Issuu on Google+

Breederivier

Year 18 • 11 Maart 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

Sake by verskeie ondernemings in Kerkstraat is verlede Vrydag erg ontwrig nadat ’n vals dreigement van ’n bom by die plaaslike landdroshof tot die sluiting en ontruiming van al die geboue om die hofgebou gelei het. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

‘Bom’ in Kerkstraat kos baie HILDERINE SCHRÖDER

Die normaalweg bedrywige Kerkstraat het verlede Vrydagoggend (7 Maart) vir meer as ’n uur bykans tot stilstand gekom ná die Robertson-landdroshof ’n bomdreigement ontvang het. Die hofgebou, sowel as verskeie omliggende geboue – insluitend die kantore van die Langeberg-munisipaliteit – is ontruim as ’n voorsorgmaatreël terwyl ’n groot gedeelte van Kerkstraat voor die hofgebou ook afgesper is. Ondernemings in die gebied om die hofgebou kon vir bykans twee ure geen sake doen nie, terwyl hofverrigtinge ook ontwrig is. Verhoorafwag-

tendes moes na die plaaslike polisiekantoor se aanhoudingselle geneem word onderwyl daar op die polisie se honde-eenheid, wat op Worcester gestasioneer is, gewag is. ’n Deeglike soektog met twee snuffelhonde het niks opgelewer nie, waarna die straat weer oopgestel is vir verkeer en ondernemings toegelaat is om hul deure te heropen. Die vals bomdreigement het nadelige finansiële gevolge gehad vir ondernemings wat genoop was om hul deure te sluit. “Vrydae is een van ons besigste dae en ons het regtig baie geld verloor in die tyd wat ons moes sluit,” sê Mohsin Rasheed, bestuurder van New Super Cell & Sound wat naby die hofgebou geleë is. Volgens lt. Cynthia Mngcele,

woordvoerder van die Robertson-polisie, is dit die eerste keer wat ’n vals bomdreigement op dié dorp gemaak is. Die saak word tans ondersoek, maar niemand is al in hegtenis geneem nie. Die polisie waarsku dat dreigemente van dié aard in ’n baie ernstige lig beskou word. Enigeen wat sodanige dreigemente maak en vasgetrek word, kan krimineel vervolg word. “Ons doen ’n ernstige beroep op die gemeenskap om nie vals dreigemente te maak nie aangesien dit tot ’n geweldige vermorsing van staatshulpbronne lei en ’n baie negatiewe impak kan hê,” sê Mngcele. Die departement van justisie kon nie teen druktyd vir kommentaar bereik word nie.

Die polisie se honde-eenheid, wat op Worcester gestasioneer is, het twee snuffelhonde na die toneel ontplooi. Die hele hofgebou is deeglik vir enige ploftoestelle deursoek.


2

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 Maart 2014

EERSTE SATERDAG VAN ELKE MAAND ) Teetuin en oggendmark by die Robertson Museum. Navrae: 0 023 626 3681.

SATERDAG 15 MAART

Die Herberg Kinderhuis se jaarlikse kermis was ’n reusesukses met tafels wat gekreun het onder varsprodukte, gebak en ’n wye verskeidenheid ander produkte. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Herberg-kermis se kreunende tafels sorg vir groot sukses HILDERINE SCHRÖDER Diegene wat nie met ’n propvol beursie by die Herberg Kinderhuis se onlangse kermis aangekom het nie, berou dit heel moontlik nóú nog. Met ’n reuse- verskeidenheid tafels wat gekreun het onder gehalte varsprodukte, beskuit, ingelegde produkte en nog vele meer en dít boonop teen pryse wat nêrens geklop sou word nie, was die kermis die ideale plek om sommer die hele maand se varsprodukte op een slag te koop. Die kermis is een van Herberg se grootste geldinsamelingsgeleenthede en word wyd ondersteun, sê Petro Uren, bemarker by Herberg. Uitstallers kom van oraloor met sommige wat selfs van so ver as Albertinia gekom het om stalletjies te beman. Ander het uit die omgewing, waaronder Swellendam, Villiersdorp en Riversdal, sowel as die Kaap gekom. “Al die produkte wat verkoop word, word deur die uitstallers geskenk, wat beteken dat ons die pryse uiters laag kan hou,” sê Uren. Die wins

gaan alles na die kinderhuis. Volgens Uren is die steun wat hulle van uitstallers sowel as die gemeenskap kry oorweldigend. “Buffeljagsrivier se gemeenskap het vir ons op baie kort kennisgewing 18 slaggoed (skape en lammers) geskenk.” Die vleistafel was veral ’n treffer en diegene wat iets wou koop moes sorg dat hulle vroeg daar was voor alles uitverkoop was. Dít was ook die geval met die ander tafels. Vir laatkommers was daar teen die einde van die dag weinig oor om te koop. Wat veral verblydend is, sê Uren, is die feit dat die kermis vinnig besig is om ’n staande familie-uitstappie te word. “Waar mense aanvanklik net hulle goedjies gekoop en huis toe gegaan het, kuier gesinne nou langer saam onder die bome.” Die dag is ook ’n ideale geleentheid vir kinders van Herberg om saam met hul maats van plaaslike skole te kuier, met die perdekar en perderitte wat veral ’n groot treffer is. Dié is deur ’n klein oormag jillende kleingoed op die perseel verwelkom, waarna een en elk geduldig gewag het om saam te ry.

) Theuns Jordaan tree by Excelsior Landgoed op. Kaartjies: R120 vir volwassenes en R60 vir kinders tussen 6 en 12. Gratis toegang vir kinders onder ses. Navrae: Ernma, 0 023 615 1980 of 082 336 1785 of 2 ernma@excelsior.co.za.

THURSDAY 20 MARCH ) Burgundy poetry evening for all budding poets at 20:00 at the Burgundy Gherkin, Montagu. Enquiries: 0 023 614 3734 or 084 875 7698.

SATERDAG 22 MAART ) Laerskool Ashton Gholfdag by die Silwerstrand Gholflandgoed. Navrae: 0 083 226 1272.

WEDNESDAY 26 MARCH ) Burgundy Open Mic Night, at the Burgundy Gherkin, Montagu. Cover charge: R30 p.p. Enquiries: 0 023 614 3734 or 084 875 7698.

VRYDAG 28 MAART ) Die Dumisani-gospelgroep tree om 16:00 in die Montagu-gemeenskapsaal op. Kaartjies: R40 per volwassene, R20 vir kinders onder 12. Navrae: Jimaro, 0 076 261 2703.

SATERDAG 29 MAART ) Steve Hofmeyr tree op by Worcester Gimnasium. Kaartjies by Computicket. Navrae: 0 084 059 3029. Valleikalender: 0 023 626 5212 of 2 gazette@breede.com.

Sama­winning Bosman to perform at Golden Valley The multi-award winning singer Gloria Bosman will perform at the Golden Valley Winners Action Bar on 29 March. Whether she’s singing jazz, fusion or Gospel, Gloria is not only a talented performer, but she also personally interacts with her audience. Since her debut album, Tranquillity, which earned her a Sama for Best Newcom-

er, Gloria has released four more solo albums, each of which has received several Sama nominations. Her versatility as a musician has seen her music enjoy cross-cultural popularity, including great success in the Afrikaans market. She has appeared at the KKNK, Aardklop and Skouspel. Gloria also took part in a project called Al Daai Jazz, which featured

jazzy arrangements of Afrikaans songs. Her earlier album, Emzini saw her focusing on simple African melodies. Her most recent album, Letters from the Heart, was a selection of original gospel songs and other newly written music. Tickets for Gloria Bosman cost R80 each and are available from the cash desk at Golden Valley. The show starts at 21:00.


Dinsdag 11 Maart 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Hoër aksyns sal nie verkope skaad HILDERINE SCHRÖDER Die minister van finansies, Pravin Gordhan, se nasionale begrotingsrede is met ’n mate van verligting deur die wynbousektor begroet. Gordhan het ’n aksynsverhoging van 6,2% op natuurlike wyn, 10% op vonkelwyn en 12% op brandewyn aangekondig. Volgens Rico Basson, besturende direkteur van VinPro – die verteenwoordigende organisasie vir sowat 3 600 wynprodusente en kelders – is die verhoging in aksynsbelasting op wyn die laagste in jare, wat daarop dui dat tesourie gehoor gegee het aan die bedryf se pleidooi.

Sakekamer kies nuwer leiers Die Robertson-sakekamer het onlangs ’n nuwe bestuur gekies. Dr. Deon Joubert is as die nuwe voorsitter aangewys, Willem Kruger as ondervoorsitter en Hugo Brink as sekretaris. Addisionele lede op die bestuur is Cinette du Toit, Tienie Swanepoel, Deon van Wyk en Hein Louw. Die sakekamer beplan heelwat projekte vir die jaar insluitend verdere opleiding vir entrepreneurs, in samewerking met die Afrikaanse Handelsinstituut. Bel Kruger by 0 083 381 2461 vir meer inligting.

Polisie hou Imbizo Die Robertson-polisie nooi alle sake-ondernemings, kerke en nie-regeringsorganisasies na ’n Imbizo wat op 18 Maart om 19:00 in die Robertson-stadsaal gehou sal word. Misdaad in die middedorp is een van die onderwerpe wat bespreek sal word.

“Dit is verblydend dat die regering met die aksynsverhogings vanjaar groter begrip getoon het vir die unieke uitdagings van die Suid-Afrikaanse wynbedryf,” sê Basson. Ten spyte van dié ligpunt, voeg Basson by, sal die 12% verhoging in brandewyn verdere druk plaas op verkoopsvolumes van dié belangrike segment van die wynbedryf wat reeds meer as 50% van sy kleinhandelprys aan aksyns en BTW betaal. Die wynbedryf speel ’n wesenlike rol in werkskepping, groei en die generering van buitelandse valuta, aldus Basson. “Daarom ondersteun ons die sterk fokus deur die minister op die elemente van die Nasionale Ontwikkelingsplan, en spesifiek die belangrikheid van die pri-

vaatsektor se bydrae tot ekonomiese groei.” Volgens Basson heers daar egter groot kommer oor die omvang van onwettige drankhandel en die sosio-ekonomiese impak van alkoholmisbruik. “Die bedryf rig daarom ’n vertoë aan die regering om ’n verantwoordelike beleidsraamwerk met gefokusde aksies daar te stel, en verbind hom tot noue samewerking in hierdie verband,” sê hy. Volgens Elizma Botha, bestuurder van die Robertson Wynroete, behoort die verhoging in aksynsbelasting nie ’n wesenlike impak op wynverkope of -toerisme in die area te hê nie. “In die Suid Afrikaanse konteks is ons Vallei se wyne deur die bank ontsettende goeie waarde vir geld,” sê sy.

Die aksynsverhoging vir wyne wat vanjaar heelwat minder is as verlede jaar, is met verligting deur die wynbedryf begroet.FOTO TER ILLUSTRASIE: HILDERINE SCHRÖDER


4

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 11 Maart 2014

Sorg vir geldige testament Spur turns 3 Die dood is onvermydelik. Spaar jou geliefde onnodige trauma deur seker te maak jy het ’n geldige testament. Sommige mense vereenselwig ’n testament met die dood en ignoreer gevolglik doelbewus hierdie saak, soms met baie ernstige gevolge. ’n Testament gee uitvoering aan ’n persoon se boedelbeplanning en het as doel om voorsiening te maak vir die versorging van afhanklikes en die beskerming van boedelbates. Indien iemand nie ’n testament het nie, sal sy boedel ingevolge die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging verdeel word. Elke persoon wat oor enige bates beskik, moet ’n testament opstel om te verseker dat sy boedel op die korrekte wyse en volgens sy wen-

se en opdragte afgehandel word. Dit is noodsaaklik dat ’n testament gereeld gewysig word om voorsiening te maak vir veranderde omstandighede soos in geval van huweliksluiting, egskeiding, aankoop of verkoop van eiendom of die dood van ’n begunstigde in ’n testament. ’n Geldige testament moet voldoen aan die minimum-vereistes soos voorgeskryf in die Wet op Testamente wat vereis dat dit op skrif moet wees, die erflater 16 jaar of ouer en handelingsbevoeg moet wees en die erflater elke bladsy in die teenwoordigheid van twee bevoegde getuies moet onderteken. Die wet bepaal nie dat ’n testament gedateer hoef te wees nie. Dit is egter baie belangrik en word aanbeveel dat dit wel gedoen word aangesien daar soms meer as een geldige testament tydens afsterwe bestaan wat tot groot botsings en familietwiste kan lei. ’n Erflater kan sy testament self skryf of dit deur ’n ander persoon laat opstel.Indien ’n erflater nie sy naam kan teken nie, kan die testament onderteken word by wyse van ’n kruis, merk of vingerafdruk. Alle getuies moet wel hul name kan teken. Wanneer ’n erflater nie sy naam kan teken nie, moet die kruis, merk of vingerafdruk voor ’n kommissaris van ede aangebring word wat ook elke bladsy moet onderteken, asook by die wysigings en aan die einde van die testament ’n voorgeskrewe sertifikaat moet aanbring en onderteken. Prokureurs en ander instansies stel testamente op. Maak seker dat die opsteller oor genoegsame kennis beskik om te verseker dat u testament aan u wense voldoen, maklik uitvoerbaar en geldig is.

Three years after first opening its doors in Robertson, Rapid River Spur is still one of locals’ favourite restaurants. With its scrumptious meals, friendly service and child-friendly environment, Rapid River Spur is a must for families wanting to spend an enjoyable evening. Here mom and dad can enjoy some quality time while the kids can play to their heart’s content in the play area which offers a host of activities. Therestaurant’supbeatstaffarealwaysready to ensure patrons enjoy their meal so they will return time and time again. Asked about the secret to the restaurant’s success owner Philip McMahon says: “We have a good brand, we are in a great town, we have awesome staff and we love what we do.” Apart from delivering the best quality food

The team of upbeat waiters at Rapid River Spur will ensure that all patrons enjoy a mouth-watering meal in a fantastic atmosphere. and service, Rapid River Spur is also very committed to the local community and often becomes involved in projects benefiting residents of the area. “We like being involved, giving back and doing our bit,” McMahon says. Rapid River Spur received two top awards last year: Best Rural Franchise in South Africa and the Outstanding Community Impact Award. For those wanting to kick-start their day with a scrumptious breakfast before going to the office, Rapid River opens at 07:30. Offering wines sourced locally, Rapid River Spur is just the place to spend an enjoyable evening. Make sure to drop in at the restaurant in Piet Retief Street.


Dinsdag 11 Maart 2014

Epic op pad HILDERINE SCHRÖDER Die Absa Cape Epic wat binnekort met sy sowat 1 200 deelnemers en hul ondersteuningspanne deur die Langeberg gaan beweeg, beloof om ’n goeie ekonomiese inspuiting tot gevolg te hê. Baie gastehuise op Robertson is deur ondersteuners sowel as tegniese personeel bespreek, sê Elizma Botha, bestuurder van Robertson Wynvallei. “Ons kan natuurlik ook verwag dat hulle die plaaslike winkels en restaurante sal ondersteun.” Deelnemers aan die Epic sal vir twee aande by die Arabella Wynlandgoed oornag. Hoewel die instroming wat die Epic meebring heelwat kleiner is as dié van byvoorbeeld die Wacky Wine Weekend, is dit steeds belangrik dat organiseerders van geleenthede soos die Epic die area as geskik beskou om die geleentheid hiér aan te bied, meen Botha. Buiten die finansiële voordele wat die Epic inhou, is die beeldmateriaal wat hulle van die area neem en die wêreld instuur van onskatbare waarde in terme van blootstelling, aldus Botha. “Ons moet ook in gedagte hou dat baie van die besoekers dalk nooit op ’n ander manier in ons area sou kom nie. Die diens wat ons aan hulle bied, is wat hulle van ons area gaan onthou en hopelik die boodskap sal versprei.” Een van die grootste voordele van die Epic se koms na die Vallei, is die geleentheid om die area en sy produkte te bemark, sê Botha. “Dit is altyd die maklikste om ons area, sy produkte en sy mense te verkoop as mense in die Vallei self is. As hulle ons area kan ruik, voel, proe, is ons verewig vasgevang in hul herinneringe, mits ons sorg dit is ’n onvergeetlike ervaring!” Die Epic is ’n geleentheid wat deur baie persone en instansies moontlik gemaak word, maar dit hangvandieinwonersvandieareaafomdiebeste van die geleentheid te maak, aldus Botha. Die Absa Cape Epic strek oor 718 km met ’n vertikale klim van 14 840 m en word beskou as een van die taaiste bergfietsuitdaagrenne in die wêreld. Ryers sal van 23 tot 26 Maart in die Langeberg-area wees met McGregor wat ook op groot skaal die verwelkomingstapyt sal uitrol. Pamflette met met meer inligting, is by die toerismekantoor beskikbaar.

News - Nuus

Breederivier Gazette

5


6

Classifieds

Breederivier Gazette

Dinsdag 11 Maart 2014

Leer vlieg by nuwe vliegskool

Bertie van Zyl (middel), van Bonnievale, het sy vlieglisensiehernuwing by die nuwe vliegskool op Robertson gedoen. By hom is (links) Piet Truter (instrukteur), en Koos Liebenberg (hoofinstrukteur en eienaar van die vliegskool).

HILDERINE SCHRÖDER Diegenewatnogaltyddromegekoester het om hul vlieglisensie te bekom, hoef na dese nie meer ver te soek om dié kuns te bemeester nie. ’n Nuwe vliegskool wat onlangs amptelik by die Robertson Vliegveld geopen het, plaas Valleiers se droom om te leer vlieg nou binne bereik. By Jaffie Aviation Training sal voornemende vlieëniers aan die hand van gesoute vlieëniers die vliegkuns kan leer bemeester. Jaffie Aviation Training is by Burgerlugvaart geregistreer om privaatvlieëniersopleiding (PPL) asook nagvliegopleiding te gee. Die skool is tans ook in die proses om aansoek te doen om nasionale vlieënierslisensie (NPL)-opleiding sowel as handelsvlieënierslisensie (CPL)-opleiding aan te bied. NPL-opleiding word op nuwe generasie ultramo-

derne en ekonomiese vliegtuie gedoen, is goedkoper om te doen as PPL-opleiding en is die ideale intreevlak tot lugvaart. Vlieëniers met ’n NPL kan mettertyd opgradeer na ’n PPL indien die behoefte ontstaan om groter en vinniger vliegtuie te vlieg. Studente wat ’n loopbaan van vlieg wil maak word aanbeveel om te begin met die PPL. Die hoofinstrukteur en eienaar van die vliegskool is Koos Liebenberg, ’n voormalige lugmagvlieënier en afgetrede onderwyser met ’n meestersgraad in kurrikulumkunde. Die skool se tweede instrukteur wat op ’n deeltydse basis daarby betrokke is, is Piet Truter, ook ’n voormalige lugmagvlieënier. Truter vlieg tans as kaptein vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) met Airbus- en Boeing-vliegtuie op oorsese roetes. Alwyn du Plessis, ondervoorsitter van die Robertson Vliegklub, sê die klub

SAKE

verwelkom die toevoeging van die vliegskool wat vliegopleiding binne maklike bereik van almal in die Breëriviervallei sal bring. Die vliegskool behoort, sê Du Plessis, saam met Mastertech Robertson, ’n vliegtuiginstandhoudingsorganisasie wat verlede jaar op die Robertson-vliegveld geopen het, heelwat besigheid van buite die area na Robertson te bring. “Saam met Skydive Robertson, wie se lede feitlik almal van buite die area is, bied die aktiwiteite wat op die vliegveld aangebied word ’n noemenswaardige bydrae tot Robertson se toerisme-ekonomie.” Belangstellendes in vliegopleiding kan Liebenberg by 072 826 7337 of koos@jaffieaviation.co.za kontak vir vir ’n afspraak om vir ’n bekendstellingsvlug oor Robertson te gaan en om uit te vind wat dit behels om ’n vlieglisensie te bekom.

BETREKKINGS 3600

DIENSTE BETREKKINGS GESOEK

2420

3670

FAMILIEKENNISGEWINGS

PERSOONLIKE DIENSTE

IN MEMORIAM

LENINGS

1015

SOLOMONS JAN Geb.30/01/1938 Gest.9/03/2013 Reeds, ’n jaar weg van ons. Die verlange en gemis is groot. Van jou vrou Sonia, Tommie, Frikkie, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

WINDVOGEL CHRISTIAAN Geb.12/3/1946Gest.30/4/2013 Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Die verlange is baie groot en ons mis jou. Van jou vrou Lize, kinders & kleinkinders.

HUISHULP met ondervinding soek werk vir 5 dae in die week. Vir verwysings kontak 021 886 5752/ 082 410 1489 of applikant 071 454 2418 onmiddellik beskikbaar.

1445

FOUCHé KATRIENA Geb.9/03/1943 Gest.1/12./2013 Mamma, dis jou eerste verjaarsdag weg van ons. Mis jou en sal jou altyd onthou met jou liefde. Van: kinders Andries, Anna, kleinkinders Lydia, André, Adwin en agterkleinkinders Chandré, Jaydeen en Maxwill.

FORTUIN AUGUS Geb.14/07/1967Gest.12/03/2013 ’n Jaar is my eggenoot, ons pa, broer en vriend van ons weggeneem. Sal jou met liefde in ons harte onthou. Van jou vrou Elsie, kinders Mario, Maria en Augusta. DANKBETUIGINGS 1020

GRAAG wil die familie van JOVAN ANTHONY ook vir Lisensiate Peter Albanie en Jacobus Andries (RAM kerk) Eerwaarde C.Jansen, A.Lombaardt en C.Coetzee (AME kerk) bedank. PAULSEN CHESLIN Geb.11/03/1990 Gest.07/02/2014 Dis jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons gun jou die rus, want ons weet jy's veilig by God. Jy word gemis deur Mammie, Mandy, familie en vriende.

WERK 3600

DIENSTE 2420


Dinsdag 11 Maart 2014

General - Algemeen

Breederivier Gazette

7

TENNIS: Dié leerders van die Laerskool Robertson is in die Boland-tennisspan opgeneem. Agter (van links) is Getha Kloppers, Karla Bruwer en Emma van Deventer. Voor is Conrad Prins en Keanan Barnard.

JUNIOR PAARTJIE: Die Hoërskool Robertson het onlangs sy jaarlikse Valentynsbal gehou waar André Bruwer en Emma du Preez as junior paartjie van die aand aangewys is.


Breederivier

Year 18 • 11 Maart 2014 | Tel. 023 626 5212

Hospies baat by gholfdag HILDERINE SCHRÖDER Valleiers het Saterdag in groot getalle op die Robertson-gholfbaan toegesak om die stokke te swaai ter ondersteuning van die Breërivier-hospies. Die jaarlikse korporatiewe gholfdag is een van die hospies se grootste geldinsamelingsgeleenthede en is ’n gewilde geleentheid op die gholfkalender. Sowat 34 spanne het vanjaar teen mekaar meegeding terwyl hul terselfdertyd ook gehelp het om die hospies geldelik te steun. Volgens Charmaine Little, geleentheid- en bemarkingsbestuurder by die hospies, was die dag ’n reusesukses. Hoewel die bedrag wat ingesamel is nog bereken word, word die inkomste wat deur die dag gemaak is op sowat R55 000 geskat. ’n Hoogtepunt, sê Little, was ’n skenking van R10 000 van die SA Rugby Legendes-gholfdag wat die vorige dag op dieselfde gholfbaan plaasgevind het. Tydens dié geleentheid het altesaam 34 vierbalspanne met ’n rugbylegende in elk van die spanne teen mekaar meegeding. Die oud-Springboksenter Pieter Mulder het die nuus van die Legendes se skenking by die hospies se prysuitdelingsgeleentheid, waar hy

ook van die pryse oorhandig het, bekendgemaak. Die donasie, sê Little, beteken geweldig baie vir die hospies. “Ons waardeer dit ontsettend baie.” Die aand se verrigtinge, wat ook ’n ete ingesluit het, is uitstekend ondersteun met sowat 100 gaste wat dit bygewoon het. Die geld wat met die gholfdag ingesamel is, sal aangewend word vir die sorg van pasiënte na wie die hospies omsien.

LANGASEM: Johannes Jansen van die Robertson-atletiekklub het uitstekend presteer in die Moorreesburg MKB se onlangse 10 km-padwedloop. Jansen het in ’n tyd van 32:10 in die algehele eerste plek klaargemaak en was ook die eerste junior oor die wenstreep.

Atletiekklub kies leiers Die Robertson-atletiekklub se nuwe bestuur is onlangs gekies: Edward Salies (voorsitter),Alexander Evertson (ondervoorsitter), Michelle Jacobs (sekretaresse) en Houman Joseph (hulpsekretaris). Die tesourier is Jonita Philander, terwyl die klubkaptein William Kaptein is. Elmarie Coerecuis-Salis is die sameroeper van pad- baan-, velden landlope.

Sportuitslae opgesom

Sowat 34 spanne het mekaar die stryd aangesê in die Breërivier-hospies se korporatiewe gholfdag. Dié jaarlikse geldinsamelingsgeleentheid het die afgelope naweek op die Robertson-gholfbaan plaasgevind. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Gholf: Bonnievale (72): Enkel-Stableford – A. van Wyk 35, N. Beukes 35, F. van der Merwe 35, M. Botha 33, N. van Zyl 32. Hexvallei (72): Samespel-Stableford – C. de Villiers en H. de Villiers 51, D. Jordaan en M. Pheiffer 46, G. von Bosch en J. de Kock 46. Montagu (72): Houespel – J. Conradie 64, R. Bruwer 65, P. Decker 66, S. Steyl 67, K. Esterhuyse 68, W. Gassauer 70. Riverside (72): Progressiewe Stableford – J. Schroeder 44, R. Pienaar 39, A. Smith 38, I. Malapi 37, D. Phillips 37, R. Moosa 36. Robertson (72): Samespel Stableford – A. du Toit en H. Kleinhans 53, G. Schwegmann en W. Smit 49, N. Gouws en D. de Wet 49, H. Sheun en H. Sheun 49, L. Cilliers en D. Conradie 48, N. Retief en A. Smuts 47, P. Winterbach en J. Geldenhuys 46, J. Theron en W. Retief 46, C. Cloete en J. Gelderblom 46, H. Doms en P. Spiller 45. Worcester (72): Klubkampioenskapstoernooi – Afd. A: M. Grove 157, J. Vlok 157, W. Erasmus 158. Afd. B: H. du Plessis 162, L. Hugo 173, N. du Plessis 179. Afd. C (individuele Stableford): K. Cloete 32, D. Mitchell 32, H. Wolfaardt 32. Samespel Stableford: P. Eloff en K. Cloete 32, P. Rousseau en K. Hanekom 48, I. de Villiers Viljoen en P. Rousseau 47, J. Naudé en L. Naudé 46, A. Jacobs en N. du

Plessis 46. Krieket: T20-reeks, Premierliga: Robertson t. Coronation: ROBERTSON 85 (D. Erasmus 34, 1x6, 3x4; D. Hendricks 3/12, A. Breedt 2/7, E. Williams 2/8, C. Cyster 2/20). CORONATION 86/3 (T. van Wyk 25, 2x6, 2x4). Coronation wen met 7 paaltjies. Rugby: Gemeenskapsuitdaag-toernooi: Bulk Villagers 16, Saldanha 12.

United

Atletiek: Robertson-atletiekklub: Boland Junioren o.23-kampioenskappe – Nizaam Sauls (silwer in 3 000 m o.15, 09:37), Tobie Lewies (silwer in 3 000 m o.17, 09:00), Michael Prins (7de in 5 000 m o.19, 15:59), Johannes Jansen (goud in 5 000 m o.19, 15:08), William Kaptein (silwer in 5 000 m o.23, 15:06), Parane Lekay (brons in spiesgooi o.19, 33,13 m), William Kaptein (goud in 3 000 m-hekkies o.23, 09:08), Emile Pienaar (6de in 100 m-finaal o.15), Zinzan Williams (4de in 100 m-finaal, o.19). Moorreesburg MKB 10 km-padwedloop – Johannes Jansen (1ste algeheel en 1ste junior, 32:10), William Kaptein (3de, 33:26), Eugene Davids (7de, 34:04), Rodger Davids (10de, 34:48), Shaun Tobias (43:45).


Breederivier gazette 11 maart 2014