Page 1

VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA

GRATIS

Celebrated

Op die spel

Grotes saam

Tribute to Celine Dion at Windmill

Wen 20 kaartjies na môre se rugby

Mafikizolo, en Zahara in Vista Arena

p. 4

bl. 16

bl. 4

Taiwan pulse in Bfn DESCRIBED as “breathtaking, dazzling and mesmerising”, the celebrated Taiwanese percussion group Ten Drum concludes its South African tour in Bloemfontein’s Odeion on 10 September. Nominated for a Grammy in 2010 in the World Music Category, Ten Drum honours ancient traditional Taiwanese drumming, but is also part of Taiwan’s modern urban culture. Slow or breathtakingly fast with dazzling dexterity, the young drummers offer audiences a unique window onto Taiwanese culture. The drumming performance is integrated with dance moves, martial arts poses, atmospheric lighting and percussive narrative. Ten Drum has notched up over 700 performances in about 50 cities in over 15 countries, including appearances at the 2000 Summer Olympics in Sydney, Australia, the 2002 FIFA World Cup in South Korea and a record-breaking mass drumming display of over 1 951 drums at the Tainan Stadium. It is now South Africa’s turn to feel the pulse of this

percussive treat. Judy Wu, director of international music production at the Taipei-based Wind Music International Corporation, says: “The group’s performances are powerful, full of intensity and release, evoking vivid images in one’s mind.” The SA tour has been made possible by the support of The Taiwanese Migrants Community Uplifting Programme, the Taipei Liaison Office in South Africa and the Cultural Ministry of Taiwan. Bookings can be made at Computicket. S To watch a video of the group: www.bloemnuus. co.za. S Win three double tickets to the Odeion-concert in Bloemfontein on 10 September: www. bloemnuus. co.za and then “competition” section.


2

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

Today in history 1645 – American Indians and the Dutch made a peace treaty at New Amsterdam. New Amsterdam later became known as New York. 1864 – Nicolaas Pieter Johannes van Rensburg (“Siener”, Seer) is born in Western Transvaal. Many people implicitly believe in his visions and consider him to be a prophet. 1871 – Ernest Rutherford, physicist who discovered and named alpha, beta and gamma radiation and was the first to achieve a man-made nuclear reaction, was born. 1888 – The Rosebud, 341 ton, en route from Calcutta to London, is stranded at Dias Beach, Mossel Bay. 1988 – SA troops are withdrawn from Angola. 1990 – The South African government grants temporary reprieve to Chris Hani, chief of staff of Umkhonto we Sizwe. 1991 – The Soviet Republic of Azerbaijan declared its independence. 1996 – Bantu Holomisa is expelled from the ANC after a disciplinary hearing. 1996 – An expedition to raise part of the Titanic failed when the nylon lines being used to raise part of the hull snapped. 1998 – The Nile River floods its banks in Sudan, leaving more than 160 000 people homeless.

“Like” Bloemnuus op Facebook en bly op die hoogte van wat in die stad gebeur. Baie foto’s en stories word hier gelaai, omdat daar nie genoeg plek in die gedrukte koerant is nie.

IN VOLLE BLOM: Van alle foto’s wat al op Bloemnuus se Facebook­blad gelaai is, het dié foto die tweede meeste mense se aandag getrek. Jens Friis, redakteur van Bloemnuus, het dié fleurige toneel vasgevang naby Kamieskroon terwyl hy onlangs in Namakwaland was.

Fees vir die k(oor) Marnie van Wyk

BLOEMFONTEINERS kan uitsien na ’n hoogtepunt op die kultuurkalender wanneer Grey-kollege (sekondêr) sy jaarlikse Musiekfees aanbied. Al die seuns is by dié reuse-produksie betrokke. Wat meer is: Daar is bekendes soos Valiant Swart, Jak de Priester en Caroline Haasbroek, Bloemfontein se eie roos, wat die verhoog met hulle deel. Volgens mnr. Deon Scheepers, die skoolhoof, is die Grey-koorfees in 1982 op voorstel van dr. M.G. Heyns, ’n voormalige skoolhoof, begin. Dit is aanvanklik in die Eeufeessaal aangebied, waarna dit na die Bloemfonteinse stadsaal verskuif is. Die sukses, ongekende groei en gewildheid van dié jaarlikse tradisie het genoodsaak dat dit van 1985 af in die Sand du Plessis-teater gehou word. Die Grey-koorfees was meer as 20 jaar die gasheer van topgehalte-kore in Suid-Afrika. In 2005, met die viering van die skool se 150ste bestaansjaar, is die naam na die Greymusiekfees verander met die doel om die verskeidenheid musiektalent van die Grey-seuns ten toon te stel. Die room van Suid-Afrika se kunstenaars was al deel van die fees, onder meer Steve Hofmeyr, Jennifer Jones, Karen Zoid, Theuns Jordaan, Lize Beekman, Laurika Rauch Nianell en DNA Strings. Die Grey-musiekfees dek verskeie musiekgenres: koor, sanggroepe, solosang, ensembles en ’n massakoor wat deur ’n simfonie-orkes van 60 lede begelei word. Petro Muller, ’n bekende in drama-kringe wat reeds die afgelope vyf jaar die regie van die produksie waarneem, is vol lof vir die Greyseuns. “Hul selfvertroue, dissipline en talent maak ’n grootse taak moont-

lik. Kunstenaars word reeds ’n jaar vooraf bespreek, waarna die onderwysers op items besluit. Die stukke word dan maande voor die tyd gerepeteer en ingeoefen.” Sy beklemtoon die belangrikheid van menseverhoudinge, dissipline en respek om suksesvol te wees met die aanbied van so ’n produksie. “Dit is ’n groot uitdaging met soveel talent en uiteenlopende persoonlikhede. Die opvoedkundige waarde van ’n skool met só ’n visie

beteken oneindig baie vir die leerlinge.” Mnr. Johan Volsteedt, voormalige hoof, beskryf Muller as iemand enig in die kunste-omgewing. “Sy is professioneel, deeglik, het ’n fyn humorsin en voer haar taak met liefde uit. Ons het nog altyd haar fyn oog vir detail en vermoë om te luister waardeer. “Danksy haar betrokkenheid het die Grey-musiekfees ’n hoogtepunt op die kunstekalender geword.”

Goeie spanwerk van plaaslike mense vorm vanjaar die fondament vir goeie vermaak. Christo Janse van Rensburg, verbonde aan Grey-kollege, het al die musikale verwerkings gedoen. Blazing Black hanteer die tegniese aspekte, terwyl Celéste Venter die administrasie en organisasie behartig. S Die Grey-musiekfees is die naweek in die Sand-du Plessis-teater te sien. Vir besonderhede sien die Dagboek op bl. 4.

Hier is die produksiespan. Van links is, voor: Renier Horn (tegnies – Blazing Black) en Joanie Prinsloo (musiekhoof, Grey­kollege (sekondêr)); agter: Christo Janse van Rensburg (begeleiding en verwer­ kings), Tiaan Nienaber (gasvryheid), Petro Muller (regisseur en stelontwerp), Celéste Venter (organisa­ sie en administrasie), Johan Grobbelaar (skakeling) en Herman Pitter (tegnies – Blazing Black).


BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013 3

’n KOUE LENTEDAG WAG: Die mooie Karli Jordaan (5), dogter van Cornelle en Renier Jordaan, hou hier ’n takkie met bloeisels vas. Dit gaan dalk vir baie bome die laaste bloeisels wees, want Weathersa voorspel die kwik gaan Saterdag tot ­8 °C val. Op Sondag 1 September gaan dit (soos gewoonlik) maar ’n redelik koue Lentedag wees wanneer dit na verwagting ­6/18 °C sal word. Foto: Esmé Pretorius

Verkry EU VERBLYFSREGTE of ‘n PASPOORT inligting seminare uitnodiging: DATUM:

Dinsdag 3de Sept.

TYD:

12h 30 - 14h 00 of 18h 00 - 19h 30

WAAR :

EM OY A H OT EL

RSVP:

JENNY ELLINAS

7 Frans Kleynhans Ave, BLOEMFONTEIN

083 448 8734 / jenny@cypriotrealty.com

~ Engelssprekende land

~ Geniet Europa op jou voorstoep

~ Mediterreense klimaat

~ Uitstekende mediese geriewe

~ Volle lid van die EU

~ Moderne infrastruktuur ~ Beleggingsgeleenthede

~ Baie VEILIGE land !

Kontak ons : 0860 CYPRUS / www.cypriotrealty.com

BESEF JOU “PLAN B” IN CYPRUS

Eksklusiewe bemarking agent vir


4

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

Dagboek WAT gebeur wanneer, waar in die groter Bloemfontein? Bloemnuus se gewilde Dagboek-blad is die plek om te kyk. Stuur dagboekinskrywings in onderstaande formaat (moenie volledige nuusverklarings stuur nie) na jens.friis@media24.com. Dit is gratis. Die spertyd is Dinsdag om 09:00. VRYDAG 30 AUGUSTUS S Boertjie-kontreifees op Bultfontein. Dié fees bied van ’n boerwindhondkompetisie en boerekaskenades tot bergfietswedrenne en modeparades. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr en Elizma Theron tree op. Kyk by www.vollaboertjiefees.co.za. Dit kos R30, maar R50 vir ’n aandvertoning. Kinders kry goedkoper toegang. Pakketkaartjies vir die fees teen R180 en R120 (kinders) beskikbaar. Bel Linda du Plessis by 082-3381956. S Celine Dion Tribute Show with Cayce Fielding at the Windmill Casino at 21:00 in Diamond Lil’s. Entrance costs R30 per person. S Until 31 August 2013: National Heritage Project. Temporary exhibition of life-size bronze figures of significant people from South Africa’s history. The group of bronze figures forms part of the first phase of an heritage initiative officially launched at the Oliewenhuis Art Museum in February 2013. S Ses Snare tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R110 by die deur.

Chris Chameleon

S Die jaarlikse kerslig-ete van die NG gemeente Noordhoek vind om 19:00 plaas. Bertie van Egoli (oftewel Hennie Smit) tree op en kuier die aand saam. Die vermaak, met sang, musiek en pittighede, word aangebied by Kiepersolrant net buite Bloemfontein – neem die Raymond Mhlaba-afrit. Gasvroue gaan ’n ligte aandete bedien. Kaartjies kos R100 per persoon. Rig navrae aan Fina Albertse by 082-550-9736. S Die Gariep-kunstefees vind plaas in Kimberley met ’n verskeidenheid vermaakkunstenaars, van Chris Chameleon tot Jack Parow. Rig navrae aan Hanlie by 053-832-5014 of besoek www.gariepfees.co.za. Kaartjies te koop by die hek of Computicket. S The Women of Note Celebration presents The Soil, Mafikizolo, Zahara, Moneoa and DJ Shaxe. Event held at Vista Arena; doors open at 18:00. Tickets cost R200 and R290. Book at Computicket. SATURDAY, 31 AUGUST S Met die uitsondering van dansende seekoeie is daar weinig wat jy nie op die basaar van die NG gemeente Bloemheuwel, Haarburgersingel, Westdene, te koop, te eet, te sien en te geniet sal kry nie. Só beloof die organiseerders. Dit open om 09:00. Bel Marieta de Ru by 051-447-7468. S Die NG kerk Pellissier hou om 09:00 ’n prettrap ten bate van allementasie (kosmandjie). Die afstande is 72 km (spring om 09:00 weg), 40 km (09:05) en 15 km (09:10). Daar word by die NG kerk Pellissier, Vlakfonteinlaan, weggespring. Bel Stanley Sansom by 082-579-2417. S Volksblad’s second Food and Craft Market, held recently at the Free State National Botanical Garden in Bloemfontein, will be held on the last Saturday of every month. Live music will be provided at all the markets, courtesy of musician Dewald Louw’s music school students. For more information send an email to Bianca Prins at Bianca.Prins@volksblad.com. S Mensa hou om 09:00 ’n lentetoetssessie in die SG1-lokaal op die UVkampus. Dit kos R100. Kontak Nicolette de Lange deur ’n e-pos te stuur aan testing.bloem@mensa.org.za of skakel 079-583-7778. S Die Bloemfonteinse sangeres Diandri tree om 19:30 in InnieSkuur op. Kaartjies kos R50. Skakel 076-5234548. S Igno van Niekerk bied ’n beginnerskursus vir fotograwe aan. Skryf aan hom by igno@intekom.co.za. Jy kan ook gratis aansluit by www.fotoskool.co.za vir wenke en inligting. S Boeremark, Langenhovenpark, van douvoordag af.

Wanneer laas was jy in die Orgideëhuis? As jy ’n draai wil gaan maak, skakel 051­412­7017 om uit te vind watter tyd van die dag die beste is. Foto: Jens Friis S Dalk loop jy ’n winskopie raak op die Fichardtpark-biblioteek se Boekebasaar wat van 08:00 tot 12:00 plaasvind. Daar sal ook uitstallers en ’n koffiekroeg wees. Bel Rose of Rina by 051-522-8884. S Ons Stad en die Fleurdal Mall is op soek na ’n Mej. Bloemfontein-Roos vir 2013. Inskryfvorms is by Verushka’s Shoes, Fleurdal Mall, beskikbaar. Bel Andrie by 082-580-7170. S Grey-kollege (sekondêr) se Musiekfees met Jak de Priester, Caroline Haasbroek en Valiant Swart om 19:00 in die Sand du Plesis-teater. Kaartjies teen R170 is by Pacofs te kry. Skakel 051-444-1513. S Die Mark by Iewers Nice in Westdene word die laaste Saterdag van elke maand gehou. Skakel 071-695-0104 vir inligting of kyk by www.iewersnice.co.za. S Spring welcoming party with Dr. Victor and the Rasta Rebels held in the Bloemfontein City Hall at 19:00. Tickets from Computicket cost R120. S Die tema van die NG gemeente Hospitaalpark se kermis is Hoed en boots. Kom kuier, koop en luister na country-en-western-musiek. Dit vind van 09:00 af by Mayostraat 53, Hospitaalpark, plaas. Bel Hantie Meyer by 051-522-3059 (kantoorure). S Workshop, Refine your femininity, with Melinda Bam held at 09:00 at Ilanga Estate. Go to www.modelmentality.co.za or phone 072-344-5804. S Piet van Wijk de Vries tree om 20:00 in die Aasvoëlklub op. Kaartjies kos R70 by die deur.

S Lentedansparty deur die Vrystaat-tak van die Boeremusiekgilde om 19:00 in die Rosenhof-skoolsaal. Dit kos R35 vir nie-lede en R30 vir lede. Bel Carel Wessels by 072-358-0840. S Until 19 September: Jong Afrikaners by Roelof Petrus van Wyk (Reservoir). Roelof van Wyk’s Jong Afrikaner – a Self Portrait is a published series of portraits of urbanised, creative and engaged Afrikaners who present a challenge to preconceived ideas about Afrikaner identity and values. This photo project not only focuses the lens onto the Afrikaners themselves, but also questions their belonging to Africa and their place as Africans. S Celine Dion Tribute Show with Cayce Fielding held at the Windmill Casino at 21:00 in Diamond Lil’s. Entrance costs R30 per person. S Griekwas speel teen die Cheetahs om 15:00 in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein. Adam Tas is die gaskunstenaar ná die wedstryd. S Dancesation Studio (Langenhovenpark) hou om 18:00 ’n lentemandjie-dansparty. Kaartjies kos R10 en moet vooraf by Dancesation aangeskaf word. Bring jou dansskoene en ’n mandjie met eet- en drinkgoed. Musiek, ’n groot dansbaan, tafels en stoele word verskaf. Bel Cat van der Merwe, 072-4807766. S Die Pet Action Group (Bloemfontein) hou om 09:00 ’n pretstap op Grey-kollege se sportterrein in samewerking met Monkeynastix. Bring

jou hond en kom stap saam. Jou hond moet aan ’n leiband wees. Die inskryfgeld van R25 per persoon sal gebruik word om veeartsrekeninge te betaal vir diere wat gesteriliseer of gekastreer moet word. Bel Judy by 083-637-8491 of Connie by 082-412-4216. S Siesta-minimark om 09:00 by die Siesta-aftreeoord by Generaal Conroystraat 5, Dan Pienaar. Pannekoek, kerrie-en-rys, worsbroodjies, poeding en spesiale handgemaakte produkte deur inwoners sal te koop aangebied word. Kontak Melissa Burger by melisburger@gmail.com. S Creative Stitch & Knit Together held at 16:00. Bring your unfinished bear, knitting/crochet project or other project that you have been busy with and never have time to finish. WhatsApp message: 073-430-1635. SONDAG 1 SEPTEMBER S Twee derdes van die jaar is verby. Vandag is die 244ste dag van die jaar. Daar is nog 121 dae oor. S Bonnie Tyler tree op in die Callie Human-sentrum op die Kovsiekampus om 18:00. Kaartjies teen R400 vir die eenmalige vertoning in Bloemfontein is by Computicket te kry. S Nasionale Huweliksweek, ’n projek vanjaar die eerste keer gehou, is van 1 tot 7 September en dien as ’n bewusmakingsveldtog en projek wat paartjies sal inspireer om op die welstand van hul huwelik te fokus. Lees meer op www.bloemnuus.co.za. >>> Bladsy 5


WEDNESDAY, 4 SEPTEMBER S Wine and fine dine pairing. De Oude Kraal Country Estate and Spa, 051-564-0636. S High Flyers Around the World (cabaret show) at Windmill Casino at 21:00 in Diamond Lil’s. Free entry. S “Happy hour” van 18:00 tot 19:00 in Emoya Shebeen. S First day of school for third term of independent schools. S Manie Jackson en Anton Myburgh in InnieSkuur, Meerkatkolonie, Langenhovenpark om 19:30. Kaartjies: R120. Navrae: 079-387-3614. S Have a look at the permanent collection housed at Oliewenhuis. It is an outstanding collection of South African art which includes the Blind Alphabet, an artwork created specifically for the sight-impaired, as well as the cement and mosaic sculptures in the garden. The Oliewenhuis Art Museum has shown a steady and interesting growth in its collection since 1989 and the permanent collection currently comprises 1397 artworks, all by South African artists. As part of the art museum’s vision to enrich people’s knowledge, understanding and appreciation of South Africa’s cultural heritage, the exhibitions on the first floor (where part of the permanent collection is exhibited) are frequently re-arranged and exchanged with artworks from the storerooms. THURSDAY, 5 SEPTEMBER S New Moon, 13:36. S Manne-aand met Schalk Burger sr. en Nico Nel ten bate van die Laerskool Tjhabelang, Bainsvlei. Mareli du Plooy, 082-809-1380. S Karaoke, Tango’s, 20:00. Free entrance. S Musiq, ’n nasionale klassieke musiekkompetisie vir jong volwasse instrumentaliste. Tweede ronde vandag en môre in die Odeion-skool vir musiek, UV. Ilse Schürmann, 082-851-7157 of www.atkv.org.za. S Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Beroepsveiligheid en Gesondheid (Saiosh) se Vrystaat-tak het op sy jaarvergadering sy nuwe bestuur gekies. Die bestuurslede is: Johan van Wyngaard (voorsitter), Flip de Jager (ondervoorsitter), Johan Dempers (sekretaris), Johan Bothma (tesourier), Etienne Calitz en Schalk Nel (geleenthede), Willie Venter (bemarking en nuwe lede) en Fanie Cooks (opleiding). Saiosh se volgende geleentheid is ’n werksessie waarop risiko-assessering bespreek sal word. Morné Jones en Willie Venter sal dit aanbied. Dit vind plaas om 14:00 in die Vrystaatse Nasorgsentrum, Raytonweg, Bloemfontein. Jones het uitgebreide praktiese en opleidingsondervinding as werknemer van Nosa opgedoen en is nou by Ruwacon in diens. Venter is van SHE Management Company en het vroeër in die Verenigde Koninkryk as ’n bestuurder in beroepsveiligheid en gesondheid gewerk. Kontak Van Wyngaard by fsbranch@ saiosh.co.za of Dempers by 083-679-8554. VRYDAG 6 SEPTEMBER S Lentekuieraand om 18:30 in die Hugenootgemeentesentrum, Picardystraat 2, Bayswater. Dit kos R50 wat ’n ete insluit. Kinders jonger as 12 jaar betaal halfprys. Bring eie drinkgoed en glase. Skattejag vir kinders en gelukkige trekkings. Magda van Wyk, 082-552-7482. S Vandag oor ’n week onderneem Slabbert-toere, ’n gereelde adverteerder, ’n toer na die Afrikaans is Groot-musiekfees in Pretoria. Andries du Toit, 083-412-7453. S Adam Tas en David Fourie om 18:30 in die ML Spies-saal van die Meisieskool Oranje. Volwassenes betaal R80 en kinders R50. Kaartjies te kry by Computicket. Dit is ten bate van kinderhuise in Bloemfontein en omgewing. S Do you need to make subject decisions for 2014? The Motheo FET College Annual Open Day from 10:00 tot 15:00 at the Bloemfontein Campus (St. Georges en Church Streets, Saayman Hall). Tel.: 051-411-2000. * Vir groter, betaal-advertensies bel Susna Pieters by 051-404-7798.

10010397JB/A

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013 5

EK KON MY VOORDAT

BEWARINGSENTRUM BESOEK NOG

DIT GEBOU WAS - AL WAS DIT NET VIR ’N DAG

“Ek het nog altyd diere bo mense verkies en ek wil my deel doen om vir hulle toekoms te sorg. Daarom gaan ek eendag my eie bewaringsentrum begin. Old Mutual het my vir ’n dag na die Ukutula Wildlife Sanctuary geneem om self te sien hoe ’n suksesvolle bewaringsentrum bedryf word. En noudat ek weet watse uitdaging dit is, is ek bly ek het reeds daarvoor begin spaar.“ Almal het drome. En om dit te verwesenlik, moet jy beplan. Kontak jou Old Mutual Finansiële Adviseur of jou makelaar, of skakel 0860 60 60 60 vir advies oor die regte belegging vir jou. Laat ons jou deur elke fase van jou lewensreis bystaan, van vandag af. Andrea van der Westhuizen – Old Mutual Kliënt

ONS IS MET JOU, VAN VANDAG AF Old Mutual is ’n Gelisensieerde Finansiële Diensverskaffer.


6

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

Getroud

Louise & Arnold van Aswegen, Jakkalsdraai.

Foto: Go Urban

Hananja & Almero Colangelo, Oliewenhuis.

Foto: Go Urban

STUUR jou onlangse troufoto na jens.friis@media24.com. Kyk na nog troufoto’s by www.bloemnuus.co.za.

Ilze & Ludolf de Beer, Ilanga Estate.

Foto: Go Urban

Leandri & Fred van Eeden, The Willows. .

Foto: Go Urban

Johanné & Pieter Barnard, Monte Bello.

Foto: Go Urban

Anli & Wian Goosen, Goosehill.

Foto: Go Urban

Minette & Conrad Dormehl, Monte Bello.

Foto: Go Urban

Elouise & Jaco Prinsloo, Jakkalsdraai.

Foto: Go Urban


JHB 42755

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013 7

WE’VE GOT THESE AWESOME NOKIA DEALS. Nokia Lumia 520 Smartphone

R149

Nokia Lumia 720 Smartphone

PM x24

on Straight Up 50*

99c per min. on per second billing

50

MINUTES

50

SMS/MMS

50

MB DATA

Features: 4” Super-sensitive display, Perfect shot always with Smart Shoot, Free voice guided navigation.

R279

Nokia Lumia 920 Smartphone

PM x24

on Straight Up 100 TopUp*

99c per min. on per second billing

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

Features: 4.3” ClearBlack display, 6.7MP Camera with f/1.9 aperture, Mix radio with 15 million tracks.

R389

PM x24

on Straight Up 100*

99c per min. on per second billing

100

MINUTES

100

SMS/MMS

100

MB DATA

Features: Windows Phone 8, 4.5” Puremotion HD+ display, 8.7MP Camera & Optical Image Stabilisation.

Available at the following Cell C stores: Mimosa 084 828 0028 • Loch Logan 084 828 0612

GO IN-STORE OR CALL 084 145 FOR A NEW DEAL OR UPGRADE. cellc.co.za *RICA IN-STORE. Offers valid 1 August - 31 August 2013. All prices are inclusive of VAT. Once-off SIM and connection fee of R114 applies. Limitations apply to these products and promotions. For these limitations and full terms and conditions, please visit www.cellc.co.za or ask in-store.


8

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

Like Bloemnuus op Facebook en bly daagliks op hoogte wat in Bloemfontein gebeur. Bernard saam met vriende Hennie van Coller en Jaap Steyn in die Koffieshop.

Ons seuns toe die oudste, Johan (links), as proku­ reur beëdig is. Regs staan Christoff.

Hanli en twee van haar kelnerinne, Madél Geldenhuys en Cecile Vermeulen.

Jan Tuisbly is my naweeknaam Bernard Odendaal AS jou werk jou in die week weg van die huis af hou, soos in my geval die afgelope jaar en ’n half, is Jan Tuisbly die ou wat jy naweke wil wees. Gerusstellend is die effense lê-duike in die matras herken dan nog jou lyf. Die badkamerlig se skakelaar kan jy, al is dit stiknag, met die eerste voel raak druk. Saterdag, dagbreek, is daar die reuke van koerant en koffie. RSG se brekfis-praatjies. Dan die swembad en voëlfontein wat vol en skoon moet kom. Die kinders studeer en werk nou ver weg, maar die lysters, witogies en swetterjoel ander voëls geniet nog die waterbaljaardery. Daar is altyd vrugtebome, struike en blombakke wat ’n nattigheidjie kort, al was die tuinman die week hier. Laatoggend se kant, soos ook Sondae ná kerk, ontmoet ek ou vrinne in vroulief Hanli se Koffieshop in die Southern-sentrum in Fichardtpark. Bedrywig en geurig is dit daar. Wat wanneer met wie gebeur het, en die

persoonlike menings oor wat die week in die nuus was – wel, dis dan eintlike nuus vir my. Ek wíl dit weet. Daarna dikwels ’n draai by die Protea Boekhuis in die Brandwagsentrum, of by Exclusive Books in die Waterfront. Look & Listen vir ’n CD of twee. Musiek maak die pad Potchefstroom toe en terug korter; boeke die weeksaande. Wanneer die kinders ’n slag kom kuier, sal ons gunsteling-besienswaardighede náry: Naval Hill, die Eerste Raadsaal, die Boereoorlogmuseum, Soetdoring-natuurreservaat . . . Namiddag se kant op Saterdae, ook op Sondae, slaan ek graag voet teen een van die koppies in Langenhovenpark uit, of die veld in suid van die woonbuurt. Polgras, borseltjiegras, dassiegras, hartjiesgras . . . die veldvoëls en -bome en húl name. Al sedert my kortbroekdae op die Bainsvlei-vlakte het ek hulle graag opgenoem, soos ook die name van die sterrebeelde. Saterdagaand is fliek of saam kos maak ’n soort staande afspraak tussen my en Hanli. Saam met wie ook

Só lyk my naweke

al wil inval. Om ’n nuwe wyn te beproef is deel van die lekkerte. Nogal meermale oor die jaar heen vereis my werk aan die NoordwesUniversiteit dat ek naweke vir skryfslypskole na elders in die land reis. So dikwels dit maar moontlik is, gaan Hanli saam. Dán sal ons voor of ná die tyd rondry, verken, uiteet. My werk is boeiend en lekker, en die reisery verskaf genoeg avontuur. Ek en Hanli weet om ons seëninge te tel. Verdomp egter of ons kry Sondagaande se ou koshuis-toe-gaan-gevoel onderdruk. As selfs Molly & Wors op kykNET jou sentimenteel maak, moet jy weet . . . Dan praat ons mekaar aan met ’n uitdrukking wat Hanli se kelnerinne in die Koffieshop ons geleer het: Man up! S Bernard Odendaal (ATKVSkryfskool van die NoordwesUniversiteit).

Genl. C.R. de Wet op sy perd Fleur voor die provinsiale wetgewer, een van Bloemfontein se bekende besienswaardighede.

Langenhovenpark se veld en koppies.

VOLG BLOEMNUUS OP JOU SELFOON: Dit is spesifiek só ontwerp dat jy die koerant nou maklik op jou selfoon se skermpie kan lees: http://bloemnuus.mobi.


BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013 9

FOTO VAN DIE WEEK: Jan Jordaan het dié foto in Universitas geneem van ’n by wat na nektar soek. Jan is hiermee ’n eetbewys van die Wind­ mill­casino­en­vermaaklikheidsen­ trum ryker. Stuur gerus foto’s na jens.friis@media24.com. Digitale fo­ to’s moet minstens 1 MB groot wees. Fotograwe wat ’n bestaan uit fotogra­ fie maak, mag nie deelneem nie. Voorkeur word aan foto’s gegee wat in Bloemfontein geneem is. Vorige wenfoto’s verskyn op www.bloem­ nuus. co.za.

Wenke: Leef gesond WATER: Geil, groen grasperke het groot hoeveelhede water nodig. Omdat grasperke ’n enkele plantspesie is, bevorder dit nie ’n ryk biodiversiteit nie. Jy kan die grootte van jou grasperk verminder deur paadjies te plavei, blombeddings te plant of rotstuine te skep. Maak ’n draai by jou plaaslike kwekery vir raad oor waterslim-grondbedekkings. UVA-STRALE: Navorsing dui nou op ’n sterker verband tussen velkanker en blootstelling aan UVA-strale in sonlig as wat voorheen vermoed is en dit het gelei tot bygewerkte internasionale standaarde vir sonskermrome. Alle sonskermrome wat in Suid-Afrika verkoop word en aan die nuwe standaarde voldoen, het ’n nuwe Cansa SunSmart Choice-seël. Voordat jy koop, kyk of die spesifieke sonskermroom dié seël op het, beveel Health24 aan. KOFFIE: Woolworths het kragte met Fairtrade saamgesnoer om seker te maak alle koffie wat in sy W Cafés verkoop word, is gesertifiseer. Dit sal kleinboere help om hul ondernemings doeltreffender en volhoubaarder te bestuur. EAT: The world’s growing population needs ever-greater amounts of water for drinking and food production. People are also eating less starch and more meat and dairy products, which require more water to produce. For example, it takes 3 500 litres water to produce 1 kg rice compared with 15 000 litres water to produce 1 kg beef. Aim to change to a meat-light diet. DRUK SO: Talle werkplekke is nou deels papierloos en gebruik elektroniese dokumente waar moontlik. As jy ’n dokument móét uitdruk, druk op albei kante van die bladsy (dupleksdruk). Dit verminder vermorsing en red bome. Die meeste drukkers het ’n outomatiese of verstelbare dupleksdrukfunksie – gaan na jou rekenaar se drukkerverstellings om dit vinnig en maklik te aktiveer. OPEN THE WINDOWS: Car aircon reduces fuel efficiency by about 10%, so try to use it sparingly and only for short bursts at a time. When you’re driving in town at slower speeds, open the windows to cool down. But when driving at 70 km/h or faster, close the windows and switch on the aircon as driving with open windows significantly increases wind resistance, lowering fuel efficiency.


BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

Het jy al ’n draai gemaak by www.bloemnuus.co.za?

Dis in die hare!

BONNIE TYLER is op pad na Bloemfontein. Kan die land hom nou as die amptelike pensioenfonds van popsangers beskou?, vra die motorredakteur MARNUS HATTINGH.

’n OU V8-strydros verdoesel in chroom en staalvinne kan jy op ’n veiling aanskaf en by die huis gaan poliesj totdat hy blink. ’n Bietjie hoë oktaan later in sy slukderm afgegooi, en siedaar, jou spogkar van Elvis se jare is weer reg vir styfsit in die inryteater. Maar nie ou popsangers nie. Gister se helde van die draadloos gaan skynbaar nie dood nie. Hulle kom toer in Suid-Afrika. In plekke soos Springs, Brackenfell en Bloemfontein, om presies te wees. Wat is dit dat die grotes van die jare tagtig steeds sulke skares in die voorstede lok? Vandag, in jou middeljare, het jy mos al aanbeweeg van Bonnie Tyler. Ons droom nie meer van groot haredosse en te veel grimering nie. Nou is dit tyd om te ginnegaap oor daardie Pôrs noudat die kinders eindelik uit die huis is. Beplan ’n strandhuis, man. Koop ’n Harley, of neem jou vrou vir ’n kookles-vakansie in Provence. Ons trek nie meer pastelhemde aan en skoffel in die Callie Human met Total Eclipse of the Heart wat oor die luidsprekers kreun nie. Rêrig, ouens, gepofte hare is uit soos ’n BBM-pinkode. Ek het Bonnie Tyler in die Kovsiekoshuis leer ken. Af in die gang was daar ’n ou wat al haar plate gehad het. ’n Goeie jong man, soos die ma’s sal sê. Met ’n knopieshemp klasgedraf, met al die meisies gesokkiejol (nie net met die mooies nie) en Sondae twee

Bonnie Tyler in haar jong dae. Son­ dagaand is sy in Bloemfontein vir ’n optrede. Haar gewildheid ná al die jare? Dit is moontlik alles in die ha­ re! keer kerk toe gegaan. Bonnie Tyler was sy heldin. Wanneer luister ’n mens nou eintlik na Total Eclipse of the Heart? Dit het altyd geklink na iets vir ’n Saterdagaand. Al jou tjomme kuier elders en hier sit jy nou maar met juffrou Overmeer in al haar vyfliter-oorvloedigheid. Andersins kon jy Bonnie opsit as jou predikaatpunte uit is en ’n moeilike oproep huis toe voorlê. Maar nooit sou jy na iets soos ’n hartseerhart luister terwyl jy tôk vir die groot stryd teen die buurkoshuis nie. Hei, so erg terg jy die noodlot darem

nie. Die gawe seun onder in my gang het van die dorre Noord-Kaap gekom. Sy vrinne vertel toe hulle die eerste middag by die swembad kom, val hy flou neer. Dit het drie emmers sand gekos om die man weer by te bring. Behalwe vir Bonnie Tyler het hy ook van Abba en Rocky gehou. En van Rodriguez, want die koshuismaat was vroeër in die weermag. Die eerste ding wat hy in die koshuis gedoen het, was om sy hare te laat groei. Dit is ’n refleks vir enige student ná 20 jaar se skool- en korporaalreëls. En toe maak hy kennis met die groot, blonde hare van Abba, Bonnie en Smokie, en die wêreld het nuwe sin gekry. Ek dink dit is hoekom die snare se musiek vandag nog so gewild is. Dit is die hare, man. Dit is alles simbolies. Jy kan ’n ou motor opdollie en tot sy vorige glorie herstel, maar dit is net ’n so-so herlewing van die goeie ou dae. Sit jy juffrou Tyler op die silwerhoëtrou, sien jy weer die kuif in neon-verhoogligte waai. Dit is die deurskyn van die pers en pienk ligte deur die regopstaan-hare wat die ding doen. Smokie se hare was groot. Onthou jy ook Cinema, Bad Boys Blue en Dana Winner? Dit was stewige name met stewige kapsels. Die ordentlike Suid-Afrika laat jou nie toe om vandag so los-haar by die kantoor in te draf nie. Daarom suiker jy oor na die Callie Human en gaan skud jou kuif saam met Bonnie. Dit is effe laf en baie nostalgies, ons weet. Maar man, dit laat jou darem goed voel.

Adverteer in Bloemwiele. Bel 051-404-7798.

10


BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013 11

Mark prikkel die sintuie Madelein Venter

Land van kleur

Keukenhof se tulpeskou is iets om te sien, vertel Wendy. Terwyl lente in Suid­Afrika aanbreek, wissel die seisoen in die Noordelike Halfrond na herfs.

Wat doen jy daar? In dié stadium is ek by die huis en maak ek krale op bestelling. Ek soek werk, maar matriek beteken nie veel hier nie en ook nie my ondervinding nie. Ek ry in die somer baie fiets. Ek voer graag die eende en voëls en koop spesiaal vir hulle brood. My man, Cor, sê juis hulle sê “Hier kom McDonalds” as hulle my sien. Ons het twee katte, Kit en Kat, en hulle volg ons soos honde, dit is eintlik dierbaar om te aanskou. Vertel meer van Valkenburg. Valkenburg is so 30 km van Schipol en so 4 km van die see. In die somer skyn die son tot ná 22:00 en dit is heerlik om ná ete strand toe te ry en te gaan stap. Dit is ’n Christen-dorp, so alles is op Sondae toe. Almal ken almal, en al weet hulle ek is ’n buitelander, is hulle altyd vriendelik met my. Hoe is die weer? Ek en die weer is nie maats nie . . . Die somer is lieflik en dit word nie warmer as 30 °C nie. Die winter is egter lank en koud en ses weke aaneen word dit niks warmer as 0 °C nie. Die koudste tot dusver was -15 °C. Die aanvoelbaarheidstemperatuur was natuurlik kouer. Hoe leef jy jou kultuur daar uit? Ek is trots op my Suid-Afrikaanse kultuur en sal altyd wees. Ek luister Maandag tot

Ons mense in die vreemde

Vrydag na Ofm via live streaming en ook na die rugby en krieket. Ek volg ook die Volksblad op die internet; my kinders woon in Bloemfontein en ek wil weet wat daar gebeur.

Só lyk koperbier. “Die biere is tipies smaakliker, kleurryker en geurvoller, aangesien dit nie baie fyn gefiltreer word om dit ’n langer raklewe te gee nie.” Besoekers aan die mark kan biere uit Kaya se krane teen R20 per 500 ml koop. Daar sal ook heelwat te eet wees en oorgenoeg parkeerplek. Besoekers kan lekker op die gras uitspan en na die kunstenaars luister terwyl hulle aan hul aankope smul. Toegang is R10 vir volwassenes en R5 vir kinders jonger as 12. * Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan Marie-Louise Smith by mlsmith@volksblad.com.

Was die aanpassing maklik? Ek het maklik aangepas; nog nie baie vriendinne gemaak soos in Suid-Afrika nie, maar dit sal kom. Ek het ’n Facebookgroep ontdek van SuidAfrikaners wat in Nederland woon en het al saam met van die vroue gaan koffie drink. Ons bel mekaar en gesels en dit maak ook die aanpassing makliker. Hoe is die kos? Ek mis Suid-Afrikaanse koek met botterversiersel en maak nou myne self, omdat alles hier room bo-op en binnein het. Wat vir my vreemd is, is hulle eet roomys met geklopte room en slaptjips met grondboontjiebottersous . . . Mense, die koffie hier is heerlik. Ons drink uit klein koppies en maak eerder ’n tweede koppie – ons noem dit ’n bakkie koffie. Hoe is die mediese dienste? Hier is ’n siekefonds verpligtend. Jy hoef ook nie vir die werk ’n siekbrief te gee nie. Jy kan nie produkte soos Vicks of Corex oor die toonbank koop nie. Hulle gee vir jou aspirien en sê jy moet in die bed gaan klim. Jou voorskrif word ook na die apteek gestuur waar hulle rekord hou van watter medisyne jy alles gebruik. Watter lewensles het jy daar geleer? Dié mense

Spend

R100 on cosmetics or toiletries

&receive a

gee om. Ek was nog net ’n paar dae hier en is op my fiets supermark toe. Aan die kant van jou fiets is houers waarin jy inkope kan pak. Wendy sit toe sommer so 6 liter se goed aan die een kant en iets ligs aan die ander kant. Met die eerste stop was my fiets toe so swaar aan die een kant dat dit bo op my geval het. Almal het gehardloop om my te help en van die vroue het my tot by die huis gevolg om seker te maak ek is reg.

As jy 50 jaar oud word, word ’n reuse-pop buite jou huis gesit: Sarah vir vroue en Abraham vir mans sodat almal weet jy verjaar en is 50 jaar.

Wat is anders as in SuidAfrika? Skool. As jy so 16 jaar oud is, begin jy die rigting volg waarin jy belang stel. As jy 17 jaar oud word, begin jy een dag ’n week werk en gaan vier dae skool toe. Op 18 jaar werk jy twee dae ’n week en gaan drie dae skool toe, ensovoorts. Die nuwe skooljaar begin in Augustus, nie in Januarie nie.

Sal julle terugkom? Ek is gelukkig, maar mis my kinders en vriende. Ek glo as skoonmoeder nie meer op aarde is nie, sal ons terug Bloemfontein toe trek – my wortels is daar.

27995

to the value of R40*

SAVe

600

R

Interessante plekke? Ek was al in die rooiligdistrik. Mense, dit is vreemd. Vrydae en Saterdae lyk dit soos 31 Desember en jy weet natuurlik die koffiewinkel is nie ’n regte koffiewinkel nie . . . Keukenhof se tulpeskou is iets om te sien.

Wat bring jy saam as jy kom kuier? Drop is baie gewild hier, soet en sout. Mense vra dat ek daarvan vir hulle moet saambring.

FREE gift

Beauty Box

Wendy en Cor Hogewoning woon in Valkenburg, Nederland. Die foto is by Vollendam geneem.

get 3 for 2

get 2 for

50

R

Purchase any 3 Nivea products & get the cheapest FREE

Get 2 200ml Pantene products for only R50

get 3 for 2 Pond’s Flawless Radiance or Age Miracle range

25957 Fire Tree Design e&oe

WENDY HOGEWONING is ’n gebore en getoë Bloemfonteiner wat aan die Hoërskool Brebner gematrikuleer het en 14 jaar die takbestuurder van React Surveys was. Haar ma, May Fourie, het jare vir Dreyerdrukkers gewerk en haar pa, Mike, het by Bolt and Son gewerk. Hy was onder meer vir die voorheen Verwoerd-gebou se gekleurde glas verantwoordelik. Wendy woon in Valkenburg naby Amsterdam in Nederland en het Theonie Kok meer oor dié vriendelike land en sy mense vertel.

VOLKSBLAD se maandelikse kos-en-kunsmark vind weer volgende Saterdag plaas en dit beloof om selfs lekkerder te wees met die winterweer wat geleidelik wyk. Die mark vind oudergewoonte in die Botaniese Tuin in Bloemfontein plaas en besoekers kan van 09:00 tot 15:00 kom rondsnuffel, smul en koop. Volgens Louis van Wyck, een van die uitstallers wat reeds sedert die begin by die mark betrokke is, gaan die mark nog baie groei. “Die atmosfeer in die Botaniese Tuin laat jou dink aan die Kaap waar markte, natuur en ontspanning hand aan hand gaan. Die tuine is ideaal vir besoekers om die hele dag te ontspan. Ek het van die begin af geweet hier wil ek wees,” sê Van Wyck. Van Wyck se stalletjie is die Lavender Lady wat allerlei laventelprodukte verkoop. ’n Nuutjie op eerskomende naweek se mark is die sogenaamde craft-bier van Kaya-brouerye in Bloemfontein. Volgens Phillip Coetzer, broumeester, is Kaya ’n mikrobrouery wat meer op die gehalte van bestanddele en die kompleksiteit van die bier fokus as groot kommersiële brouerye. “Craft-bier is ’n mengsel van goeie bestanddele, ’n bietjie kuns, tyd en liefde. Die passie van die brouer word op verskeie vlakke in die bier gevind. Mikrobrouers kan honderde verskillende biere maak. Ons doelwit is om ons op Belgiese, Duitse en Britse bierstyle toe te spits.

Valid from 29/08/13 - 15/09/13. While stocks last. 0861 THE HUB (0861 843 482)

OPEN A HUB CLUB ACCOUNT NOW & RECEIVE

R500

IN VOUCHERS

PLUS 3 MONTHS FREE CLUB MEMBERSHIP!

*Bring this ad with you to collect your gift


12

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

Lede van die 2013­reëlingskomitee: Voor is Ans Coetzee (Athalia), Jens Friis (Bloemnuus) en Lianda Hurter (’n oud­Mev. Verenigde Nasies); agter: Elsa Vermeulen (Elsa Vermeulen­ fotografie) en Petro Steenkamp (wenner van 2012 se Ouma­kategorie). Foto: Charl Devenish

Verlede jaar se wenners: Hennie en Mariet Muller (aan die linkerkant) was 2012 se wenners in die Egpaar­kategorie. Regs agter is Neels Swanepoel (Oupa) en regs voor Petro Steen­ kamp (Ouma). Foto: Elsa Vermeulen

Vereer Ouma, Oupa só Jens Friis

SKRYF jou oupa en/of ouma vir dié eerbewys-geleentheid in en probeer op ’n geringe manier só vir hul jare se liefde en omgee dankie sê. Net ’n benoeming is reeds ’n eer. Daarom is dit met trots dat Bloemnuus en Athalia Oupa en Ouma Roos vir 2013 aanbied. Die sluitingsdatum vir vanjaar se geleentheid is tot Donderdag 5 September verleng. Jy het dus nog ’n laaste kans om hulle in te skryf. Die drie afdelings wat om ’n wenner vra, is Ouma Roos, Oupa Roos en Egpaar Roos.

Oumas en oupas van enige ouderdom kan gratis ingeskryf word deur enige kind, kleinkind, vriende of ’n lid van die publiek. Jy moet in Bloemnuus se verspreidingsgebied woon. Dit is nie ’n skoonheidskompetisie

nie. Ons soek na iemand wat lief vir sy of haar kleinkinders is, hulle bederf, lekker dinge saam doen, en iets tot die gemeenskap bydra, al bak jy pannekoek op die kerkbasaar. Enigeen kan sy of haar ouma of oupa in-

skryf solank hulle toestemming gee. Jy moet ’n foto verskaf waarop die kleinkinders saam met een of albei van die grootouers verskyn. Die foto moet die spesiale verhouding tussen die grootouers en kleinkinders uitbeeld. Dit hoef glad nie ’n kiekie deur ’n professionele fotograaf te wees nie, maar foto’s van goeie gehalte word verkies. Informele foto’s werk dikwels die beste. Van dié foto’s sal in Bloemnuus verskyn. ’n Inskryfvorm is hieronder geplaas. Die finaliste sal vir ’n onderhoud genooi word en die wenner sal op Woensdag 16 Oktober aangekondig word. Foto’s van die wenners sal die

volgende dag in Bloemnuus verskyn. Die gaskunstenaar op die kroningsaand is Riëtte van der Watt, Chris Pretorius (Bloemnuus se 2013-Spontaanwenner) en Grey-kollege se boereorkes. Lianda Hurter (084-410-2396), Mev. Verenigde Nasies 2012, tree as die geleentheidsbeplanner op, tesame met Elsa Vermeulen (elsafoto@telkomsa.net) wat die spesiale oomblikke op kamera gaan vaslê. Rig navrae aan Ans Coetzee, 072188-9011, of ans@athalia.co.za. Die hoofborge is Bloemnuus, Athalia, Biographix, Checkers, Monte Bello, Elsa Vermeulen en CPI.

Die sluitingsdatum is verleng tot Donderdag 5 September.


BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013 13

Grootouers benoem

HIER is van die oumas en oupas wat deur hul (klein)kinders benoem is vir Athalia en Bloemnuus se Ouma en Oupa Roos-eerbewysgeleentheid vir 2013.

Ogies en Delene Wessels

Jannie Scholtz

Leon Els

Marlene Santapaga

Vince Santapaga

Paul Whittemore

Odette Oertel


14

BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013

We do all types of plumbing, tiling, paving and plastering. Call Ben 071 067 4694/Jerry 079 077 2054.

SPRINGKASTELE en

WATERWURMS

Sokkerkasteel, Spiderman, Barbie, Krokodil, Shrek, Gladiators, Tropical Island, Barney, skuimput. Aktiwiteitskastele. Kastele met glybane

NEED TO FEEL BETTER? NEED TO TALK? Contact us, WE'LL LISTEN. Always confidential and free. 24/7. Talk to us: 051 444 5000. Write to us at Box 29874, Danhof 9310. E-mail us at Befrienders@wsinet.co.za

AAA-kwaliteit- INSTALLERING van alle plafonne en 'dry walls' (herstel van plafonne), matte ('carpet tiles' en volvloermatte), gelamineerde vloere, gratis kwot.(079 581 6654.

SLEEPWAENS TE HUUR/TRAILER HIRE. SKAKEL/CALL: 081 270 1381 OR 051 433 7803.

2013 Honda E-Storm 125: R9 500. Skakel: 082 574 9944.

Arthur Edward Scott, identiteitsnommer 370621 5006 080, 'n meerderjarige man, getroud buite gemeenskap van goed wat woonagtig was te De Waalweg 29, Ehrlichpark, Bloemfontein en oorlede is op 27 Desember 2013, boedelnommer: 2484/2013. Alle krediteure en debiteure in bovermelde boedel word hierby versoek om hulle vorderings in te lewer en hul skulde te betaal by die ondergetekende binne 'n tyd-perk van 30 dae gereken vanaf 30 Augustus 2013. Naam en adres van die Eksekuteur/Gevolmagtigde: EPJ KLEYNHANS Posbus 20157 Willows 9320 Bloemfontein Telefoon: 051 430 3630

122 MA ADORO NOTICE

HOË GLYBANE. BOOT, 3-IN-EEN.

SKAKEL RINA by 051-4461361

Kontant vir oudhede, ou geld, ens. Thinus. Christiana. 071 967 0285

TUIN- en huishoudelike vullisverwydering: Vanaf R250 per vrag. Skakel Thys 072 391 3781.

BRIDGING CASH while waiting for

PENSION/ PACKAGE PAYOUT (lump sum only) CASH FOR GOLD We pawn Kruger Rands, diamonds and Rolex watches 9ct R120/g 18ct R240/g 082 345 6711

CASH SAME DAY

086 1101 388 083 6700 788

TOWNHOUSE (END UNIT) FOR SALE IN SECURE COMPLEX, PELLISSIER. LARGE BACK GARDEN, ENTRANCE HALL, KITCHEN, LOUNGE, BATH/SHOWER/TOILET, 2 BEDROOMS, GARAGE, ENCLOSED CARPORT (ACCOMMODATES LARGE SUV), ALARM FITTED. R780 000. LIEZL 082 200 4332. NO AGENTS.

JEFFREYS BAY:

Beautiful, fully furnished duplex plus braai and carport. Available Dec. and Jan. 042 293 1268/

076 400 0703.

Gratis kwotasies: Algemene nutsman, staalwerk, loodgieterswerk, teëls, verf, 'dry walls', herstel en oprig van dakke. Ruben 082 814 3731

CASH FOR VEHICLES: PLEASE SMS THINUS. CHRISTIANA. 072 472 8686.

Vakansieverblyf-Stellenbosch:Billike dubbel en enkelkamers beskikbaar in goedtoegeruste Koshuis vanaf 9 Des 2013 tot 2 Jan 2014.Sentraal gelee. (021 887 1583

122 AE SCOTT KENNISGEWING AAN KREDITEURE IN BESTORWE BOEDEL ITV ARTIKEL 29 VAN DIE BOEDELWET NOMMER: 66 VAN 1965 In die boedel van wyle

In the estate of the late Motshedisi Alice Adoro, residing at Ladybrand, Free State, date of birth 21 March 1952, identity No. 520321 0342 080, estate No. 13466/2013. Will all debtors and creditors please pay their accounts and lodge their claims at the undermentioned within a period of 30 (thirty) days as and from 30 August 2013. Dated at Bloemfontein this 19th day of August 2013. CHARL JOHANNES STANDER, c/o Lovius-Block, 31 First Avenue, Bloemfontein PO Box 12196 Brandhof 9324

122 W LEKEER ESTATE NOTICE (21 DAYS)

In the estate of the late Willie Lekeer, identity number 320227 5038 080, born 27 February 1932, estate number: 3035/2013. The first and final liquidation and distribution account (unless otherwise mentioned) inthe abovenamed estate will be open for inspection to all persons interested therein for a period of twenty one (21) days at the Master's Office Bloemfontein from 30 August 2013. Name and address of executor or agent: JE SAFFY, c/o Saffy & Associates, PO Box 12439, Brandhof 9324. Tel. 051 448 5511 Date: 20 August 2013.


BLOEMNUUS, VRYDAG 30 AUGUSTUS 2013 15

WEN OP DIE WEB: Verskeie boeke is op www.bloemnuus.co.za te wen. Hieronder tel Die SAW in die Grensoorlog 1966 - 1989 deur Leopold Scholtz (Tafelberg) en Een nag in Vegas deur Elize Mitchell (Satyn). Jy moet ’n geregistreerde gebruiker van www.bloemnuus.co.za wees om jou te kan inskryf, maar registrasie is verniet. As jy sukkel om te registreer, skryf aan nico.gous@volksblad.com.

Riana Nel tree op Vrydag 20 September in die Kovsiekerk op. Kaartjies is by Computic­ ket te koop. ’n Dubbelkaartjie is egter op www.bloemnuus.co.za te wen .

Die pianis David Helfgott speel op Woens­ dag 11 September in die Odeion. Skaf ’n kaartjie by Computicket aan of wen ’n dub­ belkaartjie op www.bloemnuus.co.za.


Sokker ’n skouspel Rufus Botha PUIK laerskool-sokker is Saterdag in Bloemfontein gespeel. Van die voorste o.11- en o.13-seunspanne (tien spanne van elke ouderdomsgroep) van Bloemfontein het mekaar die stryd aangesê om die gesogte laerskole-uitnodigingstoernooi se Mecer-Nedbank-wentrofeë omhoog te hou. Die toernooi is deur Grey-kollege (primêr) op sy terrein aangebied. Relebeletswe se o.13-mannetjies was soos woelwaters op die veld en het eindelik ná vier uitspeelwedstryde en ’n halfeindstryd na die eindronde deurgedring waar hulle teen die span van St. Andrew te staan gekom het. Dié eindronde het in ’n taai stryd ontaard, maar Relebeletswe was net te sterk vir St. Andrew en het met 2-1 geseëvier. In die o.11-afdeling was die laerskool Toka die sterkste span van die toernooi wat met goeie spanwerk ’n oorwinning in die eindronde behaal

het. Toka het die sterk o.11-span van die Laerskool Brebner, wat verbete teruggeveg het, met 1-0 getroef om die Mecer-Nedbank- (o.11) wentrofee omhoog te hou. Relebeletswe het weliswaar van die gasheer Grey in die uitspeelrondes ontslae geraak deur eerste in dié twee skole se uitspeelafdeling te eindig, maar Grey het sy krag getoon toe hy Relebeletswe in een van die genoemde uitspeelwedstryde met 1-0 getroef het. Relebeletswe is egter deur na die halfeindronde, omdat hy meer aan die wenkant was en ook gemeet aan doelverskille ’n voordeel gehad het. In die wedstryd waarin Grey bobaas teen Relebeletswe was, was die middelveldspeler van Grey, Thuto Dichaba, se voorgevoel en vernuf uitstekend. Dichaba het beslis ’n blink sokkertoekoms en die doel wat hy teen Relebeletswe aangeteken het, was iets om te aanskou.

Wen 20 kaartjies

Die Vrystaat­kaptein, Boom Prinsloo, en sy spanmaats wil môre in die Vrystaat­stadion teen die Griekwas vergoed vir verlede Vrydag se Curriebeker­nederlaag teen die Haaie. Tien lesers van Bloemnuus kan elk dubbelkaartjies na die wedstryd wen. Skryf in by www.bloemnuus.co.za (“Competition”­afdeling) voor 11:00 vandag. Die wenners moet die kaartjies voor 17:00 vandag kom afhaal.

Bloem nuus 30 august 2013  

Bloem nuus 30 august 2013

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you