Page 1

Breederivier

Year 18 • 10 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi

WYN JOLYT! Die uitvoerende burgemeester van die Langeberg-munisipaliteit, Diana Gagiano (regs) hiér saam met Willemien Manis, het ook die Wacky Wine Weekend geniet.

FOTO’S: LARESA PEARLMAN

Natuurskoon, goeie geselskap en lekker wyne is deel van die Wacky Wine Weekend se suksesresep.

Wacky Wine 2014

Dié Wacky Wine-besoekers was reg vir enige soort weer.

Die Wacky Wine Weekend spog nie net met heerlike wyne nie. Die natuurskoon is ook onverbeterlik!


2

Breederivier Gazette

News - Nuus

Dinsdag 10 Junie 2014

Soek net sý dag in hof HILDERINE SCHRÖDER Ál wat Flippie Engelbrecht (20), die blinde jong man wat hom sedert verlede jaar midde-in ’n omstrede aanrandingsaak bevind, wil hê is sy dag in die hof en met sy regsadviseur, Carina Papenfus, wil hy na dese níks meer te doen hê nie. Flippie is sedert verlede Woensdag (4 Junie) weer terug in sy ouerhuis in Kanini, Nkqubela, ná hy met ’n geleentheid vanuit Grabouw tot op Villiersdorp en toe na Worcester gekry het vóór hy saam met ’n verslaggewer van ’n dagblad tot op Robertson gery het. Flippie, wat die bestuurder en eienaar van die Rietvallei Wynlandgoed daarvan beskuldig dat hulle hom ernstig aangerand het, het Saterdag ten sterkste ontken dat hy ooit gesê het dat hy dié saak wil terugtrek, soos in sommige koerante berig is. Die bestuurder van Rietvallei, Wilhelm Treurnicht, staan tans alleen op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer tereg, ná Johnny Burger, eienaar van die landgoed, verlede jaar sy eie lewe geneem het. Die saak het soos ’n veldbrand versprei ná ’n video waarin Flippie vertel hoe hy aangerand is, op die internet versprei is. Nóú sê Flippie egter hy het nooit gevra vir die mediaopskudding wat die saak veroorsaak het nie. Meer nog, sy pa, Flip, lê die feit dat hy nêrens in die Vallei kan ry nie, direk voor die deur van die media. “Mense wil niks meer met ons te doen hê as gevolg van wat die koerante skryf nie. Dié storie word elke keer teen my kop gegooi. Mense kyk ons sleg uit as gevolg van die berigte,” sê hy. Ook Flippie sê hy wil voortaan niks meer met die media te doen hê nie. “Ek is nou klaar met almal wat hier aankom,” sê hy waar hy in ’n sonkol op ’n omgekeerde koeldrankkrat buite die gesin se sinkhuisie sit. Flippie is in Augustus verlede maand na Grabouw geneem waar daar, volgens Papenfus, beter na sy welstand omgesien kon word. Sy het sy mediese toestand – hy is blind, kry epileptiese aanvalle en het sy hande verloor – sowel as drankmisbruik by sy ouerhuis as van die beweegredes hiervoor genoem.

Besoekers aan die Wacky Wine Weekend het vanjaar ag geslaan op waarskuwings dat streng wetstoepassing ten opsigte van dronkbestuur sal geld. Weinig voorvalle van dié oortreding is in die area aangemeld. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Besoekers slaan ag op waarskuwing HILDERINE SCHRÖDER

Flippie Engelbrecht is weer terug by sy ouerhuis op Robertson ná hy sedert Augustus verlede jaar by versorgers op Grabouw gewoon het. FOTO: HILDERINE SCHRÖDER

Oor die wyse waarop Flippie sy pad terug na sy ouerhuis moes vind is hý sowel as sy ouers ook baie omgekrap. “Carina het my hier by my ouerhuis kom haal, maar sy laai my in Grabouw af. Hoekom het sy my nie teruggebring na waar sy my gekry het nie?” sê Flippie. Hieroor sê Papenfus dat dít haar enigste uitweg was ná Flippie se versorger Maandagaand aangedui het sy kan nie meer vir hom sorg nie. “Die enigste uitweg was om ’n blinde, gestremde, hawelose persoon aan die sorg van die polisie toe te vertrou, wie se plig dit dan is om die nodige staatsinstansies bv die welsyn in te roep,” sê sy. Die aanrandingsaak dien tans voor die Worcester-streekhof en sal in Augustus voortgesit word nadat dit vroeër vanjaar uitgestel is.

Met die uitsondering van ’n handjievol gevalle, wil dit voorkom of besoekers aan vanjaar se Wacky Wine Weekend ag geslaan het op versoeke om nie onder die invloed van drank agter die stuur van hul voertuie in te klim nie. Organiseerders van die fees het vanjaar opnuut ’n beroep op besoekers gedoen om seker te maak dat ’n lid van hul geselskap sober bly – dié besoekers is met onder meer gratis ontbyt en koffie beloon – terwyl verkeersowerhede ook uit die staanspoor aangedui het dat hulle nie dronkbestuur gaan duld nie. Besoekers is

ook aangemoedig om van die Wacky Wine Weekend se vervoerstelsel gebruik te maak. Dié pogings het vrugte afgewerp met weinig sake van dronkbestuur wat aangemeld is. Op Ashton is vier mense Saterdag (7 Junie) tussen 20:00 en middernag by ’n padblokkade in dié dorp se hoofstraat vir dronkbestuur vasgekeer, sê ao. Sylvester Joseph, woordvoerder van die Ashton-polisie. Twee mense is Vrydagaand op Bonnievale vir dronkbestuur vasgetrek, terwyl slegs twee mense tussen Saterdag en Sondag vir dié oortreding op Robertson vasgetrek is. Geen ander ernstige misdade is gedurende die naweek in die area aangemeld nie.

Die Cantique-kamerkoor.

Cantique verskaf musikale genot Valleiers kan uitsien na ’n aand van musikale genot wanneer die Cantique-kamerkoor Donderdag (12 Junie) by die NG Moederkerk op Robertson optree. Dié optrede ten bate van die Breërivier-hospies, beloof om konsertgangers op ’n musikale reis van gewilde stukke deur ’n groot verskeidenheid bekende musici te neem. Die Cantique-kamerkoor, onder leiding van Jaco Beeslaar, bestaan uit 16 stemme uit die Robertsonvallei. Al die koorlede is amateursangers met ’n wye verskeidenheid beroepe. Beeslaar self is ’n plaaslike orrelis en musiekonderwyser. Die kamerkoor sing meestal werke uit die klassieke repertoire van Lauridsen, Fauré,

Britten en Pieter van der Westhuizen. Die koor het verlede jaar by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees opgetree en was ook deel van die Nelson Mis-uitvoering tydens die Klein Karoo Klassique saam met die St. George’s sangers en die Kaapstad Filharmoniese orkes onder leiding van Barry Smith. Die koor is ook onlangs uitgenooi om by die Greyton Genadendal Classics for All Festival te sing. Cantique se program, Vocal Alchemy, sluit werke in van onder meer Pieter van der Westhuizen, Karl Jenkins, Morten Johannes Lauridsen en Sergei Rachmaninoff. Kaartjies na die kooruitvoering, wat om 19:30 begin, kos R50. Vir navrae of besprekings, bel 072 487 9447.


Dinsdag 10 Junie 2014

News - Nuus

Breederivier Gazette

3

Kerk help leerders met studiesentrum ANNELDA GROOTBOOM “Net die feit dat hy besig was om sy huiswerk op die klein oppervlak op die kombuiskas te doen het my ontroer. Sy ouerhuis is baie klein, maar die wyse waarop hy dit (sy huiswerk) doen bewys dat hy graag akademies goed wil presteer op skool en sy beste vir sy skoolwerk wil gee.”

Rosy Jansen, geordende pastoorsvrou van die AGS Kerk op Robertson, hou ’n wakende oog oor ’n aantal leerders wat besig is om by die studiesentrum te studeer.

Dit is dié prentjie wat gelei het tot die totstandkoming van ’n leersentrum by die AGS Kerk op Robertson, vertel Rosy Jansen, geordende pastoorsvrou van dié kerk. In ’n poging om plaaslike kinders met hul studies en huiswerk by te staan, het die kerk ’n projek van stapel gestuur waar kinders wat smiddae wil studeer en vir eksamens wil voorberei, aan die hand geneem word. Die projek is veral gemik op huishoudings waar

daar meer as twee kinders is wat wil leer, maar daar nie genoeg stilte en privaatheid is nie. Kinders wat by die projek inskakel studeer elke middag van drie tot vyf uur by die kerkgebou waar een van die vertrekke vir dié doel omskep en toegerus is. Rosy en haar man, Martin, pastoor van dié gemeente, hou self toesig tydens studietye. “Eers het ons gedink om net matrikulante te akkommodeer, maar kinders van alle grade wat wil studeer is welkom,” sê Rosy. Die kerk sal egter ook graag in die middae ’n broodjie, sop en vrugte aan die kinders wil verskaf omdat baie van dié kinders wat by die sentrum studeer nie so bevoorreg is om iets by die skool of huis te ete te kry nie. Enigeen wat belangstel om enige skenkings aan die sentrum te maak, of graag hul kinders hiér wil laat studeer, kan Rosy by 073 698 8547 bel.

Help kies die wenbruide Met inskrywings én die stemme vir lesers se gunsteling bruide wat instroom is die Gazette se bruidskompetisie, wat in samewerking met die Robertson Lenteskou aangebied word, vinnig besig om momentum op te bou. Lesers het in hul massas gestem vir die mees onlangse finaliste. Dié week is Widad Pretoruis die gelukkige wenner wat saam met verlede week se finalis, Eldorette Swartz, op 10 Oktober tydens ’n galageleentheid by die Lenteskou die kans staan om as wenbruid gekroon te word. Alle bruide wat vanaf Julie 2013 tot Augustus 2014 getroud is kan inskryf vir die Bruidskompetisie, wat in samewerking met die Robertson Lenteskou aangebied word. Bruide wat in Robertson, Montagu, Ashton, Bonnievale en McGregor woon, kom in aanmerking vir die kompetisie. Die inskrywingsfooi is R60 per vollengte-foto. Die 12 finaliste sal op 10 Oktober tydens ’n galageleentheid by die Lenteskou teen mekaar te staan kom, waar die algehele wenner gekroon sal word. ’n Naweek vir twee tel onder die pryse wat vir die Bruid van die Jaar op die spel is. Verskeie ander pryse is ook op die spel, waaronder ’n gratis bootreis van Viljoensdrift, geskenkbewyse deur AP Stipp, Country Styles, Robertson Apteek en Peckers/Bon Appetit, ’n vrugtemandjie van Locarno Droëvrugte, twee bottels Four Cousins vonkelwyn en ’n ysbak van Van Loveren, gratis was- en blaassessies by Cathy & Sarah’s Hair, ’n uurlange fotosessie van C Photography en ’n wegbreeknaweek van Rivierzicht-rivieroord. Vir meer inligting oor die kompetisie, bel Annelda Grootboom by die Gazette se kantoor by 023 626 5212. Diegene wat op trou staan kan ook uitsien na

Marie Lekay (neé Nortje) van Montagu is op 19 Oktober verlede jaar getroud. Hierdie week se finalis in die Gazette se Bruidskompetisie is Widad Pretorius wat op 30 November verlede jaar getrou het. ’n Bruid-ekspo op 9 en 10 Oktober in die Agri Ekspo-saal by die skouterrein. Enigeen wat belangstel om ’n stalletjie te bespreek kan die skoukantoor tot 12:30 by 023 626 2512 bel. Hierdie is ’n gulde geleentheid vir plaaslike ondernemings wat in dié veld spesialiseer en een wat beslis nie gemis moet word nie. Lesers kan vir hul gunsteling-bruid stem deur die woord “Bruid” en die naam van die bruid na 35405 te SMS. SMS’e kos R1,50. Die volgende wenbruid sal in die volgende Gazette bekendgemaak word.

Ontmoet ons eerste finalis-bruid ANNELDA GROOTBOOM

te gaan. Die afstand tussen hulle – Conrad het in Hermanus gewerk en Eldorette Eldorette (neé Readien) in Stellenbosch – was geenSwartz (31) van Robertson is sins ’n probleem en het die verlede week gekies as die liefdesband net sterker geGazette se eerste finalis van smee. Volgens Eldorette het die bruidskompetisie. Sy het Conrad altyd gesê sý gaan op 22 Februarie vanjaar die sy lewensmaat word. knoop met haar jare-lange Gevra hoe sy geweet het vriend, Conrad Swartz, deurConrad is haar trouman, gehaak. Die Gazette het by Elantwoord sy sonder dorette uitgevind hoe sy en skroom. “Ek het net dié oorhaar trouman ontmoet het. tuiging gekry en enige perEldorette en Conrad is al 12 soon ken die gevoel wanjaar lank vriende en sy het neer die ware Jakob voor hom ontmoet deur haar broer, Duwan. Volgens haar Eldorette (neé Readien) Swartz, jou staan.” Sy sien die huwelik as ’n was Conrad altyd die steun- die eerste finalis in die Gazette pilaar en die vriend op wie se Bruidskompetisie. FOTO: AN- mooi verhouding tussen twee persone wat mekaar sy kon staatmaak. En, het sy NELDA GROOTBOOM liefhet en ondersteun. Albei vir haarself gesê, as sy eendag ’n lewensmaat ontmoet moet hy die ei- moet 100% samewerking gee sodat die huenskappe van Conrad hê. Min het sy geweet welik kan werk en besluite moet saam gedis dié einste vriend van haar wat tog haar neem word. Met die ondersteuning en raad van haar ouers en ouer persone wat weet man sou word. Gedurende die tyd wat hulle vriende was, van die huwelik, glo sy hulle gaan vir baie was albei van hulle ook in ander verhou- jare saam wees en dat hul saam oud gaan word. Tans is sy ’n nuwe mamma van Casdings en het hulle dít gerespekteer. In 2012 het Conrad haar gevra om vas uit sandra wat nou twee maande oud is.

Gretchen Williams (neé Oktober) van Robertson het op 23 November 2013 die knoop deurgehaak.

San-Maré Stander (neé De Necker) van Robertson is op 12 Oktober 2013 getroud.


4

News - Nuus

Breederivier Gazette

Dinsdag 10 Junie 2014

Van oral het hulle kom Wacky HILDERINE SCHRÖDER Besoekers van heinde en verre het die afgelope naweek op die Langeberg toegesak vir die jaarlikse Wacky Wine Weekend.

Dié groep vriende het die oog gevang met hul prettige tooisels.

Die Vallei het hom in sy beste vere uitgevat met matige, sonnige dae, sneeubedekte berge en wingerde getooi in laatherfs-kleure. Soos in die verlede het die fees, vanjaar is sy tiende jaar, besoekers van regoor die land gelok, met voertuie – van so ver as Gauteng en die Vrystaat – wat soos ’n blink slang deur die Vallei gekronkel het. En almal was dit eens: dié fees was weereens ’n wenner. Die Gazette het ’n paar besoekers op kamera vasgelê.

Jessica Bowman, Natasha Raats, Melissa Burns en Ariana van der Merwe het die mooi weer saam met ’n glasie wyn geniet.

Brad en Nigel de Koker van Kraaifontein, en Warren le Grange van Somerset-Wes, het die “wacky” in Wacky Wine gesit met hul bont pruike.

Sharon Perumal van Brackenfell, en Christiaan Hector van Kraaifontein, was onder die besoekers wat die Vallei se wyne op die proef gestel het.

Vir Erlind, Jody en Shannon Segers van Kuilsrivier, was dit ’n eerste Wacky Wine-ervaring, maar hulle is vasbeslote om volgende jaar terug te kom. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Dié groep vriende het seker gemaak hulle staan uit met hul prettige uitrustings. Lambert Smal van Blouberg, het die dag geniet saam met Francois Bruwer, Wimpie van Niekerk en Ivor Nel, wat almal spesiaal uit Johannesburg gevlieg het om die geleentheid by te woon.


Dinsdag 10 Junie 2014

Ook Bacchusfees is afhanklik van genade Ek vertrou dat diegene wat my brief lees dit nie as ’n aanval op die magdom kerklike denominasies in en om Robertson sal sien nie. Ek is gelukkig nie verbind tot enige van hierdie instellings nie en beskik dus oor geen outoriteit om aanvalle te maak of kritiek te lewer nie. Ek is wel, net soos elkeen van u lesers, ten volle in alles afhanklik van God wat genadiglik Sy eniggebore Seun ook vir my laat kruisig het. Ekself het, soos enige mens, ’n sondige natuur en is dus geensins verhewe bo enige van u lesers nie. Ek sal dit werklik waardeer indien kerklike instellings wat daadwerklik probeer het om die afgelope Bachusfees tydsgewys te skei van die afgelope Pinksterfees, hierdie kolom met u goedkeuring sal benut en u lesers daaromtrent sal inlig. Soos u sal merk rig ek hierdie skrywe op die vooraand van die Bachusfees. Saam met die boeregemeenskap en hulle werkers glo en vertrou ek dat God ons gebede sal aanhoor en weer sal sorg vir die volgende parsseisoen waarvan die aanloop sowel as die omvang van die finale produk deurspek is van Sy groot Genade.

WILLIE VOS, Robertson

Letters - Briewe

Breederivier Gazette

5


6

Schools - Skole

Breederivier Gazette

Dinsdag 10 Junie 2014 ON A HIGH NOTE: Danel Lipan, Ruwayda Matika, Nicalle Michaels, Likhona Gcwabe, Cikizwa Ntabeni, Marocelle Conradie, Quint Treu, Mercedes Lawrence, Vangele Bukwana and Mandi Mpambani, all students at the McGregor Waldorf School and McGregor College, were selected to participate in the new Langeberg Prestige Choir, initiated by Ad Libitum Academy of Music.

RUGBY: Dié rugbyspelers van die Hoërskool Montagu het vanjaar pragtig presteer. Nadat hul almal aanvanklik in die Boland-oefengroep opgeneem is, het hul die Boland teen WP verteenwoordig. Mornè van Wyk, Hadley Hendricks en Handrè Ontong is uiteindelik in die Cravenweekspan opgeneem, terwyl Henricho de Koker in die Grant Khomo-span opgeneem is. Brendon Swanepoel is in die finale Boland 15-tal opgeneem. Op die foto is (agter, van links) Morné van Wyk, Henricho de Koker en Hadley Hendricks. Voor is Brendon Swanepoel en Handré Ontong.

WOORDWYS: Die Hoërskool Bonnievale se Anja Marais het die ATKVkongres in Buffelspoort bygewoon.

FAMILIEKENNISGEWINGS

IN MEMORIAM

SAKE

1015

STERFGEVALLE

DIENSTE

1005

SNYMAN ANDRE JACOBUS SNYMAN(Kapans) Geb.30/08/1960 Gest.08/06/2014 Die Roudiens vind plaas Donderdag om 19:00 by Vergesig Primêre skool. Begrafnisdiens is Saterdag 14 Junie 2014 om 9:00 by die huis in Watsoniastraat 11 en 10:00 te VGK Robertson. Sal met liefde onthou word deur sy vrou, kinders, Pa, susters & broers en familie.

2420

KRIEL HEIN Geb.13/6/1994Gest.08/11/1998 Die 13de is dit jou 20ste verjaarsdag, sonder gelukwensing. Verlange nog baie, en wonder hoe jy nou sou gelyk het. Met liefde word mooi herinneringe in ons harte gekoester. Liefde Pappa Hein & Mamma Amanda.

JAFTA JACK Geb.3/11/1947Gest.8/06/2011 Met mooi herinneringe dink ons aan ons geliefde Pa en oupa. Alreeds 3 jaar weg van ons. Van jou vrou, kinders en kleinkinders. TE KOOP

ALLERLEI 1655

CRAZY fit massage machine, R900. Contact 072 402 7456. SIERSTENE en plaveiselstene teen bekostigbare pryse met gratis aflewering in omliggende dorpe. Kontak Gregory 076 9811 239.

DIENSTE 2420


Dinsdag 10 Junie 2014

Schools - Skole

BIATHLE: Chris Redelinghuys van die Hoërskool Bonnievale is opgeneem in die WesKaap Biathle-span wat aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Durban gaan deelneem

PRONKERS: Die Hoërskool Robertson het onlangs sy Herfsbal aangebied. Tydens dié geleentheid is Bradley van As en Veronique Beukes (in swart en geel) en Niel le Roux en Edna Smit (in wit) as die twee bes-geklede paartjies aangewys.

Breederivier Gazette

7


Breederivier

Year 18 • 10 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

LAAT WIEL! Dié Valleiers het nie net wyn geproe tydens die afgelope naweek se Wacky Wine Weekend nie, hulle het ook die speke laat sing in die Robertson Winery se bergfietsuitdaging. Dié energieke manne en vroue is Johan Gelderblom en Bruwer Janse van Rensburg en Cindy du Toit, Liezel Coetzee en Rene Best.

Brumbies laat pyltjies vlieg

Die TopUp Brumbies-veerpyltjiespan het onlangs koning gekraai in sy tweestryd teen Oaks. Van links is Adolf Hendricks, GT Joseph, Raymond Jantjies, Selvin Triem (kaptein) en Cupido Joseph (onderkaptein). Deon Fortuin en Heloise Cupido was afwesig met die neem van die foto.

Dink weer voor jy die TopUp Brumbiesveerpyltjiespan op grond van sy vorige seisoen se prestasie afskryf. Vra dít maar vir sy mees onlangse opponent. Die Brumbies het onlangs bewys hy het nog baie in sy arsenaal ná hy koning gekraai het in sy eindstryd teen Oaks. Oaks, die groot gunsteling om te wen, het die stryd goed begin met veral Shaun Jones wat op sy beste vertoon het. Die manne van TopUp Brumbies het egter nie gaan lê nie en kort voor lank het sy kaptein, Selvin Triem, die telling op vyf elk gelyk getrek. Hierna het Adolf Hendricks agter die lyn aangetree en met sy uitstekende prestasie die oorwinning vir Brumbies beklink. Die tweede ronde in dié kompetisie skop in Julie af.

R’son se krieket-trots ANNELDA GROOTBOOM

Adams is nou betrokke by die gemeenskap en help onder meer opkomende jong ’n Vriendelike, glimlaggende en plat-op- spelers van die Chennai-krieketspan om die-aarde-mens wat gebore is met enorme hul talent te slyp. Die Robertson-krieketkriekettalent – ’n regshandige bouler sowel klub lê hom ook baie na aan die hart, want dit is hiér waar sy talent as kolwer – het verlede deur die Bolandse afrigter week sy tuisdorp in ekBarney Mohammed raakstase gehad. gesien is. Ferisco Adams (24) van Adams is baie dankbaar Robertson is verlede teenoor sy rolmodelle Woensdag vir die tweede Charl Langeveldt, Dale keer as Krieket SA se Steyn en Johan Louw van Suid-Afrikaanse Plattedie Proteas wat wenke en landse Krieketspeler van boultegnieke met hom die Jaar gekies by dié toedeel en altyd terugploeg. kenningsgeleentheid in Hoewel hy geweet het Johannesburg. dat hy dié gebore talent Wat dié toekenning so het, het harde werk en selfmerkwaardig maak, is vertroue hom gehelp om dat hy dit ook in 2012 ontvang het. Ferisco Adams, hiér saam met die die hoogtes te bereik. Hy wil sy Hemelse Vader Adams, wat tans ’n spe- Protea-speler Vervon Philander, tyler is in sowel die Boland- dens die toekenningsgeleentheid bedank vir sy talent, sy ma wat sy steunpilaar is en as die Cape Cobras-span, waar hy vereer is. wat hom bemoedig en in sê sy doel is om hom in die Cape Cobras-span te vestig, want hy hom geglo het. Sy medespelers van die Robertson-krieketklub, sy familie, vriende en weet daar sal groter deure oop gaan. Sy dae van krieket speel het as jong seun die gemeenskap op wie hy kon staatmaak op die Vaderblad begin waar hy betrokke en ook Ismael Lekay wat altyd gehelp het. Vir opkomende jong krieketspelers sê was by vlakkiekrieket. Op laerskool sowel as hoërskool was hy ’n uitmuntende speler hy: “Glo in jouself en wees nederig.” Indien en is hy in die Noord-Boland-span opge- krieketspelers hulp soek met tegnieke is hy meer as gewillig om hulle te help. neem.

Breederivier gazette 10 jun 2014  

Breederivier gazette 10 jun 2014