Bloemnuus 20140404

Page 4

4

BLOEMNUUS, VRYDAG 4 APRIL 2014

Wel en wee

Die tweeling Melinda Rossouw en Marlene Hamman word vanjaar 55. Bloemnuus ontvang graag foto’s van identiese tweelinge wat ouer is as 40 jaar. Stuur foto’s na jens.friis@media24.com.

Eenders en anders

S Die volgende mense in Bloemnuus se lesersgebied is oorlede: * Jannie Meyer (gebore 1917) * Anna Maria Venter (gebore van der Merwe) (1917) * Patricia Julia Grey (1947) * James Blacklaw (Jimmy) Veitch (1928) * André Bredell (1950) * Jane Lilian Kamies (gebore Crowder) (1951) * Rudolph Jacobus (Boela) Venter (1980) * Gert Smith (1940) * Suzette Botha (1962)

S Quintin en Madelein Venter van Lilyvale, Bloemfontein, is ’n seun ryker. Evan Venter is verlede week in die Mediclinic in die stad gebore. S Die volgende personeel van EY (Bloemfontein) het die eksamen vir die Initial Test of Competence (ITC) geslaag: * Adel Loots * Tanya Venter * Samantha Wildt * Rehan Naudé * Janine van Dyk Akademiese klerke (EY by die Universiteit van die Vrystaat): * Henry Magosho (Johannesburg) * Tshegofatso Sebeela (Bloemfontein) * Barry Fichardt (Bloemfontein)

Andries en Theron van der Merwe is op 3 Januarie 1951 gebore. Op ’n gesamentlike huwelik op 17 Augustus 1974 is Andries met René (Pieter­ se) en Theron met Fia (du Toit) getroud. Albei gesinne het twee dogters.

Het jy gehoor? S Gareth Cliff, gewilde en uitgesproke 5FM-aanbieder, het sy luisteraars gegroet en dié radiostasie ná tien jaar vir groener weivelde verlaat. Dis nog onbekend wat hy nou gaan doen. S Michele en Schalk Burger, die Springbok- en Stormer-flank, is ’n babaseun, Nicol, ryker. Hul ander seun, Schalk jr., is 19 maande oud. S Marlene van Niekerk word vanjaar die tweede keer met die Hertzogprys bekroon. Die Hertzogprys is die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se prestigeprys vir Afrikaanse letterkunde en word jaarliks om die beurt vir poësie, drama en

verhalende prosa toegeken. Van Niekerk ontvang die Hertzogprys vir poësie vir haar bundel Kaar wat verlede jaar verskyn het. Van Niekerk het in 2007 ook die Hertzogprys vir prosa met haar roman Agaat gekry. S Christoff Becker, een van die sogenaamde “Waterkloof-2” wat die naweek weer met ’n selfoon in sy besit in die tronk betrap is, mag vir die volgende 31 dae geen besoekers kry of enige oproepe maak nie. Die DKD sal in die komende week ook besluit of Becker na ’n ander gevangenis oorgeplaas sal word. S Niekie van den Berg, oud-DALP, het na die VF+ oorgeloop.

S Die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue het ’n nuwe tak in Bloemfontein gestig. Alda Roux is tot voorsitter verkies, terwyl Alda Fourie en Elmarie Prinsloo die mede-ondervoorsitters sal wees. S Danie Joubert, organiseerder van ’n fietstoer ter bewusmaking van mansgesondheid, het op die ou end wel dié toer meegemaak. Bloemnuus het verlede week berig dat Danie voor die fietstoer begin het, toetse laat doen het om seker te maak hy is gereed daarvoor en moes toe hoor hy moet ’n hartoperasie ondergaan. Nog toetse is gedoen en Danie het wel toestemming gekry om die toer mee te maak, maar slegs as organiseerder. “Hy mag nie trap nie, want daar wag wel ’n hartoperasie op hom sodra hy veilig in Bloemfontein terug is,” sê sy vrou, Kitty. Die groep het Sondag uit Bloemfontein vertrek. “Hulle vorder sover vinniger as wat hulle beplan het.” Hou Bloemnuus se Facebookblad dop vir foto’s oor dié fietstoer. S Wilna van Rensburg en Santjie Maree het kaartjies op www.bloemnuus.co.za na die ballet in die Sand gewen. S Ans Coetzee het laat weet dat Athalia Uitreik op 1 April Huis Dankbaar op die hoek van Van Heerdenweg en Faurelaan geopen het. Die huis bied versorging aan 24 bejaarde en gestremde mense. Met die opening van die huis versorg Athalia nou 160 inwoners. Bloemnuus bied jaarliks die Ouma-en-Oupa-kompetisie in samewerking met Athalia aan. Bel Ans by 082-467-6471 as jy meer van Huis Dankbaar wil weet of kan help.

Bok van Blerk, die sanger, en Hanna Grobler, wat bekendheid verwerf het vir haar rol in Getroud met Rugby, is die naweek stil­stil getroud. In ’n twiet het Hanna trots verklaar dat sy nou amptelik mev. Pepler (Bok se doopnaam is Louis Andreas Pepler) heet.

S Die volgende Bloemnuus-lesers het kaartjies op www.bloemnuus.co.za na Steve Hofmeyr se konsert gewen: * Choppie Engelbrecht * Suezette Basson * Amanda Kruger * Elzaan Bartheil-Koekemoer * Sarnel Kotze * Francis Pretorius * Hannetjie Husselmann * Basil Kinghorn * Lizelle van Niekerk * Senda Edeling

Aneeka Buys, a 29­year­old mother of two, has been chosen as a semifinalist in the Mrs South Africa pageant. Her goal is to develop a Female Literacy Project, as she believes an education starts at home. S Bernard Koekemoer, die man wat ’n toilet in die Mediclinic Bloemfontein met ’n vlambare tuisgemaakte toestel aan die brand gesteek het, is ingevolge ’n pleit- en vonnisooreenkoms tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis. Dié pa van twee is ook tot ’n verdere vyf jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Koekemoer het skuld ingevolge ’n pleit- en vonnisooreenkoms op ’n aanklag van brandstigting voor streeklanddros P.W. da Rocha-Boltney erken. Bernard is met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer. S NJ Zaayman, ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal, is in Waverleyweg van sy fiets af gery. ’n Bakkie het sy agterwiel getref. NJ het verskeie sagteweefselwonde opgedoen en is per ambulans na die noodeenheid van die Mediclinic Bloemfontein gebring waar hy behandel en toe ontslaan is.

S Oud-inwoners van Kimberley gaan in Mei in groot getalle per motor, bus, vliegtuig en selfs motorfietse na die stad opruk wanneer ’n reünie-byeenkoms vir hulle hier gehou word. Die byeenkoms word deur Lester Burrow, self ’n oud-inwoner en nou van Kaapstad, gereël. Dit word van 9 tot 11 Mei gehou. Hy sê hy het op die idee van só ’n reünie gekom toe hy ’n paar jaar gelede ’n reünie van sy alma mater, Kimberley Boys’ High, bygewoon het. In dieselfde tyd het verskeie mense wat hy geken het en in ander skole was, by vriende in die stad gekuier. Enigeen wat aan die reünie wil deelneem of ’n moontlike perseel vir van die aktiwiteite beskikbaar wil stel, word gevra om Burrow te kontak by ljb@telkomsa.net, of by die Facebook-groep, Kimberley reunion 9-11 May, aansluit.

Chris Chameleon het by Innie Skuur opgetree. Van links is Nadia van Niekerk, Chris en Kim Catterick. Foto: Björn Coetsee


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.