Page 1

VRYDAG 21 JUNIE 2013

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Boekwurms kan smul

BOEKLIEFHEBBERS sal ver soek vir ’n groep skrywers soos dié op die Vryfees (9 tot 14 Julie op die Universiteit van die Vrystaat se kampus in Bloemfontein). Aan die een kant kreun die skaal swaar onder die land se topbekroondes en aan die ander kant onder die land se besonge lekkerleesskrywers en dié met durf. Die spogprogram, wat 30 skrywers byeenbring, sal nie moontlik wees sonder Van Rensburg-patoloë se borgskap nie (sien advertensie).

Topbekroondes Ingrid Winterbach, wat pas die tweede keer die Hertzogprys ontvang het, kom met haar nuutste roman, Die aanspraak van lewende wesens, fees toe sodat Kerneels Breytenbach haar daaroor kan uitvra. Sy het dié prys ook in 2004 vir Niggie gewen.

Die aanspraak bied ’n priemende blik op twee parallelle reise – ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en suster se ondergang. Deon Opperman, wat die Hertzogprys in 2006 vir sy drama-oeuvre en in 2009 vir Kaburu gekry het, is vir Hartland op die fees. Kerneels Breytenbach het dié kyk-NET-reeks oor

die politiek van transformasie en verset in ’n roman verwerk en dit is waaroor hy en Opperman gaan gesels. Deon Meyer, met buite- en binnelandse pryse te veel om op te noem vir sy talle spanningsverhale, is om sy nuwe vaardigheid as fliekregisseur genooi. Die laaste tango, sy eerste draaiboek, sal vertoon word en deur Etienne Bloemhof en Meyer

self bespreek word. Karin Brynard, wat die UJ-debuut- en M-Net-prys (rolprentkategorie) vir Plaasmoord ontvang het, gaan met haar tweede misdaadroman, Onse Vaders, in Bloemfontein aanmeld en Francois Bloemhof (verskeie ATKV-pryse vir jeugverhale) met Moord in die beloofde land. Bettina Wyngaard – Jan Rabieprys vir Troos vir die gebrokenes en Woordtrofee vir haar gesprek oor Vuilspel – ken die appelplukkers van Grabouw en ken sterk vroue wat ’n

gemeenskap wil red. Daaroor praat sy in Naln en oor Vuilspel met Leana Lategan.

Lekkerleesskrywers Johan van Wyk, jare lange skrywer van die Volksblad-rubriek Stop van myne, stel sy boek So was dit met sy talle humoristiese stories bekend. Elias P. Nel gesels oor die stories agter ons kollektiewe stories, Dana Snyman met Sandra Prinsloo oor hul ervarings as skrywer en akteur, en Jeanne Els oor Samba, haar derde boek met ’n danstema. Hierin wys sy dat ’n mens tog te midde van teenspoed kan dans. S Op www.bloemnuus.co.za gee ons 20 dubbelkaartjies weg na die Vryfees-produksie Hiervandaan met Dana Snyman en Les Javan.

Skildery: “Gala apple with antique books” deur Christopher Stott


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013

Aussies hart-mense

Rainbow Beach is ’n kusdorpie in die suidooste van Queensland en so genoem vanweë die reënbooggekleurde sandduine om die dorp.

gin met ’n oggenddiens waartydens rum met melk gedrink word en Anzac-koekies (hawermoutkoekies) geëet word. Hulle eet beet op hul burgers, iets waaraan ons nou gewoond begin raak.

Ons mense in die vreemde ALEX PRETORIUS is oorspronklik van Philippolis, maar vertel Bloemfontein was hul naaste stad en van kleins af hul “dorp” vir inkopies, rugby, fliek en die teater. Hy was ’n koshuisleerling aan die Hoërskool Sentraal en woon nou saam met sy gesin in Bargara en werk in Bundaberg so 15 km van Bargara in Queensland, Australië. Alex het Theonie Kok meer oor Australië vertel en hoekom hy daar geleer het wat naasteliefde werklik beteken. Wat doen julle daar? Ek is ’n prokureur en ’n geregistreerde immigrasieagent en Estellé, my vrou, werk vir ’n plaaslike televisiestasie. Het julle maklik aangepas? Ja, Bargara is min of meer Hartenbos se grootte en Bundaberg kan vergelyk word met iets tussen Kroonstad en Bloemfontein – dis nie te groot en onpersoonlik nie. As jou lewensgehalte min of meer dieselfde is as dit waaraan jy in Suid-Afrika gewoond is, maak dit die aanpassing makliker. Watter eienskap as Suid-Afrikaner het dit makliker gemaak? Ons liefde vir sport, braaivleis en die buitelug is alles goed wat ons en die Aussies in gemeen het. Ek vind dat Vrystaters en Kapenaars baie gelukkig is hier, ek dink die aanpassing het baie te make met waar jy grootgeword het.

Foto’s: Alex Pretorius

Vertel meer van Bundaberg. Die dorp het sy ontstaan te danke aan die houtbedryf gevolg deur die goudstormloop by Berg Perry. Dit word die Food bowl of Australia genoem vanweë ’n menigte varsprodukteplase en suikerriet. ’n Bekende uitvoerproduk is natuurlik die Bundaberg-rum, asook die Bundaberg-gemmerbier (te kry by Woolworths in Suid-Afrika). Hier is ’n hawe wat uitsluitlik vir uitvoer gebruik word. Bundaberg is bekend vir die Mon Repos Turtle Rookery wat jaarliks duisende toeriste lok.

Alex, Dehan, Marlét en Estellé Pretorius by Tin Can Bay. Mosambiek. Maart tot November is die gemiddelde wintertemperatuur so 23 °C. In die somer van Desember tot Februarie is die humiditeit ontsettend hoog. Ons het al geleer om daarby aan te pas, so ons maak al ons deure en vensters oop sodat die seebries deur die huis trek en koel so af. Hoe leef julle jul kultuur daar uit? Suid-Afrika en sy kultuur sal altyd deel van ons wees. Baie van dit wat ons as kultuur in Suid-Afrika beskou, beskou die Aussies ook as hul kultuur

en is dan verras as hulle besef dis nie regtig “eie” aan Australië nie. Braai is ’n barbie en biltong beef jerky. Hulle is ook lief vir rugby en krieket. Interessante tradisies en gebruike? Hul sin vir humor is vreemd – vir ’n buitestander klink dit asof hulle mekaar beledig, terwyl dit eerder ’n geval is van hoe meer hulle mekaar uithaal, hoe groter vriende is hulle. Op Anzac-dag herdenk hulle die land se nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog by Gallipoli, Turkye. Die dag be-

Australië . . . die soet * Hier is baie vir die gesin om te doen en toegang tot parke is gratis. * Internasionale en binnelandse vlugte is goedkoop. * Die staat betaal vir die meeste mediese dienste en die standaard is

Die weer? Die weer is baie soos in

Die Groot Barrière­rif is ’n gewilde bestemming vir duikers.

hoog (90% van die tyd is die dokter in elk geval ’n Suid-Afrikaner). * Die standaard in die skole is hoog en dis gratis. * Kinders wat universiteit toe wil gaan, kan kies dat die staat hulle subsideer en dit rentevry terugbetaal.

Hoe verskil Aussies van Bloemfonteiners? Hulle is minder formeel en leef gemaklik en reken ons is baie goedgemanierd. Wat mis julle van Bloemfontein? Vriende, die eetplekke insluitend die Spur (Ja, rêrig! Hier is nie restaurante waar jou kinders die plek mag afbreek sonder dat jy aangegluur word nie), die Vrystaat-stadion en die atmosfeer in die strate as daar ’n groot rugbywedstryd is. Raad vir ander? Wees oopkop. Doen dit vir die ervaring en nie omdat jy “genoeg gehad het van Suid-Afri-

en die suur * Die gemis na familie en Afrika. * Aussies hou nie van verandering nie. Jy is nie altyd op dieselfde golflengte as jou kollegas nie, maar as jy weet hoe hulle dink, kan jy strategies wees deur jou voorstelle hulle s’n te maak . . .

ka” nie. Jy sal altyd ’n Suid-Afrikaner bly en nooit jou liefde vir die land verloor nie. Die Aussies aanvaar jou so. Dis die een nasie wat so gewoond is aan nuwelinge dat hulle almal verwelkom, maar hulle raak krapperig as jy konstant verwys na dit wat beter was in jou eie land. Jy’s welkom op voorwaarde dat jy dit aanvaar soos dit is. Watter lewensles het julle daar geleer? Wat gemeenskapsdiens werklik beteken, hoe irrelevant aardse besittings is en hoe vinnig dit van jou weggevat kan word. Met die vloede het ek gesien hoe ’n hele buurt uitgewis word, maar hoe mense saamstaan en kan glimlag ná die tyd. Woonbuurte, luukse motors en titels maak glad nie saak nie en beïndruk niemand hier nie. Hulle hou van jou omdat jy ’n aangename mens is. Gunsteling-gereg: Reuse-garnale. Gunsteling-eienskap van die Aussies: Almal sien om na mekaar. Soveel mense het met die vloede hul hulp aangebied dat die nooddienste hulle moes wegwys. Gunsteling-plek: Daar is te veel om uit te sonder, maar ek is lief vir die eilande soos Fraser-eiland met sy mooi mere, reënwoude en lang strande (een strand is 151 km lank en vliegtuie land op die strand). Gunsteling-rugbyspan: Stormers en Cheetahs (nog nie die Reds nie) . . . * Gaan kyk na nog foto’s by www.bloemnuus.co.za.


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013 3

Kaap nou huis

Oase _______ DIE volgende aanhalings bly Deirdre Havenga, ’n Bloemnuusleser, oor die jare heen by:

* Die mens is die enigste dier wat kan bloos, en die enigste wat nodig het om te bloos. – Mark Twain

* Wasch mij en ik sal witter zijn dan sneeuw. – Psalm 51:9

* It is essential that we enable young people to see themselves as participants in one of the most exciting eras in history, and to have a sense of purpose in relation to it. – Nelson Rockefeller

* Live in such a way that if anyone should speak badly of you no one would believe it. * Lots of people want to ride with you in the limo, but what you want is someone who will take the bus with you when the limo breaks down. – Oprah Winfrey * Ek glo . . . Help my in my ongeloof. – Markus 9:24 As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie. – Psalm 62:11

Andy Galloway, voormalige stigtingsredakteur van Express (foto onder), is deesdae ’n Kapenaar. Jens Friis

tein? Soms mis ek die bekende. Ek mis my vriende in die Vrystaat en ek mis die donderstorms en groot, oop lug. Maar ek is baie gelukkig waar ek nou is.

ANDY GALLOWAY, voormalige stigtingsredakteur van Media24 se Express-koerant, het in 2011 vroeg afgetree en is sak en pak vort uit Bloemfontein. Waar bevind jy jou nou? Ek is sedert November 2012 ’n Kapenaar. Ná my uittrede by Media24 het ek amper ’n jaar op Clarens en Excelsior rondgeswerf voordat ek vir my ’n plekkie in die Moederstad gekies het – of liewer – voordat ’n plek my gekies het. In Bloemfontein het jy as joernalis, kunstenaar en musikant naam gemaak. Waarmee hou jy jou nou besig? Met ontdekking, meestal. Ek het myself belowe om nooit in ’n groef te beland nie en ook om altyd te doen wat ek voel ek wil doen. Dit is vir my belangrik om nuwe horisonne te ontdek, om nuwe dinge te doen en om myself nie te beperk deur die bekende nie. Die Kaap is

Wen!

DIE volgende lesers het gewen: * Wasgoed op die Vryfees: Marie Cronjé, Leandra Lee Thompson, Erin Kolesky, Maria Bezuidenhout. * The power within companion: Kerry Kruger. * Karel Schoeman: Cecilia Shead. * Te veel vir ’n coloured girl: Este Prins en Barend van der Merwe. * Eye of the Firestorm: Strength lies in mobility: Louisa Klopper. * Laurika, Dorothy en Zoid – Liedjie vir jou: Talita van den Heever, Susannie Odendaal, Gina du Preez, Brink Kern.

ideaal vir ontdekking – die reis na binne en na buite. Skryf en skilder jy nog? Maak jy nog musiek? Ja, maar my pennevrug, paintings, en musiek is anders as wat dit was toe ek in die Vrystaat gewoon het. ’n Mens se omgewing beïnvloed jou kuns heeltemal. Maar ek doen nou veel meer as net dit. Elke dag is ’n ontdekkingsreis. Besoek gerus http://andycrystal3.wix. com/andyg om my nuwe

boeke en kuns te sien. Wat geniet jy die meeste van die Kaap? Die Kaap is ’n wêreldbestemming. Ek verdrink in die vreugdes van al die kulture, tale en mense van oor die wêreld heen wat hier aandoen. Ek is mal oor die natuurskoon, die see, berge en selfs die weer. Ek is nou nog see-verskrik en is byna daagliks langs die een of ander strand. Wat mis jy van Bloemfon-

Jy het baie gemeenskapswerk in die Vrystaat gedoen. Hoe betrokke is jy by die Kaapse gemeenskap? Baie. Mense het my gewaarsku dat die Kaap ’n geslote gemeenskap is en dat jy sukkel om “in te kom”. Ek het net geredeneer mense is mense, maak nie saak waar hulle woon nie. Ek het fantastiese nuwe vriende van verskeie kulture, lande en gemeenskappe gemaak. Ek gee gratis swemlesse aan volwassenes by die plaaslike gimnasium, gee lesings oor selfverryking en het my by verskeie klubs en groepe aangesluit. Ek werk nou aan ’n hulpfonds vir belowende studente. Ek fokus op die volgende: Be infinitely kind en You can do anything.

* A word of encouragement during a failure is worth more than an hour of praise after success. * Dreams are but thoughts until their effects be tried. – William Shakespeare Writing is making sense of life. You work your whole life and perhaps you’ve made sense of one small area. – Nadine Gordimer


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013

Die bruidspaar Nicolené en Stef Krüger afgeneem by die Bloemfonteinse brandweerstasie.

Foto: Gerhard Steenkamp

VS-troufoto’s

Koos en LaRochelle Olivier (Slightly Nutty).

Foto: www.photowizz.co.za

DIT blyk dat troufoto’s waarin ’n mens iets van die Bloemfonteinse/Vrystaatse omgewing kan herken van die gewildste in Bloemnuus is. Dit is dus duidelik: Bloemnuus-lesers is trots op hul omgewing. As jy onlangs getroud is, stuur jou mooiste troufoto (nie swartwit nie) na jens.friis@media24.com. Dit sal jou niks kos nie. Belangrik: Die foto moet tussen 1 MB en 6 MB groot wees. Noem wie op die foto is, waar dit geneem is en wie die fotograaf is. Die troue hoef nie in Bloemfontein te gewees het nie, maar jy moet in Bloemnuus se verspreidingsgebied woon. Nog troufoto’s by www.bloemnuus.co.za.

Elmo en Jeanine Smalberger (Oranje­gasteplaas).

Foto: Laurika’s Photography

Johan en Mari Theron (Reyneke­park).

Foto: Liza Crawley

Riaan en Leonie van der Berg.

Charmaine Venter en Tobie Froneman (Sandstone Sleeper Estate).

Foto: Rozelle Laubcher

Foto: Liza Crawley

Gary en Zelde Nichols (The Willows).

Foto: Tania Calldo

Hardus en Jean­Mari Strydom (The Wil­ lows).

Cassie en Elsje Krüger (The Willows).

Foto: Ernie van Rooyen


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013 5

VIER SES DEKADES: Die 60ste verjaardagviering van die Alliance Française de Bloemfontein is op Vrydag 7 Junie met ’n dinee by die Anta Boga Boutique­hotel gevier. Hier is Avner Cohen (eggenoot van die ambassadeur), dr. Daleen Krige (presi­ dent van die Alliance Française de Bloemfontein), Elizabeth Barbier (ambassadeur van Frankryk), Louise Coetzee (adjunk­president van die Alliance Française de Bloemfontein) en Patrick Parrot (taalattaché van Frankryk).

Taal kan terugbyt Jens Friis MET dié dat handelsware al makliker oor die wêreld heen versprei word, word dit vir ondernemings met internasionale ambisies van kernbelang om op name te besluit wat die regte betekenis in ’n ander taal dra. Met die Olimpiese Spele in Sydney het die Australiërs blykbaar lekker agteraf gelag vir die Kanadese atlete wat geklee was in klere van die winkelgroep Roots. In Australiese omgangstaal beteken “root” om seks te hê. Die gevolge is dikwels komies, maar die sakeimplikasies nie. Motormaatskappye swoeg al jare met dié probleem. Rolls-Royce moes die naam van sy Silver Mist in Duitsland na Silver Shadow verander, want “der Mist” beteken “vullis” in Duits. Chevrolet het dieselfde probleem in Latyns-Amerika gehad met sy Nova. In Spaans beteken “no va” dat iets nie werk nie. Daarom is die motor in Spaanssprekende lande tot die Caribe herdoop. As in ag geneem word hoeveel geld aan rekla-

meveldtogte bestee word, is dit verstommend dat sakeondernemings nie hul huiswerk beter doen wanneer hulle internasionaal uitbrei nie. Daar is talle voorbeelde waar sake-ondernemings dalk nie sensitief genoeg was vir ander tale nie. Sommige is uit How the Cadillac Got its Fins deur Jack Mingo en Do’s and Taboos of Using English Around the World deur Roger Axtell: In China is Kentucky Fried Chicken se vingerlek-lekker-slagspreuk vertaal as “So lekker dat jy jou vingers sal opeet”. Perdue Chickens wou die Mexikaanse mark betree met die slagspreuk “Dit verg ’n taai man om sagte hoender te maak”. Die vertaling was vreemd: “Dit verg ’n viriele man om ’n hoender seksueel te prikkel.” Pepsi se “Come alive with the Pepsi generation” is in Taiwan geïnterpreteer as “Pepsi sal jou voorouers van die dood laat terugkeer.” Reebok moes sy Incubus-drafskoene vir vroue herdoop nadat dit aan die lig gekom het dat Incubus verwys na ’n bose gees wat vroue in hul slaap verkrag.

tive c n i t is the d

SAVE THOUSANDS WITH UP TO 36 MONTHS TO PAY Valid from 14 June - 7 July 2013

Gardenia

A classic Italian style high-gloss suite consisting of two arm chairs, six side chairs, a butterfly extension table and a matching buffet and hutch.

save R7 000 R1288

x 36 months

*credit price R46 368 from 14% interest PA deposit R3 600 • cash R35 999

Vienna

A beautifully crafted distinctive suite that comprises of a headboard, two pedestals, mirror and a large dresser with ample storage space.

save R2 000 R1026

x 36 months

*credit price R36 936 from 14% interest PA deposit R2 800 • cash R27 999

New Thomas

This Italian designed unit is finished off in high-gloss mahogany and features beautiful design elements such as curved doors and patterned borders.

Ambassador

GNR0613_002

This walnut-finished suite offers elegance, style and comfort. Originally designed in high quality leather uppers.

save R2 000 R731

x 36 months

*credit price R26 316 from 14% interest PA deposit R1 900 • cash R18 999

*Terms, conditions and affordability rules apply. Monthly instalments, credit prices and interest rates may vary from those advertised. Initiation, service fees and insurance applicable. A deposit may be required. African Bank is an authorised financial services and registered credit provider. NCRCP5. Reg no. 1975/002526/06. Offers valid from 14 June - 7 July 2013. For enquiries call our Customer Support Desk: 0861 100 151 or 010 201 2908. Visit us now: www.geenrichards.co.za. These offers cannot be used in conjunction with any other promotional offer. All prices include VAT. Accessories not included in price unless otherwise stated and may not be available in all stores. Errors and Omissions Excepted. Ellerine Furnishers (Pty) Ltd is an Authorised Financial Services Provider.

save R5 000 R764

x 36 months

*credit price R27 504 from 14% interest PA deposit R2 000 • cash R19 999


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013 7

Dolla is diep Die skerpsinnige en immergroen Dowwe Dolla kom Vrystaat toe, en JENS FRIIS het haar voor haar twee shows opgesoek. In die titel van jou nuwe show noem jy dat jy diep dink. Wat het dit veroorsaak? Wel, ek was altyd ’n bietjie bang om te dink, want die rede dat die meeste vroue single is, ís omdat hulle dink, maar die ding is: Ek het begin moeg raak vir al die belaglike “blonde jokes”. Dinge soos: Het jy gehoor van die blond wie se brein haar ge-sue het vir non-support? Sulke goeters. En as ’n mens nie lag daarvoor nie, dan dink hulle jy vang dit nie. So, ek het besluit om oor my blonde stand van sake te begin opswot. Besef jy dat daar mense daar buite is wat jou as ’n belangrike politieke kommentator beskou? Ai weet jy, dis regtig ook nie my skuld nie. Ek het al hoeveel keer vir mense probeer verduidelik ek het nie die vaagste benul van wat in die politiek aangaan nie. Al rede waaraan ek kan dink, is dat die

politici nog meer verward as ek is. Ek sien Steve worstel met dieselfde uitdagings. Ek het dieselfde probleem op skool met my wiskunde-onderwyser gehad. Ek het hoeveel keer vir hom gesê hy moenie my antwoorde letterlik opneem nie. Wat het jou laat besluit om Bloemfontein toe te kom? Nuuskierigheid. Ek meen, Bloem het die duurste website in die Suidelike Halfrond, miskien selfs in die wêreld. Ek het nooit geweet daar is so baie om te doen hier nie. As my show klaar is, dan storm ek die strate in om na alles te gaan kyk. En wat kan mense verwag wat na jou show toe kom? Dolla se opinie oor Afrikaanse liedjie-lirieke, middle-laged alpha males, renosterhorings . . . en my innige simpatie met die gehoor omdat hulle nie DStv het nie. Dolla, gaan jy ons ooit verlaat? Natuurlik nie. Ek is proudly Sêf African. Ek sê aljimmers die mense moet ophou kla. As jy byvoorbeeld

nou buite kom en jou kar is nie meer daar nie. Moenie kwaad wees nie. Wees trots Suid-Afrikaans en vat die ene langsaan. So, jy wil nie Hollywood toe nie? America? Nee wat, Obama kom dan nou hier vir ons kuier. Maar Zumpies sê die parliament het nie tyd vir hom nie, want die program is te vol. Ai, Barack, deesdae help dit nie eens dat jy swart is en van Kenia af kom as jy belangrik wil voel in Suid-Afrika nie. Jy sal jouself maar moet géél verf, en vir vroulief Michelle vra om vir jou so ’n paar skrefies-ogies met haar eye-liner te teken . . . of verander jou van net na Gupta. Ek sê altyd: Who needs American Dollars if you can have South African Dolla?! Dowwe Dolla tree hier op: * Vrydag 28 Junie in die Edenburgse stadsaal (083-704-0099), en * Saterdag 29 Junie in Bloemfontein by die Aasvoëlklub. (079-7967975).

1978VA/E

‘Jonk’ op 90 j. Marisa Fockema

’n GROOT familiefees is gehou om oupa Tok Steyn van Bloemfontein se 90ste verjaardag te vier. Sy 6 kinders, 13 kleinkinders en 8 agterkleinkinders het spesiaal van die Kaap, Bloemfontein en Johannesburg na Vanderbijlpark gereis om sy verjaardag op 23 Mei daar te vier. Oupa Tok, wat al sedert 2002 in die Welgedacht-aftreeoord in Bloemfontein woon, is ondanks sy grys kop nog jonk van gemoed. Hy is ’n kranige Cheetah-ondersteuner en is die enigste man wat weekliks saam met 22 vroue in die aftreeoord bingo speel. Volgens sy dogter Estel- Oupa Tok Steyn het onlangs sy 90ste verjaardag saam met le Nortjé van Vanderbijl- sy 6 kinders, 13 kleinkinders en 8 agterkleinkinders gevier. Foto: Verskaf park lees sy lewe soos ’n avontuur met staaltjies oor Stellenbosch, Pretoria, Windhoek, Hen“Daar waar die maan so helder is dat jy die tiesbaai en Bloemfontein. koerant kan lees,” sê hy. Oupa Tok vertel graag stories, hou van reis Sy kleurryke lewe en liefde het Anton Myen is gek na die veld. burgh, bekende Afrikaanse sanger, genoeg reWanneer hy die langpad aandurf, sit hy al- de gegee om ’n liedjie oor hom te komponeer tyd links voor in die motor met ’n bier in die wat op twee albums ingesluit is. hand. Oupa Tok se beste raad is twee OvamboDrie jaar gelede, toe hy 87 jaar oud was, het woorde, ino fundja en ino yaka, wat beteken hy saam met van sy kinders ’n nostalgiese ’n mens moenie steel nie en ’n mens moenie toer onderneem die Van Zylspas in Kaokoland lieg nie. deur waar hy dikwels as jong man gaan uitHoewel hy reeds baie spruite onder sy vlerk span het. het, sien hy kans vir nog. Soos in sy jonger dae wou hy nie in ’n tent “Onder my kleinkinders is daar nog net drie slaap nie, omdat hy die ope lug verkies. broeipare – so daar gaan nog baie kom.”

get 25% off winter.

to make being active a little easier, we’re giving you 25% off june, july and august when you join virgin active this month.

Oggend propvol vermaak ’n OGGEND vol vermaak wag môre tussen 09:00 en 13:00 in die Southern-sentrum, Fichardtpark. Kom ontmoet Smurfie in ’n kindervertoning. Pryse is te wen as jy die meeste serpe in een uur kan brei. Skryf aan Jolandie Myburgh by blackwhi-

te@mweb.co.za as jy jou wil inskryf. Verder is daar ook ’n Money or the Box Show – alle klante kan vir Junie strokies in ’n boksie gooi en die finaliste sal getrek word wat op die dag kan meeding. Die hoogtepunt sal ’n trolley run wees in die sentrum waar die wenner 60 minute kry om R3 000 te bestee.

Kimberley: 053 831 7690 or SMS ‘active’ & your ‘suburb’ to 31022 and we’ll call you. See virginactive.co.za/conditions for terms.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013 9

DIE besigheid is in Junie 1985 deur Justice Williamson en slegs drie ander personeellede gestig. Die personeel het gegroei soos die onderneming oor die jare heen gegroei het. JJ Motors het by die AA betrokke geraak en is ook ’n AA Quality Assured Workshop vanaf 1994. JJ Motors is in 1997 as die Runner-up Tow-in Contractor of the Year aangewys, waarop die onderneming baie trots is. Dit bewys die vasberadenheid om die beste moontlike diens aan kliënte te verskaf. Die personeel het so gegroei dat, ná 15 jaar op dieselfde perseel, die onderneming na Hillstraat 15 getrek het waar dit 17 jaar was. JJ Motors verhuis nou na Hillstraat 11, Bloemfontein. Daar is drie gekwalifiseerde motorwerktuigkundiges in die werkswinkel en drie algemene werkers, terwyl die administrasie deur twee vroue bedryf word. JJ Motors se eie voertuie word deur die personeel in ’n puik toestand gehou. Die Liewe Heer was vir JJ Motors baie goed oor die jare en die onderneming het op Sy krag en leiding gesteun in al sy besigheidstransaksies. Dit is met baie trots in die onderneming en sy personeellede dat JJ Motors sy dienste aan die publiek lewer. Kliënte kan verseker wees van JJ Motors se heel beste diens te alle tye.

SPRINGKASTELE en

WATERWURMS

Splinternuwe adres vir JJ Motors JJ Motors verhuis na Hillstraat 11, Bloemfon­ tein. Die on­ derneming beskik oor ’n span wer­ kers met jare se ondervin­ ding. Foto: George Adams

Sokkerkasteel, Spiderman, Barbie, Krokodil, Shrek, Gladiators, Tropical Island, Barney, skuimput. Aktiwiteitskastele. Kastele met glybane

HOË GLYBANE. BOOT, 3-IN-EEN.

SKAKEL RINA by 051-4461361

CASH FOR GOLD We pawn Kruger Rands, diamonds and Rolex watches 9ct R130/g 18ct R260/g 082 345 6711

Kanaries te koop, R120 elk. ( 083 407 1465.

Afdakke, onderhoud, 'dry wall', verf, loodgieters- en houtwerk. 082 814 3731. Gratis wegry van u oortollige goed.( Willem 084 520 6024.

Bou van kombuise, kamerkaste, TV-eenhede en nog vele meer...

• Verskaf/insit van gelamineerde houtvloere. • Skaaf en draai van nuwe hout. • Kaste word ontwerp met rekenaar gebaseerde sagteware. • Knotty pine-plafonne. Sarel: 082 822 1096 E-pos: woodyman@mweb.co.za

INGEBOUDE KASTE:

Kombuiskaste, rakke, teël- en verfwerk. Gratis kwotasie. Skakel Braam by 071 492 9470

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

SLEEPWAENS TE HUUR/TRAILER HIRE. SKAKEL/CALL: 081 270 1381 OR 051 433 7803. AAA-kwaliteit- INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls' (herstel van plafonne), matte ('carpet tiles' en volvloermatte), gelamineerde vloere, gratis kwot.(079 581 6654.

Te koop: Geely MK 1.5 luikrug, 2011, met 28 000 km, silwer. Skakel Lanie na ure by 083 281 7506.

BOME SNY en tuinvullis verwyder. 40% afslag. Skakel Joubert 083 240 7905.

TUIN- en huishoudelike vullisverwydering vanaf R230 per vrag. Skakel Thys 072 391 3781.

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE PAYOUT (lump sum only) CASH SAME DAY

086 1101 388 083 6700 788 Loans up to R100 000 and settle debt. Blacklisted and garnisheed clients welcome. Call Vuyelwa 076 221 4090/Lindiwe 072 370 0136. Need a cellphone contract? BLACKLISTED welcome. To apply sms or call Emely 083 753 0070.

BENODIG 'n senior dame met eie vervoer en pensioen vir versorging van bejaarde dame. Huisvesting beskik teen R400 p.m. Skakel 083 265 1569 alle ure. (Bfn).

Ek is op soek na 'n au pair om by ons te kom bly en werk in Dubai ( UAE) vanaf 1 Oktober 2013, vir 1 jaar. Werk gaan behels hulp met kinders ( 6 jarige seun, 3 jarige dogter en nuwe baba), asook huistake soos skoonmaak en stryk. Au pair moet ook SA-rybewys hê, asook SA-paspoort. Moet in Afrikaans kan kom-munikeer. Kontak my asb per e-pos. Corneli van den Heever. Gevestigde gordyn- maatskappy benodig die dienste van installeerder met geldige rybewys. Moet tegnies aangelê wees. 051 436 0746 / 082 557 4966 Gevestigde gordyn- maatskappy benodig die dienste van gekwalifiseerde naaldwerksters, toesighouers, snyers, masjienwerkers. Ondervinding van industriele masjiene. 051 436 0746.

Rekenmeestersfirma

1) Baie netjiese 60-m²kantore in Eerstelaan. Onmiddellik beskikbaar. 2) Pragtige kantore: Brillstraat. 185 m². Onmiddellik beskikbaar. 3) 113-m²-kantore/ besigheidsperseel. H/v Zastron- en Pres. Brandstraat. Onmiddellik beskikbaar. 4) 65-m²-kantore: Kellnerstraat. Onmiddellik beskikbaar. 5) ±130-m²-kantore: Zastronstraat. Pragtig. Beskikbaar op kort kennisgewing. Vir meer besonderhede skakel: ............... Schalk 082 579 1845 .................. Hantie 051 448 9431................... Louw 083 391 8316..................... EDRIC TRUST

Winkelperseel te huur in hoofstraat, Nelson Mandelarylaan 49. Grootte 440 vk m met 70vk m-kantore.( Paul by 083 675 7118 of Harry Willson 011 434 7000 kantoorure.

benodig die dienste van n kandidaat met die volgende ondervinding: * Opstel van finansiële state. * Berekening en nasien van BTW-opgawes.

Faks CV na 086 571 8777.

AANDAG

ALLE ADVERTEERDERS Die gebruik van die letter

"A", leestekens soos "!" of "*" of die gebruik van syfers met die doel om die advertensie na die bopunt van die klassifikasie-lys te skuif, is streng verbode. SMALLS NOTICE


10

BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013


BLOEMNUUS, VRYDAG 21 JUNIE 2013 11

Hou Chris dop

Dagboek WAT gebeur wanneer, waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Hou ook ons Facebook-blad dop, want ontwikkelings op die plaaslike sosiale front word gereeld hier aangekondig.

CHRIS PRETORIUS, ’n mediese verteenwoordiger met ’n uitmun­ tende stem en verhoogpersoonlikheid, is Bloemnuus se Spontaan 2013­wenner. Hy sal nou op die Vryfees teen die wenners van die ander plaaslike koerante meeding. Volgende week word ’n onder­ houd met Chris in Bloemnuus geplaas. Video’s van die deelnemers is op www.bloemnuus.co.za te sien.

VRYDAG 21 JUNIE: S Laaste skooldag van tweede kwartaal in die Vrystaat. S Simon & Garfunkel Tribute deur Marcato om 19:30 in Innie Skuur, Langenhovenpark. Kaartjies is teen R120 by Kiki Corner (Langenhovenpark), Izami-bloemiste (Baysvillage) en Music Inc (North Ridge Mall) te kry. Skakel 079-387-3614. S Solstice, 07:04. S The Stones Tribute, Rock Spiders om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies by Kiki Corner (051-446-5666). S Oh La La, kabaret, om 21:00 in die Windmill-casino. S Platteland Preview-kunstefees op Smithfield. Bel Zaza Pieterse by 078465-7813. S Social Fun Darts at The Old Shute, 1 Lang Street, Hilton, from 18:30. Call Pieter on 071-876-6226. S Yãde vier om 18:30 sy vyfde verjaardag op ’n James Bond-glansdinee in Tuscan Rose. Kaartjies kos R200 per persoon. Bel Magda by 083-471-3190. SATERDAG 22 JUNIE S ’n Oggend van vermaak tussen 09:00 en 13:00 in die Southern Centre Fichardtpark. Kom ontmoet Smurfie, ’n kindervertoning, word aangebied. Pryse is te wen as jy die meeste serpe in een uur kan brei. Kontak Jolandie Myburg by blackwhite@mweb.co.za as jy jou wil inskryf. Daar is ook ’n Money or the Box Show – klante kan strokies in bokse gooi vir Junie en finaliste sal getrek word wat op die dag meeding. Die hoogtepunt is ’n Trolley Run in die sentrum waar die wenner 60 minute kry om R3 000 te bestee. S Dan Patlansky om 20:00, Aasvoëlklub. Kaartjies by Kiki Corner (051446-5666). S Gholfdag ten bate van Yãde op Schoemanpark teen R150 per persoon of R2 000 per putjie; + 4 bal. Bel Willem by 082-079-7966.

Die foto is die wenner in die Windmill­casino­en­vermaaklikheidsen­ trum se fotokompetisie met die oog op Vadersdag. Yolanda Minnie, vrou en ma van Christo en John­Daniel, het dit gestuur. Dit is geneem op ’n gasteplaas buite Bloemfontein. Die foto’s van die ander fotoprys­ wenners verskyn op Bloemnuus se Facebook­blad. FRIDAY, 28 JUNE S Crystal Clear’s Trip Down Memory Lane (hits from the 60’s through to the 80’s) at Innie Skuur at 19:30. Tickets cost R80. Phone 079-387-3614. S Social Fun Darts at The Old Shute, 1 Lang Street, Hilton, at 18:30. Call Pieter on 071-876-6226. SATERDAG 29 JUNIE S Dowwe Dolla om 20:00 in die Aasvoëlklub. Kaartjies te kry by Music Inc (051-433-3439). S Mnr. en Mej. Bloemnuus Brandwag July van 09:00 tot 13:00. Deelnemers moet tussen drie en ses jaar oud wees. Inligting oor die geleentheid by blackwhite@mweb.co.za. S Bloemnuus Brandwag Young Designers-kompetisie: Jong ontwerpers mag hulle inskryf en moet ’n rok met die July-tema ontwerp. Ontwerpers moet eie modelle voorsien om rokke

te vertoon. Inligting en inskryfvorms by blackwhite@mweb.co.za. Ontwerpers en verhuringshuise sal matriekafskeidgeselligheidsrokke en aanddrag uitstal en matriekafskeidsgeselligheidsrokke sal gemodelleer word. Almal wat in die week by die Brandwag-sentrum inkopies doen kan betaalstrokies in bokse in die sentrum gooi. Op die dag word ’n Bet on a horse-kompetisie vir die publiek gehou. Groot pryse, asook sentrum-koopbewyse, is op die spel. MAANDAG 8 JULIE S Laurika, Dorothy & Zoid: Liedjie vir jou om 19:00 op die Vryfees in die Callie Human. R150 per kaartjie. Vir inligting besoek www.vryfees.co.za. S Stuur inskrywings in die bostaande formaat na jens.friis@media24.com. Dit is gratis.

SUNDAY, 23 JUNE S Laylatul Baraat (Night of Emancipation), Islamic Holy Day. MAANDAG 24 JUNIE S Skenk bloed tussen 10:00 en 18:45 in die Victorian Square-skenkersentrum (President Reitzstraat en Tweede Laan). Skakel 051-447-7276. DINSDAG 25 JUNIE S Skenk bloed tussen 09:00 en 18:45 in die Pick n Pay Hipermark-skenkersentrum (Winkel 4, Benaderylaan, Fichardtpark). Skakel 051-522-7679. S Flagstone Food & Wine Pairing Evening, De Oude Kraal Dorpshuis (16 Brebner Road, Westdene), 18:30. Costs: R245 per person. Booking essential. Call Marie-Louise Lombard (082-562-1217). S Wintervakansieprogram: Bainsvlei-biblioteek, Boerneefstraat, Langenhovenpark. Oom Lawrence van die dieretuin gesels tussen 10:00 en 11:00 oor die diere wat hy saambring. Skakel 051-446-3180. WOENSDAG 26 JUNIE S Loui Fish hou ’n boekbekendstelling in die Aasvoëlklub. Kaartjies by Music Inc (051-433-3439) te kry. S Oh La La, kabaret, om 21:00 in die Windmill-casino. S Wintervakansieprogram: Bainsvlei-biblioteek. Poppekas tussen 10:00 en 11:30 met Tannie Jo-Marie en Stefaans Tandemuis. Bel 051-446-3180.

Hulle was by die beoordelingsaand betrokke: Greg Bradfield (klankman), beoordelaar Jens Friis (redakteur van Bloemnuus), Nico Gous (webmeester en video’s). Voor staan beoordelaar An­ kia Bradfield (oud­Mev. Bloemfontein en finalis vir Mev. Verenigde Nasies) en beoordelaar Marnie van Wyk (vakadviseur: kuns aan die Vrystaatse onderwysdepartement). Foto: Marinus Mulder

DONDERDAG 27 JUNIE S Roux Cloete om 20:00, Aasvoëlklub. Kontak Music Inc (051-433-3439). S Karaoke om 20:00 in die Windmillcasino. S Kunskothuis-en-oudhedemark op Hennenman. Bel Teresa du Plessis by 084-205-7915. S Wintervakansieprogram van die Bainsvlei-biblioteek. Die Mobiele Museum maak ’n draai tussen 10:00 en 11:00. Skakel 051-446-3180.

Hulle weet hoe om boeremusiek te maak: Ryk Kleinhans (kitaar), Thinus Beneke (banjo), Lean Lategan (konsertina), Santjie Louw (onderwyser), Hanro Venter (tromme), PJ Bosman (akkordeon), Dirkie Laas (konsertina) en Handré Venter (baskitaar).

Weer die beste

GREY-KOLLEGE (PRIMÊR) se boereorkes het verlede naweek aan die Boeremusiekgilde se streekkompetisie in Pretoria deelgeneem en is as die wenner in die laerskoolafdeling aangewys. Die orkes verdedig al die afgelope paar jaar die titel suksesvol. Die drie beoordelaars, Johan van Vuuren, Willie Sanders en Fanie Botha, almal uitstekende musikante, was dit eens dat die

orkeslede baie netjies gelyk het en beslis die beste skoleorkes vir die dag was. Die boereorkes se vier verskillende stukke is in eg tradisionele boeremusiekstyl gespeel, naamlik vastrap, seties, wals en polka. Ná die beoordeling is die orkes gevra om nog op te tree, omdat dit Jeugdag was. Die gehoor (en ouers) het lekker op maat van die boeremusiek gedans en gewys waar die seuns se talente vandaan kom.


Verwerf VS­kleure Dié leerlinge aan die Laerskool Universi­ tas het Vrystaat­ kleure in skaak ver­ werf. Van links is, voor: Hané Zeeman, Arno Griesel en An­ cke Boshoff; agter: Juwen Potgieter en Michael Osborne.

Druk sy stempel af Johan Kleingeld ANDRIES MALAN, wat onlangs nog ’n junior was, het in die afgelope Kaap-kategorie 1-ope sy stempel behoorlik afgedruk. Hy het uit die skaduwee van die Dednam-broers en Wiaan Viljoen getree en het die Kaapse ope algeheel oorheers deur die enkel-, dubbel- en gemengde dubbelspel te wen. Daar is voorwaar net nie einde aan die Vrystaat se pluimbaltalent nie. Die Vrystaat was ’n bietjie in die knyp vir die belangrike toernooi met Wiaan Viljoen wat in Indië was om aan die Indiese pluimbal-premierliga deel te neem en Chris Dednam wat hom weens familie-redes moes onttrek. Andries het egter die skoene van dié ervare spelers met gemak gevul en gewys dat hy in die volgende paar jaar die Vrystaat se nuwe ster kan word. Hy het nie net die spanning goed hanteer nie, maar geblom onder die ekstra verantwoordelikheid en alle teenstand uit die weg gevee. Andries het sy kragtige mokerhoue ingespan nadat hy sy teenstanders eers uitoorlê het met strategiese en geduldige houe. Ook Elme de Villiers se spel was

só goed dat die vroue nie vir haar kon kers vashou nie. In die eindstryd het sy haar Gautengse teenstander eenvoudig van haar voete gespeel deur ’n goeie kombinasie van aanval en verdediging. Dit is moeilik om te sien dat iemand Elme weer die res van die jaar gaan skrik maak. Die Vrystaat het uiteindelik 80% van die goue medaljes gewen en is goed op pad om die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Oktober heeltemal te oorheers. Die uitslae: Mans-enkelspel – Andries Malan (Vrystaat) klop Jamie Mc Manus (WP) 21-17, 21-15. Vroue-enkelspel – Elme de Villiers (Vrystaat) klop Michelle Butler-Emmit (EG) 16-21, 21-17, 21-15. Mans-dubbelspel – Andries Malan/Jimmy Rujevic (Vrystaat) klop Jamie Mc Manus/Patrick Kamer (WP) 19-21, 21-6, 21-17. Vroue-dubbelspel – Jade Kamer (WP)/Jen Fry (NG) klop Lee-aan de Wet/Shereen Matthews (WP) 21-16, 21-8. Gemeng – Andries Malan/Annari Viljoen (Vrystaat) klop Dorian James/Lee-aan de Wet (WP) 21-17, 21-13.

Cycling to stardom Raymond van der Walt, a pupil of the Fichardtpark High School in Bloemfon­ tein, has been selected as May’s Bloemnews SuperSport Let’s Play Sports Star of the Month for his achievements in cycling. Send your Let’s Play Sports Star nominations for school learners between the ages of 6 and 18 to supersport@zpr.co.za or phone 051­430­3027.

www.bloemnuus.co.za

Atlete na Lyon vir SA Rufus Botha SPORTLUI van Bloemfontein met fisieke en visuele gestremdhede het deesdae ’n groot teenwoordigheid in die nasionale sportarena. Ses Bloemfonteinse atlete sal in die volgende paar maande op die wêreld-atletiekkampioenskaps- (vier) en wêreld-driekampkampioenskapsbyeenkoms (twee) vir Suid-Afrika hul staal toon. Dup du Plessis, bekende naellope- en hekkies-afrigter van Bloemfontein, is ook deel van dié atletiekspan (23 mans en nege vroue) wat Sascoc verlede week bekend gemaak het om aan die sesde IPC-wêreld-atletiekkampioenskapsbyeenkoms vir gestremdes in Lyon, Frankryk, deel te neem. Die voormalige wêreldrekordhouer en Paralimpiese kampioen Teboho Mokgalagadi (T-35-klassifikasie) het waarskynlik die beste kans om ’n medalje in Lyon te ontvang, want die ander drie atlete is nog redelik onervare. Mokgalagadi, wat in 2004 op die Paralimpiese Spele in die 100 m en 200 m goud verower het, het op die nasionale kampioenskapsbyeenkoms vir die 100 m en 200 m met onderskeidelike tye van 14,00 en 29,21 vir die byeen-

koms in Lyon gekwalifiseer. Die 22-jarige visueel gestremde Jacques de Bruyn (T-13) het die nasionale titels in Pretoria in sy klassifikasie in die 100 m en 200 m in haastige wentye van 11,14 en 22,61 beklink en sal in die einste nommers in Lyon aantree. Die Hoërskool Fichardtpark se Juanelie Meyer (T-38) het in Pretoria ’n goue driekuns behaal in die 100 m (15,00), 200 m (13,92) en verspring (3,84) en vir die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in die 100 m gekwalifiseer. Die blinde atleet en student by Kovsies Louzanne Coetzee (T-11) het ook ’n goue driekuns op die nasionale byeenkoms losgehardloop. Sy het eers die 5 000 m (22:06.43) gewen en net ’n paar uur later die kwalifiserende tyd (3:15) in die 800 m vir deelname aan die wêreldkampioenskap loshande met 2:53.75 oortref. Coetzee, wat minder as ’n jaar aan baanatletiek deelneem, sal in Lyon haar gereelde gids, Rouxné Vermaak, langs haar hê. * Nog twee Bloemfonteinse atlete met fisieke gestremdhede, Anton Swanepoel en Nicholas Newman, is intussen ingesluit in Driekamp Suid-Afrika (TSA) se span om in September die land op die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Londen te verteenwoordig.

Volg ons ook hier

VOLG Bloemnuus nou ook op jou selfoon by http://bloemnuus.mobi.

Bloemnuus 21 06 2013  

Bloemnuus 21 06 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you