Issuu on Google+

VRYDAG 22 NOVEMBER 2013

Blitsig

Kan Willie le Roux Bokke weer help wen? bl. 15

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Nog nie stil

Staan saam

Gé Korsten verras met duette op nuwe CD

Konsert gehou om siek baba te help bl. 2

bl. 7

Motorhysers vir sentrum Jan Smit

SÓ LYK DIE VERANDERINGS: Preller­sentrum: Voorstelling soos dit ná die veranderings sal lyk en (onder) hoe dit gelyk het. Foto’s: Jan Smit/Argiteksvoorstellings: Justus Liebenberg

WAT die publiek die afgelope drie jaar gesien het as ’n klein gesigsontrimpeling aan die ou Prellerplein (Spar-gedeelte), is bloot die spreekwoordelike oortjies van die seekoei wat uitgesteek het. Die groot werk lê aan die agterkant van die nuwe fasade: die omskepping van die straat agter die gebou in ’n eenrigtingstraat, ’n nuwe parkeerblad op die eerste vloer vir huurders om die verkeersprobleem te help verlig met nuwe motorhysers, algehele opknapping van kantore op die eerste vloer; die vervanging van die afgeleefde, gevaarlike elektriese bedrading en die aanpassing by nuwe brandregulasies. Die kliënt, die twee susters Marina Fourie en Lynette de Beer, het ná die afsterwe van hul ouers, George en Piekie Abraham, besluit om die gebou wat in die 1950’s gebou is, ’n voorkoms-opknapping te gee. Sm!t-argitekte is genader en wat aanvanklik as ’n vinnige “mooimaak-oefening” begin het, het ná ’n ondersoek mettertyd ’n lewe van sy eie gekry en uitgebrei tot ’n drie jaar lange bouproses.

Sm!t-argitekte se benadering met die voorkoms was om die vorige post-moderne, groen fasades te moderniseer en ’n vars, nuwe gevoel te gee met pleister en verf en ’n nuwe staalfasade op die grondvloer. Dit was ook nodig om die oostelike kantore op die eerste vloer van die skerp oggendson te beskerm met sonskerms. Die ongelyke sypaadjie is opgeknap met ’n nuwe afwerking en staalstoepfasade wat ook meer plek vir restaurant-sitplek maak. Die meeste winkels en kantore se interieurs is grotendeels oorgedoen. Om die kommersiële aard van die gebou te beklemtoon, is twee advertensietorings suid en noord opgerig en die letterwerk van alle ondernemings sal gelyksoortig op die sypaadjie-afdak aangebring word. Binnekort sal besoekers aan dié sentrum agterkom dat die parkeerprobleem aansienlik verlig is vanweë ’n nuwe parkeervlak vir huurders se motors op die eerste vloer. Dié vlak is booor die bestaande agterwerf en Spar gebou. Weens die hoeveelheid plek wat ’n oprit sou neem,

is besluit om twee motorhysers in Suid-Korea te laat bou, in te voer en te installeer. Dit is sover bekend ’n eerste vir die Vrystaat. Huurders kan binne hul motors bly sit, terwyl hulle na die eerste vloer opgehys word. Om hierdie rede, asook die opknapping van aflaaisones vir vragmotors aan die westekant, is die gevaarlike straat agterom die gebou deur vervoer- en siviele ingenieurs in ’n nuwe eenrigtingstraat omgeskep. Buiten die goedkeuring van die wysigings aan die gebou en straat, was die grootste stuikelblok om te oorkom die kwessie dat bouwerk moes voortgaan terwyl huurders steeds binne hul winkels ongesteurd kon handeldryf. Soms moes huurders selfs tydelik verskuif word, maar hopelik is die bouproses voor die einde van die jaar voltooi en kan die nuwe Preller-sentrum met ’n nuwe baadjie’n volgende fase van sy bestaan betree.

S Vir nog foto’s, asook meer oor die Kwikspar in dié sentrum, blaai na bladsy 4. S Eiendomsnuus op bll. 8, 9.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 S Marie du Plooy is die wenner van Voortrekkerstamouers 1835–1845 deur Jan C. Visagie (Proteauitgewers). Annatjie Bothma is ’n CD van Manie Jackson ryker. October deur Réney Warrington (Protea-uitgewers) gaan aan Reinette Bouwer. Jan van Tonder se Is weer Sagie (Human & Rousseau) is deur Francois Rossouw gewen. Luzanne Nel wen Ray Dylan se nuwe CD met country-duette. Talle CD’s en boeke is te wen in bloemnuus.co.za se kompetisieafdeling. Dié wenners kan hul pryse by Volksblad se ontvangs by die sekuriteitsvrou afhaal. Om dit op te eis moet jy jou identiteitsdokument wys.

Wel

wee

&

S Ria Uys-Erlank van Westerbloem het ’n knievervangingsoperasie in die Mediclinic-hospitaal ondergaan. Haar dogter Elna Louw en seun Jaco Uys het na Bloemfontein gereis om te help terwyl sy tuis aansterk. S Phillip Kotze, Ofm Lifestyle programme presenter, has resigned following a decision to relocate to Johannesburg. Kotze has been in the employment of Ofm since 1996. Ofm’s general manager, Nick Efstathiou, said: “We would like to thank Phillip for his years in broadcast service. He has been a key member of the team over the years and we wish him well in his new venture.” S Die Gekombineerde Skool Dr. Viljoen het sy leiers vir 2013 aangewys. Hulle is Sindiswa Khusela (ondervoorsitter), Thabiso Ntsoereng (voorsitter), Stephanie Sefatsa (voorsitter) en Neo Moselane (ondervoorsitter). S Maria Yazbek, ’n leerling aan die Onafhanklike Skool Eduplus, is landwyd

Charne Visagie en Francois Froneman is verloof. gekies as een van 50 deelnemers om aan die Hubert van der Spuymusiekkompetisie in Parow deel te neem. Maria het die afdeling vir junior strykers in die onlangse Musicon-Vrystaat-kompetisie gewen. Sy neem vioollesse by Anna van Niekerk. S Steve Hofmeyr, ’n oudBloemfonteiner, het bekend gemaak dat hy en Janine van der Vyver ’n klein troue gaan hou waar weinig bekendes teenwoordig sal wees. “So hou ons die troue klein tussen slegs familielede en weg van ’n paparazzi-geleentheid.” ’n Troudatum is nog nie bekend gemaak nie.

S Pres. Jacob Zuma het ’n eerbewys vir vrede van die Mahathir Global Peace-stigting aan oudpres. Nelson Mandela by sy huis in Johannesburg oorhandig. Die presidensie het gesê dat Madiba se toestand steeds kritiek, maar stabiel is. S Tys Bruwer, Wollie von Wielligh, Benny Lindeque en Leon Gouws is nuwe kerkraadslede in die NG kerk Hugenoot. S Luané Spamer is die Laerskool Willem Postma se dux-leerling vir 2013. S Jaco de Wet en Johan Gunter van Radio Rosestad sal Dinsdag tot Donderdag vir 48 uur by die ingang tot Kloppers uitsaai. Daar sal ook ’n spesiale Kerskluis wees waarin skenkings gegooi kan word. Só wil hulle geld vir behoeftiges in en om Bloemfontein bymekaarmaak. S Friedl Janse van Rensburg (15) van die Hoërskool Jim Fouché is gekroon as die nuwe Miss Junior Teen Free State.

Die Laerskool Universitas het sy hoofleiers vir vol­ gende jaar aangewys. Hulle is Talita Robbertse (on­ derhoofmeisie), Lynmari Moore (hoofmeisie), Mat­ thew Nel (hoofseun) en Kevin Burger (onderhoof­ seun).

Die Hoërskool President Steyn se hoofleiers vir vol­ gende jaar is aangewys: Felicia DeValence (onder­ hoofmeisie), Keila van Vuuren (hoofmeisie), Chris de Jager (hoofseun) en Lee­heane Ontong (onderhoof­ seun).

Foto: Eye Candy Photography House

Dr. André Oosthuizen lewer sy afskeidspreek op 1 Desember in die NG kerk Hugenoot en op 8 Desem­ ber by Noorderbloem. Hy en sy vrou, Elize, was vir 25 jaar ’n leraarspaar van dié gemeente.

S Kobus le Roux is aangestel as hoof van bemarking van die Toyota-Vrystaat-Cheetahs. Dié oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis het BCom (Regte) aan die UV gestudeer en die UV se junior rugbyspanne verteenwoordig. Daarna het hy ook twee seisoene lank heelagter en losskakel vir London Welsh gespeel. Hy was ses jaar as fluitjieblaser by die Bulle se skeidsregtersvereniging betrokke. S Ses meisies van die Laer Meisieskool Oranje het die jaarlikse Omgewingsvasvrawedstryd op Gariepdam gewen. Hulle is Lise Bezuidenhoudt, Adine Swanepoel, Benita Schoonwinkel, Jané Britz, Bianca van der Vyver en Carmen Fichardt.

Nicisha Slabbert, dogter van Nicolaas en Natasha Slabbert, het ’n gewas in haar breinstam en moet mediese behandeling oorsee ondergaan. Om geld hiervoor bymekaar te help maak, tree verskeie kun­ stenaars Woensdag om 18:30 in die skoolsaal van die Laerskool Jim Fouché op. ’n Kaartjie vir hierdie goeie doel kos R50. Bel Carima Smit by 051­436­0836 as jy meer wil weet.


BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 3

Today in history 1497 – Portuguese explorer Vasco da Gama rounds the Cape of Good Hope in his search for a route to India.

Oase ______

1963 – American president John F. Kennedy is assassinated 50 years ago while driving in a motorcade in Dallas, Texas. Texas governor John B. Connally is also seriously wounded. Vice-President Lyndon B. Johnson is inaugurated as the 36th U.S. president.

1838 – Andries Pretorius arrives in the Voortrekker laager on the bank of the “Klein Tugela”. 1900 – Pres. Paul Kruger arrives in Marseilles, France, on board the Dutch cruiser Gelderland, sent by Queen Wilhelmina.

ANKIA BRADFIELD was pas in Mev. Verenigde Nasies (SA) 2014 onder die topvyf en het weggestap met die Mev. Persoonlikheid-titel. Dié aanhalings bly haar deur die jare by: S “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” – Romeine 8:28

1975 – Juan Carlos I is proclaimed king of Spain upon the death of Gen. Francisco Franco.

1916 – Rev. Willem Postma’s Afrikaans translation of the Bible book Titus is published.

1977 – Dr Robert Smit, National Party MP for Springs, and his wife, Jean-Cora, are murdered in their home in Springs. In 1998 the TRC finds that the murder was politically motivated.

1943 – American president Franklin Roosevelt, British prime minister Winston Churchill and Chinese leader Chiang Kai-shek meet in Cairo to discuss the measures for defeating Japan.

S Commit to the Lord whatever you do, and all your plans will succeed. – Prov. 16:3 S There is no growth inside of your comfort zone and you will never know what you are capable of until you start. – Zanti Swanepoel

2002 – Officials cancel the Miss World Pageant in Nigeria for fear of riots and move it to London.

Focus on Prominent Paints

Prominent Paints launches new store PROMINENT PAINTS, a fully integrated member of PPG and a leading paint manufacturer in South Africa, has recently relocated and re-opened its Paint Centre in Bloemfontein. Boasting a fresh new look and an entirely new location, the Bloemfontein Paint Centre is about more than just colour – it’s a hub of trend advice and quality paint systems. “The Prominent Paints Paint Centre now operating from 34 Kolbe Avenue, Oranjesig, Bloemfontein, is a retail concept store that goes beyond simply selling products. Instead, the Paint Centre appeals to a general sense of lifestyle by offering products and services that match the needs of our customers,” says store manager Marlon Wolfswinkel. “We recognise that our customers can sometimes feel intimidated when it comes to transforming their personal spaces, and thus we are geared towards offering advice from the preparation phase through to the choice of paint system and final application of environmentally friendly paint.” With everything available under

one roof, customers of the Prominent Paints Paint Centre in Bloemfontein can be assured of leaving the store with all the essential materials they need to prepare and create the perfect look they want to achieve in their homes. “We feel that the new store is ideally placed to bring our products to the market. We will also be offering some great specials at our launch in November. Customers should keep their eyes peeled,” says Wolfswinkel. As a manufacturer and marketer of paint products that adhere to international best practices and actively promote the drive towards environmental sustainability, Prominent Paints is a brand with substance. “At Prominent Paints, we feel that DIY should be about more than just paint — it is about responsible and strong leadership, innovative paint solutions, real partnerships and a passion for doing the right thing,” says channel coordinator at Prominent Paints, Ronald Kaviza. “With so much more than just colour to consider when searching for a paint soluti-

on, Prominent Paints believes in focusing on the real needs of the consumer, helping them to choose the right product that is superior in quality and good value for money. “At our Paint Centres, we do more than just help people choose the right colour: We build partnerships and provide our customers with a differentiated experience through an innovative brand that provides complete paint solutions. I am certain that the new concept store in Bloemfontein will deliver in every respect,” concludes Kaviza. For more see www.prominentpaints.co.za or call the customer care line on 0861 77 66 46. Prominent Paints was established in 1981 and celebrated 30 years of manufacturing in South Africa in 2011. Prominent Paints is a proud member of the Green Building Council of South Africa (GBCSA) and from an ecological perspective, its paint is lead free, complies to, and even exceeds, the standards set by the GBCSA. S See advertisement below.

S Sukses is nie die sleutel tot geluk nie, geluk is die sleutel tot sukses. As dit wat jy doen vir jou vreugde is, sal jy suksesvol wees. S Jy kan net solank voorgee voordat jy ingee. Wees net jouself! God het jou uniek ontwerp vir jou doel in die lewe. – Ankia S Hoe meer ons ons seëninge tel, hoe minder begeer ons dié dinge wat ons nie het nie. – William A. Ward S God often uses small matches to light great torches. S Life just gives you time and space, it’s up to you to fill it.


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013

FOKUS: PRELLER KWIKSPAR

KwikSpar by Preller groter en mooier

Jimmy Agousti, Prellerplein­Kwik­ Spar se eie sjef, verskaf bekostig­ bare, smullekker geregte van goeie gehalte.

Sou jy vooraf ’n bestelling by die wegneemete­afdeling wil plaas, skakel 072­157­4344/4542. Dan wag die kos sommer gereed vir jou.

DIE gewilde KwikSpar by Prellerplein se metamorfose is voltooi. Dit is groter, mooier en bied nou selfs nog lekkerder wegneemetes as vantevore. Jimmy Agousti, dié KwikSpar se sjef, verskaf bekostigbare, smullekker geregte van goeie gehalte (sien advertensie hierby). Vir vooraf bestellings skakel 072-157-4344/4542. Vroeër jare het Jimmy die Braai Burger-restaurant in die Sanlam-Plaza en die La Galette Koffie Bar in die Middestadsentrum besit. Prellerplein se KwikSpar is jare reeds bekend vir die uitgebreide Sondag-buffet, beskikbaar tussen 10:00 en 14:00. KwikSpar word in die Preller-sentrum op die hoek van Genl. Hertzog- en Louw Wepenerstraat gehuisves wat onlangs opgeknap is en is elke dag van die week tussen 07:00 en 21:00 oop.

Die ingang ná die veranderings.

’n Voorstelling van hoe dit van die noorde sal lyk ná die veranderings.

Die Prellerplein­KwikSpar het ’n gedaanteverwisseling ondergaan.

Foto: Justus Liebenberg

Foto: Loreal Eloff


BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 5

FOCUS ON IMPA

Impa has the answer WHICH paints are recommended for their heat and cold resistance? Some cool products that Impa holds in its range include the Heatprufe etch primer. This is ideal for use on braai facilities and ducts and can withstand heat up to 250 °C. It is an affordable product made in both black and silver to give your braai the long-lasting finish it requires to withstand heat conditions when in use. Most of a house’s heat is obtained through direct sunlight exposure on the roof of the house. For this purpose Impa paints makes a cool roofshield range which reflects light from the surface, making the house up to 5 °C cooler within. The most popular and coolest colour in the range is white, as it reflects light best and enables the house to stay cooler than when using an ordinary roofshield. Higher quality products in our general ranges are formulated with advanced raw materials to withhold serve weather conditions, for example with our seven- and ten-year guarantee ranges we have specifically taken the heavy sunlight conditions of the Free State into consideration when formulating and manufacturing these products, which ensures you that Impa paints will be able to withstand the Free State sun and stand the test of time in these high heat conditions. Any advice for painting in hot weather conditions ? All exterior painting in the summer should be done as follows: You want to do all the preparation work on the surfaces 24 hours prior to painting to allow for adequate drying. Secondly, when applying your first coat you would ideally like to do so between 08:00 and 10:00 and allow to dry throughout the day. When applying your second coat you would like to do so between 15:00 and 17:00 and allowing to dry overnight. The reason behind this is that surfaces retain heat and painting in heated conditions is not ideal for the paint. The surface it is being applied to may cause a chemical reaction between the paint and the surface and this could result in paint default. Any good painter will adhere to these time frames because it makes the application process far easier and less volitile. These are the ideal times to paint the exterior surfaces. If you are painting inside, unless you are working in extreme conditions, any time would do. What is the most popular colour trends for 2014? Exterior colour trends we are experiencing either extremely light off-whites and greys or extremely dark browns together with the use of a lot of accent colours like shades of green, red, orange or blue greys. For interiors your creamy vanillas and your light browns and off-whites remain the favourites and again these are used in conjunction with accent colours, yellow being the most dominant in recent times, while red is still popular. S See ad elsewhere on this page.

BLOEMNUUS is op Facebook. Soek ons blad en “like” dit – nes 2 900 ander lesers vir wie Bloemfontein na aan die hart lê.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013

Dagboek

WAT gebeur wanneer waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Dit word ook gelaai op www.bloemnuus.co.za. As jy jou selfoon gebruik om Bloemnuus te lees besoek bloemnuus.mobi. Stuur dagboek-inskrywings in die onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00.

VRYDAG 22/11 S Mathys Roets om 19:00 in Koekela Café. Kaartjies: R100. Etes is beskikbaar. Bespreek vooraf plek by Gabrielle, 051430-1949. S Belastingtyd sluit vandag. S Andriëtte Norman in Innie Skuur. Kaartjies: R100. S Paula Gordon sing vanaand op die Musgrave-mark. S Vrystaat-versorging in Aksie (VVA) het 597 kinders wat onder pleegsorg geplaas is. Die VVA wil vanjaar ’n sagtespeelgoedprojek begin om ’n

Die nasionale boerboelkampioenskapsbyeenkoms is Sater­ dag in Bloemfontein gehou. Foto: Conrad Bornman

glimlag op elkeen van die kinders se gesiggies te plaas. Sagte speelgoed kan by die VVA se kantoor in Watkeystraat 12, Oranjesig, afgelaai word of skakel Mirinda van Tonder, 051-447-1838. SATERDAG 23/11 S Springbokke speel om 22:00 teen Frankryk in Parys. S ’n Boeremark word elke Saterdag van 06:00 op die Bewarea-terrein in Langenhovenpark gehou. Op Vrydag 29 November van 17:00 af is daar ’n spesiale Kersmark met Manie Jackson as gaskunstenaar. Toegang is gratis. S Joy to the world: Musiek van Karl Jenkins om 19:30 met Alumni Voices, VS-simfonieorkes en die Drakensbergse Seunskoor in die Odeion. Daar is ook môre om 16:00 ’n konsert. Kaartjies kos R120 en R80 by Computicket. S Steyn Venter, ’n pastorale terapeut, sal om 18:30 praat oor Verstaan jou man op ’n gratis vroueaand. Dit vind in die Vleuels-kerksaal, Boerneefstraat 3, Langenhovenpark, plaas. Bel 076-302-7393 of 084-563-0199. S Sweid-reünie om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies: R80 by die deur. S Die son kom vandag om 05:09 op en sak om 18:54. S Pet Action-hondjieloop om 08:30 op Bobbiespark. Dit kos R20. Bring ekstra geld vir ’n worsbroodjie saam. Connie van Zyl, 051-422-4548. S Mathys Roets om 19:30 in Innie Skuur. Kaartjies: R90.

’n Kinderkarnaval is deur Z PR by Ons­Kinder­en­Jeugsorgsentrum gehou. Onder die uit­ stallers was Therese en Daniël Hamer. By hul stalletjie The 3 Trees Shop was goedere te koop wat gemaak is uit herwonne materiaal. Kids Carnival is ’n entrepreneurskappro­ gram vir jong mense, wat aangebied word ten bate van Ons­Kinder­en­Jeugsorgsentrum Bloemfontein. Kinders tussen 6 en 17 jaar kan óf hul vindingryke ware verkoop op ’n vlooi­ mark of die gehoor met hul energieke verhoogoptredes meesleur. Meer as 700 mense het die karnaval bygewoon. Foto: Pieter Bruwer S Kennedy Anniversary Weekend: Twee dokkies kyk na die sluipmoordaanval op president John F. Kennedy 50 jaar gelede. JFK assasination: The Definitive Guide en Lee Harvey Oswald: 48 Hours to Live neem albei mans in oënskou. DStv, History, 21:25, kanaal 186. S Wyk Alpha bied ’n maskerbal aan. Dit is ’n formele, geleentheid om 19:00 in die Normal Doubell-saal waarop ’n orkes musiek sal verskaf. Dit kos R100 wat ’n vingerete insluit. Maureen Jonkers, 084958-8999. SUNDAY, 24/11 S Christ the King, Christian Holy Day. S Belinda van Zwijndrecht en Marcia Moon tree van 11:30 in Slightly Nutty op. Toegangsgeld van R15 sluit ’n verwelkomingsdrankie in. Etes tussen R50 en R80 per persoon word bedien. Bespreek plek by Rudi, 083-432-9927, of slightlynutty@gmail.com. S Ds. Johann Els lei die Klipkerk se Kerssangdienste om 09:30, 11:00 en 18:00. S Thabo se CD-bekendstelling om 11:00 in die Mimosa Mall. Bespreek by 076-5736967. S Die Gereformeerde kerk Bloemfontein-Noord, Dan Pienaar, hou om 18:00 sy Kerssangdiens. Die prediker is ds. Kobus Botha en die orrelis Lourie Coetzee. Gerrit Kruger, 082-2025-752. S Kerssangdiens van Hugenoot-gemeente om 09:00. Elna Venter, 051-436-2659. S The Andrew Murray Congregation presents their Combined Carol Service at 19:00 at the church in Alexandra Road. Iris Gouws, 082-8120990, or Mariana Nel, 082-3584709. MAANDAG 25/11 S Vandag oor ’n maand is dit Kersfees. S Die Bloemfontein-stadsorkes (BCO) het besluit om weer ’n jeugorkes te begin nadat die Vrystaatse Jeugsimfonie-orkes weens ’n tekort aan geld in ’n stille dood gesterf het. Riglyne vir die nuwe jeugorkes word om 18:00 op ’n vergadering in die saal van die Musicon in Eerste Laan bespreek. S Weg, die reistydskrif, reik ’n plattelandse uitgawe genaamd Weg/Platteland uit. Die eerste uitgawe is vandag op die rak. S Kunstenaars wat op die 14de Vryfees van 15 tot 20 Julie wil optree, het nog tot 30 November tyd om hul aansoeke in te doen. Dit kan aanlyn by vryfees.co.za ingedien word of skryf aan aherbert@volksblad.com vir meer inligting.

Hematoloë van Bloemfontein het vir die foto ter ondersteu­ ning van Nasionale Bandanadag bymekaargekom. Van links is, voor: drs. Jackie Visser (Van Rensburg­patoloë), En­ gela Lange­Serfontein (Van Rensburg­patoloë) en Teresa Nel (PathCare­laboratorium); agter: drs. Engela le Roux (PathCare­laboratorium), Debbie Jafta (NHLS­Universitas­ laboratorium), Debbie Jafta en Lalanie Pretorius (NHLS­ Universitas­laboratorium). reed vir ’n sterbelaaide uitsending. Channel 0, 20:30, kanaal 320 (DStv). DINSDAG 26/11 S Black Cat Bones en die Akkedisse om 20:00 in die Aasvoëlklub.

Verskeie pryse is op bloem­ nuus.co.za te wen waaron­ der Charlize Berg se jongste CD. Gaan maak daar ’n draai. Weekliks word hier wenners aangewys. Onder hulle tel Cobus van Staden wat die wenner is van Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman, Pieter Herbst (’n Vienna het twee punte anders is hy te lank), Marizka Taljaard (My familie), Estelle Knox (Aste­ rix, die gladiator) en Magda Swanepoel (Bakgat). S Fichardtpark-biblioteek, Benaderylaan 133, Fichardtpark, hou vandag sy jaarlikse Diskonto-boekverkoping tussen 09:00 en 17:00 en môre tussen 08:00 en 15:00. ’n Groot verskeidenheid boeke is te koop. Rina Jansen van Rensburg, 051-522-8884. S 41st American Music Awards: Verlede jaar se groot wenners was Nicki Minaj en Rihanna. Wie gaan in 2013 die wenners wees? Maak jou ge-

WOENSDAG 27/11 S Raoul and Black Friday en The Natalie Champan Band om 20:00 in die Aasvoëlklub. S Werner Earle (Mnr. GSAfinalis 2014) hou om 18:00 ’n geldinsamelinggeleentheid op die Emoya-landgoed ten bate van Lebone Village. Die kaartjies kos R160 en dit sluit ’n hoofmaal en nagereg in. Bel 083-892-4008. S Tolbos van Irma Joubert word om 18:30 in Exclusive Books (Mimosa Mall) bekend gestel. Bel 051-444-6901. DONDERDAG 28/11 S Radioteater om 20:00 op RSG. S Karaoke in Diamond Lil’s in die Windmill-casino-envermaaklikheisentrum. Gratis. S Bekendstellingskursus aan Frans vir mense wat die taal wil aanleer. Dit vind in die lokaal van die Alliance Française op die grondvlak van West End-woonstelle, h/v Henrystraat en Eerste Laan, Westdene, plaas. Aanvangstyd: 17:30. R300 per persoon. Skak el 072-872-4957 of kontak Daleen Krige by daleen.krige@gmail.com of 083-3881184. S Die Bloemfontein-Polisie-rugbyklub het reeds met sy voorseisoense voorbereiding begin. Die oefensessies is Dinsdae en Donderdae om 18:00 op Bobbiespark. Bel Johan le Roux, 082-462-2011.


Karin sê só

DIE skrywer Karin Brynard, ’n oud-Vrystater, se sukses ken geen einde nie en haar boeke vlieg van die rakke. S Wat is vir jou snaaks? My onhandige, Hollandse eggenoot wat sy lyf wil boerklong hou.

Gé-hulle verras Jens Friis DIE pos het vandeesweek ’n CD gebring: Gé Korsten – kom sing ’n lied in duet. Ek was skepties. Nóg ’n CD van Gé met liedjies wat iewers uit ’n argief opgediep is, het ek gewonder. Maar ek was aangenaam verras. Gé sing saam met Corlea (Kom sing nou ’n lied) tot Steve (Mag God u seën). En Boet Pretorius wat aan die stuur was van menige plaat van Gé het dié CD so goed gemaak dat dit klink asof Gé werklik vandag saam met Rina (Stille Nag) en Nianel (Jerusalem) sing. Dalk die verrassendste snit op die album is Joe Niemand se besonderse duet saam met Gé van Ek het geen vrees. As jy destyds van Gé gehou het, sal dié CD ure se luisterplesier verskaf. Ek vermoed dit gaan van die rakke vlieg – nes die 2 miljoene ander plate/ CD’s/kassette wat Gé met sy grootse stem oor die jare heen laat verkoop het.

Kunste op RSG gevier LIEWE HEKSIE, die akteur en komediant Shimmy Isaacs, Jack Parow, Karen Zoid, die Take Note Band en die Vyf Kweekkers met oom Alfred en sy boks-bas (kitaar) is op die program vir RSG se eerste kunstefees. Van 26 tot 29 November word daar kunstefees op lug gehou en luisteraars sal vir vier dae lank – heeltemal gratis – kan fees vier. Liewe Heksie is vanjaar 50 jaar oud. Verna Vels sal spesiaal vir die RSG-kunstefees ’n nuwe verhaal met luisteraars deel. Dit sal van 26 tot 29 November net ná die 18:00-nuus gehoor kan word. Tussen 09:00 en 12:00 sal Johan Rademan en Martelize Brink in Oggend op RSG musiekmakers soos Jack Parow, die Take Note Band, Karen Zoid, asook die Vyf Kweekkers, in die ateljee verwelkom. Shimmy Isaacs sal daagliks inloer om die lagspiere te kielie. En die monde gaan water met liplekker feeskos en ’n virtuele proe waar die pasmaats vir smaaklike geregte en drinkgoed gesoek word. Op Dinsdag 26 November net ná 19:00 kan luisteraars regskuif vir ’n kunsklas op lug. Die kunstenaar Leon Fourie gaan ons vertel hoe om ’n gesig te teken. Die akteur Christo Davids se debuut-radiodrama, ’n Onverwagse Krismisboks, met onder andere Ivan Abrahams, Kim Cloete, Dean Balie en Johann Stassen in die rolverdeling, volg om 20:00. Op Woensdag 27 November om 19:30 gesels Dawid Slinger, die mede-skrywer van Briewe uit die Tankwa, met Ilse Salzwedel oor hierdie deel van die Karoo waarvoor hy so hartstogtelik lief is. Hy sal ook van sy stories vertel. Net ná die 21:00-nuus volg die komiese drama Vet vark met onder andere Elma Postma, Melt Sieberhagen, Danie Putter en Karen Wessels in die rolverdeling. Die volledige feesprogram sal op RSG se webblad by rsg.co.za beskikbaar wees. Daar sal ook feesplakkate op die webblad geplaas word wat luisteraars kan uitdruk en opplak. Volg ook @zarsg op Twitter om op hoogte te bly van die feesnuus en gebruik #RSGFees om saam te gesels. Luisteraars kan ook feespartytjies hou en saamluister. Bied jou eie mini-fees saam met RSG se feesprogramme aan. En neem foto’s van jou tuisfees en stuur dit na Ooggetuie op RSG se webblad.

S Wat maak jou nostalgies? Sonsondergange. Veral sulke la-a-a-ang rooies. Smaak jou jy verlang na mense wat jy nie eens ken nie. S Wie of wat was jy in ’n vorige lewe? ’n Sirkusbaas. S Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Altyd, altyd in die veld. Enige veld, maar veral Kalahari-veld. S Wat is jou grootste vrees? Vlieg. Soos in groot ystermasjien met kamma-vlerke wat nie klap nie. Ek stap liewer. S Waaroor is jy spyt? Dat ek nooit ’n goeie huisvrou kon wees nie. S Jou kosbaarste besitting? ‘n Kraaknuwe vadoek. Mal oor vadoeke – al is ek die wêreld se slegste huisvrou. S Wat dink jy gebeur ná die dood? Ek weet nie, maar ek hoop dit behels nie vlieg nie. Of harpies. Beslis geen goue harpies nie. Ek meen: Kan jy hierdie antie voorstel met harpies en vlerke? S Wie is jou helde? Ek is ouskool. Gee my enige dag Ar-

nold Schwarzenegger . . . hasta la vista, baby! S Wie is jou gunsteling-fiksie-karakters? Hercule Poirot. Bennie Griessel. S Wie is jou gunsteling- historiese figure? Tyl Uilenspieël. En koning Shaka. Orraait, omdat ek in die Vrystaat gebore is, koning Moshoeshoe. S Wie sou jy die graagste vir ete wou nooi? Walter, die Wonderman. As hy onbeskikbaar is, Arnie Schwarzenegger. Ek vergewe hom vir sy tydelike dwaling politiek toe. S Wat sou jy dan vir ete maak? As Arnie by my kuier, is daar nie tyd vir eet nie, maar so nie braai ek vir hom ’n skaapribbetjie. Walter kan vir ons iets optower. S Waarmee verwyl jy die graagste jou tyd? Het ek

Schwarzenegger al genoem? S Wat verveel jou? Politieke toesprake wat deur ’n amptenaar op aaptwak geskryf is en swak voorgedra word deur die Prez. S Wat is jou gunsteling-versreël? Die einde. Ha-ha, sorrie. Breyten Breyten . . . die lewe is net siekte waaraan die mens goddank stuk-stuk genees . . . of . . . vergewe my asseblief, ’n mens maak gedigte ook van stokkies en saad om die sagte woorde op te vang . . . S Oor watter gawe sou jy wou beskik? Teletransportering. Of wat jy ook al doen wanneer jy sê: Beam me up, Scotty. Lyk my makliker as vlieg. S Waar sou jy eendag wil aftree? Koffiefontein, waar ek gebore is. So nie Kraaifontein, dis al wat ek sal kan bekostig.

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 7


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013


BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 9

Dít is al 40 j. hul blyplek

Du Plooysingel 94, Fichardtpark, is reeds vier dekades die tuiste van die Van Rensburgs.

Keep an eye out at home WITH the holiday season around the corner, many people have started tackling their revamp or repairs list before businesses shut down over December. “Many residents are bringing in cleaning services and contractors to complete repairs before the holiday season hits. It’s important to keep safety top of mind when allowing service providers into your home,” advises Clive Humphrey, managing director of ADT Central Region. He suggests contacting the companies before any deliveries or work teams arrive at your home to find out at what time you can expect them, how many of their staff will be coming and who the supervisor is that will accompany them. “Be sure to lock away any valuables that are small enough to fit into a pocket or backpack, or that would not be easily missed if they were to disappear. The same goes for car and house keys. “If you have guard dogs, don’t lock them away while workers are on your premises. Let the workers be aware that they are there.”

BLOEMNUUS sal graag wil weet wie bly al die langste ononderbroke in dieselfde huis in Bloemfontein. Hoeveel mense ken jy byvoorbeeld wat in vier dekades nooit getrek het nie? Hulle is voorwaar yl gesaai. Daar is sekerlik inwoners wat veel langer dieselfde blyplek hul huis noem (en ons hoor graag van hulle), maar die Van Rensburgs van Fichardtpark het onlangs 40 jaar in dieselfde huis gevier. Frikkie en Elsie van Rensburg van Du Plooysingel 94, Fichardtpark, het hier ingetrek toe hul dogter, Erika, in 1973 skool toe is. Hulle het voorheen in ’n woonstel (Beatrixhof 22, Parkweg 83) gebly. Frikkie en Elsie het in 1972 erfnommer 14106 op ’n erweveiling in die Bloemfonteinse stadsaal gekoop. Hulle was destyds die eienaar-bouers en het verskeie kontrakteurs gekry om te bou. Hulle kon hul intrek op 15 Augustus 1973 neem. Sedertdien het die Van Rensburgs, ondanks die feit dat hul bure voor, langs en agter hulle twee, drie tot vier keer verander het, vasgebyt en woon hulle nog lekker hier. S Wie bly die langste in dieselfde huis in Bloemfontein? Laat hoor van jou: jens.friis@media24. com of 051-4047901.

Frikkie en Elsie van Rensburg.


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013

Klas van 2013

Van links is Madelein le Roux, Hilde­Mari Tessendorf, Tharyn Fourie, Anje Venter en Charné Ferreira (Eunice).

Christopher Erasmus en Nicolene Smith (Jim Fouché).

Maak geld met matriekfoto’s

SÓ gewild is die matriekafskeidfoto’s in Bloemnuus dat dit tot ’n kompetisie met pryse van R5 000 gelei het. “Verlede jaar het Bloemnuus matriekafskeidfoto’s geplaas, maar die gehalte en aantal is vanjaar aansienlik meer. “Daarom die besluit om ’n Matriekafskeidfoto van die Jaar aan te wys,” sê Jens Friis, redakteur van Bloemnuus. ’n Meetbare bewys dat die foto’s gewild is, is die aantal “likes” wat dit op Facebook ontvang. “Sodra dié foto’s op Bloemnuus se Facebook-blad gelaai word, word die lede aansienlik meer,” sê Friis. Al die foto’s wat reeds ontvang is, sal ook in ag geneem

Mimi Slabbert en Francois Bosch (Jim Fouché) REGS: Marnus Bouwer en Robynne Gouws (Grey).

Foto: Marizahn van Vuuren Foto: Liza Crawley

word. Jy het nog tot Maandag 25 November kans om jou in te skryf. Stuur ’n jpg-foto van jou onlangse matriekafskeid na jens.friis@media24.com. Die plasing is verniet. Die foto’s móét groter as 1 MB wees. Noem wie op die foto is, van watter skool jy is, en wie die foto geneem het. Faktore wat onder meer in ag geneem sal word met die kies van die wenfoto is gehalte en oorspronklikheid/kreatiwiteit. Die volgende pryse is op die spel: S Geskenkbewyse van R2 000 van die Loch Logan-waterfront, die hoofborg. S Eetbewyse van R500 van Ie-

wers Nice wat nou, buiten die een in Westdene ook ’n restaurant by Pretty Gardens het. S Verblyf vir vier vir twee nagte van R2 000 in die Groenhuis-gastehuis op Philippolis (datum hang af van beskikbaarheid). S Twee kookboeke wat onlangs by Human & Rousseau uitgereik is. Die matrikulant op die wenfoto sal die prys ontvang. Die finalis-foto’s sal in Desember aangewys word en die lesers sal ook vir die wenfoto kan stem. Gaan na bloemnuus.co.za om na matriekafskeidfoto’s by die dosyne te kyk en “like” jou gunstelinge op Bloemnuus se Facebook-blad.


BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 11

Chantell Wiesner en Erich Wolmarans (Jim Fouché).

Kevin Thompson en Geoné Jacobsz (Sand du Plessis).

Robin Lotter en Ignus van Rooyen (Grey).

Joléze Erasmus en Etienne van Zyl (Sentraal).

Karlin Anderson (Oranje).

Ané Ackerman en Jannie Nel (Sand du Plessis).

O’Connell Fourie en Cindy Coetzee (Jim Fouché).

Brendan Bakkesen en Cicile Krige (Grey).

Foto: Elsa Vermeulen

Foto: Kaleidoscope Studios

Foto: Sonja Pienaar

Foto: Jannie Labuschagne

Janus Sander en Larné Grobbelaar (President Steyn).

Foto: Funtabulous


12

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013

Engela Bothma (Sand du Plessis).

Foto: Willie Wasserman

Zelrika Olivier en Shaundré van den Berg (Sentraal).

Andrew Bester en Alicia Fourie (Sentraal).

Elisna Griessel en Jaco de Necker (Hoër­ skool Vaalharts)

Chrishane Burger en Alison Tarr (Eunice).

Ju­an Grobbelaar en Mariska Visser (Presi­ dent Steyn).

JHB 44452

Hlengekile Jita (Eunice).

Foto: Juan-Marie Steyn

LAAGSTE GEWAARBORGDE

EENVORMIGE PRYS

INSLUITEND

1GB DATA PM

JOU DEEL VAN

R2-MILJOEN R139

Nokia Lumia 520 Smartphone

AL ONS KLIËNTE WORD OUTOMATIES INGESKRYF. EEN R100 000-WENNER WORD ELKE WEEK GETREK.

OP STRAIGHT UP 100*

100

MINUTE

Available at the following Cell C stores:

Mimosa 084 828 0028 • Loch Logan 084 828 0612

PM x24

100

SMS/MMS

Samsung Galaxy S4 Smartphone

LG G2 Smartphone

R349

PM x24

OP STRAIGHT UP 100*

100

MB DATA

100

MINUTE

100

SMS/MMS

100

MB DATA

R389

PM x24

ON STRAIGHT UP 100*

100

MINUTE

100

SMS/MMS

1GB

MB DATA

99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING

99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING

99c PER MIN. ON PER SEKONDE BEREKENING

FEATURES: 4” Supersensitiewe skerm, Kry altyd volmaakte skoot altyd met “Smart Shoot”, Gratis Stembegeleide Navigasie.

FEATURES: Verstommende 5.2” Volle HD IPSskerm, 13MP OIS-kamera met multipunt-fokus, Blitsvinnige 2.30 GHz “Quad Core” CPU.

FEATURES: Dubbelkamera, “Group Play”, “S Translator”, Samsung slim pouseer-en-rol.

SKAKEL OOR NA CELL C cellc.co.za KLIËNTE WORD INGESKRYF DEUR ’N OPROEP VIR 1 MINUUT PER DAG VIR ‘N WEEK LANK TE MAAK. VELDTOG LOOP VANAF 1 OKTOBER 2013 TOT 31 JANUARIE 2014. *RICA IN WINKEL. Aanbod geldig vanaf 1 November – 30 November 2013. Alle pryse sluit BTW in. Eenmalige SIM-en aansluitingsfooi van R114 van toepassing. Beperkinge is op hierdie produkte en promosies van toepassing. Vir hierdie beperkinge en volledige Bepalings en Voorwaardes, besoek asseblief www.cellc.co.za of vra in winkel. BF&W.


BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 13


14

BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013

Getroud

STUUR gerus ’n foto van jou troue vir gratis plasing in Bloemnuus na jens.friis@media24.com. Dit moet minstens 1 MB groot wees en verkieslik in kleur. Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem. Nog troufoto’s is te sien op bloemnuus.co.za. Links: Marlin en Crecencia van Wyk.

Foto: Duggie Moses

Toe/nou: Piet en Marthie (gebore Greyvenstein) Smith is op 16 September 1972 in die NG kerk op Colesberg getroud. Piet het op Lindley grootgeword en skoolgegaan en Marthie op Molteno. Dié egpaar het byna 40 jaar op Bethulie gewoon en bly sedert Mei vanjaar in Langenhovenpark. Hulle het vier kinders en een kleindogter.

Nicolé en Koot Klopper.

Foto: Michelle van Staden

Mike en Maggie Jacobs.

Tuanette Erasmus en Christo Bezuidenhout.

Foto: Michelle Mae

Michelle en John Jacobs.

Foto: Francois Heydenrych

Foto: Xander Henning


BLOEMNUUS, VRYDAG 22 NOVEMBER 2013 15

Bokke pak Frankryk

ALTE GRAND: Die Hillandale­ rolbalklub het ’n Ladies High Tea gehou. Dié klub in Woodland Hills, wat sewe jaar gelede met 13 lede begin het, se ledetal is nou 62. Dit is die jongste rolbalklub in die Vrystaat.

DIE Springbokke het Sondag met hul goeie sege van 28-0 oor Skotland hul Britse deel van hul Europese einde-vandie-jaar-toer onoorwonne afgesluit. Môre om 22:00 speel die Springbokke in hul derde en laaste wedstryd teen Frankryk. Die laaste keer dat dié twee spanne op Franse bodem teen mekaar gespeel het, het die Hane op 13 November 2009 in Toulouse met 20-13 die septer geswaai. Daardie jaar het die Bokke vier van hul vyf toerwedstry-

de verloor en net teen Italië gewen. ’n Taai kragmeting wag op die Bokke, want die All Blacks het agt dae gelede gewurg om met 26-19 te seëvier. Jano Vermaak, die Blou Bul-Springbok, vervang Fourie du Preez (skrumskakel) in die Springbok-toergroep. Du Preez is weens gesinsverpligtinge nie vir Saterdag se toets teen Frankryk beskikbaar nie. Verlede naweek het Willie le Roux groot indruk gemaak. Die Cheetah het ’n paar

keer deur die Skotse verdediging geskiet en kort voor rustyd binne twee minute ’n groot aandeel in twee van die Bokke se vier drieë gehad. Hy het in die 30ste minuut ná ’n onderskepslag onder die pale vir sy vierde toetsdrie vanjaar oorgeduik en skaars 60 sekondes later ná die inskop van die Skotse losskakel, Ruadridh Jackson, wéér deurgesny en met ’n perfekte dwarsskoppie JP Pietersen in die hoek oorgestuur. Willie is ná die tyd as speler van die wedstryd aangewys.

Twee blasers op veld TWEE skeidsregters per wedstryd sal in 2014 in die Varsitybeker-reeks ingespan word. Die gebruik is reeds in 1987 op Stellenbosch ingestel en koshuiswedstryde word vandag nog só beslis. Die nasionale skeidsregterbaas, André Watson, het die afgelope sewe maande daarna ondersoek ingestel en die proeflopie verwelkom. Met die stelsel kyk albei

skeidsregters nie noodwendig na dieselfde goed nie. Op Stellenbosch word die veld in dele opgedeel en elke skeidsregter het sekere verantwoordelikhede, terwyl sy maat hom dan met ander dinge – soos onkantlyne – help. Twee skeidsregters kyk dus nou doelgerig na dinge waarna een tradisioneel probeer kyk het. ’n Skeidsregter kan wel vir enigiets blaas, selfs al is

hy in die ondersteunende rol. Volgens Watson is daar minder strafskoppe in Stellenbosse koshuisrugby as elders – dus word die spel nie hiermee doodgeblaas nie. Duitser Bosman, besturende direkteur van die Varsitybeker-reeks, reken die redes is eerstens dat spelers die blasers minder probeer paai en dat daardie ekstra stel oë die “grys gebiede” in die spel verminder.

BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE

PERSOONLIKE DIENSTE

FINANSIEEL

ALGEMENE & HUISDIENSTE

TROETELDIERE

HUISVERBETERINGS BUITE

1660

1420

CJK ACCOUNTANTS: For any accounting work, financials, statutory returns, estates, etc. Contact 0795223021/ cjkinfo@cjkacc.co.za www.cjkacc.co.za

TE KOOP

TOY FRANSE POEDELS. KUSAgeregistreer, ingeënt met mikroskyfie. Sjokeladebruin reuntjie, swart tefie. 8 weke oud. Skakel 083 372 8809.

OP SOEK NA 1485

I am looking for knitting machines: Empisals and Passaps, in any condition. Will pay cash. Contact Cecilia 0824824686.

VOëLS TE KOOP GEVRA: Albino Kokketiele, Kaliforniese kwartels, Sun conures, Barabonds, Goue Mantel Mutasies, gewone Kokketiele, Budgies, Lutino Rosyface, Lovebirds, Slag-duiwe, Fisante, Eende, Swane, Kalkoene + Poue, Celestials. Piet: 084 625 2500

1836

JONNYS POOL AND LAPA: Let us make you feel cool this summer: 5 x 4 pool and 4 x 3 lapa R34 000 6 x 4 pool and 4 x 3 lapa R36 000 7 x 4 pool and 5 x 4 lapa R38 000 8 x 4 pool and 5 x 4 lapa R40 000 We do marbelite pools and fibreglass. For info, contact 082 816 1942.

1860

TUIN- en huishoudelike vullisverwydering: Vanaf R250 per vrag. Skakel Thys 072 391 3781.

VAKANSIE & REIS

BOEDELKENNISGEWINGS

BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE

4201

Spesiale dienste: Alle tipe huisreparasies, nutsmanwerk, elektriese en loodgieterswerk. 084 362 6114 a/u.

ROMMELVERWYDERING

BOME SNY en tuinvullis verwyder. 40% afslag. Skakel Joubert 0832407905.

AKKOMMODASIE

BOME

2635 1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoë-risikobome. 082 693 0234.

JEFFREYSBAAI: Huis beskikbaar vanaf 22 November tot 17 Desember. Slaap 6.R650p/d Geen studente. Skakel 082 343 8969.

Rustige en bekostigebare vakansie, 15 min van Plettenbergbaai en Nature's Valley. Skakel 079 872 4136.

BETREKKINGS 3600

122 RG EN R STRYDOM NOTICE In the insolvent estate of Renier Gerhardus en Rynie Strydom, estate no. B67/2013. Kindly take notice that the Second Meeting of Creditors will take place before the Master, Bloemfontein on 4 December 2013 at 10:00, for the following reasons: 1. To lodge the Trustees report 2. To obtain directions from creditors 3. To prove further claims Dated at Bloemfontein on 14 November 2013. CHARL JOHANNES STANDER Trustee C/o Lovius Block 31 First Avenue Westdene Bloemfontein 9301 TSIU VINCENT MATSEPE TRUSTEE C/o Matsepes 26/28 Aliwal Street Bloemfontein 9301

122 EDNA AUGUSTA HEYS BOEDEL WYLE: EDNA AUGUSTA HEYS In die boedel van wyle Edna Augusta Heys, identiteitsnommer 260227 0036 08 1, pensionaris in die lewe woonagtig in Quanda Care, Bloemfontein, Dok Beyersstraat, Heuwelsig, Bloemfontein, boedelnommer 1958/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf Vrydag 22 November 2013. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde: LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600 Faks 051 403 6714. 122 JAN SIMON ACKERMAN BOEDEL WYLE: JAN SIMON ACKERMAN In die boedel van wyle Jan Simon Ackerman, identiteitsnommer 270131 5008 087, pensionaris in lewe woonagtig by Maartenstraat 22, Universitas, Bloemfontein, boedelnommer: 8482/2013. Kennis geskied hiermee dat die eerste en finale likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae sal lê by die kantoor van die Meester van die Hooggeregshof, Bloemfontein vir 'n tydperk van 21 dae gereken vanaf 22 November 2013. Naam en adres van eksekuteur of gemagtigde. LB SAFFY Honey Prokureurs Posbus 29 Bloemfontein 9300 Tel. 051 403 6600 Faks 051 403 6714.

VERKOPE & BEMARKING 3760

8 full-time sales positions available. We offer: Basic salary: R9 500 plus commisson, fuel allowance, free training, earn as you learn, company overrides and bonuses. Sales experience an advantage. For interview, call Euriza on 051 522 2237 or 079 456 3184 during office hours: 08:00 - 15:30 or SMS name, area and age to 081 801 8082.

VOLG BLOEMNUUS OP JOU SELFOON: Dit is spesifiek só ontwerp dat jy die koerant nou maklik op jou selfoon se skermpie kan lees: http://bloemnuus.mobi.

4205

SOEK, KOOP, VERKOOP


Adriaan Strauss, Cheetah­ en Springbok­rugbyspeler.

Dié sportlui is onder topdrie Rufus Botha NES verlede jaar wys Bloemnuus sy keuse van die beste drie sportlui van vanjaar op plaaslike, nasionale en wêreldvlak aan. Hieronder word die derde bestes bekend gemaak en volgende week (29 November) die naasbestes. Op 6 Desember sal Bloemnuus die sportkonings van 2013 (of is daar dalk ’n koningin?) aangekondig word. Nommer 3 – plaaslik: Adriaan Strauss (rugby): Strauss het vanjaar as kaptein van die Cheetahs sy span tot sy beste Superrugby-reeks nog gelei en hulle aangespoor tot die uitspeelrondes van wat beskou word as die taaiste rugbyreeks ter wêreld. In die uitspeelrondes, waarin die Cheetahs naelskraap teen die Brumbies verloor het, het Strauss sy 200ste eersterangse wedstryd gespeel. Hy word wêreldwyd vir sy

kragtige skrumwerk en skitterende spel in die vastelos geloof en was vanjaar een van die Springbokke se uithalerspelers. Hy was onderkaptein van die Bokke in ses toetse en is nou in die Springbokspan wat in Europa toer. Nommer 3 – nasionaal: Hashim Amla (krieket): Die nommerdriekolwer vir die Proteas is in 2013 as die beste kolwer op die Internasionale Krieketraad (IKR) se ranglys in toetse én internasionaleeendagkrieket aangewys. Hy is die eerste kolwer in ’n lang tyd in wêreldkrieket wat dié onderskeiding kon behaal. Hy is onlangs as Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar (2012-’13-seisoen) aangewys en is slegs die derde speler wat dié eer twee keer kon ontvang. Jacques Kallis en Makhaya Ntini is die ander twee. Amla spog met uitstekende toetssyfers in die 2012-’13-seisoen. Hy het onder meer teen Australië in drie wedstryde

(ses beurte) 337 lopies aangeteken teen ’n gemiddeld van 62,83 lopies. Dit sluit ’n hoogste telling van 196 lopies in. Die res van sy statistieke lees soos ’n sprokie en hy het sy puik jaar opgevolg na ’n eweneens briljante 2011-’12-seisoen toe hy onder meer ’n toets-300-tal aangeteken het. Nommer 3 – internasionaal: Serena Williams (tennis): Sy is só uitmuntend die afgelope paar jaar dat ’n mens skaars haar oorheersing in wêreld-vrouetennis raaksien. Williams het die seisoen begin nadat sy 12 agtereenvolgende oorwinnings op die WTA- (Wêreld-tennisvereniging) 2012-toer behaal het. Sy het vanjaar haar mees konstante seisoen van haar roemryke loopbaan agter die blad deur 13 WTA-eindrondes te haal en 11 titels te wen. Williams het vanjaar die eerste vrou nog geword om meer as $10 miljoen aan prysgeld te verdien.


Bloemnuus 22 11 2013