Page 1

Breederivier

Year 17 • 15 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Betogers in T-hemde van die plaaswerkervakbond Bawusa en die Freedom Trust, met die gesig van Engelbrecht daarop, het met plakkate buite die hof op Worcester betoog.

FOTO’S: HILDERINE SCHRöDER

Flippie en Papenfus nie by hof HILDERINE SCHRÖDER Flippie Engelbrecht is onwettig uit sy ouers se sorg geneem en nou het hulle geen idee waar hy hom bevind nie. Só beweer Engelbrecht se ma, Katriena, en sy swaer, Jacques Philander, nadat Engelbrecht verlede naweek volgens Carina Papenfus, sy regsadviseur, weens dwingende omstandighede na ’n plek van veiligheid geneem is. Nóg Papenfus, nóg Engelbrecht was gister (Maandag) by die hofverskyning van Wilhelm (Dozi) Treurnicht in die Worcester-streekhof. Dít ondanks ’n persverklaring deur die

Freedom Trust, waarvan Papenfus die sekretaris is, dat ’n perskonferensie ná die hofverrigtinge gehou sal word waartydens Engelbrecht en nóg drie slagoffers van geweld die media sal toespreek. Volgens Papenfus moes die perskonferensie afgestel word ná ’n aanval op een van sy aktiviste gedurende Sondagnag. Die aktivis se voertuig met 1 500 geborgde T-hemde, wat Maandag by die hof uitgedeel sou word, is gesteel en daar is slagspreuke op die mure van haar huis geverf, aldus Papenfus. Papenfus het Philander en Engelbrecht se ma se aantyging dat sy Flippie ontvoer het ten sterkste ontken. “Ek steek nie vir Flippie onder my

Oor sy ouers se bed weg nie.” aantyging dat sy nie Engelbrecht is volgens wil sê waar EngelPapenfus verlede Saterbrecht hom bevind dag na die hospitaal genie, sê Papenfus sy neem nadat die Grawil nie met die taak bouw-polisie na die huis van maatskaplike waar hy en sy ouers werkers inmeng nie woon, ontbied is. Die poen dat húlle sy ouers lisie het glo gereageer op se navrae moet han’n klag van saakbeskaditeer. ging ná Engelbrecht se Papenfus het ’n inpa, Flip, ’n deur van die setsel op die TV-prohuis afgeskop het. Die po- Katriena Engelbrecht gram Carte Blanche lisie, sê Papenfus, het ’n ambulans ontbied ná Engelbrecht ’n waarin Engelbrecht se ouers as alkoepileptiese aanval gehad het. “Hy is holiste beskryf word en verskeie belater die dag uit die hospitaal ont- werings deur die Freedom Trust as slaan en in die sorg van maatskapli- leuens voorgehou word, afgelag. “Dit is ’n duidelike poging van die verdeke werkers geplaas.”

diging om voort te gaan met ’n poging om die saak te diskrediteer. Die feit dat die Nasionale Vervolgingsgesag voortgaan met die saak wys dat dit meriete het.” Die Freedom Trust beweer Flippie het sy sig verloor ná ’n ernstige aanranding in 2008 op die Rietvallei Wynlandgoed en dat hy sedert die aanval epileptiese aanvalle kry. Tydens ’n aanval het hy glo in ’n konka geval en só erg verbrand dat albei sy hande geamputeer moes word. Treurnicht staan nou alleen op die aanklag van aanranding tereg ná sy medebeskuldigde, Johnny Burger, verlede maand sy lewe geneem het. Die saak is tot 4 Desember uitgestel vir pleit- en verhoordoeleindes.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

GAZETTE SE TROTS: Annelda Grootboom, verkoopskonsultant vir geklassifiseerde advertensies by die Breederivier Gazette, het dit weer reggekry! Vir die derde agtereenvolgende maand is sy as Geklassifiseerde Konsultant van die Maand - Geklassifiseerde advertensies, Boland Media. Dit beteken sy was in Julie, Augustus sowel as September die toppresterende verkoopskonsultant in geklassifiseerdeadvertensies in die Boland Media-groep was. “Annelda se prestasie is merkwaardig, veral in die uiters mededingende omgewing waarin sy haar bevind. Dit is ’n besonderse prestasie om vir die derde agtereenvolgende maand as Boland Media se Geklassifiseerde Konsultant van die Maand gekroon te word. Welgedaan en doen so voort, Annelda, ons is trots op jou,” sê Theresa Olivier, redaksionele uitgewer van Breederivier Gazette.

Dinsdag 15 Oktober 2013

McGregor open its gardens to visitors this weekend For the ninth year running McGregor is opening its gardens to visitors and extending a warm welcome to spring, after the chill of winter.

Known for having a contemplative centre in the heart of the village at Temenos, with gardens which encompass spiritual sanctuaries, the event embraces beauty and philosophy, nature, as well as time to appreciate it. So, why not take time to walk the pretty preserved village, to access ten mostly centrally located gardens? Also, enjoy special meals at the cafes and restaurants, or on the way in or out of the village, visit the impressive castle-like Lord’s Guest Lodge which offers lunches, winetasting and sun-downers while enjoying the spectacular valley views. The event brings together public, shared spaces – like Wahnfried, a social centre for music and performance, together with personal, private hideaways like next-door Tswalu. See the charming garden created by Lexi around the old water mill at Green Gables. Be reminded of legacies of the region –- like a converted orchard of old apricot trees at Rosemary Cottage. Meet and learn from gardeners like Val Wilson, who is ably supported by gardener Michael Mei. Or, expertly designed by Marnie de Villiers, Old Village Lodge has stunning irises and water features, carefully manicured by Freddie Fortuin. Recognition of the vital need for

WENNERS: Die Breederivier Gazette se babakompetisie-wenners, wat van 20 Augustus tot 10 Oktober plaasgevind het, is pas gekies. Hulle is (van links) Mu’amr Bloomberg (18 tot 36 maande), by sy ma Fazlin Bloomberg en PieterHein Kruger (0 tot 18 maande) by sy ma Dominique Kruger. Elkeen het ’n R200-geskenkbewys van Spur Robertson, ’n geskenkpak van Wynland Apteek, ’n rugsak en R100-geskenkbewys van Nedbank ontvang. Lizelle Lloyd Party-beplanner het ’n verjaardagkoek ter waarde van R250 geskenk terwyl Kodak Superfoto in Worcester ’n geskenkbewys van R300 elk gegee het. Annaem Productions het ’n kinderboek en ’n CD geskenk. Shoprite Robertson het ’n bababad met produkte geskenk. By hulle is Annelda Grootboom van die Breederivier Gazette.

water is taken in the planting for hot dry summers at Kristina and Bill’s large garden on Van Reenen Street. ‘Elf Kantoor’ is more like a smallholding in the village than a garden. Indigenous trees, hardy succulents, proteas and aloes provide seasonal variety. The small historic cottage looks out over this “borrowed landscape” to the mountains beyond. Maps are available from the McGregor tourism office. For more information, call Ann Bedford, organiser of the event since its inception, on 023 625 1111.

Waar is streek se droombruide?

Anke Jacobs (née Van der Westhuizen) is van Robertson.

Eloise Williams (née Anthony) is van Robertson.

Die Langeberg-streek het van die mooiste trou-venues waaraan jy kan dink. Nou soek ons ook die streek se mooiste bruide. Die Breederivier Gazette hou ’n Bruidskompetisie wat van 15 Oktober tot 26 November plaasvind. Vroue wat van 1 Oktober 2012 tot 28 September vanjaar getroud is, mag inskryf. Die reëls is dat jy ’n vollengtefoto van jou in jou trourok met die inskrywingsvorm stuur na annelda@breede.com, of dit kom aflewer by die Ga-

zette se kantoor by Paul Krugerstraat (Absa-gebou) langs Foto First. Pryse sluit drie geskenkpakke van Van Loveren (borg) in wat bestaan uit ’n bottel Four Cousins Rosé, Four Cousins Blush Bubbly en Four Cousins Strawberry. Beds B’us borg twee geskenkbewyse ter waarde van R100 en Bed & Pine City borg twee Cloud Nine-kussings. Daar is ook ’n geskenkpak van Avon Cosmetics met skoonheidsprodukte ter waarde van R1 500, twee geskenkbewyse van Hair Illusions en Leo-

gastehuis borg verblyf van een nag vir die wenpaartjie. Inskrywingskoste beloop R80. Foto’s van deelnemers sal elke week geplaas word. Die wenner word op 19 November in die Gazette aangewys. Bruide wat wil inskryf of meer inligting benodig, kan Annelda Grootboom by 023 626 5212 bel. Om vir jou gunstelingbruid te stem, SMS die woord “Bride” asook die naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50. Sluitingstyd vir SMS’e is Sondag 20 Oktober om 11:00.

Maryke Jacobs (née Du Toit) woon tans in Durbanville.

Kerri Ferreira (née Beviss-Challinor) woon in Bloemfontein.


Dinsdag 15 Oktober 2013

News - Nuus

Breederivier Gazette

Disaster to be simulated Don’t panic should news of a massive bus accident outside Ashton emerge later this week.

Mev. Maria Groenewald

Tannie Baby oorlede op 105 Een van Robertson se oudste inwoners, mev. Maria Groenewald, is verlede Saterdag in die ouderdom van 105 oorlede. Sy was alombekend as Tannie Baby en is in Napier gebore waar sy met Michiel Groenewald getroud is. Hulle het een dogter, Ruda, gehad. Groenewald was ’n baasbakster en ook betrokke by haar man se vervoermaatskappy. Ná haar man se dood in 1981 het sy nog vir twee jaar op Grabouw gebly voor sy na Robertson verhuis het. Sy het vir 27 jaar in die Ou Herberg-woonstelle gewoon totdat sy op 100-jarige leeftyd besluit het om na Huis Le Roux te trek. Sy het onlangs ook haar twee agter-agterkleinkinders ontmoet toe hulle vir haar kom kuier het. Sy word ook oorleef deur haar suster, Grace Fourie, drie kleinkinders en agt agterkleinkinders. Haar begrafnis vind Donderdag om 15:00 uit die Robertson-Oos-gemeente plaas.

Emergency organisations and emergency workers will test their skills and readiness when a major disaster simulation will be held in Ashton this Friday (18 October). The aim of this simulation is to ensure the resources in die Langeberg municipal district meet the demand for quality service, striving for a better working relationship and communication between the respective emergency services, hospitals and the community and to ensure community development by implementing workshops and training sessions. The simulation will start at 08:00 with a report that a bus transporting scholars and teachers on the R60 towards Ashton has overturned opposite the Ashton Fruit Package Factory. The extent of victims’ injuries

will be unknown. Fifty pupils of the Ashton Secondary School will participate in the event and each will be given a card indicating their “injuries”. All emergency stations in the area will go on full alert, as in the case of a real accident, and will use their respective call-up lists to inform their staff. No disposable equipment will, however, be used. As with every major disaster, debriefing will be done with the participants to avoid stress and the necessary consent will be obtained, the injured will receive emergency treatment on the scene and will be moved to the nearest hospital for further treatment. A post-“disaster” briefing will be held after the simulation which will be attended by all the role players. The information obtained by this simulation will be used to prepare the services to act in case of a real emergency.

KUNSSKEPPINGS UIT VALLEYS AND MOUNTAIN: Niemand is te jonk of te ongeskoold om wonderlike kunswerke te skep nie. Hier is Gershwin September (15), Lewayne Pedro (18) en Owen Andries (11) by hul onderskeie kunswerke wat uit herwonne afvalmateriaal gemaak is. Dit is bestem vir ’n winkel in Kaapstad. FOTO: VERSKAF

Regstelling In die laaste uitgawe is verkeerdelik berig dat die Valleys and Mountains Ontwikkelingstigting die inisiatief van Albert Fritz, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, is. Die kreatiwiteitsontwikkelingskursus is sy inisiatief.

3


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 15 Oktober 2013

BEDERFDAG: Opvoedersdag is wêreldwyd op 5 Oktober gevier en die ouers en beheerliggaam van die Laerskool De Villiers in Robertson het die skool se onderwysers verras met ’n driegangmaal in die skoolsaal. Die hoofseun, Dimitri Koert, en hoofmeisie, Micaela Matthys, het die onderwysers vir hul onbaatsugtige en harde werk bedank. Die skool het ook sy dankbaarheid teenoor die ouers en organiseerder, Ovenita Simpson, betuig. The past and present presidents of the Literary Society are Keith Poole (current president), Brian Riordan, Anthony Abbott, Alan Cleary, Becky Saacks, Stephen de Wet, Alwyn Drausing and Willem Scott.

Literary Society turns 130 The Robertson Literary Society recently celebrated its 130th birthday with a special meeting in which all living ex-presidents participated.

NASIONALE BANDANADAG: Leerlinge van die Laerskool Robertson het vanjaar elkeen ’n bandana gekoop ter viering van Nasionale Bandana-dag. Die projek is van stapel gestuur om geld in te samel vir kankerlyers. Hulle is geprys vir hul positiewe optrede.

The event was held at the Robertson Library. A short summary of the founding and history of the past 130 years was given by Marianne Richter and the current president, Keith Poole. Poole mentioned that the whole history of the society – in the form of minutes of each meeting – is kept at the Robertson Museum. Thereafter the seven living ex-presidents were introduced and each told the audience about some of the highlights of their terms in office. A special welcome was given to Becky Saacks, who at 86 years, was the oldest of them. Saacks, now living in a retirement home in Cape Town, lived in Robertson for almost 59

years and was the guiding force in establishing the Robertson Museum. The museum has been housed in Druids Lodge since 1977. It was the home of the very first president of the Literary Society, William Dutton English, who at that stage was the civil commissioner for the town. In her presentation Saacks said the Literary Society was her education due to the very interesting topics that were discussed. During the first years of television in South Africa, the society had to change its meetings to an alternative day, as Tuesday nights were used to screen the series the World at War, she added. Homage was paid to Angus Rose, one of the ex-presidents who played a big role in the doings of the society. He died a few years ago but his wife attended the meeting. It was also mentioned that another member, Ron Smith, died recently.


Dinsdag 15 Oktober 2013

TOTSIENS MATRIEK! Dié groepie matrieks van die Hoërskool Robertson het hulle onlangs gate uit geniet by hul matriekafskeid.

BESTE VOETJIES VOOR: Denoza Arendse, Fabiak Hopp, Daniel Arendse en JD Voigt, almal leerlinge aan die Hoërskool Robertson, het spoggerig gelyk by hul onlangse matriekafskeid.

SLIMKOPPE: Justin Windvogel en Breyton Hendricks, gr. 7-leerlinge aan die Laerskool De Villiers in Robertson, het onlangs onderskeidelik goue en bronssertifikate verower met hul deelname aan die jaarlikse Globale Wiskunde-olimpiade.

KLINKENDE SUKSES: Leerlinge aan die Ashton Primêre Skool wat onlangs aan die Worcester Eisteddfod deelgeneem het, het puik presteer. Sewe leerlinge het cum laude goud, twee goud met lof, sewe goue en ses silwersertifikate vir hul voordrag ontvang. Hier is die presteerders saam met Francine Conradie wat hulle afgerig het.

Schools - Skole

Breederivier Gazette

5


6

Breederivier Gazette

General - Algemeen

Dinsdag 15 Oktober 2013

ALGEMENE DIENSTE GENERAL SERVICES 1141

Algemene Dienste General Services

FAMILIEKENNISGEWINGS FAMILY NOTICES 07 Gelukwensing Congratulations

PAGE RACHEL ELIZABETH Ons is dankbaar en bly dat God vir Mamma gespaar het saam met ons as familie. Ons wens Mamma Ragie, ’n liefdevolle 90ste verjaarsdag toe. Mamma is n spieël vir ons lewe. Van jou kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en agteragter kleinkinders.

11

In Memoriam

COOKSON, SAMEUL Born.03/04/1937Died. 20/10/2010 I cried when you passed away. I still cry today, although I loved you dearly. I couldn't make you stay. A heart stopped beating, hard working hands at rest. God broke my heart to prove to me He only takes the best. From your wife, children, grandchildren and great grandchildren.

FLUKS SIMON Born. 2 /01/1965Died. 11/10/ 2004 Nine years away from us. We will always miss and love you. From: your wife and children.

BESIGHEID BUSINESS 194

Sake Geleenthede Business Opportunities BESIGHEIDGELEENTHEID! Kontak my as jy sakke vol geld wil maak met Avon! Sulene 078 301 3771.


Dinsdag 15 Oktober 2013

General - Algemeen

Pupils from the McGregor Primary School and the McGregor Waldorf School participated in the multi-colour project.

Schools work together The Waldorf School in McGregror recently played host to visitors from the Alanus University in Germany. Two professors and seven students paid a visit to the school for a Multi-Colour Project. During the week they worked with a class of grade seven pupils from both the

McGregor Primary and the Waldorf School. As far as can be established, this was the first time students of these two schools have actively engaged with each other. The purpose of the project was to bring children from various cultural backgrounds together to work together in sharpening their skills in choir, drama, painting, drawing and lino-cutting

and other disciplines. The afternoon session was held at the Breede Skills Training Centre where groups of 10 students from Grades 5 to 8 participated in several art projects, including the painting of the wall around the sports field – a project which was started two years ago with the previous visit from the Alanus University.

KOOP ’N WEBER-BRAAIKOMBO EN WEN: Prof. Sandy Lazarus (regs) van McGregor was die gelukkige wenner van ’n Weber Q320 in ’n onlangse kompetisie wat deur Kaap-Agri gehou is.

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 17 • 15 Oktober 2013 | Tel. 023 626 5212

ATLETIEK: Atlete van die Robertson United Jeugklub het onlangs die geleentheid gekry om die bekende langafstandatleet Zola Budd te ontmoet. Lede van die klub is in September genooi om saam met die organisasie Fit2Run aan ’n wedloop op Worcester deel te neem. Altesaam 15 lede van die klub het aan dié geleentheid deelgeneem. Die klub, wat altyd op soek is na goeie atlete, het onlangs ook ’n vleisbraaiery gehou om geld vir die klub in te samel. Enigeen wat by die klub wil aansluit of ’n bydrae wil maak, kan die klubsekretaris by 0 060 380 7434 bel.

LANGASEM: Fregan Fortuin van die Montagu Atletiekklub, het verlede week die Westelike Provinsie (WP) by die SA Landloopkampioenskapstoernooi wat in Bloemfontein gehou is, verteenwoordig. Hy beskryf die ondervinding om saam met al die topatlete te kon deelneem as fantasties. Fregan kon die kampioenskaptoernooi bywoon danksy die geldelike steun van die atletiekklub en ander belangstellendes.

RUGBYBREKER: Barend van der Merwe van die Hoërskool Robertson is onlangs in die o.19-Bolandrugbyspan opgeneem. Hy het reeds twee wedstryde vir die span gespeel – een teen Griekwas wat hulle 22-23 gewen het en die ander teen Suidwestelike Distrikte wat hulle 24-12 gewen het.

FYN VOETWERK: Twee leerlinge van die Hoërskool Montagu, Venice Adendorf en Juwayne Alcaster, het onlangs aan die Boland-baldanskompetisie deelgeneem en die eerste plek in die afdeling vir Latynse danse wat die samba, jive, cha-cha en rumba insluit, verower. Hulle sal in Desember aan die SA-baldanskompetisie in Durban deelneem.

POTSPEL: Dimetri Spannenberg van die Young Shooterspotspelklub het aan die Junior o.18SA kampioenskapstoernooi deelgeneem en die halfeindronde in die enkelspelafdeling gehaal.

Breederivier gazette 15 oct 2013  

Breederivier gazette 15 oct 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you