VRYDAG 13 DESEMBER 2013
WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA
GRATIS
Matrieks: Foto’s lok duisende
BLOEMNUUS se Matriekafskeidfoto van die Jaar-kompetisie het alle verwagtings oortref toe daar meer as 33 000 keer na die tien finalisfoto’s gekyk is. Die sewe beoordelaars se stemme was só gelykop dat die eerste vier foto’s deur slegs vier punte geskei is. Daarom was die stemme van Facebook-lesers deurslaggewend. Terloops, as jy nog nie ’n lid is van Bloemnuus se opwindende Facebook-blad nie, is dit beslis tyd dat jy in die komende vakansiedae dit aanstip as een van die dinge wat jy móét doen. Bloemnuus se Matriekafskeidfoto van die Jaar (2013) se wenners is Rynhardt Rademeyer (Sentraal) en Ademarie Haasbroek (Eunice). Dié foto van ’n stralende Ademarie wat dansend rondomtalie draai terwyl sy Rynhardt se hand vashou, is geneem deur TM Photography. Dié foto was ook die gewildste op Facebook deurdat die meeste mense hierna gekyk het én dit die meeste “likes” ontvang het. In die algehele tweede plek is Carla Hugo en Ryan du Plessis van St. Andrew, derde is Chanté Vermaak en Chris van der Merwe van Jim Fouché, en in ’n kop-aankop vierde plek is Denicke Cronjé en Gary Groenewald (Eunice). Die beoordelaars was: S Jens Friis: redakteur van Bloemnuus; S David Fourie: sanger; S Laurika van Straaten: fotograaf;
S Meryl Henning: Loch Logan-waterfront (borg); S Andries Coetzee: Iewers Nice (borg); S Karen Herbert: Produksieredakteur, Sentrale Plaaslike Koerante van Volksblad; S Adèle Dempers: Hoofsubredakteur, Sentrale Plaaslike Koerante van Volksblad; en S Bianca Prins: Bemarkings- en geleentheidskoördineerder van die Volksblad-groep. Pryse Rynhardt en Ademarie stap weg met pryse van R5 000: S Geskenkbewyse ter waarde van R2 000 van die Loch Logan-waterfront, die hoofborg. S Verblyf vir vier vir twee nagte ter waarde van R2 000 by die Groenhuis-gastehuis op Philippolis; S Eetbewyse ter waarde van R500 van Iewers Nice; en S Twee kookboeke wat onlangs by Human & Rousseau verskyn het. Vir ’n wenfoto . . . As jy volgende jaar wil deelneem, neem die volgende in ag. Dit is ’n kompetisie vir ’n matriekafskeidfoto: 1. Matriekafskeid: Die foto moet lyk na ’n aangename geselligheid vir gr. 12-leerlinge. Dit is nie ’n troufoto-kompetisie nie. 2. Foto: Let veral op die gehalte, komposisie en oorspronklikheid van die foto.
Rynhard Rademeyer (Sentraal) en Ademarie Haasbroek (Eunice).
Foto: TM Photography