Page 1

6 September 2012

Afrikaans op sy Beste LANG ARM VAN DIE GEREG

As ‘n mens in die Middelnederlandse woordeboek (met woorde van ongeveer die jaar 1 200 n.C.) gaan kyk onder die woord ding, dan word jy verwys na die woord dinc. Daar stel ons vas dat die woord “gereg, regsgeding, regsaak” beteken. En dan volg daar woorde soos: dincbanc (regbank of gebied van die geregshof), dinchuus (regshuis of geregshof), dincman (getuie), dincplichtich (verplig om by die regsitting te verskyn), dincstoel (regterstoel). By dachvaert kry ons “dagreis”- en nou maak ons woord dagvaarding baie meer sin. Dit is die dag waarop gereis moet word om die ding, dit wil sê die regsitting, by te woon. Hieruit kan ‘n mens ook sien hoekom die nou dikwels gebruikte *dagvaardiging* nie reg kan wees nie: die ding het geen stamboom nie. Om iets te beding, het dus beteken dat ‘n mens letterlik in die hof moes wees vir die geding. Die soortnaam dincdach was die geregsdag of pleitdag, en laat ‘n vermoede ontstaan dat ons dagnaam Dinsdag dalk daaruit onstaan het.

Gewilde skrywer in Bloem Marita van der Vyver kom maak spesiaal ‘n draai in Bloemfontein tydens haar Suid-Afrikaanse besoek om haar nuwe roman bekend te stel. Op 9 Oktober hou ons een van ons gewilde Huisgenootboekkuiers by The Upper Crust @ Somerton Estate. Hier sal Marita gesels met ons boekeredakteur, Elna van der Merwe, oor Die Blou van Onthou. “Wanneer ek in Frankryk alleen in my kantoortjie sit en wroeg oor punte en kommas, wonder ek soms waarom ek skryf. Daar moet sekerlik makliker maniere wees om my brood te verdien. Maar elke keer wanneer ek SuidAfrika toe kom om my lesers te ontmoet, onthou ek weer waarom ek dit doen en waarom ek sal aanhou om dit te doen,” vertel Marita in Huisgenoot van 6 September wat nou op die rakke is. Kom kuier saam met haar om ‘n gesellige aandbuffet. Dit kos R180 per persoon. Bespreek so: Bel Janci Prinsloo by 021-406-4574 of stuur ‘n e-pos aan haar by Janci.prinsloo@media24.com.


Spesiale verjaarsdag-wense, van u, vriende, kollegas en families. 5 Sept 7 Sept 8 Sept 9 Sept

Amanda Derksen Anet Nel Philna Pienaar Dylan vd Merwe Estelle Smit

10 Spet 11 Sept 12 Sept

Johnny Lee Dorie Olivier Charmaine v Staden Hettie Sprong

Stuur aan Bloem Snippets u vriende en familie se verjaarsdae. bloemsnippets@gmail.com

NICHOLIS LOUW OPTREDE OP 21 SEPTEMBER 2012 Die Lugmag Basis Bloemspruit bied aan „n Nicholis Louw Optrede om fondse in te samel vir minderbevoorregtes in Bloemfontein en omgewing. Hierdie fondse gaan aangewend word om verligting te bring in arm gebiede en om uit te reik na mense in nood. Die hekke open om 15:00 daar gaan Statiese uitstallings van Helikopters, Brandweer, Lug- en Weermag, en Motors van Imperial GM Bloemfontein wees. Die Chevrolet valskermspringers gaan ook deel van die program wees. Mnr Chris Barnard se Super Car gaan ook onder die motor uitstallings wees. FUNDRAISING FOR CHARITY Air Force Base Bloemspruit is hosting a “Nicholis Louw” show on the 21 September 2012 at Air Force Base Bloemspruit Hangar no 3 at 19:00. Gates open at 15:00. The aim of this show is to raise funds that can be utilised to give a relief to the underprivileged people in the Bloemfontein Area. Air Force Base Bloemspruit Ladies Association is striving to sell 1500-2500 tickets @ R100.00 per person. Your contribution to this event will be highly appreciated.

PACOFS Program – kaartjies beskikbaar te Izami Bloemiste:  

7, 8 September - Bloemfontein Kinderkoor met Nataniel 25, 26, 27, 28, 29 September – Sound of Music

PLANTVERKOPING Die BOTANIESE VERENIGING VRYSTAAT bied `n PLANTVERKOPING aan in die BOTANIESE TUIN in Bloemfontein op Saterdag 08 September om 08:00. Kom besoek ons Tuin en kom koop inheems: bome, struike, bolplante, vygies, vetplante, aalwyne, kompos, erdwurms.  RISNA van ROSES 4 YOU bied om 09:00 in die Opvoedkundige gebou wat in die Tuin geleë is die volgende aan: HOE OM DIE KWALITEIT VAN GROND TE VERBETER HOE OM `N INHEEMSE TUIN TE BEPLAN.  PIET LAUBSCHER gaan om 10:00 gesels oor CLIVIAS en hoe om die saad te onkiem Kom koop wat u vir u tuin nodig het en geniet ook `n heerlike pannekoek en tee/koffie om u dors te les. Vir verdere inligting skakel: 0833952240

 31 Oktober 2012 Magna Carta R130 by die deur & R95 by Izami Bloemiste

MOVIE INFO Click with mouse to web link

http://www.moviesi te.co.za

In the search block you type the Movie name for whole description on the movie. For Loch Logan Movies follow this link: http://www.movie site.co.za/where/L och_Logan.htm

Mimosa Mall Step Up 4: Revolution Die Wonderwerker Girl in Progress Expandables 2 Madagascar 3 Savages Ted

The Eye of the Storm The E The Dictator W.E.

Searching for Sugarman

Teaters rystoelvriendelik

The Dark Knight Rises

Dinsdae en Woensdae kaartjies R20

The Watch Total Recall For Ster Kinekor movie times follow this link: http://www.moviesite.co.za/where/Mi mosa_Mall.htm

10:00; 12:15; 14:30; 17:15; 20:00

06 – 13 Sept


SONDAG 9 SEPTEMBER

Swart-en-witfotografiewerskwinkel.

BREAKFAST SPECIAL R19 TOT EN MET 11H00 500g Spare Ribs Vegetarian Lasagne 300g Sirlion on the Bone Skaapboud

R70 R60 R65 R60

Alle disse word bedien met geroosterde aartappels, groente van die dag en slaai. Terwyl voorraad hou – terme en voorwaardes geld Besprekings Noodsaaklik – 083 432 9927

Oliewenhuis-kunsmuseum. 7 – 8 September 2012 Die Vriende van Oliewenhuis-kunsmuseum bied „n werkswinkel aan: ‘n Inleiding tot swart- en-wit fotografie. Dié inspirerende twee dae lange fotografiewerskwinkel word deur Kezia Gerber, Bloemfonteinse kunstenaar en fotograaf, aangebied. Op 7 en 8 September 2012 gaan Kezia haar unieke aanslag en kennis van swart-en-wit fotografie deel in „n werskwinkel wat op Oliewenhuiskunsmuseum se perseel, asook haar eie privaat donkerkamer aangebied word. Die oorsprong van Kezia se passie en inspirasie aangaande swart-en-wit fotografie as medium het ontstaan deur haar eie eksperimentering en ervaringe in haar donkerkamer. Deur dié werskwinkel wil sy die betekeniswaarde van tradisionele fotografie beklemtoon, dit wil sê, fotografie sonder enige digitale manipulasie, met die doel dat die foto sy outentieke waarde behou. Met hierdie stimulerende, opvoedkundige twee dae lange werskwinkel word „n bondige geskiedenis, asook die ontwikkeling van die kamera, behandel. Basiese konsepte soos komposisie, lig en tekstuur sal prakties met die kamera by Oliewenhuis-kunsmusem perseel toegepas word. Film en papier-ontwikkeling sal in Kezia se donkerkamer verken word. Met die foto-ontwikkeling sal konvensionele, asook onkonvensionele eksperimentele tegnieke toegepas word op die fotos wat die deelnemer geneem het. Deelnemers is welkom om enige film kamera saam te bring. Die kostes vir die werkswinkel is R580 en sluit die volgende pakket in:        

Etsnaald Nommer 2-verfkwas Swart ink Een swart-en-wit film (36 foto‟s) Vyf 8” x 10”-drukke Een vergroting (12” x 16”) Fotografienotas Alle chemikalieë wat benodig word vir die ontwikkeling van die film

Bespreking vir die werskwinkel is noodsaaklik. Geld is voor of op 5 September 2012 by Oliewenhuis-kunsmuseum betaalbaar. Vir meer inligting, kontak Yolanda Els by 051 011 05 25 (uitbreiding 611/615) of yolanda.els@nasmus.co.za

GARDEN TALK: HERBS My top 10 Herbs 15 September

BITES D’LITE Die somer is op ons voorstoep en dit raak weer tyd vir Heerlike Vars Slaaie, Aarbei Kaaskoek,

10:00—13:00

Entrance Free Seats limited: Pre-book get preference

Melkskommels, Roos Roomys, Vervrissende Witwyn, Koue Bier, lui lekker kuiers saam met vriende en familie…. En waar beter om dit te ervaar met die natuur om jou! Ons teetuin bied dit alles en nog meer. Kom maak ‘n draai en wees aangenaam verras!

Telephone: Fax: e-mail:

051 451 1913 082 696 7876 086 661 6135 info@rosesforu.co.za

Website: www.rosesforu.co.za


Regie: Elna van der Walt Plek: Sand du Plessis Teater Datum: 19 & 20 Oktober 2012 Kaartjies: Pacofs of 082 462 5507 Izami Bloemiste, Bayswater Elna van der Walt Balletskool

LENTEMARK Vrystaat Nasorgsentrum Vrydag 7 September 08h00 tot 13h00 U word hartlik uitgenooi om die oggend saam met ons te geniet. Pragtige artikels uit ons werkswinkels sal te koop aangebied word en soos gewoonlik sal daar ook iets te eet en te drink wees. Kom koop die lekkerste eetgoed, of pragtige speelgoed, naaldwerk of keramiek.Ons wil u graag ontmoet en die dag met u deel.

Navrae 051 4366034 / 5. Ons is in Bloemendalweg, Rayton, op pad na die Botaniese Tuin.


Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur „n epos aan bloemsnippets@gmail.com – stop brief Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan bloemsnippets@gmail.com.

Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.

Snippets no 192  

E-Nuusblad: verlede, hede en toekoms

Advertisement