Issuu on Google+

Breederivier

Year 18 • 13 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

DA­steun groei in Langeberg HILDERINE SCHRÖDER Met die uitsondering van ses stemlokale het inwoners van die Langeberg-area verlede Woensdag (7 Mei) met ’n oorweldigende persentasie hul kruisies agter die DA getrek. Volgens amptelike syfers van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die DA 51,40% van kiesers se stemme op hom verenig, terwyl die ANC 37,92% van die stemme gekry het. Albei partye het beter gevaar in dié verkiesing as in 2009 toe die DA slegs 39,63% van die stemme gekry het en die ANC 28,94%. Syfers dui egter daarop dat minder geregistreede kiesers in die Langeberg hierdie jaar hul kruisies gaan trek het met slegs 24 288 van die 40 484 geregistreerde kiesers wat gestem het. In 2009 het 25 205 van die 37 006 geregistreerde kiesers in die streek gestem. Die ANC het veral groot steun gekry by lokale by die Masakheke Gekombineerde Skool in Nkqubela (84,30%), die Ashton Gekombineerde Skool (86,22%) en die St. Stephen’s Anglikaanse Kerk (70,76), terwyl die DA steeds in veral die landelike gebied steun geniet. By die Hoërskool Montagu het die DA altesaam 92,67% van kiesers se stemme op hom verenig met die ANC wat slegs 0,88% van die stemme gekry het.

Die nuweling in vanjaar se verkiesing, die EFF, het stof in die oë van verskeie ander kleiner partye geskop en ’n beduidende aantal stemme by die meerderheid van die kieserslokale getrek. Dié party het 15,42% van kiesers se stemme by die Danie de Wet-saal in die Le Chasseur-area buite Robertson op hom verenig. Die VF+ het veral in die landelike gebied steun geniet met altesaam 1,22% van die stemme in die Langeberg-area. Geen voorvalle van geweld of intimidasie is by enige van die verkiesingslokale aangemeld nie en die stemproses het oor die algemeen vlot verloop. Op provinsiale vlak het die DA 12 587 meer stemme as die ANC verwerf. Dié party het met 59,38% van die stemme verbeter op sy prestasie in die 2009verkiesing toe hy die provinsie met 51,46% van kiesers se stemme van die ANC verower het. Die ANC het vanjaar 31,89% van die stemme gekry, ’n verbetering op sy prestasie in die vorige verkiesing toe 31,55% kiesers in dié provinsie die party gesteun het. Op nasionale vlak geniet die ANC steeds die grootste steun met 62,15% van kiesers se stemme met die DA wat 22,23% van die stemme gekry. Die EFF het 6,23 van die stemme gekry wat aan dié party 25 setels in die parlement besorg. Die ANC spog met 249 setels, met die DA wat 89 setels het.

Kiesers het verlede Woensdag aangetree om hul kruisies in die nasionale verkiesing te trek. Die DA het gemaklik in die Langeberg munisipale gebied gewen. FOTO: ZELDA KLOPPERS


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 13 Mei 2014

)Die Robertson Museum hou om 19:00 sy algemene jaarvergadering in die Barrykamer van die anneks. Die gasspreker is Deryl Barlow wat oor Persiese en oosterse matte sal praat. Sop en wyn sal na die tyd bedien word.

WOENSDAG 21 MEI

) Teetuin en oggendmark by Robertson Museum. Navrae: 0 023 626 3681.

)Heinz Winckler tree by Janeza op. Tyd: 18:30 vir 19:00. Kaartjies: R140 (volwassenes), R80 (kinders). Besprekings of navrae: eza@janeza.co.za, besoek www.janeza.co.za of bel 0 082 978 7020 of 023 616 3547.

SECOND THURSDAY OF EACH MONTH

SATERDAG 24 MEI

) The Montagu Alzheimer’s Support Group meets at 15:00 in the bottom lounge of Huis Uitvlucht, Montagu.

)Die Methodistekerk in Robertson hou sy jaarlikse basaar.

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND

DINSDAG 13 MEI

5-8 JUNIE )Wacky Wine Weekend. Vir navrae, skakel 0 023 626 4364.

VRYDAG 20 & SATERDAG 21 JUNIE )Robertson Logos Christian School hoenderbraai. Navrae: 0 023 626 4364.

WOENSDAG 25 JUNIE )Liewe Heksie en die Rolskaatse met Margit Meyer-Rodenbeck om 18:00 by Janeza. Kaartjies R70. Besprekings en navrae: 2 eza@janeza.co.za of 0 082 978 7020. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

VLIEGKUNS: Twee dae van opwinding en plesier wag op radiobeheerde modelvliegtuig-entoesiaste wanneer die jaarlikse Robertson invlieg op 17 en 18 Mei by die Robertson-vliegveld aangebied sal word. Van die land se beste radiobeheerde modelvliegtuig-vlieëniers sal tydens dié geleentheid in aksie wees met ’n reuse-verskeidenheid vliegtuie – van vegvliegtuie tot helikopters – wat te sien sal wees. Verskeie stokperdjiewinkels se produkte sal ook tydens die geleentheid uitgestal word. Besoekers sal hul nie oor enige hongerpyne hoef te bekommer nie. Die plaaslike Spur sal die hele naweek op die terrein op sy pos wees, terwyl daar die Saterdagaand ook ’n steakete sal wees. ’n Vuurwerkvertoning is nog een van die hoogtepunte waarna daar Saterdagaand uitgesien kan word. Toegang vir volwassenes kos R20, met R10 vir kinders. Vir navrae, bel Morné Swanepoel (082 374 6949) of Mark de Beer (083 512 9575).

Wacky Wine skud weer sy vere reg HILDERINE SCHRÖDER As jy dit oorweeg het om planne te maak om die naweek van 5 tot 8 Junie iewers heen te gaan, kanselleer dit onmiddellik. Alle paaie lei gedurende dié naweek na Robertson wanneer die Wacky Wine Weekend weer duisende besoekers na die Vallei gaan lok.

Die Wacky Wine Weekend se volgepakte feesprogram sal sorg vir ’n opwindende naweek vir een en elk. ARGIEFFOTO: ELANA VAN DER WATT

Met ’n volgepakte feesprogram en ’n ellelange lys deelnemende kelders waar daar na hartelus wyn geproe kan word, is hierdie ’n geleentheid wat beslis nie gemis moet word nie. Die fees, wat in samewerking met kykNET aangebied word, word vanjaar vir die elfde keer aangebied en oudergewoonte is daar vermaak vir die hele gesin. Die vertonings bied iets vir elke smaak, van blues, country en jazz, tot rock. Arno Carstens en aKING sal kragte saamsnoer vir hul vertoning op 7 Junie by die Graham

Beck-landgoed, terwyl rugbygeesdriftiges kan nader skuif vir ’n lewendige opname van Toks & Tjops op 6 Junie by die Excelsior-landgoed. Ook op die verhoog by Kampala dié dag is Mathys Roets en Robertson se eie Danie Niehaus. Die volgende aand sal die grapkaste Rooies, Andries Vermeulen en Pieter Smith besoekers aan Kampala laat skater. Diegene wat hou van ’n lekker storie kan uitsien na die vertoning Stoepstories met Andries Vermeulen en Peter Mitchell (Pietman) op 6 Junie by die Ashton Kelder. Ander vermaak sluit optredes deur Ann Jangle (6, 7 Junie, Wolfkloof) en Sarah Theron (6, 7 Junie, Rietvallei-wynlandgoed) in. Vir die kleingoed sal daar ook ’n wye reeks van pretaktiwiteite, waaronder springkastele en trekkerritte, wees. Vir ’n volledige lys van aktiwiteite en deelnemende kelders, besoek www.wackywineweekend.com.


Dinsdag 13 Mei 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

Housing development frowned upon by many

HILDERINE SCHRÖDER

A proposed residential development in Robertson has a number of locals hot under the collar. News of the development planned by the Graham & Rhona Beck Development Trust, which could see the building of 155 houses on what is currently a piece of agricultural land, has been met with dismay by residents living around the land bordered by Polack, Tienvoet and Coetzee Street. Although the development has not been finalised or approved yet, residents from properties adjacent to the proposed development have already lodged a number of complaints with the Langeberg Municipality in a bid to stop the development in its tracks. According to one of the residents, Tom Morgan, home owners are, amongst a number of concerns, worried about the impact a development of this size might have on local service delivery, competition for already scarce job opportunities and an increase in traffic in the surrounding area.

GELDMAKER: Die Breederivier Gazette se Annelda Grootboom het dit wéér gedoen! Annelda is as Boland Media, waarvan die Gazette deel is, se Bemarker van die Maand: Geklassifiseerde Advertensies vir Maart gekroon. Dit is nie die eerste keer wat Annelda dié toekenning losslaan nie. Sy was verlede jaar ook as Bemarker van die Maand vir Julie, Augustus, September, Oktober en Desember aangewys en het tydens Boland Media se jaarlikse toekenningsgeleentheid ’n tweede plek in die kategorie Telebemarker van die Jaar verwerf. FOTO: ZELDA KLOPPERS

Some 100 residents surrounding the development have already objected to the proposed development. These objections were recently formally handed over to a representative of the local municipality. The municipality will discuss the objections at a meeting scheduled for later this week. Asked for comment on the opposition against the proposed project, Peter Purcell, general manager of the Graham & Rhona Beck Development Trust, said that the project is not yet final. “It is still subject to a number of processes and approval by various authorities,” he stated. According to Purcell the development trust has since 2003 been looking at a way to give its workers housing ownership. Even if the development should get the green light, he added, it will not happen overnight. According to Purcell the trust wants to be open and transparent. Initially a notice in the Gazette gave residents until 2 May to object to the proposed plan. "However, due to all the public holidays we decided to extend the date until 16 May to give people the opportunity to voice their concerns,” Purcell said.

Man soek ná aanranding Die Robertson-polisie soek na enige inligting wat kan lei tot die opsporing van ene Donwin Stevens. Stevens word gesoek in verband met ’n saak van aanranding ná ’n voorval op 12 Januarie vanjaar. Dit is nie bekend waar Stevens hom bevind nie, maar dit is moontlik dat hy hom in die Robertson- of Bonnievale-area mag bevind. Enigeen met inligting wat kan lei tot Stevens se opsporing word versoek om adjudant offisier Quinton Williams by 0 023 626 8349, 023 626 8340 of 082 922 9784 te bel.

WIND MAAK AMOK: Die stormsterk windtoestande verlede Vrydag (9 Mei) het tot ’n ongeluk op die R60 gelei ná ’n bakkie en sleepwa omgewaai is. Die voertuig was vanaf Worcester na Robertson op pad toe die wind die sleepwa geskep en so erg geruk het dat die bakkie en sleepwa 180° omgeswaai is en albei in ’n sloot – weer met die bakkie se neus in die rigting van Worcester en in die teenoorgestelde baan waarin dit aanvanklik was – te lande gekom het. Niemand is ernstig in die ongeluk beseer nie. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

3


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 13 Mei 2014

Relaunch of bakery planned

Award for clotted cream

HILDERINE SCHRÖDER

HILDERINE SCHRÖDER

The Langeberg Municipality is hopeful that a social development project in McGregor can be revived with the help of a new business partner.

Happy cows, it is said, give great tasting milk. Use this milk for clotted cream and you get a product which has food critics raving. Proving biggest is not always best, a local dairy has once again put Robertson in the limelight by scooping yet another coveted Eat Out Zonnebloem Produce Award. John and Jenny Kendal walked away with the award in the category Best Small Producer: Dairy (Other) for their clotted cream. This is the third time Jenny’s Clotted Cream walked away with this award. The annual Eat Out Produce Awards celebrate outstanding, independent South African producers for their integrity, passion and innovation. Winners are those who deliver a consistently high quality product that is SA grown or developed, using primary produce from SA. Due care and consideration for both the environment and workforce are essential criteria. The Kendals are overjoyed with the latest of awards to join those already on their mantelpiece. “This award puts us (Langevallei Farm) as well as Robertson on the map,” John says. The manufacturing of their clotted cream is a closely guarded secret. “It comes from a long family line of clotted cream makers,” John reveals. Langevallei is the only manufacturers of clotted cream in the country. John brought the recipe to South Africa from his former home in Cornwall in the UK. The secret of their success, John says, lies in strict quality control, getting the right consistency and ex-

The McGregor community bakery project was started in 2008 by a group of women who approached the municipality with the proposal of starting the bakery as a social upliftment project. Keen to get involved, the municipality approached the Western Cape department of social development who provided funding, which was put towards the equipment needed to get the bakery off the ground whilst the municipality provided the premises from where the bakery could be run. Although successful initially, the project became stagnant and had to be shut down after three years. Now the municipality hopes to get the project up and running again. Peter Salman, local economic development manager at the Langeberg Municipality, explained at a recent site briefing meeting that one of the problems that led to the downfall of the project was the absence of the skills needed to ensure the project’s success. Salman expressed the hope that the successful business partner, once appointed, would be able to take the baking project forward, thereby ensuring its longevity. The successful partner will be running the project alongside the municipality and will be liable for the running costs – which include electricity and service fees – of the project whilst the municipality will

The bakery project came to a halt some three years ago. The municipality hopes that a new partnership will see the relaunch and success of the project, aimed at community upliftment. continue providing the premises. The successful partner, Salman further explained, will, along with the municipality, screen, recruit and select the best people to involve in the project. “It must remain a community project and must contribute to sustainability in the area,” he added stating that, whoever gets the partnership with the municipality must have the financial ability to execute the contract. “We do not want the project to fail again.”

Peter Salman, local economic development manager at the Langeberg Municipality, explains the tendering process to parties interested in tendering for the mentorship of the McGregor community bakery project. PHOTOS: HILDERINE SCHRÖDER

Locally produced Jenny’s Clotted Cream has scooped yet another Eat Out Zonnebloem Produce Award. John Kendal closely guards this family recipe he brought from Cornwall.PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER cellent temperature control. This is, however, all he is willing to reveal about the tricky manufacturing process. Only jersey milk is used to make their clotted cream which they supply to a number of the top restaurants and hotels, amongst others the Mount Nelson in Cape Town. “Clotted cream is not well known in the country, but as soon as people get to know it they can’t get enough of it,” John says. Judging by the number of awards it has received, this clotted cream is definitely worth a try!

Tabakvrye dag fokus op jongmense Met Wêreld Tabakvrye dag wat later dié maand herdenk word, fokus die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) vanjaar veral op tabakgebruik onder jongmense. Volgens prof. Michael Herbst, Kansa se gesondheidshoof, is jong volwassenes veral geneig om met tabakprodukte te eksperimenteer en dus is hierdie ouderdom ook die fokuspunt van die tabaknywerheid se advertensies. Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) begin die meeste mense rook voordat hulle 18 is en ’n kwart begin reeds met tabakgebruik voordat hulle 10 jaar oud is. Tabakgebruik hou verskeie gesondheidsrisiko’s in. “Die rustende harttempo van ’n jeugdige wat rook is vinniger as die van sy gelykes. Langtermyngevolge sluit kroniese siektes soos long- en maagkanker, beroerte en hartsiekte in. Navorsing toon dat daar by jongmense ’n sterk verband is tussen aktiewe sigaretrook en nikotienverslawing, en verminderde longfunksie, longgroei en asma.” Volgens Kansa is die tabaknywerheid aktief gerig op die jeug, met aanloklike produkte en duur bemarkingstrategieë soos groot

prysverminderings by feeste en musiekkonserte of bymekaarkomste. Hulle voorsien ook gegeurde sigarette en rooklose tabakprodukte (mentol, aarbei en druiwe wat nie spoeg benodig nie) en droë teesakkiegrootte snuifsakkies, oplosbare strokies en suigtablette. Kansa waarsku dat, selfs as die produkte aangedui word as “lig”, “gefiltreer”, “sag”, “laeteer”, “mentol” of “vrug-gegeurde”, is die gesondheidsrisiko steeds groot. Die organisasie waarsku jongmense ook teen die gebruik van waterpype (hubbly bubbly) en Turkse hookah-pype wat veral nadelig is vir nog groeiende longe en dus permanente skade kan aanrig. Rokers word aangemoedig om van Kansa se eKick Butt-program, ’n unieke gratis aanlyn-rookstaakprogram ,gebruik te maak om hulle te help om dié gewoonte te staak. Deur ’n reeks e-posse, vraelyste en stukke wat afgelaai kan word, word die roker gelei en bygestaan totdat hy rook staak en nie-rook ’n lewenslange gewoonte word. Die program voorsien ’n reeks beproefde en betroubare vaardighede om permanent op te hou rook. Inligting: www.cansa.org.za

Met Wêreld Tabakvrye dag wat binnekort gevier word, val die fokus veral op tabakgebruik onder jongmense.


Dinsdag 13 Mei 2014

Wyndruifoes goed ondanks taai seisoen

Ondanks ’n uitdagende seisoen gekenmerk deur hoë, en soms ontydige reënval, verwag die Suid-Afrikaanse wynbedryf ’n gemiddelde grootte wyndruifoes van goeie gehalte. Dít volgens die wynprodusente-organisasie VinPro. Parstyd in die meerderheid streke het vanjaar een tot twee weke later as normaal begin vanweë laat winterkoue en ’n koeler lente. Hoewel hoë reënval gedurende middel-November sowel as Januarie daartoe gelei het dat produsente heelwat minder besproei het, moes hulle ook strenger siektebeheer teen hoër insetkostes toepas om verliese tot die minimum te beperk. Volgens Hennie Visser, wingerdboukundige vir die Robertson-area, het die streek ’n laat en uitdagende oesjaar beleef met goeie gehalte en gemiddelde produksies. Hoewel produksies gewissel het, was pinotage- en chardonnay-opbrengste oor die algemeen heelwat kleiner as die vorige oesjaar en het merlot, chenin blanc, colombar en shiraz ook afgeneem, terwyl sauvignon blanc, cabernet sauvignon en ruby cabernet dieselde produksies as 2013 opgelewer het. Produksieverlies, sê Visser, is meegebring deur botritis- en suurvrot vanweë die hoë reenval in Januarie. Die groeiseisoen, voeg hy by, is gekenmerk deur baie hoë siektedruk, spesifiek erge witroes en in ’n mindere mate donsskimmel. Dié is egter effektief deur produsente beheer. Groot haelskade in die Bonnievale-gebied het ook tot produksieverlies gelei. Volgens Visser beloof die wyngehalte vanjaar om goed te wees, ondanks vrot in sommige blokke. “Veral sauvignon blanc- en chenin blanc-gehalte vertoon tans baie goed en rooiwyne se kleur en gehalte lyk belowend.”

Ten spyte van 'n uitdagende seisoen het die Robertson-distrik goeie oeste opgelewer met goeie kwaliteit wyne wat verwag word.FOTO TER ILLUSTRASIE: BONITA MALHERBE

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

Geklassifiseerd

Breederivier Gazette

Dinsdag 13 Mei 2014

Play bridge for hospice Put on your poker face and make sure you play your cards right because one of the highlights on the Breede River Hospice’s calendar is around the corner!

THANK YOU FOR CARING! International Nurses Day was celebrated across the world yesterday (Monday) as a way of thanking nurses for all their hard work and sacrifices that often go unnoticed. At the Robertson Hospital staff were treated to a tea party, along with snacks, and gift bags sponsored by Nedbank. At the event were (at the back, from left) matron Noami Liebenberg, sisters Tersia Conradie (HIV/Aids, sexually transmitted diseases and TB coordinator), Letitia Wentzel and Averil Sampson and Mr Zachariah Siavhe (operational manager). In front are nurses Freda Solomon and Ann Smit, staff nurse Caren Radloff, nurse Sonia Lombard, sister Johanna Eyssen and staff nurse Idrene Schrader. .........................PHOTO: HILDERINE SCHRÖDER

FAMILIEKENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

SAKE

1015

LENINGS

DIENSTE

KRISJAN JOHANNES PAGE (Chris) Geb.15/05/1954Gest.18/10/2013 Geluk op Daddy & oupa se 60ste verjaarsdag.Dis u eerste verjaarsdag weg van ons af. Liefde jou vrou, kinders, kleinkinders, agterkleinkinders en familie.

1445

2420

Raai wie raak 3? DE BEER KEISHA Baie geluk met jou verjaarsdag. Van Mammie, Daddy, ouma, oupa en al die familie.

2420

Bridge enthusiasts can look forward to the Breede River Hospice’s annual bridge day which will take place in June.

DIENSTE

DIENSTE

1030

IN MEMORIAM

Hospice’s annual bridge day will take place on 21 June. In its eleventh year this is one event not to be missed! Held at Wolfkloof, participants will not only be able to try and outsmart their opponents, but will also enjoy spectacular views across the vineyards and mountains whilst a cosy fireplace will drive away the early winter chill. The bridge day is not only an important fund raising event for the local hospice, but is also a social gathering much enjoyed by players from as far afield as Cape Town, Villiersdorp and Hermanus. This year’s event sees a bit of a twist with chess players also invited to join the event for a friendly game of chess. This year’s bridge game format is duplicate or rubber. Players in both the chess and bridge games will receive beverages throughout the day and will also be spoiled by a scrumptious lunch. Tickets cost R90 each. Game playing will start

at 11:00 whilst the prize giving will begin at about 15:30. Prizes are sponsored by local cellars. For more information or bookings, call Charmaine Little on 023 626 5710 or send an email to events@hospicebreederiver.org.za.

2420


Dinsdag 13 Mei 2014

General - Algemeen

7

LANDSDIENS: Dié leerders aan die Hoërskool Montagu is gekies om die Wes-Kaap in Desember 2014 by die nasionale landsdienskamp te verteenwoordig. Agter (van links) is Nicole van Zyl, Jacqui Kriel en Anita Swart. Voor is Nathan Blacklaws, Christie Crafford en Marco Zachariasse. Nathan is ook gekies om op te tree as Eeufeesverteenwoordiger tydens die 100-jarige feesvieringe wat in Desember op Stellenbosch gaan plaasvind.

STEMDAG! Hoe gemaak as die snoepie ’n nuwe naam moet kry? By die Robertson Voorbereidingskool is daar in die spore van die res van die land gevolg en het leerders die kans gekry om in hul eie verkiesing vir ’n nuwe naam te stem. Net soos ander Suid-Afrikaners het hulle stembriefies ontvang waarop hulle ’n kruisie by die naam van hul keuse kon trek.

Om seker te maak daar word nie gekul nie, net soos in die nasionale verkiesing, het elke kieser ’n strepie op die duim gekry.

HOKKIE: Altesaam 70 seuns- en meisieshokkiespelers aan die Hoërskool Montagu het onlangs hul vaardighede geslyp by ’n hokkiekliniek wat deur die Maties-hokkieklub, onder leiding van Adene Bennett, die SA o.18 vrouehokkie-afrigter, by die skool aangebied is.Op die foto is Kelly Delport en Deswyn Jansen in aksie.

Breederivier Gazette

SKOONHEDE: Die Hoërskool Robertson het onlangs sy Mnr. en Mej. RHS-geleentheid aangebied. Die volgende deelnemers is tydens dié geleentheid vereer. Agter (van links) is Johann van Molendorff (Mnr. Fotogenies), Jana van Staden (eerste prinses), Manisha du Plessis (Mej. RHS), Stephanie Kriel (tweede prinses), Renske Oosthuizen (beste temadrag), Almo Brewis (beste temadrag) en Navan Padiachy (Mnr. RHS). Voor is Cheslin Arendse (Mnr. Junior RHS) en Anais Drotschie (Mej. Junior RHS en Mej Fotogenies).


Breederivier

Year 18 • 13 Mei 2014 | Tel. 023 626 5212

ROLBAL: Die Bonnievale-rolbalklub het op Stemdag aangetree vir tweebal-enkels, (’n vinniger formaat as die normale vierbal) wat nog nooit op Bonnievale gespeel is nie. Daar was ’n hele paar spelers wat die volgende dag lekker styf was. Van links is Herkie van der Merwe (kampioenwenner) saam met die naaswenners Tobie Louw, Victor Herbert, Gerhard Ferreira, Hennie van der Merwe, Louis Joubert, Brain Chambers jr., Hanno Lourens en Neil Stemmet (klubpresident).

Robertson­gholfers slaan af vir Kansa GOLF: Local professional golfer, Jacquin Hess, is currently participating in the Sunshine Big Easy Tour. The latest tournament took place at the Kempton Park Golf Club. Hess managed to play scores of 73, 74 for a total of (+3)147. These scores were good enough to finish 36th. These two rounds included 8 birdies. Hess has made 24 birdies on the Big Easy Tour in three tournaments. He is currently 44th on the Big Easy Tour Order of Merit, with three tournaments left to play. He must finish in the top 30 to play in the Tour Championship. The next tournament is at the Wingate Country Club from 20-21 May. Hess’ tip of the week: Keep your discipline. This will help you to keep you focus on your goal and will help you play your own game. Discipline will help you to make better decisions on the course and in life.

Gholfentoesiaste kan solank hul stokke gereed sit vir die Robertson-gholfklub se jaarlikse Sanlam Kanker-uitdaagreeks klubkompetisie wat op 17 Mei sal plaasvind. Die gholfdag sal in die formaat van ’n individuele Stableford aangebied word, met alle opbrengste wat aan die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) sal gaan. Die gholfdag vorm deel van ’n nasionale kom-

petisie waarin die gholfgemeenskap saamspan om geld vir Kansa in te samel. Die geld word aangewend vir die bekamping van kanker en bystand aan kankerlyers. Inskrywings vir die gholfdag beloop R70 per deelnemer, terwyl enige ander bydraes, borgskappe en geldinsamelingsaksies ook verwelkom sal word. Groot pryse is op die spel vir die wenners wat sal deurdring na die Boland Gholfunie se streek-

NETBAL: Robertson Social Netball het onlangs teen Worcester kragte gemeet. Hoewel die weer saamgespeel het en daar heelwat toeskouers was, het Worcester se span die baan in die derde kwart verlaat, wat aan Robertson die oorwinning besorg het.

finaal. Die wenners van die streekfinaal kwalifiseer vir die finale ronde wat gedurende Oktober by Sun City gehou sal word. Enigeen wat belangstel om ’n bydrae te lewer tot die plaaslike kompetisie kan Jurene Horne van Kansa by 023 342 7058 bel of stuur ’n e-pos na jhorne@cansa.org.za. Diegene wat aan die gholfdag wil deelneem kan die Robertson-gholfklub by 023 626 1090 skakel vir registrasie.

DOMINO’S: Die Growing Flowers-dominoklub het onlangs koning gekraai in ’n toernooi waaraan altesaam agt spanne deelgeneem het. Die Panorama Fruits Easter Domino-toernooi is vanjaar vir die eerste keer aangebied en daar word beoog om dié toernooi ’n jaarlikse instelling te maak. Die Ashtondominoklub het die tweede plek in die toernooi losgeslaan met Môreson United wat die agterhoede in die derde plek gedek het. Op die foto is (van links) Pieter Pietersen (koördineerder), Johny Raab (Asthon-dominoklub), Denzil Saayman (Likkewaan-dominoklub wat die vierde plek verower het), Maria Matthys (Môreson-dominoklub), Paul Skebotha (Growing Flowers-dominoklub) en Kamlesh Dhoolab, eienaar van Panorama Fruits (borg).


Breederivier gazette 13 may 2014