Issuu on Google+

Breederivier

Year 16 • 10 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212

Lees binne

New markets:

Wang Liang (left), Mayor of the city Yantai in China, listens to Gerrit van Rensburg, Western Cape Minister of Agriculture and Rural Development, who addressed the audience during the recent opening ceremony of the Yantai International Wine Expo in the Shandong province. Judi Dyer, managing director of Zandvliet Wine Estate outside Ashton, which is currently exporting wine to China, says government initiatives similar to this one, has made it possible for Zandvliet to export to China. According to Van Rensburg, China has now become one of South Africa’s top ten export destinations. Twenty wine companies went to the Yantai International Wine Expo, held from June 27 to 29, hoping to open up new export markets to the local wine industry. It is the second year the Western Cape partakes in this wine expo.

Melkboere moet hoor van nóg prysverlagings. BLADSY 3

Kinders leer om in orkes te speel, ander kry tromme. BLADSY 6 EN 8

Damdrama op Robertson ANITA DE KOCK

’n

GROEP huiseienaars langs die Gumgrove-leidam naby Johan de Jongh-rylaan op Robertson is baie ongelukkig omdat daar volgens hulle begin is om die dam te vergroot sonder dat hulle geraadpleeg of daarvan in kennis gestel is. Tydens ’n dringende vergadering met die plaaslike munisipaliteit verlede Donderdag, is ’n ondertekende versoekskrif aan die munisipale bestuurder oorhandig waarin die groepie huiseienaars hul bekommernis uitspreek dat die vergroting van die dam hulle nadelig raak. Volgens die huiseienaars, almal van Van Oudtshoornstraat, is hulle nie gekontak of geken in die besluit nie en is geen kennisgewings aan hulle gegee nie.

Een inwoner het glo ’n kennisgewing ontvang wat volgens hulle “niksseggend” en “misleidend” is as daar gekyk word na die omvang van die werk. Hulle sê hulle het ook geen verslag van die omgewingsimpakassessering wat gedoen moes word, óf die ingenieursverslag, onder oë gehad nie. Onder die lys van bekommernisse het die inwoners onder meer gesê dat as die dam vergroot word, die damwal net sowat 1,5 m van die grens van hul erwe sal wees en dat hulle reeds met probleme met krake en barste aan hul huise te doen het. Hulle glo die vergroting van die dam gaan die toestand vererger, dat dit ’n plaag van vlieë en muskiete, sowel as slange en paddas, sal vererger, dat die sugwater ’n bedreiging vir hul eiendomme inhou en dat die waarde van hulle ei-

Weer • Weather

endomme sal verlaag. In die versoekskrif word ook gevra wat die veiligheidsmaatreëls by die dam sal wees met betrekking tot vloedskade en moontlike skade aan hul eiendom. Die huiseienaars vra dat alle werk aan die ontwikkeling dadelik gestaak moet word en alle dokumente en verslae tot hul beskikking gestel moet word. Anton Everson, waarnemende munisipale bestuurder van die Langeberg Munisipaliteit, sê dit sal nie in hierdie gevorderde stadium van die projek tot voordeel van inwoners wees om konstruksie te staak nie en dat dit ’n “noodsaaklike projek om die behoefte vir watervoorsiening aan te spreek” is. Volgens Everson is die rede vir die vergroting om watertekorte in die droë somer aan te spreek wanneer die damme in

DINSDAG / TUESDAY

WOENSDAG / WEDNESDAY

DONDERDAG / THURSDAY

VRYDAG / FRIDAY

Maks 21ºC

Maks 14ºC

Maks 10ºC

Maks 10ºC

die berg nie oor voldoende water beskik nie. “Die afgelope vier jaar was die kapasiteit van die Gumgrovedam nie voldoende om Robertson van drink- en leiwater te voorsien nie.” Hy verduidelik dat die dam se kapasiteit tot 42 megaliter vergroot word. “Die ontwerp is deur ’n professionele ingenieur gedoen en voldoen aan damveiligheidsvereistes.” Die projek se beraamde koste is R2 000 000 en dit sal teen einde Augustus voltooi wees. Everson sê die dam sal omhein word en walle sal met plante beplant word om erosie te voorkom, asook om ’n netjiese omgewing te verseker. Die Gazette het teen druktyd nog gewag vir ’n antwoord op ’n vraag oor die openbare deelname-proses.

Naweek: Bewolkte weer en reën word vir die begin van die naweek voorspel, maar dit sal na verwagting later opklaar. Temperature sal waarskynlik nie bo die 15 °C-merk styg nie.


2

Breederivier Gazette

Nuus/News

Dinsdag 10 Julie 2012

Weldaad help egpaar ) 13 – 17 Julie: Breyten Breytenbach-boekefees, Montagu. ) 13 – 7 Julie: DVD-vertoning van Die Fledermaus by Temenos op McGregor. )18 – 27 Julie: Montagu Jeugfees, Montagu. ) 4 Augustus: Teetuin en oggendmark by die Robertson Museum. ) 17 – 19 Augustus: Musiek van Mahler by Temenos, McGregor. ) 12 – 15 September: Agri Megaweek 2012, Bredasdorp. Vir inligting, bel 0 028 424 2890.

Weense tema verdryf koue MET die winterkoue wat nou met mening die Vallei beetpak, kry aanhangers van klassieke musiek die kans om lekker warm te word in ’n tradisioneel Weense tradisie. ’n Vertoning van Johann Strauss se Die Fledermaus word tydens die naweek van 13 tot 15 Julie by Temenos op McGregor aangebied. Gratis sjampanje word voor die vertoning bedien. Die Weense tema word die hele naweek aangebied en sluit in etes in ware Oostenrykse tradisie. Die sentrum bied spesiale aanbiedinge oor die naweek vir besoekers wat vir ’n dag of wat die koue en nat weer wil vergeet. Aanhangers van die komponis Gustav Mahler kan hulle van 17 tot 19 Augustus ’n naweek lank verlustig aan die werke van dié gevierde komponis. Die musiekaanbieding is deel van Temenos se jaarlikse Opera Naweek. ’n DVD-vertoning van sy tweede en agtste simfonie word op Saterdag en Sondag aangebied. Spesiale aanbiedinge vir die naweek is ook beskikbaar. Vir meer inligting en besprekings, bel Temenos by 0 023 625 1871 of stuur e-pos na temenos@lando.org.za.

’n

EGPAAR van Suid-Amerika, Fabio en Valerie Stetner, wat by ’n beradingsagentskap op Worcester werk, het ’n geskenk gekry toe Johan Rossouw van Robertson hulle gehelp het om nuwe bande vir hul motor te kry. Volgens Rossouw was die egpaar se motorbande reeds baie glad en wou hy nie dat hulle langer daarmee ry nie. Hy het aan die werk gespring en begin geld insamel onder die inwoners van Robertson. Robertsonners het hul harte oopgemaak en genoeg geld vir nuwe bande is ingesamel. “Gehoorsaamheid is beter as offer-

Fabio Stetner, Johan Rossouw en Valerie Stetner. Foto: Verskaf hande,” was Rossouw se kommentaar op sy weldaad. Hy het sy dank uitge-

spreek aan al die mense wat hand in die sak gesteek het om die egpaar te help.

Beste verkoper: Jolette Viviers van Pam Golding Eiendomme op Robertson is op 18 Junie tydens die maatskappy se Boland- en Overbergstreeksfunksie aangewys as die wenner van die Gold Club Status-toekenning. Die toekenning word gegee aan die persoon met die beste verkoopsyfers vir die eerste kwartaal van die finansiële jaar. Foto: Verskaf

Kom leer oor voeding WIL jy meer leer oor die sowat 200 voedingstowwe wat jy moet inkry? Dr. Charl du Randt sal op Woensdag 18 en Donderdag 19 Julie onderskeidelik op Robertson en Montagu wees om sy kennis hieroor met belangstellendes te deel. Hy sal in sy praatjie getiteld “Which of the 200+ nutrients would you like to do without?”, wat hy in Afrikaans en Engels aanbied, gesels oor hoe mense gesond kan word deur die toepassing van korrekte voedselinname. Hy sal hoogs wetenskaplike konsepte in leketaal oordra, terwyl sy vrou, Malinda, ook getuienis sal lewer oor gesondheidsvordering wat mense kan maak. Die praatjie op 18 Julie sal in die AGS-saal op Robertson plaasvind en van 19:00 tot 20:00 duur. Die praatjie op 19 Julie sal by die Montagu Country Hotel van 19:00 tot 20:00 gehou word. Bespreek voor 13 Julie by 0 071 401 3087.

Skuif nader vir Breytenbachfees DIE program vir die Breyten Breytenbach-boekefees op Montagu, van 13 tot 15 Julie, is as volg. Vrydag 13 Julie Jouberthuis, Langstraat ) 09:00 - 09:30: Tee en melktert ( R20 per persoon). Bespreek by 0 023 614 1774. ) 09:20 - 09:35: Opening van die fees deur Darryl David (organiseerder), Montagu Museum (Ou Sendingkerk, Langstraat). ) 09:45 - 09:15: Praatjie deur Helize van Vuuren oor Breytenbach. ) 10:15 - 10:45: Praatjie deur Petra Muller (digter). ) 10:45 - 11:15: Justin Fox praat oor die skilder Francois Krige se biografie. ) 11:15 - 12:45: Reis na Bonnievale (’n besoek aan Breytenbach se huis ingesluit). ) 11:45- 12:45: Praatjie deur die kurator van die museum en voordrag deur Helena Conradie: Gedig vir Breyten Breytenbach. ) 12:15 - 12:45: Tweede groep vir museumpraatjie en voordrag. ) 13:00 - 14:00: Middagete (vir eie rekening) by Weltevrede Landgoed by Bonnievale (besprekings noodsaaklik by 0 023 614 1134).

Montagu Museum ) 15:00 - 15:30: Praatjie deur Fanie Olivier (digter). ) 15:30 - 16:00: Rita Gilfillan in gesprek met Darryl David. ) 16:00 - 16:30: Praatjie deur Jean Viall oor die boek GRAPE. ) 16:30 - 17:00: Praatjie deur Ampie Coetzee oor Breytenbach. Kloofpadstal (Langstraat) ) 18:30 - 19:30: Praatjie deur Christine Barkhuizen-Le Roux gevolg deur aandete (opsioneel). Bespreking noodsaaklik by 0 023 614 2209 (vir eie rekening). Saterdag 14 Julie ) 09:00 - 12:00: Montagu-oggendmark. ) 09:00 - 10:00: Wandeling: historiese en kunsroete (sluit huis van Breytenbach in). Kaart beskibaar by Montagu-inligingsentrum by Badstraat 24. Montagu Museum ) 10:00 - 10:30: Praatjie deur Francis Galloway (oor Breytenbach). ) 10:30 - 11:00: Darryl David in gesprek met Philippe Menache (Boek: 101 Country Churches). ) 11:30: Trekkerrit aangebied deur Montagu Droëvrugte (opsioneel) R30. Bespreek by 0 023 614 2682. Montagu Country Hotel (Badstraat)

) 14:00 - 14:30: Praatjie deur Wium van Zyl (letterkundige). ) 14:30 - 15:00: Charl-Pierre Naude (digter). ) 15:00 - 16:00: Skrywer Braam de Vries saam met Helena Conradie: Gedig vir Braam de Vries. Heropening van KWV-kunsgalery ) 16:30: Heropening van die KWVkunsgalery in Langstraat. Besigtig werke van Francois Krige, Willie Bester, Carolyn Metcalf en Montagu Kunsvereniging. Montagu Museum ) 17:30 - 18:30: Praatjie deur Dana Snyman (storieverteller en skrywer). ) 18:30 - 19:30: Praatjie deur Antoinette Pienaar (Griekwa-kruievakleerling). Sondag 15 Julie ) 10:30: Trekkerrit deur Montagu Droëvrugte. ) 10:00 - 12:00: Besoek aan Jouberthuis, Ou Sendingkerk en KWV-galery. Kaartjies kos R50 per persoon vir die fees (kinders gratis). Programme is beskikbaar en besprekings kan reeds by die Montagu Museum gedoen word by 0 023 614 1774. Vir meer inligting, bel 0 082 886 8023 of stuur e-pos na ruralartdev@gmail.com.


Dinsdag 10 Julie 2012

Nuus/News

Breederivier Gazette

3

Melk: nog slegte nuus DAVID ENGELBRECHT

M

ELKBOERE wat reeds bekommerd is oor die aankoopprys wat deur een van die land se grootste melkkopers verlaag is, moet hulself regmaak vir nog slegte nuus. Ander kopers het aan die Gazette gesê ook húlle beplan prysverlagings. Dit kom nadat DairyBelle aangekondig het hy verlaag sy aankoopprys met tussen 50 en 75c per liter. Volgens Alton Dudley, Parmalat se uitvoerende kettingverskafferbeampte, het hulle nog nie ’n aankondiging oor die prys gemaak nie, maar sal dit teen die middel van Julie doen, waarna die prys dadelik in werking sal tree. Manie Roode, adjunkdirekteur van Clover, het gesê dat hulle wel met ingang 1 Augustus hul prys sal verminder, maar nie teen dieselfde bedrag as DairyBelle nie. “Ons gaan ons prys verminder met 20c op 1 Augustus,” het hy gesê. “Hierdie is na aanleiding van die melkvloei wat heelwat in surplus is, asook die marktoestande wat onder groot druk verkeer.” Roode sê dat hulle gereeld hul prys moet evalueer en dat talle faktore in ag geneem word. “Hierdie prysvermindering is egter iets wat die boere in gedagte moet hou en realisties na moet kyk.” Hy sê dit moet ’n waarskuwing wees vir boere om produksie versigtig te bestuur. Roode sê hy moet in ’n mate met DairyBelle saamstem dat daar ’n surplus van melk is. Verder sê hy die mark en verbruikers is onder geweldige druk wat pryse betref. “Mense moet besef dat dit ’n prysverandering tot gevolg gaan hê.” Dudley sê Parmalat sal sy aanpassing doen met onder meer die groot onlangse

styging in die prys van melk vir produsente én verbruikers in gedagte, asook die mark wat tans ’n weerstand ondervind. “Melkproduksie in Suid-Afrika is tans op sy piek en die normale ekonomiese reëls van aanbod en aanvraag stel voor dat daar ’n afname in die prys van melk wat van die produsente aangekoop word, moet wees.” Hy sê ook dat die melkbedryf baie meer siklies geword het en dat onbestendigheid ’n groot nagevolg is. “Hierdie is baie sleg, omdat vooruitbeplannig, vooruitskatting en beleggings, veral vir boere, al hoe moeiliker raak.” Dudley het bygevoeg omdat die mark onvoorspelbaar is, is dit moeilik om selfs in die korttermyn te bepaal wat die melkprys volgende gaan doen. ’n Bolandse melkboer met wie die Gazette gister (Maandag) gepraat het, het gesê die verwagte prysverlaging deur nog kopers is slegte nuus, want hulle wou juis gehad het dat die ander kopers nie dieselfde roete as DairyBelle volg nie. “Of dit nou 20c is of nie, dit bly nie reg nie,” het hy gesê. “Die mark soos hy tans is, is wel ’n weerspieëling van ons ekonomiese tye. Tog, die boere byt nie aan die sogenaamde “surplus” wat hierdie maatskappye as rede aanvoer nie.” Hy het ook gesê dat die moreel van boere op die oomblik baie laag is. ’n Ander Bolandse boer het gesê hy weet die meeste boere probeer nou maar aanpas by die veranderde pryse en om “voort te ploeter”. “Dit bly ’n situasie waar ons hande afgekap is en daar word net van ons verwag om aan te pas.” Volgens die Melkprodusenteorganisasie (MPO) is daar nie nou nuus oor onderhandelinge tussen boere en kopers nie.

Damwerk: Skopgrawe en ander grondverskuiwingstoerusting word tans deur die Langeberg Munisipaliteit gebruik om die Gumgrovedam by Robertson te vergroot. Die werkery het ongelukkigheid by die eienaars van huise naby die dam veroorsaak. Die huiseienaars beweer werk aan die dam is begin sonder dat hulle, wat direk deur die vergroting van die dam geraak word, daarvan in kennis gestel is. ‘n Petisie is verlede week tydens ‘n vergadering aan die munisipale bestuurder oorhandig. Lees die volledige berig op bl. 1.

Leer oor luiperds ROOIBERG BREEDERIVIER-BEWARING en die Landmark Stigting het in April vanjaar ’n projek geloods om vas te stel hoeveel luiperds in die gebied voorkom en om saam met boere en landgoedeienaars te werk om ’n gebied daar te stel waarin die diere saam met ander diersoorte kan oorleef. Deel van die projek was die opstel van

kameras om die getal luiperds te bepaal. ’n Inligtingspraatjie oor luiperds en ander roofdiere in die omgewing word Woensdagaand 18 Julie van 18:00 tot 19:30 by die Graham en Rhona Beckvaardigheidsentrum gehou. Sop en broodjies word teen R20 per persoon verkoop. Besprekings is noodsaaklik en kan gedoen word vóór 13 Julie by 0 023 626 1833 of by manager@skillscentre.co.za.

Wes-K ap

Wys ons jou sangtalent en wen groot pryse Wenners maak hul debuut op Radio, en tree op by die finale aangebied deur Heinz Winckler & Sorina die Flooze.

R55 000 Kontant Pryse

Vredenburg, Weskus Mall Kenridge Laerskool, Bellville W.A. Joubert Laerskool, Paarl Mountain Mill Inkopiesentrum, Worcester

RADIO

98.9FM

21 Julie 2012 27 en 28 Julie 2012 03 en 04 Augustus 2012 18 en 19 Augustus 2012

Inskrywingsvorms by Mountain Mill Inkopiesentrum Info Kiosk, op ons webwerf www.mountainmill.co.za of skakel Anchen 083 286 1591 Inskrywings sluit 18 Julie, laat inskrywings sal ook oorweeg word, op die dag van oudisie.

WEEKLY DRAW

R15 000

6 JULY - 21 SEPT 21 SEPT | 8-10PM Competition rules available at www.thecaledon.co.za or at the Club Desk. Terms and Conditions Apply.

028 214 5100 | www.thecaledon.co.za

LICENSED BY THE WESTERN CAPE GAMBLING AND RACING BOARD. NO PERSON UNDER 18 YEARS ALLOWED IN THE CASINO. WINNERS KNOW WHEN TO STOP. NATIONAL RESPONSIBLE GAMBLING PROGRAMME PHONE 0800 006 008 TOLL-FREE.


4

Breederivier Gazette

T

HE big day has arrived. Our brand-new website, at www.bolandgazette.co.za, has gone live this morning and we’re waiting for you to join our online community! Starting today, you can view news from your own community online, with news from neighbouring Boland communities, videos and photo galleries the added bonuses. And you’ll be able to comment on articles, vote in our weekly opinion poll and enter the competitions that will be added regularly. Just remember that you’ll have to register as a user to participate. “What excites me the most about our new website is the fact that we now have even

Nuus/News

Dinsdag 10 Julie 2012

Three, two, one, live! more ways to engage with our readers,” says the Gazette group’s editorial publisher, Annelien Dean. “The media is all about communication and connection, and our website just expands on opportunities to hear more from our readers and connect with them in a very relevant way. I want our readers to please use the website to share news, photos and videos with us. “Some of this will be carried into the newspaper, so that we foster communication between our print and online readers. I am super excited – and I trust our readers will be, too, when

they see our website!” Feel free to contact us with your feedback and contributions by clicking on the appropriate links at the bottom of the page.

If you register as a user on our website and enter our online competition this weekend, you will stand the chance of winning two nights’ accommodation for two, valued at R4 150, at the Quarters Hotel in Her-

Vrae oor berig oor stortings­ terrein EGBERT GERRYTS skryf: Na aanleiding van die berig “Waarheen met al die vullis?” deur Daleen Fouché (Breederivier Gazette, 12 Junie) verlang ek as belastingbetaler graag ’n verduideliking en ek hou dit in die openbare domein omdat daar by ander belastingbetalers in ons munisipaliteit dieselfde vrae sal wees. In antwoord op die aktuaris se verslag, beweer mnr. S.A. Mokweni, die munisipale bestuurder, soos volg: “Dit is onmoontlik om R1,5 miljoen te bespaar, aangesien die begroting vir vullisverwydering in 2012 slegs R500 000 is”. Ek neem aan die begroting waarna verwys word, is vir die boekjaar 2012-2013 wat so pas goedgekeur is. Ek kan egter nie die uitgawe van R500 000 vir vullisverwydering daarin opspoor nie en sal graag in dié verband ’n verwysing ontvang. Die begroting waarna ek hierbo verwys, toon egter, in skrille kontras met die gemelde begrote uitgawe van R500 000, dat begroot word vir inkomste van R9 092,000 vir “refuse” (bl. 16 van Tabled Budget 2012/2013 – 2014/2015) – dus ’n wins van R8,5 miljoen. Ongelukkig word die begrotingsuitgawe nie ook op ’n funksionele wyse soos voorheen behandel nie en gevolglik is uit-

manus. The winner and partner will not only stay over in a popular holiday destination on the Whale Coast, but will also enjoy a complimentary breakfast and cheese platter and wine on arrival – an ideal whale season breakaway. Quarters Hermanus is located on the historic Hermanus Harbour and features nine modern suites, tastefully decorated and each including a separate lounge and kitchenette, and nine rooms with splendid views of the mountain cliffs or the magnificent ocean below. Balconies are guaranteed for every suite, as well as select-

gawes vir vullisverwydering of “refuse” onbekend. Volgens hierdie inligting behoort vullisverwyderingstariewe drasties gesny te word. Die begroting dui aan dat die ou stelsel van kostesentrums volgens funksie, soos elektrisiteit, water, reiniging ensovoorts, waar inkomste en uitgawe saamgegroepeer is onder ’n kostesentrum, geskrap is. Nou wonder ek net hoe tariewe sonder hierdie kostesentrums bepaal word en hoe beheer oor funksionele uitgawes sonder ’n funksionele uitgawebegroting moontlik is. Of is daar ’n tweede boekhoustelsel in plek waarin ons belastingbetalers geen insae mag hê nie? S.A. MOKWENI, munisipale bestuurder van die Langeberg Munisipaliteit, reageer: Graag wil ons die leser daarop wys dat daar in die berig van 12 Junie nagelaat is om te verwys na die petrolbegroting vir vullisverwydering wat geïmpakteer mag word met die stigting van ’n nuwe stortingsterrein. Hierdie bedrag sluit dus nie toerusting, personeel, swartsakke of voertuie of ander kostes in nie. Die begroting vir 2012-2013 is opgestel in terme van die Municipal Financial Management Act (MFMA) en die Municipal Budgeting and Reporting Regulations soos vereis deur die nasionale tesourie. Die bedrag van R9 092 000 is slegs dienstegelde begroot uit vullisverwydering.

ed standard rooms, while the many modern room amenities ensure an easy stay. A tasteful pool area, conferencing facilities for up to 45 delegates, internet and email services and laundry services all add to the comfort guests can enjoy. Guests who’d like to treat themselves to something extra, can select luxuries such as in-room spa treatments or dining, or even babysitting services on request. Apart from breakfast and room service at limited hours, fine dining can be enjoyed at the many restaurants within walking distance of the hotel. For more information, visit quarters.co.za, phone 0 028 313 7700 or email reservations@ quartershermanus.co.za.

Graag verwys ons die leser na bladsy 12 van die goedgekeurde begrotingsdokument wat ook op die webtuiste beskikbaar is. Op bladsy 12 is die begroting opgedeel per standaardklassifikasie. Vullisverwydering val onder die standaardklassifikasie Waste Management en die uitleg is as volg: Inkomste: R21 847 000 Uitgawe: R18 113 000 (R3 734 000 surplus voor aanwending van fondse.) )) Die Gazette vra verskoning vir die weglating van die feit dat die R500 000 slegs vir die brandstofrekening in terme van vullisverwydering begroot is.

Is a cat really to be blamed? LINDÈ VISSER writes: In reaction to “Cat out of control” the following: Really Mr Reid!!! I have had cats all of my life and never, but never have I ever stepped into any of their poop in the garden. Are you sure it was left by a cat, seeing as they have the instinct to bury their excrement? As for keeping your cat confined to the house, it is contra sui generis. Cats are nocturnal and hunters and it would be like restricting the wind. A bit of tolerance all around would not be amiss.

’n Bottel soetwyn ’n Bottel soetwyn gaan aan raadslid Kosie Burger vir sy flinke optrede verlede week toe hy deur mnr. Jamiel Abrahim genader is om hulp met die probleem wat huiseienaars langs die Gumgrove-leidam ervaar. Hy het dadelik opgetree nadat mnr. Abrahim hom Saterdagmiddag (30 Junie) gekontak het.

Handsak gesoek ANGELINE MASHALAB skryf: My handsak het verlore geraak met drie ID-boekies, ’n bankkaart en inkopiekaarte in. Indien iemand dit opgetel het, bel my asseblief by 0 074 297 5342.


Dinsdag 10 Julie 2012

Inwoners en polisie gesels

’n

IMBIZO is onlangs op Montagu gehou waar inwoners van die dorp die kans gekry het om met die bestuur van die Montagu-polisie te praat oor dienslewering. Ao. Andrew Lagerwall het ’n oorsig gegee oor misdaad in die Sektor 2-area, wat die sentrale sakegebied, Montagu-Suid, Montagu-Wes, Bo-dorp, Badshoogte en Bergsig insluit. Van die vrae wat geopper is, is hoekom sekere inligting nie al die inwoners van die gebied bereik nie. Hierop het sers. Suria Meyer verduidelik dat sy sekere prosedures moet volg wanneer sy inligting uitstuur. Sy stuur die inligting deur na die media, maar sy het geen beheer in die koerant se besluit om dit te publiseer of nie. Nog ’n probleem waaraan aandag gegee is, is kinders wat in die strate rondloop, inbrake by huise en rooftogte. Die polisie het die inwoners gevra om waaksaam te wees en enige verdagte persone of voertuie of mense wat sake-ondernemings dophou, dadelik te rapporteer. Die polisie het ook ’n beroep op die inwoners gedoen om self ook ’n bydrae te lewer om diefstal te voorkom deur nie waardevolle artikels in motors te los en uit te klim nie. Die kanse is goed dat die artikels gesteel sal word. Die polisie het verder gesê dat inwoners baie nalatig is. Waarskuwings word gereeld uitgereik, maar inwoners verkies om dit te ignoreer.

Nuus/News

Breederivier Gazette

5


6

Breederivier Gazette

Geklassifiseerd

Dinsdag 10 Julie 2012

Die Drummer Boys met hulle nuwe instrumente saam met Lettie van Zyl van die Robert­ son­toerismekantoor en afrigter Johan de Jager. Foto: Verskaf

Groep kry tromme ’n GROEPIE talentvolle tromspelers wat vroeër aangewys is as die plaaslike wenners van die Schools Got Talent-kompetisie, het danksy die hulp van Robertson Toerisme en ’n skenking van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit nuwe instrumente ontvang. Dit sal hulle in staat stel om in Augustus op Swellendam aan die finale ronde van die kompetisie deel te neem. Die seuns is afgerig deur Johan de Jager met instrumente wat aan ’n kerk behoort.

)) Die polisie op Bonnievale doen ’n dringende beroep op inwoners van die Vallei om hulle samewerking te gee waar voorvalle van diefstal en/of roof plaasvind. Konst. C.E. Geldenhuys sê daar is ’n toename in inbrake in die omgewing en

Hulle sou, op uitnodiging van die toerismekantoor, by die Avis Red Socks-fietstoer se besoek aan Robertson sowel as op Jeugdag optree, maar ’n probleem het met die gebruik van die instrumente ontstaan. Robertson Toerisme het die behoefte gesien en begin soek na skenkings om die groepie van instrumente te voorsien. Ná ’n skenking van die KWDM het die groep nou hul eie instrumente en kon hulle wel aan die Jeugdagvieringe deelneem.

die publiek word versoek om hul huise te beveilig deur deure en vensters gesluit te hou, selfs al is hulle tuis. Talle diefstalle vind plaas terwyl die slagoffers in hul huise is. Hy sê die publiek moet ook duur en waardevolle items binne die huis bêre of toesluit en hul handsakke, beursies en selfone op veilige plekke bêre. Indien die publiek enige verdagte persone of mense in hul buurt of omgewing gewaar wat op soek is na goud om te koop, moet hulle dadelik die naaste polisiekantoor kontak.

JANSEN MARIA (Ria) Geb.17/11/1940Gest.3/07/2012 Roudiens vind plaas Woensdag, 11 Julie om 18:30 by die huis in Vygielaan 5. Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 14 Julie 2012 om 11vm by die huis in Vygielaan 5 en 12nm in die VGK Loopstraat. Sal onthou word deur haar man, kinders, kleinkinders en familie.

ADENDORFF PIETER. Geb.8/07/1966Gest.4/11/2011 Jou eerste verjaarsdag weg van ons, mis jou baie. Van jou 3 kinders, Ma, Pa, susters, broers, vrou en 3 kinders.

Graduation:

Const. Buyisiwe (Jakes) Ntshikaniso, a police offici­ al at the Montagu office, recently re­ ceived his B.Tech. degree in Public Management. Const. Ntshikaniso is working as a court orderly and studied part­time through Unisa. The Montagu police congratulate him on his achievement and wish him well for the future. Photo: Sup­ plied

Meet a local from McGregor )) Your name and surname? Billy Kennedy. )) What do you do for a living? I’m running the Temenos Retreat Centre and Tebaldi’s Restaurant in McGregor. )) How long have you been living in McGregor? About 14 years. I was looking for the right place to start a Billy Kennedy retreat centre and McGregor was it. )) What makes McGregor so special? The people, the distinct seasons and

the unspoiled nature. )) Name two people you would like to invite for dinner and why. Renate Tebaldi and Maria Callas – to watch these two divas battle it out. )) Name a highlight in your life. Meeting Renate Tebaldi. )) What was the best advice someone has ever given you? To never take myself too seriously. )) When and where were you the happiest? Right now at Temenos.

OCKER EDWARDS Geb.14/06/1965Gest.14/04/2012 Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Wat God gedoen het is welgedaan. Soete herinneringe van jou sal, altyd by ons voortleef. van jou vrou, Meyoka, Liciara en Ricardo.

MANDES PERNELL. Geluk met jou 10de verjaarsdag vandag (10 Julie). Ons hoop jy geniet die dag, lekker verjaar. Van: Mammie, Daddy, Valmay en al jou aunties en ooms.

SWARTBOOI JODY-ANNE Geluk met jou eerste verjaarsdag. Seënwense van Mammie, Daddy, ouma, oupa en familie.

Loans up to R 15 000 No ITC checks. Blacklisted and Garnishee welcome Monthly payers only!

JANSEN FAMILY . Surely my most heartfelt symphathy in your sad breavement. Just around the corner, a little out of sight your loved one walked ahead into internal light. Just around the corner there is a brihgter view. Where many other love ones at last can see God too. All though your works not funished. Just know God hears your prayer. Someday just around the corner, you're find your loved one there. God give you strengh to bear. The grief that is at hand, with faith that we except. What we cannot understand. God bless u all. Love from Elizabeth Louw. Môreson, Robertson.

Send a please call me or call 082 430 6025 076 245 2681 KOM geniet die avontuur en ontspanning van perdry by die Robertson Ryskool. *Ons bied verskeidenheid van rylesse vir kinders en grootmense vir beginners en ervare ruiters *Outrides tussen die wingerde en langs die Breërivier *Wynproë op ‘n perd se rug of met die waentjie by Majors Hill en Springfield. *Perdrykampe vir kinders gedurende skoolvakansies *Mini kommando’s op Saterdae* Kinderpartytjies. Skakel ons gerus by 072 291 7631 of 082 402 7088. NEED cash??? R1 000 R100 000. Blacklisted and garnishee welcome. Contact Wendy at 076 682 2723. PERSONAL LOANS. Loans from R1 000 R120 000, permanent and contract workers.Bring Id, payslip and bankstatement and also proof of adress. Contact Serene Readien 023 626 7035/ 084 344 5127.

STILBAAI.Toegeruste rivier-oewer, selfsorg eenhede. Privaat, Jetty en speelpark. Skakel 083 757 4604.


Dinsdag 10 Julie 2012

Geklassifiseerd

7

Breederivier Gazette

Loopbane

a ze Breed eri vi er

a ze

R o bert son

e

e

OM TE ADVERTEER SKAKEL:

LOOPBANE | CAREERS Annelda Grootboom

Kry die ideale kandidaat vir jou betrekking.

Tel: 023 626 5212 annelda@breede.com

Faks: 023 626 5800

Kontak Zelda Kloppers Tel: 023 626 5212 Faks: 023 626 5800 advert@breede.com

Where buyers meet sellers

BESOEK GERUS ONS WEBTUISTE BY

gazette.breede.com

VACANCY BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PERSONS WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH Langeberg Sub-district, Cogmanskloof Community Centre (Cape Winelands Health District)

Administration Clerk: Admissions Remuneration: R 101 007 per annum

Service benefits: 13th cheque, employer’s contribution to the pension fund, housing and medical aid allowance. Requirements: Minimum educational qualification: • Senior Certificate (or equivalent). Experience: Appropriate basic administrative experience. Inherent requirement of the job: Valid driver’s licence. Competencies (knowledge/skills): • Good interpersonal skills and ability to communicate effectively (verbal and written) in at least two of the three official languages of the Western Cape • Ability to handle conflict situations and to maintain confidentiality • Good typing and computer literacy (MS Office: Word, Excel and PowerPoint). Duties (key result areas/outputs): • Handle switchboard and control telephone calls when necessary • Document and file all patient results and correspondence where necessary • Accurate data capturing on computer • General administration duties (filing process, telephone, typing letters, patient folders) • Make appointments at doctors, hospitals, outpatients and other institutions • Ensure proper data collection flow from Sub-district to District • Perform administrative role as a member of the information management team. Enquiries: Ms A Metelerkamp: 023 626-8047 (Extension 8101) Please submit your application for the attention of Mr H Myburgh TO THE MANAGER: MEDICAL SERVICES, Robertson Hospital, Private Bag X617, Robertson 6705.

Kennisgewings KAAPSE WYNLAND DISTRIKSMUNISIPALITEIT/Nedbank

CAPE WINELANDS DISTRICT MUNICIPALITY/ NEDBANK

ENTREPENEURS-SAAIFONDSPROGRAM 2012/2013

ENTREPRENEURIAL SEED FUND PROGRAMME 2012/2013

Die Entrepreneurs-saaifondsprogram is deur die KWDM gestig, en nou befonds deur Nedbank, om beperkte skenkings aan KMMO’s binne die Distrik te befonds wat saaikapitaal benodig om hulself te vestig en/of om te groei. Befondsing sal meestal die vorm van tasbare skenkings aanneem, byvoorbeeld deur die aankoop van toerusting of voorraad deur die Distriksmunisipaliteit namens die KMMO.

The Entrepreneurial Seed Fund Programme has been established by the CWDM, and now funded by Nedbank, to provide limited grant funding within the district to SMME’s that require seed capital in order to establish themselves and/or grow. Funding will mainly be allocated in the form of a grant in kind, for example by purchasing equipment or supplies by the District Municipality on behalf of the SMME.

Aansoekvorms

INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.capegateway.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered. Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CV’s will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.

P OS I T IV E A B O U T P E O P L E W I T H D I SA BI L I T I E S

The Western Cape Government is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing Date 3 August 2012 Human Communications C94932E

Aansoekvorms is verkrygbaar by enige van die Kaapse Wynland Distrikskantore of op die webtuiste: www.capewinelands.gov.za Voltooide aansoekvorms moet in die tenderbus by die ontvangsarea by een van die volgende Kaapse Wynland Distrikskantore ingehandig word: Stellenbosch:

29 du Toitstraat

Worcester:

51 Trappestraat

Montagu:

56 Badstraat

Robertson:

46 Van Reenenstraat

Ceres:

27 Munnikstraat

Paarl:

194 Hoofstraat

Bestuur van die Fonds Die KWDM sal die Fonds regstreeks deur middel van die Direktoraat: Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling bestuur ingevolge die wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Diensvlakooreenkomste sal gesluit word tussen begunstigdes van die Entrepreneurs-saaifonds en die KWDM. Firmas sal verslae op ’n maandelikse basis indien, ingevolge die diensvlakooreenkomste. Waar skenkings in tasbare vorm befonds is, sal die aankope van goedere ingevolge die Voorsieningskanaalbestuursbeleid geskied.

Application forms Entrepreneurial Seed Fund application forms can be collected at the different offices of the Cape Winelands District Municipality or on the website: www.capewinelands.gov.za Please submit completed applications forms in the tender box at the reception desk at one of the following Cape Winelands District Municipal Offices: Stellenbosch:

29 du Toit Street

Worcester: Montagu:

51 Trappe Street

56 Bad Street

Robertson:

46 Van Reenen Street

Ceres:

27 Munnik Street

Paarl:

194 Main Street

Governance of the Fund The Fund will be managed directly by the CWDM through the Directorate: Local Economic Development. The Fund will be governed in terms of the Municipal Finance Management Act. Service Level Agreements will be entered into between all the Entrepreneurial Seed Fund beneficiaries and the CWDM, in terms of which monthly reports will be submitted by the firms. Where grants are provided in kind, the purchasing of the goods will take place in terms of the CWDM Supply Chain Management Policy.

Befondsing: Projekbefondsing tussen R5 000 en R30 000 sal voorsien word.

Funding: Project funding provided will range between R5 000 and R30 000.

Navrae

Enquiries

Rig navrae rakende hierdie voorstel aan Prudence January by prudence@capewinelands.gov.za, Nyameka Peacock by nyameka@capewinelands.gov.za, Abigail Appollis by abigail@capewinelands.gov.za of Nozuko Bhobhi by nozuko@capewinelands.gov.za of tel. 086 126-5263.

Direct any enquiries to Prudence January at prudence@capewinelands.gov.za, Nyameka Peacock at nyameka@capewinelands.gov.za, Abigail Appollis at abigail@capewinelands.gov.za or Nozuko Bhobhi at nozuko@capewinelands.gov.za or tel. 086 126-5263.

Sluitingsdatum: 17 Augustus 2012 om 14:00 M MGAJO MUNISIPALE BESTUURDER

Closing date: 17 August 2012 at 14:00 M MGAJO MUNICIPAL MANAGER

Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600

Human Communications C94583A

Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600 Human Communications C94583


Breederivier

Year 16 • 10 Julie 2012 | Tel. 023 626 5212

Nuwe bestuur: Lede van die Dorpsig Likkewaan-dominoklub het onlangs vergader om ‘n nuwe bestuursraad te kies. Agter (van links) is Abel Baadtjies (hulpkassier), Shantel Hattigh (hulpsekretaris), Paul Skebotha (kassier) en Isak Siljeur (klubkaptein). Voor is Thomas Skebotha (ondervoorsitter), Denzel Saayman (voorsitter) en Winston Karelse (sekretaris). Mense wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan Karelse by 0 079 717 1153 bel. Foto: Verskaf

Spekvet en gesond:

‘n Gerug onder plaaslike hengelaars dat die visse in die Pootjieskloofdam een of ander siekte het, het John Arendse laat besluit om self ondersoek te gaan instel. Hy het sy visstok gevat, op sy fiets geklim en gaan lyn natmaak in die dam. Groot was sy verligting toe hy dié pragtige karp van 4,9 kg gevang en gesien het dat die visse in die dam spekvet en gesond is. Foto: Verskaf

Skolenuus / Jeugnuus

Musiekmakers:

‘n Orkeswerkwinkel wat aangebied is as deel van ‘n vakansieprojek vir kinders, is verlede Donderdagmiddag afgesluit met ‘n uitvoering vir ouers en borge van die projek. Die 15 deelnemers is almal leerders van Robertson en het instrumente soos tromme, trompette, klarinette, saksofone en die klavier bespeel. Die werkwinkel is deur Marvin Booysen aangebied, self ‘n boorling van Robertson wat musiek aan die Universiteit van Kaapstad (UK) studeer het en daarna gaan skoolhou het. Hy is nou terug op Robertson met die doel om ‘n musiekakademie hier te vestig en hoop om die werkwinkel op ‘n jaarlikse basis aan te bied. Hier is Booysen saam met van die leerders wat die werkwinkel bygewoon het. Foto’s: Verskaf


Breederiver Gazette 10 Julie 2012