Issuu on Google+

Breederivier

Year 17 • 12 November 2013 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

There is no way to sugar-coat it. They (the tortoises) are easy targets and are being brutalised because they can’t fight back.

This tortoise sustained a number of injuries after it was driven over in the Montagu Mountain Resort.

This seriously injured tortoise, found in Pietersfontein, is estimated to be 60 years old. PHOTOS: FACEBOOK

Tortoises brutally attacked HILDERINE SCHRÖDER

Two severely injured tortoises are being cared for by the Montagu Mountain Reserve’s tortoise hospital after allegedly being brutalised by children. The two tortoises, one from Montagu and the other from Pietersfontein, were found with gaping wounds in their shells last Thursday (7 November) after they were attacked with knives and metal poles respectively. According to Ron Brunings, chairperson

of Friends Of Our Tortoises (Foot), both tortoises are in very bad shape. A third tortoise was also brought to the hospital a day earlier after it was driven over in the reserve. Its injuries are fortunately not as severe as that of the other two and he should heal well, says Brunings. Treating the injured tortoises is a big challenge since this has to be done by specialists, something the tortoise hospital doesn’t have, says Brunings. “All we can do is to patch them up as best we can and hope for the best.” It can take months for a tortoise’s shell

to heal. During this period they are incredibly vulnerable to infection and attacks by insects such as ants. With the arrival of tortoise mating season, Brunings fears that many more tortoises may fall prey to attacks such as these. “There is no way to sugar-coat it. They (the tortoises) are easy targets and are being brutalised because they can’t fight back.” In the case of one of the tortoises the culprits, all young children, were spotted, but ran away before those who came to the tor-

toise’s rescue could confront them. According to Brunings it is usually younger children who are responsible for the cruel attacks on tortoises. Proper education regarding tortoises is of vital importance, Brunings adds. “Children need to be taught not to harm tortoises. Schools have a vital role to play, even if they just give a short lesson on tortoises at the start of mating season.” Brunings urges people to be on the lookout for tortoises on the roads, especially at this time of year when they come out of hibernation.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 12 November 2013

McGregor Koöp eer staatmakers Die McGregor Koöperatiewe Wynmakery het sy 65ste bestaansjaar met ’n gesellige geleentheid gevier en terselfdertyd ook twee manne met ’n jarelange verbintenis met die kelder vereer. Albert Cloete en Nkosinathi William Joxo is albei met simboliese houtvaatjies vereer vir die bydrae wat hulle oor die jare by die kelder gelewer het. Cloete was sedert 1989 ’n aktiewe lid van die kelder en het ’n groot bydrae tot die groei en ontwikkeling van die kelder gelewer. Nie net het hy vir sewe jaar (van 1994 tot 2001) in die direksie gedien nie, maar hy het ook die indrukwekkende prestasie behaal om drie keer (in 2006, 2010 en 2011) die McGregor Koöperatiewe Wynmakery se Boer van die Jaartoekenning los te slaan. Hy het ook in 1994 by die kelder se jaarlikse algemene ledevergadering die Vorderingstoekenning losgeslaan vir die produsent wie se boerdery daardie jaar die beste ontwikkel het. Benewens dié prestasies het hy in 2006 die Robertsonstreek se wingerdblokkompetisie vir sy blok pinotage gewen. Cloete het onlangs sy plaas Steenboksvlakte, waar hy en sy vrou, Martha, sedert 1989 geboer het, verkoop. In sy toespraak het Botha Naudé,

Jenevieve (née Grobbelaar) Roman Twee manne wat ’n jarelange verbintenis met die McGregor Koöperatiewe Wynmakery het, is onlangs vereer tydens dié kelder se viering van sy 65ste bestaansjaar. Agter is Botha Naudé (voorsitter van die direksie) en Jacques Jordaan (uitvoerende bestuurder van die kelder). Voor is Nkosinathi William Joxo en sy vrou, Vivienne, saam met Albert Cloete en sy vrou, Martha. FOTO: VERSKAF voorsitter van die direksie, na Cloete en sy vrou as pilare in die gemeenskap en Christelike rolmodelle verwys. Ook Joxo het ’n jarelange verbintenis met die McGregor Koöperatiewe Wynmakery. Hy het op 1 Januarie 1983 as 17-jarige van Middeldrift in die voormalige Transkei as kelderassistent by die kelder begin werk.

Deesdae staan Joxo sy skoene as assistentwerktuigkundige vol. Jacques Jordaan, uitvoerende bestuurder van die kelder, het in sy gelukwensing gesê dít is ’n besondere prestasie in vandag se vinnig-bewegende wêreld. Joxo skryf sy sukses daaraan toe dat hy van harde werk hou. Sy groot droom is om sy vyf kinders suksesvolle volwassenes te sien word.

Robertson skud vere reg vir Epic HILDERINE SCHRÖDER Inwoners van Robertson kan solank regstaan om die verwelkomingsmat op ’n ongekende skaal uit te rol. Oor ’n paar maande gaan fietsryers en hul ondersteuningspanne in hul massas op dié dorp toesak wanneer die Absa Cape Epic se wiele hier gaan deurrol. Dít volg na die Langeberg Munisipaliteit suksesvol was met sy onderhandelings met die organiseerders van dié wêreldbekende bergfietsren om vir twee dae gasheer te speel vir deelnemers aan die Epic. Hoewel die Epic eers aanstaande jaar in Maart gehou word, word daar nou reeds planne gemaak om die sowat 1 200 deelnemers so wel-

kom as moontlik te laat voel, sê Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei. “Die direkte ekonomiese voordeel gaan waarskynlik nie so groot wees nie, maar die bemarkingswaarde wat dit vir die streek inhou, is van wêreldgehalte.” Buiten die internasionale dekking wat die Epic geniet, is baie van die deelnemers aan die Epic oorsese fietsryers. “Deur aan hulle ’n ongelooflike ervaring te bied, hoop ons om hulle terug te lok as toeriste,” sê Botha. Hoewel die dorp min kan doen om homself, sowel as sy produkte en toerisme-aantreklikhede te bemark, kan daar steeds baie gedoen word om seker te maak dat deelnemers Robertson as een van die gasheerdorpe onthou.

Een manier om dít te verseker is ’n warm verwelkoming en uitstekende waterpunte, meen Botha. “Toe die Epic verlede jaar deur McGregor beweeg het, het inwoners fietsryers oral langs die strate ingewag en die wonderlikste karnaval-atmosfeer het geheers.” Dít is presies wat Robertson hoop om te doen tydens aanstaande jaar se Epic, voeg sy by. “Ons wil hê die hele dorp moet hierby inkoop. Dis nie aldag wat mens só ’n geleentheid kry om die dorp te bemark nie.” Deelnemers aan die Epic sal vir twee aande saam met die ondersteuningspanne by Arabella oornag. Die agt dae lange Absa Cape Epic neem deelnemers oor ’n roete van 800 km, waartydens hulle sowat 15 000 m klim.

Stem nou vir jou gunsteling bruid Met die laaste inskrywings vir die Breederivier Gazette se Bruidskompetisie wat ontvang is, lê die aanwys van die wenbruid om die draai. Lesers kan nog hierdie week stem vir hul gunsteling finalis voor al die finaliste in die Gazette se volgende uitgawe op 19 November verskyn. Lesers kan dán vir hul gunsteling bruid stem. Die wenbruid sal met wonderlike pryse wegstap. Dít sluit drie geskenkpakke van Van Loveren (borg) in wat bestaan uit ’n bottel Four Cousins Rosé, Four Cousins Blush Bubbly en Four Cousins Strawberry. Beds B’us borg twee geskenkbewyse ter waarde van R100 en Bed & Pine City borg twee Cloud Ninekussings. Avon Cosmetics gee ’n geskenkpak met skoonheidsprodukte ter waarde van R1 500. Daar is ook twee geskenkbewyse van Hair Illusions op die spel, terwyl Leo-gastehuis verblyf vir ’n nag vir die wenpaartjie borg. Die wenner word op 26 November in die Gazette aangewys. Om vir jou gunsteling bruid te stem, SMS die woord “Bride”, asook die naam en van na 45527. SMS’e kos R1,50. Die sluitingstyd vir vandeesweek se SMS’e is Sondag 17 November om 11:00. Om verlede week se inskrywings te sien, besoek die Gazette se webwerf en klik op Galleries/Photo

Galleries. Verlede week se wenfinalis is Mandy Moses.

Lizelle (née Wilds) Tredoux


Dinsdag 12 November 2013

VRYBURGERS SKENK RUIM: Die Robertson Vryburgers het onlangs ’n duiweveiling ten bate van die Breederivier Hospice by Christina’s, Van Loveren gehou. Nico Nel van Maak ’n Las was die gaskunstenaar en het die gaste behoorlik vermaak. Altesaam 60 duiwe is opgeveil. Die helfte van die geld wat ingesamel is gaan aan prysgeld, terwyl die res aan die hospice geskenk is. Die Breederivier Hospice versorg maandeliks sowat 318 pasiënte by hul huise. Dié diens word gratis gelewer. Die donasie van R25 000 sal aangewend word vir onder meer die salarisse van die verpleegsters wat dié diens lewer. Op die foto is dr. Deon le Roux (voorsitter van die Robertson Vryburgers), Jane Phillips (bestuurder van die Breederivier Hospice) en Braam Colyn, ook van die Robertson Vryburgers.

Kinders en steroïede

HILDERINE SCHRÖDER

’n Gimnasiumeienaar van Robertson is in ’n verbete stryd gewikkel om inwoners – en veral sportmanne – van dié dorp bewus te maak van die gevare van die gebruik van steroïede. Denisio Davids, eienaar en bestuurder van Club Active, is baie bekommerd oor die skynbare toename van die gebruik van steroïede onder skoolkinders. Davids het aanvanklik snuf in die neus gekry dat sommige skoolkinders steroïede gebruik toe hy opgemerk het dat hulle in ’n baie kort tydjie spiere gebou en gewig aangesit het. Een seun, ’n liggaamsbouer, het selfs openlik aan Davids erken dat hy steroïede gebruik. Sy vermoede is verder bevestig toe hy sowat ’n maand gelede nog ’n skoolkind betrap het waar hy hom met steroïede probeer inspuit het. Hý is summier belet om weer na die gimnasium te kom. “Ons duld glad nie die gebruik van steroïede nie,” sê Davids hieroor. Meer kommerwekkend, sê Davids, is dat steroïede-gebruik nie net onder liggaamsbouers en in gimnasiums voorkom nie. “Kinders gebruik dit om in sport te verbeter.” Boonop, sê hy, verkoop sommige steroïedegebruikers ook dié middels aan hul vriende en vind dié transaksies meestal by skole plaas. “Steroïede is baie duur en gebruikers verkoop dit dus aan hul vriende sodat hulle hul eie steroïede kan bekostig.” Volgens Davids wissel die ouderdomme van steroïedegebruikers tussen 15 en 18 jaar en is die gebruikers meestal in meer gegoede skole. Die seuns gebruik hoofsaaklik die middels om spiere te bou of vinnig gewig op te tel. Steroïedegebruik gaan met verskeie gevare gepaard, maan Davids. “Omdat dit onwettig is, word dit nie getoets voordat dit verkoop word nie,sodievervaardigerkanenigietsbysit–selfs rottegif – sonder dat die gebruiker daarvan sal weet. Die gebruik van steroïede sonder ’n voorskrif kan lei tot hoë bloeddruk en cholesterol, lewer- en nierversaking, hartaanvalle en selfs die dood.” Juis om hierdie rede voer Davids ’n openlike veldtog teen steroïedegebruik op sy Facebookblad. Hiér vertoon hy talle foto’s van onder andere liggaamsbouers wat in die fleur van hul lewe dood is weens beweerde steroïedegebruik. In sommige gevalle word dié poging met snedige aanmerkings begroet. Soos een inskrywing “Het jy geweet griep kan jou ook dood maak!!!!! Jou idiot (sic), word grood (sic), jys (sic) kinderagtig, jy moet ophou dink nesquick gan (sic) vir jou gains (sic) gee ou”. Hieraan steur Davids hom min. Al bereik hy net een kind, het hy in sy doelwit geslaag, sê hy. Ouers kan vir verskeie tekens uitkyk indien hulle vermoed hul kind gebruik steroïede, aldus Davids. Dít sluit puisies in die gesig en skielike aggressie in. Ouers moet ook uitkyk vir etiketlose pille, poeier of vloeistowwe in banksakkies of houers. Davids nooi ouers om hom te bel (071 372 5692) as hulle vrae oor steroïede het.

News - Nuus

Breederivier Gazette

3


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 12 November 2013

Jakaranda-fees bied opwindende kompetisies Die jakarandabome begin bloei en op Robertson beteken dít net een ding: die gewilde Jakarandafees is om die draai. Die fees, waarvan die Breederivier Gazette die mediaborg is word op 30 November van 10:00 tot 17:00 by die Robertson Toerismekantoor se parkeerterrein (waar die Robertson Farmer’s Market gewoonlik gehou word) gehou en is ’n geleentheid wat beslis nie gemis moet word nie. Of jy nou vroeg reeds iets vir die Kerskous wil koop of spog met jou danspassies, by dié

fees is daar iets vir ieder en elk. Die fees word deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM), Robertson Toerismekantoor en Robertson Hospice aangebied. Die Jakarandafees beloof hope pret vir die hele gesin met onder meer dans- en gedigkompetisies, ’n Mnr. en Mej. Jakaranda-kompetisie, ’n feesparade en ’n groot verskeidenheid stalletjies. Inskrywings vir die gedigkompetisie (vir kinders van 13 tot 18 jaar) is gratis. Slegs een inskrywing per deelnemer word toegelaat en

gedigte moet voor 22 November by die toerismekantoor ingehandig word. Hierdie jaar kan lesers ’n sê hê in die gedig wat as die wennergedig aangewys word. Die gedigte sal almal in die Gazette geplaas word, waarna lesers per SMS vir hul gunsteling gedig sal kan stem. Inskrywings vir die So jy dink jy kan danskompetisie is by die Breederivier Gazette- of toerismekantoor beskikbaar. Inskrywings kos R20. Deelnemers kan enige ouderdom wees. Die kompetisie begin om 12:00. Valleiers wat wil deelneem aan Mnr. en Mej. Jakaranda kan inskrywingsvorms by die Ga-

zette- of toerismekantoor kry. Deelnemers moet tussen ses en 12 jaar oud wees en deelname kos R20. Kontantpryse is in al die kompetisies op die spel. Diegene wat stalletjies wil staanmaak, moet gou spring. Staanplek kos R80 en ruimte is beperk. Die Jakaranda-parade wat om 10:00 van die feesterrein af vertrek, moet beslis ook nie misgeloop word nie. Vir meer inligting, bel die toerismekantoor by 023 626 4437.

Allow diabetic teens more say in their treatment Most teenagers who are diabetic have Type 1 diabetes, but worldwide doctors are alarmed by the increase of Type 2 diabetes among younger people. Adolescence is a difficult age – children’s bodies undergo massive hormonal changes. They experience mood swings and often problems with identity – all quite understandable in this difficult phase of transition. Throw in diabetes, and things could become very difficult indeed for everyone concerned. “Fitting in with your peer group is very important during puberty and being diabetic sets a child apart from peers to an extent,” says Prof. Francois Bonnici of the Endocrine-Diabetes Unit at the UCT Medical School. Furthermore, Bonnici adds, the hormonal surge happening in their bodies plays havoc with their insulin levels – an adolescent boy could need three times the normal dosage of

insulin in order to regulate his blood sugar levels. In a non-diabetic boy, his pancreas will produce three times as much insulin as usual, but in a diabetic teenager this increased demand can wreak havoc with insulin and glucose control. There is a general misperception that diabetic adolescents are difficult to treat, because they do not always stick to their medication. “One must primarily see a diabetic adolescent as an adolescent first and then a diabetic. There are many sacrifices diabetic children have to make and this is the age at which they start questioning which ones are worth it,” says Bonnici. The tricky thing, according to Bonnici, is that this is also the age when many parents have to start standing back and letting their child assume responsibility for their glucose testing and regular insulin injections.

“It is important that parents and doctors do not put too much stress on perfection. Diabetes is a difficult disease to cope with, all the more so if you have the added vagaries of adolescence.” Bonnici has these tips on dealing with adolescents who have diabetes: Joint responsibility A parent who takes full responsibility for managing diabetes in their teenager, is carrying an unnecessarily large burden. This responsibility should be shared – a 15-year-old is quite capable of taking control of his or her treatment and it is time for a parent to back-off and to show interest rather than to interfere directly. Inform the school Teachers should be on the lookout for symptoms of both hypoglycaemia and hyperglycaemia. There should also be teachers on the premises who know how to administer the medication. Keep lines of communication open Your child is going through a difficult time. During adolescence communication becomes even more difficult. Be prepared to listen, not to pry and also to hear things which might not make you very happy. If talking is difficult,

write a letter. Your child must know that he/ she can trust you. Don’t strive for perfection Pushing for 100 %adherence to the diabetes diet and testing procedures will cause unnecessary stress for both of you. Don’t alienate your child by making them feel like a failure. Keep it between you Don’t discuss the issue in front of friends. Let your child decide when and whom they would like to tell. Your child does not want to feel different from other children. Create the opportunity for them to fit in. Phone support Get your child to join a support group for adolescent diabetics. With a bit of luck he or she will make friends there. In difficult times, these friends’ support could be invaluable, as they have been there themselves and know why things can get difficult. Don’t play the angel of doom Your child has a pretty good idea of what could happen if rules are broken and medication is not taken regularly. An occasional reminder can be given, but harping on this constantly could actually alienate your child and make them not comply in order to get at you. Source: www.health24.com


Dinsdag 12 November 2013

) Die Hoërskool Bonnievale bied op 7 en 8 November die toneelstuk Die Speelgoedmaker van Honaloelie aan. Kaartjies kos R35 vir volwassenes en R20 vir kinders. Besprekings by 0 023 616 3052. Die vertoning begin om 19:00 vir 19:30 in die Maria Beeckman-saal. ) Die toneelstuk Platform 9 is op 9 November om 15:00 (vir kinders) en 20:00 (vir volwassenes) by die NGK Oefenskool-saal (Worcester) op die planke. Kaartjies: R50 (kinders), R80 (volwassenes). Besprekings: N. Pietersen, 0 072 613 535. ) Oskar en die Pienk Tannie: eenvrouvertoning met Sandra Prinsloo op 9 November in Worcester Gimnasium-saal. Die vertoning is ten bate van Famsa se aanmeldingsentrum vir verkragtingslagoffers. Kaartjies R120 stuk. Bespreek by Viljoen Juweliers, Hoogstraat 68, Worcester, 0 023 347 0682. ) Enjoy a glass of bubbly and canapés whilst viewing the latest summer fashions at the open Air Fashion Show at the Absa Building, Robertson, at 19:00 on 22 November. Tickets (R50) available at Illusions Hair & Beauty. Only 300 seats are available of which 80 are frontrow seats. For information, call 0 023 626 1692. ) Sluit die jaar op hoë noot af met ’n optrede deur Broers by die Janeza Plaasteater, 4 Desember om 18:30 vir 19:00. Kaartjies: R175 vir volwassenes (sluit ’n bottel wyn in) en R100 vir kinders. Bespreek by eza@janeza.co.za of 0 082 978 7020. ) Klub 8 se jaarlikse geldinsamelingsdans op 16 Desember by die Robertson-skouterrein t.b.v. diensbillike organisasies. Kaartjies kos R40. Vir navrae, bel Francois Vermeulen by 0 084 626 1193.

Robertson Dance Studio se dansers is deur na die SA’s volgende jaar April in Rustenburg. Agter van links is: Anke Nielsen Van Reizigh, Manisha du Plessis, Jana Van Staden, Marezé de Kock, Stephanie Kriel, Liné Fernhout Middel: Tiffany Presens, Carli Kriel, Hannah Powell, Marishan Veldsman, Chané Visser, Janke Fouché, Nina-Lari Brewis Voor: Carla Visser en Getha Kloppers. Powell het ook die top uitslae vir dans gehad met 94%. FOTO: VERSKAF

SKILLS DEVELOPED: Locals in the tourism and hospitality industry, along with unemployed youth, recently received customer-care training during a five day course by the Cape Winelands District Municipality (CWDM). The course was aimed at front office personnel and employees at tourism-related businesses, restaurants and wine farms as well as those who have direct contact with customers or tourists. The CWDM’s tourism division aims to continue using available resources, including a number of strategic partnerships, to skill and up-skill people in the region. The outcomes and effectiveness of these training programmes will be monitored and new ones will be identified on an ongoing basis to ensure that the region stays abreast of the demands set by the tourism industry. For more information, contact Cecil Fielies on 021 888 5123 or send an e-mail to cecilf@capewinelands.gov.za. PHOTO: SUPPLIED

General - Algemeen

Breederivier Gazette

5


6

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 12 November 2013

FAMILIEKENNISGEWINGS

GELUKWENSINGS 1030

IN MEMORIAM 1015

KAMMIES DANCEL JACQUES Geb.02/03/1979Gest.12/11/2012 Dancel, vandag 12 November 2013 is jy een jaar weg van ons. Die verlange is nog groot, die trane lê nog vlak en die gemis in ons lewens bring nog baie hartseer, maar die wete dat jy ’n plekkie by ons Hemelse Pappa gevind het laat ons staande bly. Ons mis jou baie, want jy was so geliefd, maar gun jou die rus. Rus sag in Jesus arms .Van: Mammie, Hennie, Wenice en die kinders, asook Daddy, Monique en Dan-nique, Siena en kinders en jou aunties, ooms niggies en neefs.

KAMMIES GEORGINA (Gina) Gina, baie geluk met jou verjaarsdag op 12 November 2013. Mag die Here jou vandag en elke jaar vorentoe styf in sy arms vashou. Mag jy alleenlik Sy liefde in hierdie dag en vorentoe ervaar. Gina, vandag gaan jy die eerste herdenking van Dancel se sterfdag ervaar en ons weet dit gaan vir jou baie moeilik wees, maar onthou ons as familie en vriende sal altyd daar wees vir jou. Onthou die Here maak nooit ’n fout nie en toe Hy jou seun verlede jaar op jou verjaarsdag kom haal het, het Hy net weereens vir ons kom wys hoe spesiaal jy en Dancel vir Hom is. Hou altyd vas aan Jesus, glo in Hom en vertrou op sy woord as Hy sê: "Ek sal jou nooit begewe of nooit verlaat nie." Sterkte en mag die jare vorentoe geseënd wees. Liefde van jou Ma, broers, susters, jou kinders en kleinkinders en almal wie jou liefhet. VOERTUIE

BOTE & TOERUSTING 3015

TWO SEATER PEDAL BOAT. R11 000.Call Nic0 084 8375374/www.avantimarine.co.za


Dinsdag 12 November 2013

Schools - Skole

Breederivier Gazette

7

NUWE PREFEKTE: Die W.A.Rossouw Primêre Skool het onlangs sy prefekte vir 2014 aangewys. Boonop spog hulle ook met pragtige rooi dasse wat deur Jacky Nortjé van Carina’s Boutique geskenk is. By hulle is die skoolhoof, A. Fielies. FOTO: VERSKAF

PRESTEERDERS VEREER: Die Hoërskool Robertson het onlangs sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid gehou. Op die foto is sommige van die bekerwenners, die 2013-hoofleiers en 2014 se nuwe hoofleiers.

FOTO: VERSKAF

PRESTEERDERS: Die Hoërskool Bonnievale het onlangs sy victor en victrix ludorums aangewys. Van links is Constand Tamboer (laerskool), Donovan Kawula (hoërskool) en Ansa van der Merwe (hoërskool). Johané Neethling (laerskool) was afwesig met die neem van die foto.

LEIERS: Dié groep leerders dien almal in die Hoërskool Bonnievale se Verenigde Raad vir Leerders vir 2014. FOTO: VERSKAF

KENNIS VERBREED:Nagenoeg 300 leerders van onder meer Vergesig Primêr, Ashton Gekombineerde Skool en McGregor Primêr het vroeër vanjaar ’n werksessie oor die verwydering van uitheemse plantspesies (Weed Buster) in die Callie de Wet-saal in Robertson bygewoon. Van die temas wat bespreek is, is wenke vir bewaring, brande, die bewaring van inheemse plant- en dierspesies en die negatiewe uitwerking wat uitheemse spesies op die land en waterbronne het. Die leerders het ook deelgeneem aan besprekingsgroepe wat deel van die program was. Die werksessie is deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) se sosiale ontwikkelingsprogram geborg. Mense wat meer inligting oor omgewingsprogramme wil inwin, kan 0 023 625 1621 skakel vir meer besonderhede. FOTO: VERSKAF


Breederivier

Year 17 • 12 November 2013 | Tel. 023 626 5212

Kookwater-aksie by Robertson Touchies Vanjaar se het opnuut gesorg met spanne wat ding het.

Robertson Touchies vir groot opwinding selfs ’n paar Kaapse om die beker meege-

Die span van AH Marais het al sy opponente opnuut in die stof laat byt toe hy, ná ’n reeks strawwe uitklopwedstryde, vir die derde agtereenvolgende jaar as die kampioenspan gekroon is. Altesaam 38 spanne het in die onderskeie afdelings deelgeneem met verskeie plaaslike spanne, waaronder die Breërivier Warriors, Maori’s en die VE’s, wat Robertson se naam hoog gehou het. Die span van Montagu het ook vanjaar sy spiere gebult

en tot in die eindstryd gevorder. Die Maori’s was die plaatwenners terwyl die Kwota’s die skildkampioene was. Soos in die verlede was die groot uitdaagwedstryd tussen die Ooskerk- en Moederkerk Superkroks een van die dag se wedstrydhoogtepunte. Ooskerk het vanjaar net-net daarin geslaag om met die Kieriebeker weg te stap. Die manne van Moedergemeente moes noodgedwonge met die Houtlepel tevrede wees. Die Oukroks-kompetisie is vanjaar deur die Ridco Stars van Somerset-Wes gewen, met die Oepsie-Daisies wat vir die tweede keer as die kampioen onder die vrouespanne gekroon is.

Bo: Die Touchies-span van AH Marais was vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgende die kampioene van die gewilde Robertson Touchies. Links: Die Oepse Daisies is as die vrouekampioene gekroon.

Die Ooskerk Superkroks het koning gekraai oor Moedergemeente om met die Kieriebeker weg te stap.

TOPSPORTMANNE: Cheslin Kortjé en Ruach Wessels is aangewys as die Hoërskool Bonnievale se hoër- en laerskool sportman van die Jaar vir 2013. FOTO: VERSKAF

VEELSYDIG: Jeanne Joubert en Mornè van Wyk is tydens die Hoërskool Montagu se prysuitdeling aangewys as onderskeidelik die veelsydigste sportvrou en sportman vir 2013. Hierdie twee leerders is ook toevallig die nuwe hoofmeisie en hoofseun vir 2014.


Breederivier gazette 12 nov 2013