assistant designated liquor officer) between 08:00 and 16:00 on 023 625 8000.

General - Algemeen

Breederivier Gazette

5


6

General - Algemeen

Breederivier Gazette

Dinsdag 19 November 2013

Skryf in vir Jakarandafees se baie kompetisies Valleiers wat wil inskryf vir die gedigtekompetisie wat deel vorm van die Jakarandafees beter opskud. Inskrywings vir dié kompetisie sluit Vrydag (22 November). Inskrywings vir die gedigtekompetisie (vir kinders van 13 tot 18 jaar) is gratis. Slegs een inskrywing per deelnemer word toegelaat. Deelnemers moet hul gedigte by die toerismekantoor inhandig. Hierna sal die gedigte almal in die Breederivier Gazette geplaas word, waarna lesers per SMS vir hul gunsteling sal kan stem. Die Breederivier Gazette is die Jakarandafees se mediaborg. Die wenner van die kompetisie sal by die Jakarandafees op 30 November aangekondig word. Die fees vind van 10:00 tot 17:00 by die Robertson Toerismekantoor se parkeerterrein (waar die Robertson Farmer’s Market gewoonlik gehou word) gehou. Die Jakarandafees is ’n geleentheid wat beslis nie gemis moet word nie. Besoekers sal tussen ’n wye verskeidenheid stalletjies kan rondsnuffel vir iets vir die kombuis of

Kerskous. Daar sal oudergewoonte vanjaar ook weer ’n danskompetsie en ’n Mnr. en Mej. Jakaranda-kompetisie wees. Inskrywings vir die So jy dink jy kan dans-kompetisie is by die Gazette- of toerismekantoor beskikbaar. Inskrywings kos R20. Deelnemers kan enige ouderdom wees. Die kompetisie begin om 12:00. Valleiers wat aan die Mnr. en Mej. Jakaranda-kompetisie wil deelneem, kan inskrywingsvorms by die Gazette- of toerismekantoor kry. Deelnemers moet tussen ses en 12 jaar oud wees en deelname kos R20. Kontantpryse is in al die kompetisies op die spel. Diegene wat stalletjies wil staanmaak, moet gou spring. Staanplek kos R80 en ruimte is beperk. Die Jakaranda-parade wat om 10:00 van die feesterrein af vertrek, moet beslis ook nie misgeloop word nie. Vir meer inligting, bel die toerismekantoor by 023 626 4437. Die fees word deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM), die Robertson Toerismekantoor en Robertson Hospice aangebied.

Die Jakarandafees wat eersdaags op Robertson aangebied word beloof om hope pret vir die hele gesin te wees.FOTO: VERSKAF

The Scrap Sisters bied alle benodigdhede wat nodig is om fotostorie-albums te skep.

Fotostorie-albumakers, beter bekend as scrappers, kom weekliks hier bymekaar om idees uit te ruil.

By dié winkel word herinneringe verewig Om herinneringe in fotostorie-albums vas te lê is ’n stokperdjie wat ál gewilder word. Hiervan kan Antoinette Wantenaar en Carine Strachan, eienaars van The Scrap Sisters op Robertson, beslis getuig. Die maak van fotostorie-albums, beter bekend as scrapbooking, is immers iets wat hulle al baie jare beoefen. Dié passie het dan ook daartoe gelei dat hulle ’n winkel waar alle benodigdhede vir dié stokperdjie gevind kan word, geopen het. The Scrap Sisters doen al vir drie jaar fluks sake danksy ’n groot aantal scrappers wat

weekliks byeenkom om hul stokperdjie saam te beoefen. Elkeen bring die projek waaraan daar gewerk word saam na The Scrap Sisters waar dan op groot skaal idees uitgeruil word. The Scrap Sisters bied nie net die benodigdhede wat vir scrapping nodig is nie, maar bied ook klasse aan om beginners se kennis oor dié stokperdjie uit te brei, terwyl gesoute scrappers nuwe tegnieke en idees op die proef kan stel. Die plaaslike scrappers neem ook aan kompetisies deel.

Hulle het vanjaar ook twee HobbyX-skoue bygewoon, sowel as ’n scrappers-naweek in Jeffreysbaai. Op die eienaars van The Scrap Sisters se kennis kan daar beslis staatgemaak word. Antoinette se artikels oor die stokperdjie verskyn gereeld in twee nasionale tydskrifte. Besoek The Scrap Sisters se winkel by Van Zylstraat 6. Die winkel is Maandae, Woensdae, Donderdae en Vrydae van 16:30 tot 17:30 oop, op Dinsdae van 18:00 tot 22:00 en op Saterdae van 09:30 tot 12:00.


Dinsdag 19 November 2013

Schools - Skole

BYBELKENNIS: Dié leerders van die Hoërskool Bonnievale het vanjaar die beste gevaar in die twee Bybelkenniseksamens wat afgelê is. Van links is Jean-Jacque du Preez (gr. 4-6), Altus Linde (gr. 7-9), Mariaan Steyn (gr. 10-12) en Ansa van der Merwe (gr. 7-9).

Breederivier Gazette

NUWE LEIERS: Die Laerskool Dagbreek het onlangs sy prefekte vir aanstaande jaar aangewys. Op die foto is die span wat gedurende 2014 die skool se dissipline sal handhaaf.

HULLE GAAN MONTANA LEI: Die Hoërskool Montagu se leerderraad vir volgende jaar is onlangs verkies. Agter is Yanico Conradie, Hadley Hendricks, Mornè van Wyk (hoofseun), Stephan van Rensburg (onderhoofseun) en Edrich Carstens. In die middel is Eden Swanepoel, Zunika Brighton, Jeanne Joubert (hoofmeisie), Randy Januarie (onderhoof meisie) en Jacqui Kriel. Voor glimlag Lourens Strauss en Daniël du Plessis breed.

DAGBREEK SE TOPPRESTEERDER: Die Laerskool Dagbreek se Duxleerder vir dié jaar is KarloDean Herling. By hom is O’ryan Africa, die gasspreker tydens die skool se prysuitdelingsgeleentheid.

LEIERSKAP GESLYP: Renske Oosthuizen en Dehan Stipp, die Hoërskool Robertson se hoofmeisie en -seun, is deur die skool genomineer om vanjaar se ATKV-leierskapskonferensie by te woon. Die konferensie vind van 3 tot 6 Desember by Goudini Spa plaas.

7


8

Leader - Hoofartikel

Breederivier Gazette

Dinsdag 19 November 2013

Platteland nie gespaar Rooftogte is een van die ergste en mees traumatiese gebeurtenisse wat met ’n mens kan gebeur. Dit het nie net ’n langtermyneffek op die slagoffer nie, maar as dit in ’n rustige, plattelandse gemeenskap soos nou in Montagu gebeur het, het dit ’n uitwerking op die hele gemeenskap (lees berig elders in dié uitgawe). In hierdie gejaagde tye waarin ons genoodsaak is om te lewe, is daar min plekke oor waar vrede en rustigheid nog heers. Maar helaas, booswigte besef eweneens dat plattelanders nie so intens op misdaad ingestel is nie. Met die Kersseisoen in aantog moet ons verwag dat misdaad gaan toeneem. Gewapende rooftogte op rustige dorpies is seker kinderspeletjies vir deurtrapte skelms. Ons sal moet begin leer om soos skelms te dink en hoe hulle optree. Ons sal moet leer om toe te sluit, ons daaglikse roetine en roetes gereeld af te wissel en nie groot bedrae geld in ons kluise of by ons woonhuise aan te hou nie. Dit is veral die ouer garde wat sal moet leer om die nuutste tegnologie by banke te gebruik om geld ná ure te deponeer om so te verhoed dat swaarverdiende geld geroof word. Die fisieke gevolge van ’n rooftog kan dalk oorkom word. Maar geestelik nie maklik nie. Dat die publiek nou meer as ooit tevore die oë en ore van die polisie geword het, was nog nooit so van toespassing soos nou nie. Ons moet noodgedwonge nou ook leer om mekáár se hoeders te wees. Die dae van ’n kommerlose bestaan op die platteland is helaas vir ewig verby. Maar deur paraat te wees, kan ons misdaad ’n gevoelige hou toedien. Deur ons broeder se hoeder te wees, kan ons hier op die platteland behou dit wat vir ons en ons kinders heilig is.

DAPPER STAPPERS: Die Robertson-hospitaal het onlangs ’n pretloop met die tema “walk2Bhealthy” gehou. Die pretloop se doel was om lede van die gemeenskap op die voordele van fiksheid te wys. Lede van die personeel van die Breederiver Hospice, inwoners van die Schoongesicht Dienssentrum en Huis Le Roux, gestremdes en die ACVV-speelskooltjie vir gestremde kinders, was onder dié wat aan die pretloop deelgeneem het. Sommige het die roete in elektriese rolstoele aangepak. Een deelnemer is ’n gemotiveerde beroertepasiënt wat, ondanks die feit dat hy baie moeilik loop, aan die pretloop deelgeneem het. Die padongelukkefonds het ook inligting verskaf oor veilige padgebruik. Die fonds, in samewerking met die plaaslike Vryburgers en ondernemings, het kos, water en geskenkbewyse geskenk.

Ongepoetse kinders treiter inwoners in Robertson­Noord Na aanleiding van berigte oor die RobertsonNoord-begraafplaas die afgelope paar weke wil ek net graag die volgende gebeure aan u oordra. Ek en ’n vriend van my het mekaar ongeveer ’n maand gelede aan die bo-punt van die nuwe gedeelte van die begraafplaas raakgeloop. Ek het my twee groot honde by my gehad en my vriend sy Jack Russell. Ons het skielik klippe hoor val ’n entjie van ons af. Ons het so ses of sewe jong kinders gewaar wat tussen die bome gestaan het. Toe ons verder stap op pad huis toe, het die klippe skielik op ons begin reën. Ons moes koes om nie raakgegooi te word nie. Só het hulle ons bly pes tot by die grensmuur langs die grondpad (langs die Droërivier aan die bopunt van Whitestraat). Dit was toe so ongeveer 17:15 of 17:30. Om 18:45 dieselfde aand hoor ek ’n klapgeluid buitekant. By nadere ondersoek ontdek ek ’n venster is stukkend gegooi. Ek het die straat op gehardloop en weer dieselfde groepie kinders met Hopleylaan langs sien hardloop. Ek het hulle hempies se kleure onthou en toe my vrou gevra om die polisie te skakel.

Met hulle aankoms het ons hulle die hele storie vertel, asook ’n beskrywing van die hempies gegee. ’n Rukkie later was die polisie terug by ons. Toe ons vra waar die kinders is, sê hulle die kinders het nie weggehardloop toe hulle by hulle stop nie. Die polisie het niks verder gedoen nie. Vir ons is ook gesê dit is kinders en hulle kan niks doen nie want hul hande is afgekap. Die polisie het ook gesê indien ek enigiets doen wat veroorsaak dat enige van die kinders beserings opdoen, hul ouers dadelik na ’n sekere dagblad sal hardloop. Dít beteken dus hulle kan goed breek en skade veroorsaak en ons moet self opdok vir die skade! Ek word byna daagliks deur dieselfde groepie gekoggel en gevloek terwyl hulle in die rivier speel of op die begraafplaas se mure klouter. Hulle is byna daagliks doenig tussen die grafte en op die mure. As die polisie se patrolliewa by die begraafplaas ’n draai maak, laat spaander hulle oor die mure. Sodra die patrolliewa weer terugry dorp toe, maak hulle weer hul ver-

skyning. Weer bo-op die mure! Daar is nóg mense wat deur dieselfde groepie gekoggel is. Dieselfde groepie het al by verskeie geleenthede die afgelope paar jaar mense getreiter deur klippe op hul huise se dakke te gooi, plante op sypaadjies te verniel en gedurig ons honde te terg. Dit lyk nie of die probleem opgelos kan word nie. Ek wil graag diegene wat die begraafplaas besoek vra om versigtig en wakker te wees terwyl hulle daar is. Ek vermy die begraafplaas in elk geval in die namiddae want ek laat my nie verder deur sulke karakters treiter nie.

ANONIEM, Robertson

Die Robertson-polisie reageer as volg: Die klaer wie se eiendom beskadig was het die reg om ’n kriminele klag te lê. Die polisie sal dan sodanige saak ondersoek. Indien die skrywer van die brief nie tevrede is met die polisie se hantering van sy of haar klagte nie, kan die stasiebevelvoerder of die hoof van sigbare polisiëring gespreek word en ’n beëdigde verklaring afgelê word waarop die aangeleentheid ondersoek sal word.

Rubriek

Van dié rate klink bra skrikwekkend! Ek hou daarvan om somtyds ’n uurtjie of twee in die geselskap van senior burgers deur te bring. Die wysheid, kennis en ervaring wat in hulle opgesluit lê, is priceless. So gesels ek ’n tyd gelede met ’n ouerige dame. Natuurlik gaan maak jy eers ’n Kaapse draai met die gesels voor jy uitkom by dít wat jy eintlik wil hoor. Ek gooi maar eers die ongehoorsaamheid van vandag se kinders op die tafel. Dan brei die gesprek uit na die afwesigheid van vandag se moeders in die huishouding. Die raad is dat die ma by die huis moet bly om ’n oog te hou oor die opvoeding van haar kinders. So hoor ek dan ook die interessante stories oor die lang werksure van fabriekswerkers. Ek wonder toe hardop hoe die mense dit regkry om so heelnag wakker te bly terwyl hulle so hard werk. Een van die oulikste wakkerhou-rate wat ek toe hoor is dat die mense vroeër jare gesnuif het om wakker te bly! Gesnuif? Bid jou dit aan! Snuif hou mens wakker? Dankie Vader dat daardie tyd verby is.

Met die opening van die fabriekwerkseisoen om die draai, kon die hele ou volkie dalk gedurende hul nagskofte nou ywerig aan’t snuif gegaan het. Ook maar goed dat die jonger generasie nie eens weet wat snuif is nie.

Iemand anders se raad is weer om so min as moontlik klere aan te trek. Die koue in die fabriek sal jou wakker hou. Nee, sê iemand anders weer, sy sing om wakker te bly. Dít is ook volgens my ’n waagstuk, want jy kan dalk jouself aan die slaap sing. Dan gooi ’n ou bewaarder ook nog ’n stuiwer in die armbeurs. “Ag nee wat”, sê hy, “ek het die kuns vervolmaak om regop te

staan en slaap toe ek nog nagdiens gewerk het.” Dis ongelooflik! En wat van spinnerakke op ’n bloeiende wond pak? En kondensmelk op ’n brandplek? Dan is die maklikste en mees pynlose raat om ’n haar uit ’n persoon se oog te kry blykbaar om iemand te vra om dit met sy tong uit te haal. Dit kan nogal ’n gewerskaf afgee, soos die oom gesê het. Hierdie een kan nie waar wees nie: Die kwistige aanwending van swart hoendermis op die bo-lip van ’n “bobbejaanjongman” om ’n welige snor te groei!!! Ek meen, dis darem verregaande! Of die rate werk of nie, iemand moes dit al beproef het om te kan sê of dit werk. Dit moet ’n mens net nie vermink of geskend agterlaat nie, bygesê. En dan raad uit ’n heel ander oord wat my amper uitboul, is die raad teen geelsug: Bedien die pasiënt se kos met ’n paar kopluise daarin. Waaat? Ag nou ja, wie is ek dan nou om te stry? Wat nie doodmaak nie, maak vet, het die grootmense gesê, in hierdie geval, gesond. Kuiertyd met die grootmense kan voorwaar ’n genotvolle kleinood wees!


Dinsdag 19 November 2013

Advertisement - Advertensie

Breederivier Gazette

9


10

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 19 November 2013

Still no suspects arrested for Clark’s murder HILDERINE SCHRÖDER Almost three months after the murder of a well-known and much loved resident, no suspect has been arrested. The murder of Raymond Clark (92) sent shock waves through Robertson earlier this year.

Clark was found dead in his house on 23 August after friends became suspicious after not seeing him for some time. Clark had the habit of visiting the Breederiver Hospice to say hello to staff. When he failed to do so on the day he was found, worried staff contacted the local police who forced open a door to his house. Clark was found dead in his home. A bro-

ken window in one of the rooms led police to suspect that he had been murdered. Only days before Clark had also been the victim of a robbery. His assailants fled with R150 in cash, as well as Clark’s ID and bank card. Clark, originally from the former Rhodesia, fought as a Spitfire pilot in World War Two. He was an electrical engineer but

moved to Robertson after retiring. His wife, Pat, died last year. According to a police spokesperson the case is still being investigated and all possible leads are being followed. Anyone with any information that could assist the police’s investigation, is urged to contact the local police. All information will be handled confidentially.


Dinsdag 19 November 2013

General - Algemeen

PUK-koor saam met Cantique in Robertson Valleiers kry eersdaags die opwindende geleentheid om na die Universiteitskoor van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom (PUK), sowel as Robertson se Cantique-kamerkoor te luister. Die koor is tans op ’n toer in die WesKaap en tree volgende Woensdag (27 November) om 19:30 in die NG Kerk Robertson-Oos se ouditorium op. Die PUK-universiteitskoor onderneem jaarliks konserttoere deur dele van SuidAfrika sowel as Namibië en toer ook elke drie jaar in die buiteland. Hoogtepunte op dié toere was hoogs suksesvolle deelname aan internasionale koorfeeste en kompetisies waartydens die koor al verskeie toekennings gewen het. Die Cantique-kamerkoor, onder lei-

ding van Jaco Beeslaar, bestaan uit 14 stemme uit die Robertsonvallei. Al die koorlede is amateursangers met ’n wye verskeidenheid beroepe. Beeslaar self is ’n plaaslike orrelis en onderwyser. Die kamerkoor sing meestal werke uit die klassieke repertoire van Lauridsen, Fauré, Britten en Pieter van der Westhuizen. Die koor het vanjaar by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees opgetree en was ook deel van die Nelson Mis-uitvoering tydens die Klein Karoo Klassique saam met die St. George’s sangers en die Kaapstad Filharmonie-orkes onder leiding van Barry Smith. Kaartjies na die kooruitvoering kos R50 vir volwassenes en R35 vir leerders en is by die kerkkantoor of Robertson Apteek beskikbaar. Vir navrae, bel Stefné Marais by 082 227 4541.

Die universiteitskoor van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom tree eersdaags in Robertson op.

Breederivier Gazette

11


12

General - Algemeen

Breederivier Gazette

) Die bekende kunstenaar Johanna Naude hou op 23 November vanaf 18:00 ’n uitstalling, met die titel Artichoke, in die Montagu Museum Kunsgalery. Die uitstalling sal tot 30 November duur. Die galery is in die ou KWV-gebou op die hoek van Kohler en Langstraat geleë. Die ingang is in Langstraat. Vir verdere inligting, skakel 0 023 614 1511. ) Die Robertson Harmonic Youth Band bied op 7 Desember om 19:00 ’n musiekaand saam met die Robertson-koperblaasorkes aan. By dié geleentheid, wat in die Robertson-gemeenskapsaal gehou word, sal daar ook ’n voorlesing van ’n gedig deur die Worcesterse digter Floris Brown wees. Kaartjies kos R10 per persoon. Vir meer inligting, bel Bazil Malgas 0 079 395 2929. ) Enjoy a glass of bubbly and ca-

Dinsdag 19 November 2013

napés while viewing the latest summer fashions at the open Air Fashion Show at the Absa Building, Robertson at 19:00 on 22 November. Tickets are available at Illusions Hair & Beauty at R50. Only 300 seats are available of which 80 are front-row seats. For information, call 0 023 626 1692. ) Sluit die jaar op ’n hoë noot af met ’n optrede deur Broers by die Janeza Plaasteater op 4 Desember om 18:30 vir 19:00. Kaartjies kos R175 vir volwassenes (sluit ’n bottel wyn in) en R100 vir kinders. Bespreek by eza@janeza.co.za of 0 082 978 7020. ) Klub 8 se jaarlikse geldinsamelingsdans op 16 Desember by die Robertson-skouterrein ten bate van organisasies wat dit broodnodig het. Kaartjies kos R40. Vir navrae, bel Francois Vermeulen by 0 084 626 1193.

KELDERLEDE KUIER SAAM: Die lede van Montagu Wynkelder het onlangs ’n uitstappie geniet waar nie eens die reënweer hul geesdrif kon demp nie. Hulle het eers op een van die lede, Pierre Jordaan, se plaas Cabriers byeengekom waar hulle die dag met ’n koppie boeretroos begin het. Hierna het hulle ’n 4x4-roete van Rietvallei tot by die Badensfontein-lapa gevolg waar hulle die dag met ’n spitbraai en gesellige kuiersessie afgesluit het.


Dinsdag 19 November 2013

Schools - Skole

TOPLEERDER: Caylin Kuhn is onlangs tydens die Laerskool Dagbreek se prysuitdeling as die beste leerder in gr. 7 aangewys. By haar is O’ryan Africa wat die gasspreker by die geleentheid was.

Breederivier Gazette

13


14

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Dinsdag 19 November 2013

In en om die huis SKOON MATTE SONDER SUKKEL: Met die gejaagdheid wat die moderne samelewing kenmerk, kan dit dikwels moeilik raak om by alle take uit te kom. Dié dat ’n groot taak soos die skoonmaak van matte dikwels in die slag kan bly. Hiervoor is daar ’n maklike oplossings. Spring Cleaning Carpet Services sal jou matte in ’n japtrap silwerskoon maak. Die span van dié onderneming is (van links) Wilton Conradie (werker), Charlie Valentine (eienaar) en Leandre Valentine. Barend Lekay was afwesig met die neem van die foto.

FAMILIEKENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS

DIENSTE

SAKE

2420

1030

IN MEMORIAM

DIENSTE

1015

BENTING GAIL Vandag, 19 November is dit jou 3de jaar weg van ons. Baie dankie vir die tye wat ons saam kon beweeg tydig en ontydig, veral in die geestelike akker. Die verlange aan jou my vriendin en suster in Christus is ontsettend groot. Dit voel nogsteeds so onwerklik dat jy weg is van ons. Gail, ek gun jou die rus want ek weet jy's op ’n beter plek. ’n Tuiste nie met hande gemaak nie, maar waar ons vir ewig kan wees. Rus in vrede, tot ons weer ontmoet. Van Bettie Julies & Adendorff familie van Robertson.

2420

JONES EMILY Aan my vrou God's rykste seën word jou toegewens met jou 70ste verjaarsdag, Sondag 24 November 2013. Ek is baie lief vir jou van Manlief. JONES EMILY Geluk met Ma se verjaarsdag en baie dankie vir wat Ma vir ons as kinders beteken. Liefde: al die kinders en kleinkinders.


Dinsdag 19 November 2013

General - Algemeen

Breederivier Gazette

15


Breederivier

Year 17 • 19 November 2013 | Tel. 023 626 5212

KNEWEL: Dié knewel van ’n karp, wat om en by 4 kg weeg, is uit die Breederivier buite Robertson getrek. Die hengelaar wat hom aan die hoek gekry het, Pieter Malies, wou nie self naderstaan vir ’n foto nie, maar sy vriend, Izak Nomdo, het nadergestaan met die vangs. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

DRIEKAMP: Gure weer kon nie deelnemers aan die afgelope naweek se Xtri-driekampgeleentheid op die plaas Goudmyn langs die Breederivier afskrik nie. Onder die deelnemers was Richard Murray wat tans onder die topvyf atlete in die wêreld is. FOTO: DEON VAN DEVENTER

TOP HORSEMAN: Jayden Davidoff attained the highest points for schools in category D at the recent South African National Equestrian Schools Association (SANESA) Equestrian prize giving. Jayden, a learner at the Robertson Logos Christian School, also received gold medals in showjumping and working riding as well as silver medals in dressage and equitation.

ANOTHER ACHIEVEMENT FOR HESS: Local golfer Jacquin Hess recently took part in his first Cape Town Open held at the Royal Cape Golf Club. Thanks to scores of 72, 73, 75 and 72 to total 292 (+4) Hess finished 51st in a field of 156 players. He is currently ranked 174th on the Sunshine Tour Order of Merit. His next tournament will be the qualifier for the SA Open Championship, which will be played at the Glendower Golf Club.

DUBBELDOOR: Tydens die Hoërskool Montagu se onlangse prysuitdeling is Jeanne Joubert en Mornè van Wyk aangewys as die veelsydigste sportvrou en sportman van die jaar. Hierdie twee leerders is ook toevallig die hoofmeisie en hoofseun vir 2014.

Breederivier gazette 19 nov 2013  

Breederivier gazette 19 nov 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you