Issuu on Google+

Breederivier

Year 18 • 17 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Ysweer eis hawelose Boere in die Langeberg-streek het die afgelope paar weke se sneeu en reën verwelkom. HILDERINE SCHRÖDER Die afgelope weke se ysige weer het die lewe van ’n hawelose man van Bessiekop buite Montagu geëis. Vriende van Henry Pietersen (41) het voorverlede Donderdagoggend (5 Junie) op Pietersen afgekom waar hy in sy skuilplek – aanmekaar geflans met onder meer sink en stukke seil –

gelê het. Hulle kon nie daarin slaag om hom wakker te maak nie, waarop hulle die plaaslike polisie ontbied het. Beamptes sowel as die plaaslike ambulansdiens het hulle na die toneel gehaas, maar Pietersen is op die toneel dood verklaar. Hy het vermoedelik verkluim. Volgens sers. Suria Meyer, woordvoerder van die Montagu-polisie, het vriende van Pietersen gesê hy was ’n

geruime tyd reeds siek gewees. Die polisie doen ’n beroep op inwoners van die area om enige komberse en warm klere te skenk wat aan behoeftige mense in die omgewing uitgedeel kan word. Intussen het boere in die area die koue en reën verwelkom.Volgens Koos du Toit, voorsitter van die Robertson-landbouvereniging, het die koue en reën ietwat later as gewoon-

FOTO: LARESA PEARLMAN

lik gekom, maar is dit goeie nuus vir boere. Die koue is veral nodig vir vrugtebome en wingerde om in ’n rusfase te gaan. Hoewel sommige dagtemperature die afgelope ruk redelik matig was, is die nagtemperature steeds koud genoeg om te verseker dat wingerde en vrugtebome nie begin bot nie, aldus Du Toit. Ten spyte van goeie reënval die afgelope paar weke hoop boere

steeds op meer reën. “Die Brandvleidam is nog nie vol nie en die Breërivier is afhanklik van dié water. Dit is ons lewensaar,” sê Du Toit. Wingerde en boorde word gedurende die somermaande uit die Breërivier besproei, wat op sy beurt deur die Brandvleidam gevoed word. Volgens Du Toit is alle aanduidings tans daar dat boere kan uitsien na ’n goeie seisoen.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

) Die Bonnievale-polisie waarsku alle kelders in dié area om te waak teen swendelaars wat hul werknemers se bankbesonderhede bekom en dan dié rekeningbesonderhede verander waarna hulle die werknemer se salarisse in hul eie sakke steek. Volgens konst. Cristal Geldenhuis, polisiewoordvoerder, kontak die swendelaars kelders in die area en doen hulle voor as ’n polisiebeampte. Hulle versoek dat ’n lys van die kelder se werknemers, tesame met hul bankbesonderhede, aan hulle gefaks word, waarop hulle die kelder bel, hul voordoen as een van dié werknemers en versoek dat dié persoon se rekeningbesonderhede verander word. Twee sake van dié aard is reeds by die polisie aangemeld. Die polisie ondersoek sake van bedrog. Geldenhuis maan kelders om onder geen omstandighede werkers se bankbesonderhede oor die foon te verander nie. ) Die Bonnievale-polisie hou vanaand (17 Junie) ’n buurtwagvergadering. Enigeen wat belangstel om by die buurtwag aan te sluit word genooi na dié vergadering om 18:00 in die Vangnet-gebou, Happy Valley. ) Die Robertson-polisie doen ’n beroep op inwoners om na vore te kom met enige inligting oor ’n botsing tussen ’n rooi Uno en ’n wit Tata Indica op die hoek van Piet Retief- en Van Reenenstraat. Die voorval het op 23 Mei, omstreeks 21:25, plaasgevind. Die Uno, waaroor die polisie inligting benodig, is aan die linkerkant beskadig. Enigeen met inligting oor die voorval kan ao. Rachel Burger by 023 626 8353 bel. ) Die Ashton-polisie ondersoek ’n saak van moord ná ’n 47-jarige man verlede week tydens ’n woordewisseling doodgesteek is. Die slagoffer en verdagte, ’n 23-jarige vrou, het skynbaar verlede Maandag (9 Junie) omstreeks 18:50 oor kos gestry toe sy hom na bewering met ’n mes in die bors gesteek het. Die slagoffer het op pad na die Montagu-hospitaal aan sy beserings beswyk. Sy vermeende aanvaller het reeds op aanklag van moord in die Ashton-landdroshof verskyn. ) Die Ashton-polisie het verlede week heelwat suksesse behaal met betrekking tot misdaadbestryding. Vier mense is vir dronkbestuur in hegtenis geneem, 11 vir die besit van dagga en een vir die besit van drie Mandrax-tablette.

Dinsdag 17 Junie 2014

Jakobus Swart, Fanie Beukman, Daniël van der Merwe en Wilhelm Treurnicht (nie in volgorde) verlaat die Ashton-landdroshof ná hulle verlede week vlugtig op aanklagte van aanranding hiér verskyn het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Aanrandingsaak weer voor hof HILDERINE SCHRÖDER Die saak teen die vier mans wat daarvan aangekla word dat hulle twee werkers van die Rietvallei Wynlandgoed buite Ashton aangerand het, is opnuut uitgestel. Wilhelm Treurnicht, bestuurder van Rietvallei, Jakobus Swart (35), Fanie Beukman (38) en Daniël van der Merwe (40) het verlede Woensdag (11 Junie) vlugtig in die Ashtonlanddroshof verskyn waar die saak tot 4 September uitgestel is.

Die viertal staan tereg op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer ná hulle na bewering twee werkers van Rietvallei, Willem September (38) en Koos Minnaar (40), op 21 Augustus 2009 aangerand en met ’n skokstok vir beeste bygedam het. Hulle is nog nie gevra om op die aanklagte teen hulle te pleit nie. Intussen dien die tweede aanrandingsaak waarin Treurnicht betrek word steeds voor die Worcester-streekhof. Dié verhoor, waarin hy ook op aanranding met die opset om ernstig te beseer tereg staan, sal op 14 Augustus hervat word.

BAKKIE BELAND IN SLOOT: Roekelose padgebruik het verlede week opnuut ’n sleutelrol in ’n ongeluk op die R60 tussen Worcester en Robertson gespeel. Die bestuurder en passasier van die Toyotabakkie was gelukkig om ongedeerd uit die voertuig te klim ná dit in ’n diep sloot langs die pad, reg oorkant Cape Lime, beland het. Dít ná die bestuurder van die bakkie, wat van Worcester na Robertson op pad was, verlede Donderdagoggend (12 Junie) moes uitswaai vir ’n aankomende minibus taxi. Die taxi was glo besig om ’n vragmotor op ’n sperstreep verby te steek. Die bestuurder van die taxi het versuim om op die toneel van die ongeluk te stop.

FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Treurnicht word daarvan aangekla dat hy Flippie Engelbrecht, wat in daardie stadium by sy ouers (wat by Rietvallei gewerk het) gewoon het, ses jaar gelede aangerand het. Die aanklagte in dié saak is aanvanklik laat vaar, maar is verlede jaar te midde van groot omstredenheid heropen. Engelbrecht, nou 20 jaar oud, beweer sy kop is tydens dié voorval in Januarie 2008 teen ’n wyntenk gekap waarna hy, volgens hom en sy ouers, blind geword en gereelde epileptiese aanvalle begin kry het. Treurnicht het onskuldig op dié aanklag teen hom gepleit.

Twee in hegtenis vir dwelms McGregor – ’n Wenk het onlangs gelei tot die inhegtenisneming van twee mans ná hulle met dwelmmiddels in hul besit betrap is. Volgens sers. Hendrik Willemse, woordvoerder van die McGregor-polisie, het beamptes ’n minibus taxi wat van Robertson na McGregor op pad was, voorgekeer ná hulle ’n wenk ontvang het dat twee mans ’n broodsakkie met dagga by hulle het. Insittendes van die taxi is gevra om uit die voertuig te klim, waarna dit deur konst. Sivuyile Mantshule en konst. Melinda Wentzel gevisenteer is. Geen dwelms is egter in die voertuig gevind nie, waarop

die twee verdagtes ook deursoek is. Die polisie het op dagga, versteek in ’n inkopiesak, afgekom waarop die verdagte (29) in hegtenis geneem is. Die polisie het ook die tweede verdagte (44) deursoek en vier Mandrax-tablette in sy besit gevind waarop ook hý in hegtenis geneem is. Albei verdagtes het reeds op aanklag van die besit van dwelms in die Robertson-landdroshof verskyn. Die polisie bedank die gemeenskap vir die inligting wat tot dié inhegtenisnemings gelei het. Enigeen met inligting kan die polisie se speurkantoor by 023 625 8000 bel.


Dinsdag 17 Junie 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

Widad se verhaal ANNELDA GROOTBOOM

Andreulene Stanfliet (née Anthony), van Robertson, het op 26 Mei vanjaar die knoop deurgehaak.

Melissa Pieterse (neé Jones), van Robertson, se troudag was op 1 Maart vanjaar.

Dandeline Jaruis (neé Beukman) is op 12 April vanjaar in Robertson getroud.

Nóg ’n bruidwenner en McGregor woon, kom in aanmerking vir die kompetisie. Die inskrywingsfooi is R60 per vollengte-foto. ’n Naweek vir twee tel onder die pryse wat vir die Bruid van die Jaar op Lesers het hul stem laat hoor en die spel is. Ander pryse is onder meer Gretchen Williams (née Oktober) as ’n gratis bootreis van Viljoensdrift, gehul gunsteling bruid onder verlede skenkbewyse deur AP Stipp, Country Styles, Robertson Apteek week se inskrywings aanen Peckers/Bon Appetit, gewys. ’n vrugtemandjie van LoSy en die vorige weke se carno Droëvrugte, twee finaliste, Widad Pretorius bottels Four Cousinsen Eldorette Swartz, sal 10 vonkelwyn en ’n ysbak Oktober tydens ’n galagevan Van Loveren, gratis leentheid by die Lentewas- en blaassessies by skou die kans s hê om as Cathy & Sarah’s Hair, ’n wenbruid gekroon te uurlange fotosessie van C word. Photography, ’n geskenkAlle bruide wat van Jubewys van Cara-Le Linne lie 2013 tot Augustus 2014 getroud is, kan inskryf vir Gretchen Williams (neé ter waarde van R500 en ’n dié kompetisie. Bruide Oktober) is die nuutste fi- wegbreeknaweek van Riwat in Robertson, Monta- nalis in die Gazette se vierzicht-rivieroord. Vir meer inligting oor gu, Ashton, Bonnievale Bruidskompetisie.

Die Gazette se Bruidskompetisie, wat in samewerking met die Robertson Lenteskou aangebied word, het nog ’n finalis.

Amber Terblanche (née Christians), van Robertson, se mooi dag was op 21 Desember verlede jaar. die kompetisie, bel Annelda Grootboom by die Gazette se kantoor by 023 626 5212. Om vir jou gunsteling bruid te stem SMS die woord “Bruid” en die bruid se naam na 35405. SMS’e kos R1,50. Wenners word bepaal deur lesers se stemme. Die Gazette het geen invloed op die aanwys van die wenners nie. Diebeslissingtenopsigtevanwenners is finaal.

we wil hê.” Widad koester veral die feit dat Ghakeem eers Widad Pretorius haar ouers se toe(neé Abrahim) van stemming gevra Robertson is verlehet om meer as net de week gekies as ’n blote vrienddie Gazette se tweeskap met haar te hê de finalis van die voor hy haar gevra bruidskompetisie. het om vas uit te Widad en haar gaan. man, Ghakeem, het Die twee het hul mekaar in 2010 by langafstandverdie huis van ’n houding – Ghavoormalige kollega keem was in Hervan Widad ontmanus en sý in Romoet. Aanvanklik bertson – gemaak het dit lank gevat werk. Volgens Wivoor hulle gepraat dad beteken afhet, maar toe hul stand min as jy regvriendskap eers betig lief is vir iegin bot het, het die mand. Ghakeem band tussen hulle Widad Pretorius het soms saans ál sterker gegroei. vanuit Hermanus Widad vertel met ’n knop in haar keel van hul verlo- na Robertson gery om Widad te wing. Haar ouers en skoonouers verras. Volgens Widad het sy geweet en skoonsuster was saam met hul op ’n bootrit by Viljoensdrift. Sy Ghakeem is die man met wie sy het in haar agterkop geweet dat wil trou. “Daar was geen twyfel dit dié dag Ghakeem se verjaar- in my hart nie.” Gevra na die geheim van ’n gedag was, maar min geweet dat hulle verloof sal raak. Toe sy eers vir lukkige huwelik, sê Widad ’n geSteve Jacobs, die bekende sax- lukkige huwelik kan nie in een ofoonspeler hoor liefdesliedjies sin beskryf word nie. “Elke bospeel, het sy besef hy gaan die baasresep bestaan uit verskillengroot vraag vra en het sy in trane de bestanddele wat liefde, respek, kommunikasie, humor en eenuitgebars. Hulle het op 30 November verle- heid insluit. Om waarlik lief te hê, is om na de jaar die knoop deurgehaak. Sy giggel as sy praat oor die man wat jou lewensmaat se belange om te haar voete onder haar uitgeslaan sien soos jy na jou eie belange omhet. “Ghakeem is sowaar dié een sien.” Die paartjie, wat tans in Hermawat my menswees vervul, hy’s ’n grapmaker, het respek vir my, al- nus woon, het nog nie planne om tyd stiptelik en baie puntenerig – met ’n gesin te begin nie en wil iemand wat weet wat hy in die le- mekaar eers geniet.

3


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 17 Junie 2014

Al meer inskrywings vir Babakompetisie Die Gazette se Babakompetisie is goed op dreef met ál meer inskrywings wat ontvang word en Valleiers wat in groot getalle stem vir hul gunsteling kleinding. Die eerste finalis van dié kompetisie, wat saam met die res van die finaliste in aanmerking kom vir groot pryse is Jermaine Davids (in die kategorie 0-18 maande). Valleiers wat hul kleinding wil inskryf vir die kompetisie kan ’n gesigfoto van hul baba na die Gazette se kantoor by Paul Krugerstraat 22 (Absa-gebou) bring. Kleingoed ding mee in twee kategorieë: 0-18 maande en 18 maande tot drie jaar. Die pryse vir die kategoriewenners sluit in ’n R250-geskenkbewys van Spur vir elke wenner, ’n Butterfly World-geskenkbewys ter waarde van R125, twee doen-dit-self partytjies vir 10 kinders van Beauty@Heart events van Worcester (kliënt moet dit self gaan haal en aflewer), ’n uur lange fotosessie vir albei wenners en hul gesinne deur Maryke Zeelie fotografie ter waarde van R450 elk, ’n geskenkbewys vir ’n springkasteel vir ’n partytjie deur Madelein van Jaarsveldt (Mad About Cakes) en geskenkbewys deur Shoprite Robertson, wat ’n bababad en benodigdhede insluit. Lesers sal van die Dinsdag wat die koerant verskyn tot die volgende Maandag om 10:00 vir hul gunstelingbabas kan stem

deur BABA, gevolg deur die baba se naam, na 35405 te SMS. SMS’e kos R1,50. Die wenners word bepaal deur lesers se stemme en die Gazette het geen invloed op die aanwys van die wenners nie. Die beslissing ten opsigte van wenners is finaal. Hierdie week se inskrywings is op bl.6 te sien.

Jermaine Davids

KINDERBESKERMING ONDER OË: Landsdiens-leerders van die Hoërskool Montagu het onlangs hul stem laat hoor tydens Kinderbeskermingsweek. Hulle het vir die Montagu-polisie borde geverf waarin hulle hul opinie oor kinderregte en misdaad teen kinders verwoord. Met die toestemming van onder meer die plaaslike Spar, is dié vyf borde by die parkeerarea agter Spar in Du Toitstraat opgesit. By een van die borde is (van links) konst. Carmen Gentleman, sers. Suria Meyer en konst. Charlene Pekeur.

Dít maak Pappa spesiaal sê kleingoed Pappas landwyd het dié Sondag (hopelik) ’n slag die braaitang neersit toe hulle op Vadersdag bederf is. ’n Paar kleingoed het vir die Gazette vertel wat húlle pappas spesiaal maak. ) “Liewe Pappa, Pappa is spesiaal vir my omdat ons baie goed saam doen. Pappa laat my saam Pappa jag )sic). En ook Pappa laat my lag (sic). Van: Bernard” – gr. 3 ) “My Pappa is sterk en slim. As daar ’n probleem is help Pappa ons. Pappa bring vir ons worsies van die werk af. As dit ’n lang vakansie is dan vat hy ons na die see.” – Natalie Wagner (9). ) “My pa is die beste pa in die wêreld. My pa is my superhero. Jy gaan altyd in my hart wees. Hy help my met alles. Ek is baie lief vir hom. Henrechia.” – Henrechia Wiese, gr. 4. ) “Hy doen vir my baie goed. My pappa braai lekke fleis (sic). Hy help my met my huis werk (sic). Ek is lief vir hom. Luani Marais, gr. 2B.” “My Dad is special because he is sweet and kind.” – M.O. Anouk (9) ) “Jy is so spesiaal want jy sorg ver (sic) my. Ek is lief vir jou. Ek hou van jou.” – Kahlo Douglas, gr. 2A ) “My Dad is great because he braais boerewors.” – Ephraim, gr. 1


Dinsdag 17 Junie 2014

Die Mountain Mill-inkopiesentrum op Worcester se jaarlikse Star Search-kompetisie skop eersdaags af. Bussine Mbadinga (23), hier saam met sentrumbestuurder Sam Orton, was verlede jaar se wenner in die senior afdeling. FOTO: MATTHEW SHELDON

Star Search soek nuwe sangsterre Dit is weer tyd vir dié met sangtalent om nader te staan. Die grootste sangkompetisie in die Wes-Kaap, aangebied deur die Mountain Mill-sentrum op Worcester, is weer hier en is dié keer groter as ooit. Deelnemers hoef nie ’n gevestigde naam in die musiekbedryf te wees om in te skryf nie, inskrywings is oop vir almal en laat inskrywings sal op die dag van oudisie aanvaar word. Hierdie jaar het deelnemers ’n keuse om van nou tot op 1 Augustus ’n aanlyn oudisie te doen. Stuur jou mp3 na starsearch@telkomsa.net of laai dit op ons Facebook-blad by www.facebook/westerncapestarsearch. Indien die internet nie jou ding is nie, kan jy ook op 16 en 17 Augustus of 23 en 24 Augustus ’n oudisie by die Mountain Mill-sentrum aflê. Die kompetisie spog vanjaar met fantastiese mediaborgskappe, Boland Media (waarvan die Breederivier Gazette deel is) en Heart FM, wat sal bydra tot die sukses en blootstelling van die kompetisie. Met meer as R100 000 se pryse op die spel, is die Star Search-kompetisie ’n geleentheid wat beslis nie gemis moet word nie. Die senior wenner sal ’n allemintige R30 000 kontant in die sak steek, terwyl die junior wenner R5 000 kontant sal wen. Dié wêreldklas-kompetisie gee deelnemers nie net die geleentheid om voor baie mense op te tree nie, maar ook om deur platemaatskappye raakgesien te word. Deelnemers se loopbaan kan beslis ’n hupstoot kry, soos die geval was met die 2012-wenner, Charné Hugo, wat nou die nuwe “liefling” is saam met Rudi Claase. Finaliste sal tydens ’n glansgeleentheid saam met ’n lewende orkes en agtergrondsangers optree. Die kompetisie se junior finaal sal op 11 Oktober plaasvind met die senior finaal op 25 Oktober. Elvis Blue, die bekende sangsensasie en Idols-wenner, sal die aanbieder en gaskunstenaar wees by laasgenoemde. Vir meer inligting besoek Mountain Mill se webtuiste by www.mountainmill.co.za, facebook www.facebook/westerncapestarsearch of bel Johan Groenewald by 082 772 4658.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by Robertson Museum. Navrae: 0 023 626 3681.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH ) The Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

VRYDAG 20 & SATERDAG 21 JUNIE ) Robertson Logos Christian School hoenderbraai. Navrae: 0 023 626 4364.

SATERDAG 21 JUNIE ) Ooskerk Karnaval by die NG kerk Robertson-Oos se gemeentesentrum. ) Liewe Heksie en die Rolskaatse met Margit Meyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza. Kaartjies R70. Navrae: eza@janeza.co.za of 0 082 978 7020.

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

Schools - Skole

Breederivier Gazette

Dinsdag 17 Junie 2014 GOLDEN TALENT: These learners at the Robertson Logos Christian School recently participated in the Junior Convention in Wellington. They competed in a number of categories including Art, Culture and Sport. They brought back 27 medals, two certificates and two trophies. At the back are (from left) Angelique Prinsloo, Lara Fouché, Uphile Goba, Lisa Rossouw, Kaylee-Jade Meiring and Angelique Delderfield. In front are Ela Meiring, Kristen Slaney, Danica Viljoen and Bianca le Roux.

GOUE STEMME: Dié leerders aan die Laerskool Robertson (van links), Henriëtte de Villiers, Monique October, Plaxedes Mbovu en Rianca Lotter, is in die Langeberg Distrikjeugkoor opgeneem. Die koor, onder leiding van Marvin Booysen, bestaan uit 60 kinders van die Langeberg-area. WOORDWYS: Dié gr. 7-leerders aan WakkerstroomWes Primêr, Johandré Davids (eerste plek), Cameron Lewis (tweede plek) en Jerado Adonis (derde plek), was die uitblinkers in die onlangse Korrek! spel- en sinne-kompetisie by die Kaapse Wynland Onderwysdistrikkantoor op Worcester. Die kompetisie was ’n nuwe ervaring vir die drietal, maar dit het hulle nie gestuit om die toekennings van die dag – die eerste, tweede en derde plekke – sowel as die Beste Skooltrofee voor 14 ander skole (wat ses Kaapse skole ingesluit het) se neuse op te raap nie. WakkerstroomWes, buite Ashton, was al landelike skool onder die deelnemende skole. Die leerders se opvoeder, Annette van der Berg, en hoof, Felecia Abrahams, bevestig dat hulle die skool se mantra “Ek kan, ek wil, ek sal” daagliks uitleef. Leerders word geleer om nie terug te staan vir enige geleentheid nie en om te strewe na ’n lewe van sukses en nie mislukking nie.

FAMILIEKENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

EIENDOMME

LENINGS

TE KOOP

1030

STERFGEVALLE 1005

WIESE STEPHANUS JOHANNES (Oom Steven) Geb.14/11/1932Gest.10/06/2014 Die Roudiens vind plaas Woensdag 18 Junie 2014 om 19:00 te Populierlaan DR. SNYDERS JOHN J 21, Ashbury, Montagu. Geb.12/12/1961 Begrafnisdiens vind plaas Gest.12/06/2014 Saterdag 21/06/2014 om Met hartseer neem ons afskeid van my man en ons 9:00 by die huis en 10:00 te VGK- kerk, Montagu. pa. Die Roudiens vind plaas Donderdag 19 Junie Sal met liefde onthou om 19:00 in die Langeberg word deur sy vrou, kinders, kleinkinders, broer, Skoolsaal, Robertson. Begrafnisdiens vind plaas susters, agterkleinkinders Satedag, 21 Junie 2014 om en familie. 11:00 by die huis in Watsoniastraat 21 en 12:00 by Langeberg skoolsaal. Privaat verassing te Worcester. Sal met liefde onthou word deur sy vrou, dogter en kleindogter.

1445

OCTOBER JOHANNA (Aunt Henna) 19 Junie 2014 Ons dank ons Hemelse vader dat Hy ons die liefdevolste Mammie gegee het. Mammie, baie dankie vir al die liefde, ondersteuning en dat u altyd daar is vir ons. Ons kon nie vir ’n beter Ma gevra het nie. Geniet die spesiale verjaarsdag. Weet dat ons as kinders, skoonseuns en kleinkinders is baie lief vir Mammie en waardeer als wat u vir ons beteken. Tonne liefde van: Titus, Philander, Davids en Krielgesinne en Madia.

LOANS. Consolidations R 1 000 to R120 000, 5 minutes approval. Same day pay-out. Fiona 082 422 2271

3201

ERF te koop, 375 vierkante meter in Coetzeestraat, Uitbreiding 15. Kontak 076 523 6517 vir ’n aanbod of meer inligting.

SAKE

DIENSTE 2420

DIENSTE 2420


Dinsdag 17 Junie 2014

Schools - Skole

Onder die gr. 6’e het (agter, van links) Franco de Kock en Pieter Visser en (voor) Tia Esterhuyse, Anke le Grange en Suné den Engelsman toekennings losgeslaan. PRESTEERDERS: ’n Groot groep leerders aan die Laerskool Montagu se harde werk het vrugte afgewerp ná hulle met toekennings vir hul akademiese prestasies vereer is. Onder die gr. 4’s is (agter, van links) Hannes Neethling en Franco de Kock, Thomas Gordon, Anro Nel, JG van Deventer, Philip Olivier vereer. Voor is Lynn-Mari Stemmet, Iné Fisher, Elsje Esterhuyse, Lia du Plessis, Janie Marais, Anene Rahl, Shaylyn Pekeur en Nienke Strauss.

Dié gr. 7-leerders het ook toekennings ontvang. Van links is Jacobus Uys, Henry Viljoen, Brent Hendricks en Joa Theron. Michelle Isaacs was afwesig met die neem van die foto.

Gr. 5-leerders wat vereer is, is (agter, van links) Zindi van Zyl, Cobus Nel, John Wright, Tiaan Viljoen, Jacobus Esterhuyse, Dirk-Louw van der Westhuizen en Wendy Visser. Voor is Mechyla Schoeman, Anton Jordaan, Ankia Ellis, Tanika Crafford, Antjie van Rooyen, Liné Stemmet, Cobus Potgieter en Antuan Nel.

Breederivier Gazette

SLIMPRAATJIES: Tydens die ATKV Redenaars se semi-finale ronde het Carli Prins, van die Robertson Voorbereidingskool, ’n eerste plek in die Wes-Kaap behaal. Carli neem in Augustus aan die nasionale eindronde deel.

7

TENNIS: Chris Carstens van die Laerskool Ashton het onlangs aan die Boland Wilson Junior Tennistoernooi op Ceres deelgeneem en ’n brons medalje losgeslaan vir sy derde plek in die Goue Plaat vir die o.10-span,


Breederivier

Year 18 • 17 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

Gerovan op pad Londen toe HILDERINE SCHRÖDER

A happy Altus de Wet (right) at the finish of the 2014 Erzberg Rodeo. With him is Karl Katoch, route director of the Erzberg Rodeo. PHOTO: ANDREEA ALEANDRU

Wanneer die veertienjarige Gerovan Otto aanlê met sy biljartstok, begin selfs hardebaard potspelspelers se broeke bewe en met goeie rede. Gerovan, van Robertson, sit nie net die ouer garde van sy potspelklub Hillside op groot skaal ore aan nie, hy is ook die jongste lid van die Suid-Afrikaanse junior potspelspan wat dié week na Brittanje vertrek waar die span in Londen aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem. Hy was ’n skrale vyf jaar oud toe hy die eerste keer ’n biljartstok opgetel het, vertel Gerovan. Sedertdien is daar geen keer aan dié leerder van die Langeberg Sekondêre Skool nie. Sy pad na die Suid-Afrikaanse span het verlede jaar by die Bolandkampioenskappe by Kleinplasie op Worcester begin. Hiér het hy ’n magdom ander spelers uitgeskakel en is hy ingesluit in die o.18 Bolandspan wat aan die provinsiale kampioenskappe deelgeneem het. Hiér het Ge-

Gerovan Otto rovan, wat die jongste deelnemer was, derde gekom uit al die deelnemers. Sy prestasie en harde werk is beloon toe hy tydens die Suid-Afrikaanse Junior Potspel-kampioenskappe, wat ook by Kleinplasie gehou is, in die nasionale span ingesluit is. Dat hy die jongste lid van die span is, skeel Gerovan min. Hy is immers ook eerste in die streek se Sondagliga waaraan 80 spelers, almal baie ouer as hy, deelneem. Hoewel hy in die wolke is

met sy mees onlangse prestasie, bly Gerovan stewig op Moeder Aarde geanker. “Dis eintlik maar net ’n stokperdjie,” vertel hy beskeie. Dit kos mooipraat voor hy erken dat hy eintlik ure lank agter die potspeltafel oefen. Intussen sien Gerovan geweldig uit na sy oorsese toernooi. Dit sal nie net die eerste keer wees wat hy in die buiteland gaan wees nie, maar ook die eerste keer wat hy sal vlieg. Maar hy is glad nie op sy senuwees hiéroor nie, verseker hy vinnig. Intussen straal sy ouers, Gerald en Charolene, van trots. Om Gerovan dié geleentheid te gee het baie opofferings gekos, vertel Gerald. “Maar ’n geleentheid soos dié kry ’n mens net een keer.” Gerovan koester reeds groot drome om eendag professioneel te speel. Intussen fokus hy eers op sy skoolloopbaan waarin hy ook uitstekend presteer. Enigeen wat ’n bydrae tot Gerovan se reiskostes wil maak kan Gerald by 079 801 1713 bel.

Altus conquers Giant

Montagu motorcyclist Altus de Wet has finally conquered the race known as the “Iron Giant”. Known as the toughest one-day extreme enduro race in the world, De Wet has tried three times before to complete the Erzberg Rodeo in Austria. De Wet finished the 2014 Red Bull Harescramble – the four hour main race of the Erzberg Rodeo. Some 1 500 entrants started the Pro-

logue, while only 500 riders can qualify for the Harescramble and only 31 competitors completed this tough challenge. De Wet experienced two flat tyres on his first attempt and posted the 58th fastest time. He knew he had to better his time if he wanted to start the race from the front row, but he also knew that it is almost impossible to post a better time the next day as the short Prologue route (about 13 km this year)

would have deteriorated badly due to so many motorcycles and quads having ridden it. A different approach saw him then posting the 22nd fastest time and securing his position between 49 other riders on the front row. De Wet finished the race in 24th place. His next race is the Red Bull Romaniacs, which takes place in Romania in July and also features on the list as one of the world’s toughest enduro races.

PLUIMBAL: Robertson-pluimbal se vierde liga-span het tot hede in dié winterseisoen ál sy Kaapse teenstanders die loef afgesteek. Die span het al drie wedstryde waaraan hy so ver deelgeneem het met 5 – 2 elk gewen. Op die foto’s is (foto bo, van links) Francois Grobbelaar, Carina Burger, Cornel Hough, Jurina Swanepoel en Anja de Kock. Op die foto links is (agter, van links) Wynand Du Toit, Cornel Hough en Wouter Marais. Voor is Jurina Swanepoel, Anja De Kock en Carina Burger.


Breederivier gazette 17 jun 2014