Issuu on Google+

Wimpie se eerste Klets

Soos julle weet is ons altyd aan die voorpunt van verandering en hier is ons met ons heel eerste uitgawe van die BOK RADIO “KLETS”! Kyk gerus uit elke middel van die maand vir ons “KLETS” binne in die Resident-X koerant wat in Brackenfell versprei word. Indien jy dit nie by jou huis ontvang nie kan jy ‘n kopie kom afhaal by die splinternuwe Bok Radio perseel. GROOT dinge lê voor hierdie maand vir Bok Radio. Ons trek in ‘n nuwe perseel in met ons eie winkel waar jy eersdaags al jou Bok Radio produkte kan aanskaf! Ons sal dit op die lug bekend maak sodra ons gereed is vir besigheid! Die winkel sal oop wees van Maandag tot Vrydag vanaf 09h00 – 17h00 en is geleë te Millenium Mall, 580 Frans Conradie Rylaan op die onderste vloer.

2 GOUE PLATE VIR BOK RADIO Op Maandag oggend 27 Mei het Select Musiek en ‘n paar kunstenaars vir Wimpie verras tydens die ontbyt program met nie net een GOUE PLAAT nie, maar TWEE!!! Die Bok Radio Golden Oldies CD het binne slegs 4 maande Goue Status bereik met verkope van meer as 20 000 eenhede. Kyk gerus uit vir die BOK RADIO TOP 40 VOLUME 2 wat NOU op die rakke is!

*Hier kuier die Brekfis span saam met Amoré, Christo, Wicus van der Merwe, Ernst Kleinhans, Nadia Louw, Viljoen Retief, Kevin Leo en Kosie van Niekerk na die GROOT verrassing!”


SUKSESVOLLE RUGBY DAG VIR BOK RADIO

Op Sondag 19 Mei het meer as 4500 Bok Radio luisteraars gehelp om R35 000 te kon skenk aan Baba Kayla en R35 000 aan die J9 Foundation. Ons wil vir al die Borge en Luisteraars wat die dag ondersteun het uit ons hart uit BAIE DANKIE sê, dit was ‘n dag wat ons nooit sal vergeet nie!

Die DVD van hierdie geskiedkundige dag is nou beskikbaar by ons kantore teen R120 elk! Baie dankie aan Skolla van Pinnacle Productions vir al jou harde werk om al die aksie vas te vang! Die Rugby gogga het gebyt en die Bok Radio span is uitgenooi om op Saterdag 10 Augustus op NUWELAND te speel!

Hierdie wedstryd word gespeel na afloop van die wedstryd tussen die WP en Blou Bulle en ons gaan poog om fondse in te samel vir Tinus Linee wat onlangs met MNS gediagnoseer is, dieselfde siekte wat Joost van der Westhuizen het. Verder beplan die span om in Augustus na Argentinië te toer. Hulle oefen steeds elke Maandag en Woensdag en ons glo die manne gaan ons nog baie trots maak! Kom kyk Maandag 17 Junie 2013 hoe speel die manne teen Durbanville by Brackenfell Rugby Klub. Die hekke open 11h00 en die wedstryd begin om 13h00. Toegang is R20 per persoon.


luisteraars gaan die geleentheid hê om te kom kyk wie kook die beste – Brekfis of Spitstyd! Kaartjies sal binnekort beskikbaar wees, maak seker jy bly ingeskakel op 98.9FM vir meer besonderhede!

BOK RADIO GAAN NOG N BABA HELP

Bok Radio het besluit om die Cape Town Angels te help met hul “BLANKET DRIVE” en tot ons verbasing het ons luisteraars alle verwagtinge oortref met hul onbaatsugtige bydraes! Ons kantoor was vir meer as ‘n week toe onder die komberse en ons wil graag vir almal wat ‘n kombers of 2 kom aflaai het baie dankie sê!

BOK RADIO HELP OM DIE KAAP WARM TE HOU DIE WINTER BOKKIES

2013

Ons het GROOT nuus vir die 2013 BOKKIES maar julle sal ongelukkig moet wag tot die volgende uitgawe! Maak solank ‘n groot nota in jou dagboek by Sondag 20 Oktober 2013! Kaartjies sal binnekort beskikbaar wees by Computicket. Maak seker jy mis nie die volgende uitgawe van die Bok Radio “Klets” nie dan vertel ons julle meer!

BOK RADIO BOOTVAART

Na talle e-posse en Facebook boodskappe het Bok Radio gehoor van Baba Reani wat baie siek is. Ons het dadelik besluit ons wil help en gaan R20 van elke DVD wat ons verkoop skenk aan Reani! Die ontbyt span het ook besluit om ‘n “Cook off ” kompetisie te reël en

Maak seker jy bespreek jou plek op die BOK RADIO BOOTVAART! Ons vaar vanaf 17 tot 20 Januarie vanaf Kaapstad na Mosselbaai op die MSC Sinfonia en dit beloof om een groot partytjie te wees! Luisteraars kan uitsien na optredes deur Die Broers, Desmond Wells, Pierre Rossouw, Viljoen Retief, Burger le Roux, Hulle EN nog ‘n kunstenaar wat ons later bekend sal maak! Bespreek sommer vandag nog – skakel MSC Cruises by 021 555 3005 of besoek hul webblad by www.msccruises.co.za – sien jou op die boot!


N E D R E E H N A V D N WYNA

ONS KLETS MET 1. Wat is die grootse

fout wat jy al op die lug gemaak het waarvan net jy weet? Ek het ‘n program aangebied op Saterdagoggende, en luisteraars kon boodskappe per sms stuur. Op die spesifieke dag was daar ‘n tegniese probleem met die stelsel, en ek kon geen liedjies rondskuif of verander nie. Aan my linkerkant (op die skerm) lees die sms toe: Aan Matilda, baie sterkte met die moeilike tyd wat jy deurgaan! Aan my regterkant is die skerm met die liedjies op my speellys, maar in plaas daarvan dat ek eers kyk watter liedjie volgende gaan speel, lees ek toe die boodskap oor die lug, met die liedjie daarna.

Dit gaan toe oor die lug uit as volg … ‘Hier is ‘n boodskap aan Matilda wat haar baie sterkte toewens met die moeilike tyd waardeur sy gaan, en Matilda, al wat ek vir jou kan sê is … (en op daardie oomblik begin die liedjie te speel) … GET OVER IT!!!’ Toe ek daardie woorde self hoor, besef ek met afgryse, presies wat ek oor die lug gesê het. Ek het net gemaak asof niks en niemand daarvan weet nie. Aangegaan met my program asof niks gebeur het nie. Elke keer wanneer ek nou Andre de Villiers se liedjie, ‘Get Over It’ hoor, dink ek aan daardie dag, toe ek vir die arme vrou met haar problem sê, GET OVER IT!

2.

Wat is jou gunsteling “cocktail”? Ek geniet ‘n Pina Colada.

3. Wat is die een ding wat jy al gedoen

het, wat jy nooit gedink het jy sal nie? Daar is so baie! Eerstens is ek eintlik ‘n baie stil en skaamerige outjie. Nooit gedink ek sal ‘n radio-omroeper wees nie. Ook nie gedink ek sal eendag oorsee toer met rugby nie…

4. Wat doen jy op ‘n Sondag?

Slaap so laat as wat ek moontlik kan. Somtyds vat ek laat oggend die pad en ry al langs die see by Gordonsbaai, Rooi Els, Kleinmond, Bettysbaai, tot by Hermanus. Die Kaap is mos oral mooi.

5. Wat is jou ideale vakansie?

In Suid Afrika probeer ek ten minste een keer ‘n jaar teruggaan na Port Elizabeth. Ek was nog nooit oorsee met ‘n vakansie nie, maar ek droom daarvan om ten minste eendag, vir ‘n maand of twee in Europa te toer.

Bokkerazzi

www.facebook.com/BokRadio

@BokRadio


Bok Radio "Klets"