Issuu on Google+

woord@berg-en-dal kwartaalblad van die ng kerk berg-en-dal posbus 28048, danhof 9310 <woord@berg-en-dal.org> jaargang 5 no 1

September 2009

“My probleem is die kerke...” – Jonathan Jansen • Rektor spreek kerklike gewete aan - Jan Lubbe Die laaste besoek tydens vanjaar se uitreik van ses Reformatoriese kerke na gesagsdraers in die Bloemfontein- en Botshabelo-gemeenskappe, het 'n heel ander dimensie aan hierdie aksie gegee. Hierdie keer het die leiersfiguur wat besoek is, nie net vriendelik geluister na die getuienis wat aan hóm gebring is nie, maar die uitnodiging aangegryp om sy ideale en probleme met die uitreikspan te deel met die oog op gebed, en die span met 'n sterk boodskap na hul kerke teruggestuur: “Die kerke is nog nie deel van die oplossing nie”, aldus prof. Jonathan Jansen, nuwe rektor van die Vrystaatse Universiteit. Op 7 September het 'n uitreikspan bestaande uit dr. Andries Hoffman, ds. Petrus Mokoena en mev. Keta (algar van die NG Kerk in Afrika Botshabelo), en ds. Jan Lubbe van Berg-en-Dal die nuwe rektor gaan besoek. Dit was deel van

'n geslaagde aksie om gesagsdraers in ons samelewing te ondersteun en waaraan meer as vyftig Afrikaanse-, Engelse- en Sotho-lidmate van Berg-en-Dal, die DRC Andrew Murray, die NGKA en VGKSA Botshabelo, die Geref. Kerk Bloemfontein-Noord en die Lutherse Kerk deelgeneem het (berig op bladsy 3). Prof. Jansen is 'n Christen en beskou sy werk by die Universiteit as 'n roeping om studente voor te berei en akademies toe te rus sodat hulle ons land kan help genees. Maar, het hy gesê, die kerke help nog nie genoeg om die grootste probleem in ons samelewing tans - onversoenlikheid en vooroordeel jeens mekaar - op te los nie. Allerhande verskonings word aangevoer waarom wit en swart studente steeds apart bedien word. “Waarom sê die NG Kerk se naam nie ook 'in Afrika' nie?”, wou hy van die uitreikspan weet.

Dr. Andries Hoffman sien die ontmoeting met prof. Jansen as baie betekenisvol: “Ons het die rektor gaan sien en toe word daar vir ONS gepreek! Want prof. Jansen voel dat die kerk hom nie help in sy ideaal dat studente van verskillende kultuurgroepe mekaar allereers as skepsels van God moet sien nie - al moet hulle ook waardering hê vir mekaar se kultuur en geskiedenis. Hy voel wanneer studente teruggaan na hul kerke, word hulle weer uitmekaar geskeur. Daaroor wil hy graag met die kerke praat. En toe mev. Keta vir hom in Sotho bid en sommer ook vir die kerke wie se kop hy so gewas het, toe moet ons agterkom dat onse Professor tot Sotho ook verstaan (behalwe die Afrikaans, Engels, Xhosa en Frans!). Kom ons bid vir hom en die Universiteit, en vir hierdie jongmense in wie se hande die toekoms van ons land is.”

Met 'n loflied die lente in! Vyf kore, vier orreliste, 'n psalmdigter en 'n singende gemeente. Die oorgang van winter na lente het vanjaar in Berg-en-Dal met 'n lied gebeur - 'n lenteloflied. Berg-en-Dallers het die afgelope kwartaal 'n fees van gemeentesang en kerkmusiek soos min beleef.

Op Sondag, 26 Julie - ná die Saterdag toe Bloemfontein 'n historiese oorwinning van die Springbokke oor die All Blacks gesien het (!) - het die Drakensbergse Seunskoor ons gesamentlike erediens opgeluister. Die koor, onder leiding van Johann van der Sandt, het die erediens met 'n aangrypende Zulu-gebed begin en daarna die gemeente tot lofprysing opgeroep met hul uitvoering van “Wees bly almal, sing met 'n geskal!” (JS Bach). 'n Tweede gebed is gesing - “O good Jesus who came to redeem us” (Palestrina) - en aan die einde van die diens 'n lofverheffing: “Gloria in excelsis Deo”. 'n Besondere kennismaking met die Psalms het op 16 Augustus gevolg, toe die bekende Afrikaanse digter, Lina Spies, Berg-en-Dal besoek het. In twee eredienste het sy getuig oor haar liefde vir die Psalms as gebede van God se volk en oor die proses waardeur sy gegaan het met die omdigting daarvan vir die Liedboek van die Kerk (2001). Psalm 8 - die teks van

Na bl 2

BINNE Hulle het ons laat sing - dankie! Jo-retha Smit (solis), Leonore Kloppers en Deon Lamprecht (orrel), Johan Cromhout (begeleiding en organisasie), Marilise van Rooyen (dirigent Grey Kollege en St. Michael's) en Corné van Pletzen (dirigent Hoërskool Sentraal) - musici wat aan die geslaagde Lentelofprysing op 6 September deelgeneem het. Die middagprogram wat deur bykans 600 mense van regoor die stad bygewoon is, is ook opgeluister deur die trompetspel van Kobus van Wyk en Braam van Tonder. Nog foto's op bladsy 2 en 11.

Geseënde uitreik na leiers.................................................................3 Ekonomie & geldsake........................................................................4 'n Milde winter....................................................................................5 Angus & Lina .....................................................................................7 Wat is Gereformeerd? (II) ..................................................................9 Camisardkamp .................................................................................11 Kerkmuis .........................................................................................12


2

woord@berg-en-dal

Brokkies uit die Kerkraad • Andrew Murray: hoe laat? Die gesprek met die DRC Andrew Murray-gemeente oor hul moontlike gebruik van Berg-en-Dal se fasiliteite vir eredienste en ander byeenkomste, het sodanig gevorder dat daar nou 'n voorstel deur hul lidmate oorweeg word rakende 'n tyd vir hul oggenddiens - die mees bepalende faktor in hierdie proses van samewerking. Die eerste opsie op die tafel, is 'n oggenddiens om 11:00 vir hulle; met húlle katkisasie dan vóór die erediens. Die praktiese implikasies hiervan is deeglik deur Berg-en-Dal se Erediens- en Jeugbedieninge bespreek en word daar nou op terugvoer van Andrew Murray gewag. Na verwagting sal die twee kerkrade in November 'n voorstel kan goedkeur met die oog op 2010. • Nuwe kurrikulum vir kategese kom: 'n Taakspan o.l.v. Maria Wessels en die leraars is besig om te werk aan 'n nuwe kurrikulum vir Berg-enDal se kategese. Die primêre oogmerk is om ons kinders te help ontdek dat hulle as dooplidmate aan God verbind is, aan sy Woord en aan die Liggaam van Christus op aarde, die kerk. 'n Beter aanbieding van en verdieping in die Bybelverhaal en God se openbaring word nagestreef. In Grade 1 tot 4 word die verhale uit die Ou- en Nuwe Testament vertel; in Grade 5 en 6 verbreed dit om die agtergrond van die Bybelse leefwêreld en die voortgang in die kerkgeskiedenis te deel; in Grade 7 tot 9 verdiep dit om die Bybelse openbaringsboodskap in verband met gebod (moraliteit), gebed (aanbidding) en geloof (belydenis) te bring; en daarna vind die afronding in Grade 10 en 11 plaas. Tydens 'n gesprek van die huidige span kategete was daar groot entoesiasme oor die nuwe benadering en is goeie wenke gegee. • Sendelinge keer terug: Ná 'n bediening van sewe jaar as predikantsgesin in Fez, Marokko, keer Louwrens en Gerda Scheepers en hul gesin in Oktober vanjaar terug na Suid-Afrika na Bloemfontein! Berg-en-Dal het deur ons Getuienisbediening ondersteuning aan hulle gebied en oudl. Erna Gouws het die gesin ook in 2007 gaan besoek. Ons is die Here dankbaar vir seën wat daar op hulle werk was en die lig wat Hy deur hulle in daardie konteks laat skyn het. • Parkering en terreinplan: Die Komitee vir Eiendomme is besig om 'n oorhoofse ontwikkelingsplan vir die kerkterrein saam te stel. Dit volg nadat 'n versoek van ABSA ontvang is om gedurende die week van die parkeerruimte wes van die kerkgebou gebruik te maak, asook die groeiende drukte wat Sondae voor en ná eredienste rondom die kerk ervaar word. By hierdie plan sal ook die opgradering van ons Moederskamer, die inrigting van 'n gemeente-argief en die voltooiing van die binnehof se verfraaiing ingesluit word.

Van bl 1 Loflied die oggenddiens en waarby die artikel in die Apostoliese Geloofsbelydenis oor God as Skepper aangesluit het - is die eerste van haar omdigtings: met nuwe insig in die digter se verwondering oor God se skepping, kon die gemeente uit die hart sing: “O Here God, u Naam is groot op aarde!” Sondagaand by 'n Nagmaalsviering, is die ander omdigtings van Lina Spies (Psalms 23, 42, 43, 130 en 139) gesing; laasgenoemde was ook die teks vir oordenking: oor God se liefdevolle teenwoordigheid en trou. In Spies se woorde: “U sluit vanaf my vrugbegin, my met u troue liefde in.” Die erns waarmee sy as digter na die regte woorde gesoek het om die diepte en ryke verskeidenheid in die Psalms in eietydse Afrikaans te laat spreek, het almal opgeval. Met nuwe oë word daar nou deur die Liedboek geblaai en op 'n Sondagoggend gesing. En, het sy bygevoeg: “Sentimentele liedjies oor Liewe Jesus verarm ons geestelike lewe...” Volgende op die kalender, was die feestelike “Lentelofprysing” van 6 September - 'n onvergeetlike middag wat deur Erediensbediening en orrelis Johan Cromhout gereël is. Behalwe dat dit 'n vreugdevolle viering van die nuwe seisoen was, is die program ook gewy aan 'n herdenking van Berg-en-Dal se kerkgebou wat op Hemelvaartdag in Mei 1959, amptelik in gebruik geneem is. Soos 'n halfeeu gelede, was Psalm 84 weer die loflied: “Hoe lieflik is u wonings, Heer...!” Voorlesings deur Magdaleen Schoch en Danie Joubert oor die geskiedenis van die kerkgebou en oor die waarde wat die Hervormers Luther en Calvyn aan kerkmusiek en gemeentesang geheg het, het vir 'n baie interessante program gesorg. Drie skoolkore, wat ook saam in 'n massakoor gesing het, het die gemeente tot hartlike deelname aangespoor. Hoërskool Sentraal se koor het die middag met 'n gebed begin - “Here, God van vrede” - gekomponeer deur hul dirigent, Corné van Pletzen, met as solis Maryke Smit, die kleindogter van Johan en

Gaan luister wéér na die preek! Berg-en-Dallers is bevoorreg om wéér 'n keer na Sondag se preek te kan luister deur op die webwerf van die gemeente te gaan kuier. Dit blyk egter dat ons eredienste op die webwerf uit nie minder as 12 lande beluister word - Kanada bo-aan die lys met 29 besoeke! Uit Brasilië is die webwerf 8 keer besoek; uit Italië 5 keer; uit België 4 keer; uit Engeland, die VSA, Nederland en Duitsland 3 keer elk en een keer uit Azerbadjan! In totaal is bykans 3 000 besigtigings van ons webbladsye sedert Maart vanjaar aangeteken. Behalwe eredienste is spesiale geleenthede ook te bekyk of te beluister o.a. ds. Jan Lubbe se bespreking van “The Shack”, die boek van William P Young. Gaan kyk self by www.berg-en-dal.org

Betsie Barkhuizen. Grey Kollege met hul sterk koorklank het die “Festival Sanctus” gesing en St. Michael's Chapel Choir 'n werk van Niel van der Watt: “Hy sal sy engele stuur”. Tussendeur het Joretha Smit 'n solo uit die Messias gesing en is twee orrelwerke deur Deon Lamprecht en Leonore Kloppers uitgevoer. Dit was egter die gemeentesang waaroor almal bly praat. Tannie Hettie Holtzhausen het agterna gesê: “Ek was by die poorte van die hemel. Ons het kerk toe gegaan en vreugde geoes. Ek gaan my tassie inpak en in die kerk kom bly!” Hierdie wonderlike middag is afgesluit met Psalm 134 en die seënbede van John Rutter, “The Lord bless you and keep you”, gesing deur die koor van St. Michael's. En les bes: die soet, innige klanke van die Bloemfonteinse Kinderkoor het die gesamentlike diens van 13 September 'n besondere belewenis vir oud en jonk gemaak. Onder leiding van Huibrie Verster, bekende gesig in Berg-en-Dal, het die koor die erediens met 'n “Halleluja” begin én afgesluit. “Die hemele roem en verkondig die eer van die Here” (Haydn) en twee werke ná die slotsang - “Gabriella's Song” uit die film As it is in Heaven, en die bekende “What a wonderful world” - het ons dankbaar en geseënd huis toe laat keer. Wat 'n voorreg is dit nie om te kan sing nie? Wat 'n voorreg om sulke begaafde musici onder ons te hê! Wat 'n voorreg om God so saam te kon loof!

Om oor God te praat wanneer sy skepping ontwaak: Kategeet Chris Gouws en sy Graad 9-groep, buite op die gras op 'n Sondagoggend aan die einde van die winter. Petri Crause sit oorkant in die middel. Hegte bande groei tussen katkisante en hul kategeet, wat een van die belangrikste faktore in die oordrag van geloofskennis en belewing aan ons kinders is.

woord@bergendal is deel van die bediening in die NG Kerk Berg-en-Dal: 'n kerk waar die bediening van die Woord sentraal staan. Dit is immers 'n Woord van oorsprong en konteks, 'n Woord van verlossing en herskepping, en 'n Woord van bemoediging en vertroosting. Redaksie: Jan Lubbe Gert Terblanche Louise Cilliers Maria Wessels Heidi Steyn Fanie van Jaarsveld Elise Ferreira


woord@berg-en-dal

3

“In humble dependence on God...” • Tweede uitreik na gesagsdraers steek grense oor - Elise Ferreira & Shaun Darker Net soos 'n jaar gelede, het 'n vyftigtal Afrikaanse, Engelse en Sotho lidmate uit die familie van Reformatoriese kerke op 29 Julie na leiersfigure in die Bloemfontein- en Botshabelo-gemeenskappe

Carmia Strauss en Xina Liebenberg van Hoërskool Sentraal: “Here, God van vrede...”

'n Handvol van St. Michael's Chapel Choir se “engele” tydens die Lentelofprysing op 6 September.

uitgereik. Dit is allerweë - deur hulle wat uitgereik het én hulle wat besoek is - as 'n baie geslaagde aksie beleef. Die verskeidenheid in die uitreikspan en die adresse waarheen gegaan is, was selfs nóg groter as in 2008! Gelowiges uit Berg-en-Dal, het in gebed verenig met broers en susters uit die NGKA en VGKSA Botshabelo, die Gereformeerde Kerke Bloemfontein-Noord en Botshabelo, die DRC Andrew Murray én die Lutherse Kerk (by Emily Hobhouseplein). 'n Finalejaar teologiese student wat sy gemeentejaar by Andrew Murray doen, Shaun Darker, was by die voorafreëlings betrokke en het ook die oriëntering van die groep behartig die oggend voordat ons in kleiner spanne vertrek het. Sy indruk van die aksie was: “It is not uncommon to read the paper and be riddled with pessimism. We are normally quick to point out how bad things are or to criticize those in authority. 1 Tim. 2, however, shows a different approach - one of prayer and petition, praying and lifting up those who lead us. Rather than being the mouth-piece of cynicism. This was an eye opener to me, for newspaper pessimism had become second nature to me. But thanks to the combined outreach to those in authority, I now understand what Scripture says on the topic. We are to be proactive, not in political campaigns or revolutionary ideas, but in humble dependence on God, the very One who instructs me to pray for those who govern me. A lesson I think all South Africans need to learn and a lesson I am most thankful for.” Erna Gouws, wat weer as voorsitter van Berg-enDal se Getuienisbediening die organisasie van die aksie gekoördineer het, sê dat haar verwagtinge

Twee van die “Drakies” geniet iets soet (met komplimente van die Vrouediens!) ná die erediens waarin hulle gesing het.

Terug by die kampterrein in Botshabelo tydens die terugvoersessie, het dr. Andries Hoffman met sy tolkwerk gesorg dat al die verhale vertel word. En wie sou kon dink dat 'n middagmaal van stywe pap en sop daaroor, só goed sou kon afgaan? In die motors oppad terug het ons mekaar se uiteenlopende wêrelde nog beter leer ken en is 'n hegte kameraderie ontwikkel. Die daaropvolgende Sondag was Berg-en-Dal, Botshabelo en Thaba Nchu in gebed saamgesnoer vir almal wat gesagsposisies in ons gemeenskappe bekleë. Nou bly die uitdaging om te volhard in gebed. Ons lees koerant en kyk nuus met nuwe oë en harte.

As een lid ly, ly almal saam - Mike de Kock Paulus se eerste brief aan die Korintiërs het vir my nuwe betekenis gekry tydens ons uitreik na gesagsdraers - veral die woorde oor die eenheid van die liggaam van Christus: as een lid ly, ly al die lede saam (1 Kor. 12). Hoe waar is dit nie?

Marie de Wit by haar dogter en skoonseun, Bea en Johann van der Sandt - die begeleier en dirigent van die Drakensbergse Seunskoor. By hulle, ook twee trotse kleinseuns: Janthe en Nelu.

weereens oortref is. In die voorafkennismaking tussen die uitreikers, is 'n gedeelde menswees en die begeerte om tot beskikking van die Here te wees en 'n verskil te kan maak, ontdek. Sy verwonder haar oor die leiding van die Gees in die samestelling van die spanne: 'n op-en-wakker Sothovrou wat 'n hoë pos in Menslike Hulpbronne in die provinsie bekleë, was deel van die span wat na 'n ietwat skeptiese hospitaal uitgereik het maar sy was die perfekte persoon om dáár 'n moeilike deur oop te maak; soveel so dat die span genooi is vir 'n tweede besoek aan die hospitaalhoof! Iemand anders weer wat vooraf huiwerig was, is só aangegryp toe die gesagsdraer wat deur haar span besoek is, deur sy emosies oorweldig is, dat sy opgestaan het om hom te troos! Ons almal in daardie kantoor was diep bewus van die teenwoordigheid van ons Vader, wat die Een is wat onmoontlikhede moontlik maak. Net so het die briefie wat deur een van Berg-enDal se katkisante aan hierdie gesagdraer geskryf is, hom met verwondering en dankbaarheid gelaat.

Ek was deel van 'n span wat in Botshabelo na die hoofde van die Kgoma Munisipaliteit en van Small Business sou uitreik. Vanweë die munisipale staking kon ons nie een van dié persone ontmoet nie, maar het ons toe een van die sekondêre skole daar besoek en beide adjunkhoofte ontmoet - albei gelowige Christene, wat ons hartlik ontvang het. Dit was 'n aangrypende, sielsverrykende ondervinding.

Ons vier spanlede - Cecile Strauss, ds. Lenkoane, ntate Rammile en ekself - het diep onder die indruk van die geestelike-, finansiële- en morele nood in Botshabelo gekom. Dit was insiggewend om te hoor dat die bekommernisse en verlangens wat hier in Bloemfontein leef, ook in Botshabelo bestaan, maar vanweë hul ekonomiese omstandighede, in 'n baie erger graad. Baie gesinne is ouerloos en word deur kinders van 14 tot 18 jaar versorg. Volgens ds. Lenkoane is die gevolg hiervan 'n jong geslag wat opgroei sonder dissipline of vaste geestelike waardes - 'n saak wat elkeen van ons en ons land, raak. Ons moet ernstig in die gebed intree en ook praktiese hulp verleen.


4

woord@berg-en-dal

Ekonomiese siklus raak ook gemeentelike geldsake - Wiehan van Staden Berg-en-Dal se geldsake is gesond en ons is een van 'n handjievol gemeentes in die land wat nie tans finansiële probleme beleef nie. Daarvoor bring ons aan die Here al die eer. Danksy 'n groter as begrote Spesiale Dankoffer en ander goeie bydraes mag ons vanjaar moontlik weer 'n groei in inkomste toon en kan ons net dankie sê vir dié genade van Bo en aan alle lidmate - daardeur kon ons al ons gemeente se verpligtinge nakom en nóg meer aan die nood in ons samelewing doen. Dit is egter interessant om daarop te let hoe tendense in die ekonomie, ook ons gemeentelike geldsake beïnvloed. Met die ekonomiese situasie en markgebeure van verlede jaar nog vars in die geheue, hoef ons slegs vyf jaar terug te gaan na die vorige skerp daling in die Suid-Afrikaanse

Uitreik na Zambië - Bybels - Chris de Wet Gedurende Julie hierdie jaar het ons toergroep 500 Bybels na die Reformed Secondary School Katete in Zambië geneem, waar Bernard en Christine Odendaal onderwys gee. Hierdie meisieskool het 1000 leerders en almal is koshuisgangers. Ons is hartlik verwelkom en het in die kort tydjie tot ons beskikking die skoolhoof sowel as van die onderwysers ontmoet. Verder het ons ook die kinders in verskillende klasse besoek en waargeneem hoe hul onderrig word. Ons was beïndruk met die standaard van hul onderrig en met hul goeie Engels. Te midde van die talle moskees in Zambië, was dit goed om die gereformeerde kerk daar werksaam te sien. By die grenspos tussen Mosambiek en Malawië, moes van die Bybels (op hulle aandrang) aan die doeanebeamptes gegee word. By nog 'n grenspos het ons gevind dat die doeanebeamptes tydens ledige oomblikke sit en Bybel lees. Beide gevalle was vir ons 'n aanduiding van die behoefte wat daar aan die Woord van God bestaan.

Madreez de Wet en ‘n aantal skool dogters in Katete

aandelemark. 'n Ekonomiese insinking word gewoonlik eers ses maande later in individue se spandering weerspieël. Só het die daling van 2002 en veral 2003, eers in 2004 aan die inkomstekant van ons gemeente se finansiële state getoon. Verlede jaar egter, het individue vinniger gereageer op die afswaai en was ons gemeentelike inkomstes vir 'n wyle laer as ons uitgawes. Dit kan onder andere verklaar word uit 'n styging in gemeentelike uitgawes soos hulpverlening aan individue en instansies binne en buite ons gemeente, in daardie tydperke. Die state toon ook 'n bestendige styging in ons gemeentelike inkomstes deur die afgelope vyf jaar - en daaroor is ons baie dankbaar.

Bouwerk op Prellerplein vorder – is dit ‘n bedreiging of geleentheid vir Berg-en-Dal?

Heidi gesels met... Speelgoedliefhebber wat kinderharte bekoor Eendag, lank, lank gelede... So begin die verhaal van 'n dogtertjie wat baie lief was vir popspeel en vandag - 69 jaar later - vertel sy steeds met 'n vonkel in die oog van haar merkwaardige speelgoedversameling. Dit is Rena Vorster, eienaar van die Speelgoedmuseum in Kmdt. Senekalstraat, 'n klipgooi agter die kerk. Die stokperdjie om poppe, teddiebere en allerlei speelgoed te versamel, het begin toe haar dogter in Libië by Buitelandse Sake werksaam was. Met elke besoek hier tuis, het haar dogter iets saamgebring, veral poppe wat met batterye gewerk het. Uit Duitsland het daar ná 'n besoek houtspeelgoed uit winkeltjies in die Ertzberge saamgekom: fluitjies en tolletjiebrei-stelletjies. In Brasilië het sy “music boxes” wat in Amerika gemaak is, gekoop. Sy het by 'n speelgoedklub aangesluit en deur hul maandelikse nuusbriewe met spesiale aanbiedinge, het haar eie versameling uitgebrei. Uiteindelik het haar speelgoedmuseum in die jaar 2000 geopen met besoekers uit alle oorde. Sy het onlangs selfs besoek van die SAUK se Kwêla-span ontvang en ná 'n onderhoud met Amanda Olivier op RSG, het daar baie navrae en bydraes gekom. Die oudste versamelstukke is 'n poppie uit 1860 en 'n waardevolle Graaff Reinet-pop uit 1914! Die lappoppe is gemaak deur die Laubscher- familie en is gestop met houtstof, kurk of fyngekapte mieliestronke. Wat 'n besoek aan die speelgoedmuseum merkwaardig maak is mev. Rena Vorster se kennis van die rol wat die speelgoed in spesifieke tydperke in die geskiedenis bekleë het, soos uit die tyd van die Eerste Wêreldoorlog - waarvan sy ook verskillende voorbeelde het. Vir dogtertjies wag daar 'n belewenis met vertellinge van hoe die poppe teepartytjie gehou het (kompleet met teestelletjies uit die tyd toe diamante in Kimberley ontdek is). Daar is

Rena Vorster “Speelgoedtannie”

selfs miniatuur naaldwerkmasjientjies om die popkleertjies te herstel! En tussen die poppe, teddiebere, karretjies en stelle Lego-blokkies, woon daar ook 'n Mevrou Viljoen in haar skoen. Die speelgoedmuseum bekoor sonder twyfel alle kinderharte wat daar inloer. Die museum lewer ook 'n diens deur die herstel van poppe en teddiebere, en die maak van periode popklere én die allerfraaiste dooprokkies. Ná vier dekades in Bloemfontein, verhuis mev. Rena Vorster aan die einde van die jaar na Pretoria om nader aan haar kinders te wees. En die museum? Sy wil nog vir oulaas 'n groot uitstalling in Bloemfontein hou en het daarvoor die Kermis van Berg-en-Dal (9 Oktober) gekies - oud en jonk word dus uitgenooi om ter wille van nostalgie òf fantasie in hierdie speelgoedparadys te kom verdwaal. Net die vertelling van mev. Vorster oor haar en die teddiebeer van Mr. Bean se oorsese reise, maak dit al die moeite werd!


woord@berg-en-dal

5

'n Milde Winter Die winter is verby, en behalwe vir 'n paar tipiese koue Bloemfonteinse nagte, was dit eintlik 'n sagte winter. Daarby het die welkome reëntjie verder vir mildheid gesorg. Só was dit ook in Berg-en-Dal 'n rustiger seisoen van na binnekeer en versorging. Ook 'n seisoen van afskeid: drie geliefdes wat reeds in die beginjare van ons gemeente hier gevestig het òf later 'n groot rol in ons gemeentelike lewe sou speel, het ná 'n siekbed en verswakking heengegaan - Ansie Rall, by Noorderbloem; Oom Willie Oosthuizen (Genl. Conroystr. 15) en Tannie Rona Johnson (Thealsingel 8). Op verskillende maniere het ons die laaste paar jaar van hul lewens meegeleef en is mens dankbaar dat hulle die Here geken en liefgehad het, en dat Hy hul uiteindelik ook uit hul lyding verlos het. Ons dra hul lewensmaats Oom Willie Rall, Tannie Anna Oosthuizen en Oom Henry Johnson - sowel as hul kinders aan die Trooster op. Nog 'n oud-Berg-en-Daller en inwoner van Paul Rouxstraat, wat in Hermanus gaan aftree het, Marchand de Kock, is aan die einde van die kwartaal oorlede. Op 'n ander manier moes ons nóg lidmate gedurende die kwartaal groet: Lourens de Bruyn, Ben en Retha van Coller, en Pieter en Tania Rossouw, wat almal na die Kaap verhuis het. In Genl. Conroystraat is Oom Niek en Tannie Johanna van der Walt besig om in te pak en afskeid te neem: hulle verhuis na Pretoria. Die Van der Walts se huis was een van die heel eerstes in die nuwe woonbuurt Dan Pienaar in 1952 en hulle was stigterslidmate van Berg-en-Dal. Maar die tyd stap aan. Die Here gaan met julle mee. Terselfdertyd het daar nuwe gesigte by ons aangesluit: Johan en Sonja de Bruto (Roelf Dreyerstr. 12), Albert en Anna Weideman (Komdt. Senekalstr. 50), Reinier en Liesl Brönn (Kestellstr. 1), Adrie, Jacqueline, Wiesner en Heike-Louise Hechter (Athloneweg 14), Tannie Elize Coetzee (Siësta 8), en Gerhard, Marthie en Amelie Jansen (Mockestr. 12). Welkom aan julle! En geluk aan die dopelinge wat bygekom het: Lucas Verwey, die kleinseun van Herman en Myrtle (Paul Rouxstr. 81); Alshé, die dogtertjie van Bertie en Shantél Steyn (Panorama Park 53); en Londi Blom, die agterkleindogter van Tannie Wimpie de Bruin (Albrechtrstr. 115) uit London. En dít boonop kort ná Tannie Wimpie se 85ste verjaarsdag! Aan daardie kant van die lewe, het nog 'n lewensjaar volgeword vir 'n handvol ouer lidmate - ons hartlike gelukwensinge gaan aan die voorloper, Tannie Hannah de Villiers (91); kort op haar hakke (op 88!) is Tannie Jopie Bok, Tannie

Rona Johnson

Londi Rose Blom en haar pa, Theunis

Chrissie Pretorius en Oom David Fourie; Tannie Winnie Nel en Renie van Tonder het 85 geword; en verder tel Tannie André Morrisen, Anna Oosthuizen, Rina Horn, Oom Barend Bezuidenhout, Tannie Anna Heyns, Elize van Rensburg, Oom Hennie Human en Johan Lombaard, en Tannie Marie Theunissen ook onder hierdie eerbiedwaardige garde. En baie geluk aan Johan le Roux (een van ons diakens) en Thelma van Rensburg, wat verloof geraak het! 'n Groot geluksê aan ons finalejaarkatkisante van wie 17 as leiers by hul onderskeie skole aangewys is: uit ons stadsgroep is Foster Lubbe (hoofseun), Lu-San Fourie, Rina Pienaar, Christoff van der Schyff en Frikkie Schoombie (onderhoofseun) by Hoërskool Sentraal verkies, en Danielle Gouws by Eunice; uit die koshuisgroep by Sentraal, Jana Stofberg (hoofmeisie), Lize Smit (onderhoofdogter), Kabous Visser (onderhoofseun), Thinus van Rensburg, Christof Hellmuth, Bennie Lategan, Rhoda-Ann Nel, Gustav Otto, Bianca Prinsloo, Chris-Merie van den Berg, Lizanne van der Watt en Hendrik Vermooten mag die Here julle wysheid en krag gee vir jul leiersrol. Dan was daar 'n aantal lidmate wat ernstig siek was deur die winter. Oom Koos van Rensburg (Flockemanstr. 6) en Tannie Louise Minnaar (Paul Rouxstr. 53) het baie groot operasies ondergaan en sterk steeds aan - Oom Koos is na Hillandale oorgeplaas. Yvonne Olivier (Cachetstr. 16), Emmerentia Weyers (Genl. Hertzogstr. 83), Oom Tobie Wiese (Langenhovenstr. 15), Tannie Frieda Barnard (Winterstr. 18), Oom Jan Dykman (Serenitas 170), Hanlie Gouws (Paul. Rouxstr. 79), Hankie Olivier (Ladysmithstr. 24) en Johan Eysele (Genl. Cronjéstr. 1) het almal 'n draai in die hospitaal gemaak. Twee van ons jonger lidmate was in motorfietsongelukke: Karin Jacobs (Genl. Cronjéstr. 40) en Pienaar Roussouw (Gordon Smitsgl. 6), wat baie seer gekry het. Dit gaan nou met hom beter en ons dank die Here vir sy beskerming. Die hele kwartaal deur het ons saam met Izelle en John Tweedale vir hul seuntjie, klein John, wat kort ná sy geboorte 'n beroerte gehad het en nou al weke lank in die Intensiewe Sorgeenheid van Rosepark lê, gebid. Hy is die kleinseun van Veronica van Niekerk (Kiepersol Close 7). Ons dink ook aan ander lidmate wat tuis siek is of in hul huise een of ander kruis dra - mag die Vader naby aan julle bly. Laat ons die somer met moed en geloof ingaan: ons ontvang die lewe uit Sy hand (Ps. 16). Ds. Jan.

Shantél, Alshé en Bertie Steyn

Albert en Anna Weideman

Dr. Danie Malan

Gegroet, kindervriend! Op 1 Augustus 2009 is 'n dankseggingsdiens vir die bykans 90-jarige dr. Danie Malan in die NG Kerk Berg-en-Dal gehou. Hy was vir baie jare lidmaat van die gemeente en het verskeie termyne as ouderling gedien (ook as leierouderling in die tagtigerjare). Die diens is gelei deur sy seun, dr. Danie Malan, met as tema: “Onthou altyd hoe lief ek julle het.” Dit is soos sy gesin hom beleef het en sal onthou. Dit is ook hoe duisende kinders (dooplidmate) van die destydse NG Jeugaksie dr. Danie Malan sal onthou: 'n man, 'n vriend met 'n passie vir die dooplidmate van die ganse NG Kerk. Dit is hierdie passie wat hom gedryf het om die kerk te lei om hul kategetiese onderwys in belang van die jeug te hervorm tot 'n sinvolle aksie wat hul behoorlik sou toerus vir hul taak as belydende lidmate. As voltydse Sondagskoolsekretaris het hy leiding geneem om in samewerking met 'n gesoute span teoloë en opvoedkundiges die Sondagskool as leer- en onderrigpraktyk deeglik te ondersoek. Aandag is gegee aan die leerstof wat aangebied word en 'n totale vernuwing en hersiening van die inhoude wat die herskryf van die leerders se handboeke tot gevolg gehad het, was deel van die strategie vir meer doeltreffende kategetiese onderrig. 'n Verandering in die aanbieding deur die kategete het hiermee gepaard gegaan en skoling het op 'n goed georganiseerde basis dwarsdeur die NG Kerk geskied. Dr. Danie was hierby aktief betrokke. As deel van die vernuwing is ook die tradisionele Bybelkenniseksamen onder die loep geneem. Ook hier het dr. Danie 'n waardevolle bydrae gelewer tot die daarstelling van 'n didakties-verantwoorde en gebruikersvriendelike evalueringstelsel. As eindredakteur van verskillende kerklike jeugtydskrifte het dr. Danie deel gehad aan Christelike opvoeding en onderwys. Niel van Loggerenberg.


6

woord@berg-en-dal

Herlewing of Hervorming? Ons leef in 'n besondere tydsgewrig. Nie net is dit vanjaar 500 jaar sedert die geboortedag van Johannes Calvyn, die Hervormer van Genéve nie; dit is óók al die tweede jaar waarin die woord “herlewing” uit baie monde in ons liewe land opklink en op koerantvoorblaaie pryk. “Suid-Afrika draai”, so is verlede jaar ná die Mighty Men Conference by Greytown aangekondig; toe volg “Loftus vir Jesus” en in Augustus vanjaar, “Free State for Jesus” - waar, volgens berigte, bykans 18 000 mense hulle hande opgesteek het as teken van 'n oorgawe (bekering) aan Christus. Intussen het daar ook 'n vroulike prediker in die gees van Angus Buchan opgestaan en vroue tot herlewing opgeroep - Gretha Wiid. Nou kan daar min twyfel bestaan oor die opregtheid waarmee Buchan sy boodskap bring. Hy is oortuig dat die Here hom hiervoor geroep het en hy wil alle eer aan God gee. Hy is vas oortuig dat sy boodskap “net so uit die Bybel kom”. Hy is ook nie daarop uit om geld uit sy godsdiens te maak nie, alhoewel nie ontken kan word dat sy saamtrekke en die publikasies en CD's onder sy naam 'n beduidende finansiële inspuiting vir gastehuise, eetplekke, vulstasies, klankingenieurs en boekhandels gebring het nie. Verder is dit duidelik dat daar 'n groot behoefte aan die boodskap van Buchan bestaan: die skares mans, seuns en gesinne bevestig dit. Hy bereik sonder twyfel mense wat andersins nie in die kerk sou kom nie. Maar dít is juis die vraag: kom hulle nóu wel kerk toe? Het erediensbywoning landswyd oor die afgelope twee jaar gestyg - en indien wel, by watter kerke? Of is hier eerder sprake van 'n beweging wat langs die kerke loop, in charismatiese vaarwaters? Die tweede vraag is natuurlik: het 'n paar ander plekke nou al leeggeloop of moet die herlewing nog deurwerk na die kroeë, lotto-toonbanke en egskeidingshowe? En sal dit wel gebeur? Want dít is die verskil tussen herlewingsbewegings en diepgaande hervorming (in die gees van die Reformasie): te dikwels bly hierdie groot saamtrekke vassteek by 'n emosionele opwelling van berou, bekering en bidure, en verander dit nie 'n samelewing in sy wortels nie. Werklike hervorming vra 'n breë Koninkryksperspektief, eerlike omgang met die wesenlike vrae van die tyd en 'n volharding in die stryd om verandering. In hierdie opsig het Angus Buchan nog te min gesê oor die kommerwekkende polarisasie in ons Suid-Afrikaanse samelewing, oor rassisme en versoening. Wie die werke van Hervormers soos Luther en Calvyn lees, kom daarteenoor onder die indruk dat hulle van geen kwessie in hul konteks weggedeins het nie, maar dit konsekwent vanuit 'n deeglike bestudering van die Bybel aangespreek het. Alleen uit die volheid en samehang van die Woord en deur sy Gees, kan daar 'n herlewing in ons binnekamer en 'n hervorming van ons samelewing kom.

woord@berg-en-dal

DIE OOP WOORD. . . Nuwe mens in ‘n ou wêreld! “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom” (2 Korintiërs 5:17). Wie is ek, as Christen-gelowige? Paulus se woorde aan die Korintiërs vertel ons meer van ons identiteit as Christene - dit gee ons in 'n sekere sin 'n definisie van Christenwees. Christene, sê Paulus, is God se nuwe mense op aarde, wat deur Hom nuutgeskep is. Letterlik staan daar in 2 Korintiërs 5 dat ons 'n “nuwe skepping” is en dat dit alles die werk van God is (vs. 18). Dit is mense “wat aan Christus behoort”, dit wil sê deur die geloof intiem verbind is aan Hom en deur Hom leef en beweeg. Nuwe mense is mense wat bewustelik leef in die nuwe tydvak wat aangebreek het met Christus se koms en sterwe aan die kruis. Dit is mense wat leef en werk vir God se nuwe wêreld, naamlik sy koninkryk wat in Christus nabygekom het.

BRIEWE P Is wreedhede en die afsterwe van geliefdes God se wil? (Slot) Hans Koorts: Prof. JJF Durand in sy “Skepping, Mens, Voorsienigheid” (1982) is redelik uitgesproke oor die determinisme wat in die ortodokste gereformeerde leer te vinde is. Op p 67 skryf hy: “Sentraal in die Ortodoksie se Godsleer, en ook in hulle hele teologiese denksisteem, staan die gedagte van die dekrete van God. En wanneer die voorsienigheidsleer vanuit 'n dekreteleer ontvou word, doem die gevaar van determinisme lewensgroot op.” Durand waarsku teen die opvatting van die ewig onveranderlike raadsplan wat God bind sodat hy nie nuwe besluite kan neem nie. In dié verband verwys hy ook na Bavinck. “In sy behandeling van die raad van God is dit duidelik dat Bavinck lugtig is vir die idee dat God se besluite 'n sekere selfstandigheid teenoor Homself kry; 'n soort bloudruk is waarvolgens Hy alles laat gebeur. God handel so omdat Hy so wil en nie omdat daar 'n reeds bestaande en neergelegde raadsplan is nie” (p 69). Oor die ortodokste gereformeerde leer skryf Durand soos volg: “In die gryse verlede het God 'n plan opgestel en in die hede word die plan net in werking gestel. Alles is gedetermineer deur God se ewige plan. Van menslike vryheid is daar gevolglik geen sprake nie. Om die

Gelowiges, as nuwe mense, weet dat daar 'n grens is; 'n skeiding gekom het tussen dit wat vroeër was (die ou dinge) en die nuwe. Hulle is dus mense wat die ou dinge - selfhandhawing en liefdeloosheid - verruil het vir 'n nuwe verhouding van liefde teenoor God en hul medemens. Dit is mense wat staan in “die bediening van die versoening”, omdat hulle deur Christus verlos, vernuwe en versoen is. Nuwe mense se lewens word gekenmerk deur 'n nuwe gerigtheid op God met 'n gepaardgaande nuwe lewensuitkyk en -styl. Hulle nuutheid en andersheid maak ook hulle omgewing nuut en kleur dit met die hemelse kleur van God se koninkryk en bied 'n alternatief aan 'n wêreld sonder God. Ja, die “nuwe het gekom”! Die nuwe van die ewigheid sal nooit weer oud word nie, want God hou dit altyd nuut deur die werking van sy Gees. Ds. Gert Terblanche.

waarheid te sê, boet God self ook sy vryheid in teenoor sy eie vasgelegde plan en orde” (p 210). Wat is die mens se verhouding teenoor God? Hieroor skryf Durand: “Omdat hierdie God 'n Persoon is, is die posisie van die mens wat teenoor Hom staan, anders as wat die posisie sou wees teenoor 'n onpersoonlike noodlotsmag. Teenoor so 'n mag waarin alles reeds vooraf bepaal is, verloor die mens alle vryheid. Nooit word hy die magtelose en gemanipuleerde slagoffer van 'n vasgelegde plan nie, maar elke oomblik staan hy vry en verantwoordelik in relasie tot dié God wat van hom as God se saakwaarnemer op aarde gehoorsaamheid vra” (p 212). Gevolgtrekking? Teoloë soos König, Heyns en Durand beweeg weg van die starre ou gereformeerde voorbeskikkingsleer. Die nuwe beskouing oor hierdie leer verskaf die mens 'n meer vreugdevolle omgang met God, as dié leer waarvolgens die mens maar net 'n willose marionet in sy hande is.

Kom kuier! Lourens de Bruyn: Teen die middel van Augustus 2009 het hierdie ou boom homself verplant na Wellington, Wes-Kaap, RSA - en dit heel vrywillig! Bloemfontein se nat, koue winters die afgelope paar jaar het my deeglik voorberei vir die Boland s'n (as gevolg van aardverwarming?). Hopelik sal ek darem ook meer van die kinders en kleinkinders hê! Ek sal baie

Na bl 8

Briewe


woord@berg-en-dal

7

Hoe lees ons die Bybel? Die vraag oor hoe ons die Bybel vandag behoort te lees, het vir baie Christene 'n probleem geword. Moet ons dit letterlik lees en toepas - byvoorbeeld ten opsigte van die rolle van mans en vroue? Met 'n tikkie hemelse humor daarby, gebeur dit toe tydens die naweek van 16 Augustus dat twee maniere van Bybellees in Bloemfontein aangehoor is, met die besoeke van Angus Buchan en Lina Spies. Die kerkraad het 'n oop gesprek oor hierdie tema gereël vir Sondag, 13 September (sien die hoofartikel), wat deur meer as 'n 150 belangstellendes bygewoon is. Hier volg die menings van drie lidmate.

Angus (I) Ek het die Mighty Men Conference in Mei 2009 in Greytown bygewoon. Met die boodskap kon ek nie fout vind; dit was in wese dieselfde verkondiging van genade as waarmee ek grootgeword het, eenvoudige, reguit taal vir elkeen om te verstaan. Ek het opregtheid beleef sonder aangeplaktheid - dit gaan nie oor die mens Angus Buchan óf oor enigeen van ons wat daar was nie: elkeen het na die MMC-09 gekom vanuit uiteenlopende agtergronde en kerke om die Here te dien. Baie mans en veral wit mans bevind hul tans in 'n magtelose situasie met min verweer; die toekoms lyk nie goed nie. Baie van ons praat ook uit 'n redelik veilige hawe, terwyl die boeregemeenskap op rowwe waters is - ek dink Oom Angus praat die taal wat hulle wil hoor. Ek het 'n diep meegevoel vir mense wat swaarkry en daarom sal ek die duisende mans daar op hul knieë onthou wat as slotgebed Sondag, die Onse Vader gesing het en dit in die taal wat ek liefhet. As ek eerlik moet wees, was dit die natuur - soos die pragtige wolke oppad terug - wat my naby aan my Skepper laat voel het. Ek is dankbaar teenoor Oom Angus dat ek 'n stukkie van sy gasvryheid en unieke menswees kon deel, ook saam met mense na aan my hart.

bedreiging vir die kerk in nie: 'n gesprek tussen hom en leiers van die NG Kerk sou eerder meer begrip kon bring. As dokter interesseer die kwessie van geloofsgenesing my wel, al het dit nie 'n sentrale rol tydens MMC-09 gespeel nie. Ek weet nie wat die Saterdagoggend met Oom Angus gebeur het toe hy ná die boodskap agter die podium inmekaar gesak het nie. Of dit 'n hartaanval was, kan ek nie sê. Met sy kinderlike geloof sien hy wel die hand van die Here in alles en in die Bybel lees ons baie oor geloofsgenesing. Tog sou ek versigtig wees wanneer mense sonder die volle mediese feite eie gevolgtrekkings maak - dit kan verwarrend wees. Ek berus my daarin dat God Homself op verskillende maniere aan ons openbaar; ons fokus is soms net verkeerd: wonderwerke is nie algemeen nie en as geneesheer verwonder ek my oor die mediese wetenskap en weet ek dat ek sonder die Here se hand, geen sieke sou kon help nie. Uiteindelik onthou ek dit wat Paulus in Filippense 1 skryf: dat ons in liefde, begrip en fyn aanvoeling sal groei “sodat ons die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.” En in vers 18: “Of dit met bybedoelings is of in opregtheid, op allerhande maniere word Christus bekend gemaak, en daaroor is ek bly.” Laat ons ons daarom beywer vir standvastigheid, eensgesindheid en nederigheid. - Dewald Steyn.

Angus (II)

Ek het wel my verskille met Oom Angus: ek dink dat hy opreg naïef is oor sy eie ervaring van wonderwerke; dat hy van die begin af meer sensitief teenoor vroue moes wees deur bv. vir hulle ook byeenkomste te reël; die titel vir sy saamtrekke (“Mighty Men”) kon meer neutraal wees; hy sou 'n paar teoloë as adviseurs in sy span kon kry; en hy moet oppas om nie te nougeset op 'n paar Bybelse temas te fokus nie. Maar ek het nie rede om skepties te staan oor sy integriteit nie en ek meen dit is 'n wanopvatting dat hy vroue se regte bedreig. Hy hou ook nie 'n

Die saamtrek van Angus Buchan in die Vrystaat Stadion was my eerste kennismaking met hom. Selfs vir my gereformeerde siel was sy charismatiese boodskap besielend en inspirerend, prakties en op die man af. Dit was nie bedoel om enigiemand eers bietjie blink te vryf en 'n sagte plekkie vir die boodskapper te beding nie. Angus, met sy brandende siel vir die goeie Vader, het elkeen opgeroep om weg te draai van hoogmoed en om in nederigheid teenoor mekaar te leef. Of dit in die huwelik is, die besigheidswêreld, die gemeente of in jou verhouding met jou kinders - jy moet nederig wees. Jy moet na jou seun kan gaan en om verskoning vra vir wat verkeerd gegaan het. Mans moet hul vroue en kinders dien soos Christus sy kerk dien. As jy iemand geld skuld, gaan na hom toe met jou hoed in die hand en versoek nederig uitstel en tref reëlings vir betaling. Keer terug na Bybelse waardes om 'n beter lewe te hê.

Ek was aangenaam verras om te beleef hoe 'n verskeidenheid van kerke en denominasies byeen was en hoe ons almal saam een God kon dien. Hoe ons in liefde een Kerk van Christus is. Ek het diep onder die indruk gekom van die hegte verhouding wat Angus met die Here het. Sy hele bediening handel oor Hom. Daarby kom nog 'n indruk: baie van wat Angus gesê het, het my dadelik herinner aan preke in ons eie gemeente en was dit vir my moontlik om juis daarom nog dieper waarde aan Angus se woorde te heg. Ek het weer besef hoe goed voorberei en Skrifgetrou ons eie predikante die Woord hier bedien. Met diepe dankbaarheid kon ek net die volgende dag, die Sondag, na ons eie predikant en na Johan Cromhout se uitstekende vertolking van 'n melodieuse skrifberyming luister - en besef: ek is tuis in ons gemeente. Ek dank die Here vir Angus Buchan en die vaderfiguur wat hy vir baie mans in Suid-Afrika is, maar ek dank die Here soveel te meer vir ons eie gemeente en leraars wat 'n tuiste op rots gebou is. - Martin Coetzee.

Lina Prof. Lina Spies is by 'n geselligheid wat deur Berg-en-Dal se gemeentebediening gereël is, aan die woord gestel oor die posisie van die vrou in ons samelewing. My verwagting was dat sy mense soos Buchan en andere wat, soos ek dit sien, geslagsdiskriminasie in die Naam van die Here verkondig, aan die kaak sou stel. Maar sy het nie die verkondigers van idees aangespreek nie - wel stereotipes. Sy het dit aan elke toehoorder oorgelaat om as denkende Christen wat verantwoordelikheid vir waarheid in die wêreld aanvaar, feite in die oë te kyk en geromantiseerde

Na bl 8

Hoe lees ons die Bybel


8 Van bl 7

woord@berg-en-dal Hoe lees ons die Bybel

euwels te ontbloot, sodat God se plan vir sy kinders kan realiseer. Prof. Spies het oor Ester van die Bybel gepraat. Sy het ons laat onthou van Oom Mordegai wat die weeskind, Hadassa, aangeneem en versorg het. En van Koning Ahasveros wat sy septer na die mooie Ester uitgesteek het. Ons het die nare Hamman onthou en die Mordegai-sege toe dié in plaas van Hamman vereer moes word en Hamman uiteindelik aan die galg wat hy vir Mordegai laat oprig het, sterf. Maar toe nooi prof. Spies ons om deur haar oë anders na die verhaal te kyk. Vasti word die heldin van die verhaal: 'n vrou wat in 'n paternalistiese samelewing verwerp word omdat sy nie bereid is om as 'n spogbesitting van haar man voor mans wat al 180 dae lank partytjie hou, te paradeer nie. Ons word gekonfronteer met die vraag waarom Mordegai die koning se bevel aan almal in die paleispoorte om voor Hamman te kniel, verontagsaam het. Wat soek Mordegai in elk geval in die paleispoorte? Die Jode was op daardie stadium nie bedreig of vervolg nie; dít begin pas nádat Mordegai vir Hamman uitgedaag het! Hoe kon

Van bl 6

Briewe

graag kontak wil behou met al die goeie vriende en sal dit waardeer indien ek baie van julle sal hoor en baie van julle sal sien (let asb. op die baie baie's). Ek gaan dit nodig kry. My adres op Wellington is 137 Rieslingstraat, Onverwacht; en die posadres, Posbus 678, Wellington, 7655. Alle name in die Boland neig mos na òf Hollands òf Frans (en ek hoor die fensie Franse name is heel dikwels foutief verbuig!). En moet tog nie die wyncultivars vergeet nie: Onverwacht se strate met hul herhaaldelike spoedwalle se name kom almal uit die wingerd! Van wingerd gepraat: laat hoor gou wanneer julle hier naby is, dan ontmoet ek julle op 'n gerieflike plek en begelei julle tot by my kaia - 'n GPS sal niks help om my te vind nie; dit sal julle net in die wingerd laat verdwaal! Tot weersiens en weerhoor!

Geliefde Berg-en-Daller groet: Pieter Erasmus en ds. Gert Terblanche by die Donderdagoggend Bybelstudie waar Lourens de Bruyn (middel) afskeidgeneem het. Lourens en Lidia de Bruyn was vir baie jare lidmate van Berg-en-Dal en baie meelewend. Lidia is in Desember verlede jaar oorlede.

dieselfde Mordegai wat as Jood nie voor Hamman wou buig nie, aan die Joodse meisie wat aan sy sorg toevertrou is, 'n heidense naam (“Ester”) gee, haar belet om haar volksverband bekend te maak en haar dan aan die koning se harem uitlewer om Vasti se plek in te probeer neem? En die tragedie teen die einde van die verhaal: nadat Hamman opgehang en tien van sy seuns doodgemaak is en die Jode 'n groot slagting met die swaard onder hulle vyande aanrig, sien ons die mooi Joodse meisie, Hadassa, as die harde vrou Ester - die een wat haar man, Koning Ahasveros, tot hierdie bloedvergieting oorhaal... Só het prof. Spies ons met 'n ongemaklike werklikheid gelaat in plaas van 'n geromantiseerde prentjie. En met vrae... oor die samelewing wat Hadassa verhard het tot die wrede Ester; oor ons eie samelewing waar Christene behoefte het aan 'n beweging met die naam “Magtige Mans”. Oor wat die afwesigheid van God se naam in die hele boek, eintlik wil sê? Soos ek prof. Lina Spies verstaan het, lê die antwoord nie in gemaklike, bekende en selfs dikwels gerespekteerde stereotipes nie, maar in 'n toegewyde en eerlike soeke na en konfrontasie met die Wil van God. - Marelize Marais.

Kabi Nkopane, solis van die Bloemfonteinse Kinderkoor, met van die vrolike dogters (onder) op Sondag 13 September.

Quo Vadis? - Louise Cilliers Die Latynse woorde “Quo Vadis” wat ook die titel is van 'n aangrypende film oor die eerste eeu ná Christus, beteken “Waarheen gaan jy?”. Dit verwys na die woorde van Petrus wat op aandrang van die gemeentetjie in Rome op pad was om van die vervolging van die Christene na veiligheid te vlug. Naby die stadspoort het Petrus volgens die apokriewe boek, “Die Handelinge van Petrus”, onverwags vir Jesus teëgekom, en toe hy Hom vra: “Domine, quo vadis?” (Here, waarheen gaan U?), het Jesus geantwoord: “Eo Roman iterum crucifigi” (Ek gaan na Rome om weer gekruisig te word). Dit het Petrus laat besef dat hy na Rome moet teruggaan. Op daardie plek is daar tans 'n klein kerkie bekend as die Chiesa del Domine Quo Vadis, op die Via Appia, ongeveer 800 meter van die St. Sebastiaan Stadspoort.

Sedert die 9e eeu was hier 'n heiligdom hier, maar die huidige kerkie dateer uit 1637. Dit is egter moontlik dat die plek van aanbidding ouer is, aangesien dit oorkant 'n antieke heiligdom was wat aan Rediculus, die god van die terugkeer (Latyn: “redire”), waar reisigers na 'n ver land soos Egipte of Griekeland, voor hul vertrek aangedoen het en weer by hul veilige terugkeer dank sou bring. Die oorspronklike, minder bekende naam van die kerkie was Chiesa di Santa Maria in Palmis, waar “palmis” verwys na Jesus se voetsole wat ná die verrassende ontmoeting met Petrus, hier op 'n marmersteen verskyn het (vandag nog te sien by die ingang van die kerk). Onder hierdie kerkie is daar die katakombes van San Sebastiaan waar 'n sekere gedeelte as die “Domus Petri” (die huis van Petrus) aangedui word.


woord@berg-en-dal

9

Wat is Gereformeerd (II) - in liturgie? Hoe aanbid gereformeerde Christene? - Jan Lubbe Wat is die verskil tussen ons en die Doppers of die Baptiste of die Engelse Kerk of die CRC? Maak dit regtig saak? Ons glo mos almal in Jesus! Opmerkings en vrae soos hierdie hoor mens dikwels, soveel te meer in die gedenkwaardige jaar 2009 - vyf eeue ná die geboorte van Johannes Calvyn, die Hervormer van Genéve. Sy teologie sou die naam “gereformeerd” kry en is vanuit Genéve deur die hele Europa gedra. Ook aan die suidpunt van Afrika het die Nederlandse Geloofsbelydenis (1559) en die Heidelbergse Kategismus (1563) vrugbare grond gevind - twee belydenisskrifte wat in vorm en inhoud sterk deur Calvyn beïnvloed is. Maar wát is “gereformeerd”? In ons eerste aflewering is op die geloofsinhoud van gereformeerdes gelet: ten opsigte van die verlossingsweg, kerkbegrip en Skrifbeskouing - hoekstene van die 16e eeuse Reformasie. Die vraag is nou: hoe gee hierdie geloofsinhoud, vorm of gestalte aan gereformeerdes se aanbidding van God. Want vir Calvyn en sy geestelike nageslag is vorm en inhoud onlosmaaklik één - of dan: uit jou belydenis oor Wie God is en oor hoe Hy werk, kom jou gebed en jou lied op. Gereformeerdes sing! En is daar nie in Genéve gesing en gebid en gepreek nie? Elke Sondag was daar vier eredienste: met sonop, dan om 09:00, om 12:00 'n kinderdiens (soos katkisasie), en dan 15:00. Deur die week was daar elke dag eredienste; Woensdae van 08:00 tot 10:00 was alle winkels gesluit tydens 'n gebedsbyeenkoms in die kerke. Heel bekend is die feit dat Calvyn en helpers soos Theodore Beza, die gemeentes leer sing het - 'n bevryding ná die Middeleeue waarin lidmate maar net “toeskouers” in die diens was. Voorsangers en kinders het die gemeentes die nuwe liedere geleer. Veral Psalms is gesing: gewoonlik drie in 'n erediens, maar dan al die versies - soms tot 25 per psalm! Op Sondagoggende het Calvyn uit die Nuwe Testament gepreek; Sondagaande 'n Psalm en in die week uit die Ou Testament - een Bybelboek ná die ander. Want natuurlik: die Reformasie wou gelowiges weer in die Skrif inlei... Skrifgetrou Geen wonder daarom, dat Calvyn die liedere en gebede ín die Skrif - die Psalms, die lofliedere van Maria en Sagaria (Lukas 1), en die “Onse Vader” - gaan opdiep het nie. En ook vir die vorm en verloop van die erediens, het hy die Ou- en Nuwe Testament as bron gebruik. In gereformeerde eredienste sal die gebede waarmee 'n

diens begin en eindig, net so in die Skrif teruggevind word (soos Psalm 121 en die seënbedes van Numeri 6:24-26 en 1 Korintiërs 13:13). Daaragter lê nog 'n belangrike uitgangspunt: dat die liturg sy eie woorde moet tel. Dit gaan in die erediens om die Woord van God waarin en waardeur en aan die hand waarvan ons God ontmoet. Daarom is gereformeerdes geneig tot 'n ingetoë erediens: ons is hier as kinders van die Here, ja, maar diep bewus van ons eie onheiligheid en Sy heiligheid. Gereformeerde eredienste ken daarom 'n moment vir die gehoorsame luister na die Wet van die Here (Eksodus 20, Deuteronomium 5, Matteus 22 - dikwels ook gesing!); van selfondersoek en skuldbelydenis én van die vreugde van vryspraak en vergifnis (Psalm 103 en 1 Johannes 1:9). Luther het dit 'n theologia cruxis en theologia gloriae genoem waaraan ons moet vashou, die een nie meer as die ander. Gereformeerde eredienste ken lof en blydskap oor Christus se opstanding, maar weet ook dat ons Hom op sy kruisweg moet navolg - vandaar die verskeidenheid in ons Liedboek. Daarom het gereformeerdes ook in die Skrif gaan soek na die regte viering van die sakramente doop en nagmaal; tekens van God se verbond met ons. Daar is beklemtoon dat by beide sakramente gehoorsaamheid aan God 'n voorvereiste is: by die doop bring gelowige ouers hul kindjie om die teken van God se genade te ontvang; by die nagmaal aanvaar ek as gelowige self die uitnodiging van Christus en kom sit daar by die tafel aan. Vandaar die volgorde: doop, katkisasie, belydenis van geloof en dan nagmaal. Die praktyk van die “grootdoop” soos destyds onder die Wederdopers, is sterk deur Calvyn afgekeur; ook die hedendaagse “kindernagmaal” is vreemd aan die Reformasie. Boonop wou Calvyn dat die gemeente elke Sondag Nagmaal vier - Woord en sakrament gaan saam.

geleer, gelei en getroos. Deur te sing in die erediens, maak ek daardie Woord my eie. En dít in my eie taal en konteks: in volkstaal - bedoelende: verkondiging en liturgie in die spreektaal van mense - maar nie populisties of platvloers; in kerktaal - bedoelende: liturgie en teologie soos dit deur die eeue aangekom het - maar nie tradisionalisties, behoudsugtig of bygelowig nie; in hartstaal - bedoelende: lied en gebed wat ook my emosie aanspreek - maar nie sentimenteel of om tot “goedvoel” te vervlak nie. In hierdie verband moet op twee misverstande gewys word. Eerstens, dat gereformeerde eredienste arm aan simboliek, kleur en geur en klank (en kerse!) is. Die heftige kritiek wat daar in die tyd van die Reformasie jeens al die prag en praal en ritueel van die Middeleeuse kerk ingebring is, was gemik teen die bygeloof waarmee dit gepaardgegaan het en teen die feit dat dit die Woord (verkondiging) verdring het. Maar wie na die Bybel teruggaan, sal waardering vind vir 'n erediens waarin egtheid en estetika (skoonheid) tot sy reg kom. Dit is jammer dat in baie gereformeerde kerke die baba met die badwater uitgegooi is. En dit sny die tweede misverstand aan: baie van ons het grootgeword met 'n idee dat “gereformeerd” gelyk is aan lang, hoogdrawende en moeilik-verstaanbare preke. Dít noem dit maar 'n dorre intellektualisme - is veeleerder die invloed van die Rasionalisme, uit die eeu ná Calvyn-hulle. Calvyn se uitleg en toepassing van 'n teks was eenvoudig, kragtig en aktueel sonder om die diepte van die Woord enigsins prys te gee. 'n Gereformeerde erediens spreek ons hoof, ons hart én ons hande aan want buite die kerk, wag die erediens van die lewe. Dáároor gaan dit in ons volgende aflewering.

Dit bring ons by 'n ander, belangrike aspek van die gereformeerde erediens. Kontekstueel en eietyds Erediensbywoning was vir Calvyn 'n prioriteit: by die kerk as ons moeder, word ons deur die Woord

Orrelis Johan Cromhout in gesprek met Lina Spies


10

woord@berg-en-dal

Dalai Lama – wie en waarom? Die wêreldgeskiedenis ken besondere mense wat diens aan hul naaste gelewer het en wat ons ander daardeur aangryp. Een so 'n voorbeeld, is Moeder Theresa van Kalkutta - 'n voorbeeld van iemand wat deur onselfsugtige diens in Indië gewys het wat God bedoel met 'n Christelike lewenstyl. Maar daar is ook voorbeelde in ander kulture en godsdienste - soos die Dalai Lama.

Kort voor die algemene verkiesing vroeër vanjaar, was ons land en regering en die media in rep en roer oor die debakel dat 'n visum nie aan die Dalai Lama, geestelike leier van Tibet, toegestaan is om 'n vredeskonferensie in SuidAfrika by te woon nie. Jaco Griessel het gaan uitvind wie die Dalai Lama is en waarvoor hy staan...

Lhamo Döndrub, soos wat hy eers bekendgestaan het voor sy aanwysing as die 14e Dalai Lama, is op 6 Julie 1935 in die klein dorpie Takster in Tibet gebore - 'n landelike omgewing met boerdery as hoofaktiwiteit. Lhamo was een van nege kinders, wat ten spyte van hul nederige omstandighede groot invloed sou uitoefen. Sy ouer broer is op agtjarige ouderdom aangewys as die reïnkarnasie van die Hoë Lama, Thupten Jigme. Lhamo sou op tweejarige leeftyd aangewys en “herdoop” word as Jetsun Jamphel Nqawag Lobsang Yeshe Tenzin Gyatso, 'n indrukwekkende naam met vele betekenisse! Sy aanwysing as Dalai Lama is voorafgegaan deur 'n aantal tekens en visioene, onder andere dat die vorige Dalai ná sy dood sy kop in 'n suid-oostelike rigting gedraai het - na die gebied waar Takster geleë is! Die jong Lhamo is spesiaal onderrig; een van sy interessante leermeesters was die Oostenrykse avonturier, Heinrich Harrer, wat die elfjarige Lhamo oor die Weste moes leer. Hul verhouding was ook die tema van die film “Seven years in Tibet”.

In 1950 is die vyftienjarige Dalai Lama as politieke leier van Tibet aangewys. Op daardie stadium was daar spanning aan't oplaai tussen Rooi China en die bergrepubliek Tibet. Ten spyte van pogings om dit te ontlont, het China Tibet binnegeval en moes die Dalai Lama vir sy lewe vlug na Indië, die hartland van Buddhisme. Met die toestemming van die Indiese eerste minister is 'n onafhanklike streek onder leiding van die Dalai Lama in Indië gevestig wat ongeveer 80 000 vlugtelinge uit Tibet huisves. Hier word die oorspronklike kultuur van Tibet bewaar, aangesien dit elders onder Chinese invloede kwyn. Alhoewel die Dalai Lama formeel as politieke leier van Tibet afgetree het, is hy steeds 'n wêreldbekende geestelike leier. Sy volgelinge noem hom hul “redder” en ag hom as een van die mees invloedryke figure in die Buddhisme. Hy was die eerste Dalai Lama om buite Tibet te reis en veral die Weste te besoek, en is hy 'n gewilde spreker van Amerika tot Japan oor morele- en etiese sake, onder andere ook die bevordering van goeie verhoudinge tussen diverse kulture en godsdienste. Hy is betrokke by internasionale welsynsorganisasies soos die SOS Children's Villages. Ten spyte van die feit dat hy nog gereeld deur China gekritiseer word, bly sy positiewe lewensuitkyk, sy opregte pogings om na ander godsdienste uit te reik en sy nederigheid 'n voorbeeld wat baie mense inspireer.

Studiewenke vir eksamenskryf - Ine de Vries Net soos wat ons vir 'n belangrike sportwedstryd sou oefen, beplan en tot die laaste oomblik toe voorberei, só behoort ons ook vir 'n groot eksamen te doen. Die volgende wenke kan help: Vooraf: Tydbeplanning en organisering Stel vir jouself 'n realistiese studierooster op. Begin vroegtydig hersien. Werk met konstante studieperiodes (60 minute) en 'n 15 minute breuk tussenin; ná drie sulke studieperiodes, help 'n langer rustyd (2 ure). Sorteer jou notas volgens die vraagsoorte: lang-, kort- en meerkeuse-vrae. Werk ou vraestelle deur en identifiseer so die werk wat jy nog beter moet leer. Terselfdertyd oefen jy ook hoe om vrae te antwoord. In die eksamenlokaal: Lees goed Wanneer jy jou vraestel kry, lees die instruksies goed deur. Omkring die vrae wat jy goed ken en begin daarmee. Kyk ook na die puntetoekenning: moenie te veel tyd aan kortvrae spandeer en later ontdek jou tyd is te min vir die lang vrae (wat meer punte tel). Kyk na kernwoorde wat aandui hoe jy die vraag moet antwoord, bv. definieer, bespreek, vergelyk. Moenie “panic” as jy nie dadelik iets kan onthou nie - haal diep asem, visualiseer jou geheuekaart/notas, skryf vinnig 'n paar sleutelwoorde neer.

Tydsbestuur tydens die vraestel: Besluit vooraf hoeveel tyd jy aan elke tipe vraag gaan bestee en hou daarby. Moenie tob oor 'n vraag nie - gaan liewer aan en kom later weer terug. As die tyd jou inhaal: skryf kort telegramstyl of selfs net die sleutelwoorde uit jou geheuekaart net die woorde sal al 'n paar punte verdien. As jy te vroeg klaar geskryf is: lees die vrae weer en maak seker dat jy dit reg verstaan het en alles beantwoord het.

Lauren Raath en haar pa Johan, tydens die Matriektee op 30 Augustus

Aanbieding van jou werk: Probeer netjies skryf en goed begin. Nommer die vrae presies soos dit in die vraestel staan. Maak seker dat jy sketse, diagramme en tabelle reg genommer en benoem het. Laat 'n duidelike spasie oop tussen jou antwoorde. Ná die eksamen: Beloon jouself vir harde werk & breek 'n oomblik weg - 'n uur of wat ná ete, vat die middag af en gaan oefen & speel sport & musiek. Bedank ook jou onderwysers en ouers vir hul hulp, geduld en liefde! Baie sterkte vir julle voorbereiding! Onthou waar lê julle krag - Filippense 4:13.

Carina Badenhorst, Pieter Kotzé, Sollie Ferreira, Wilmari Nel, David Kasselman, Zaku Boonzaaier, Riana Stander, DW Kruger, Jannes van Zyl en Herma Fouché by die Matriektee


woord@berg-en-dal

Camisardkamp Kuruman Moffat Mission

11


16

woord@berg-en-dal

Yeah, folks, here we are again! geneem. (En Kerkmuis het sommer ok net 'n tydjie sonder Zuma, Rhema en Malema nodig gehad).

Friends & fellows, countrymen & comrades! Warm greetings from Wichita, Atlanta, USA... Ag toemaar, vrinne, alhoewel Kerkmuis hierdie warm aflewering van ons seergeliefde! veelgelese! agterblad in die Land van die Groot Geraas begin skryf het, is dit Trots Suid-Afrikaans plaaslik voltooi. Ja, Kerkmuis was saam - nie op verlof nie, maar op 'n feitesending gestuur deur onse agbare redakteur om julle, ons hooggeagte lesers, eerstehands in te lig oor die lewenskwaliteit en verblyfomstandighede van Afrikaanse Amerikaners en Besoekende Belge in sentraal Noord-Amerika. En ja, goed, daar wás nog 'n rede: Kerkmuis was uitgebrand ná al die noodoproepe van kiesers uit Wyk 20 en 21 oos en wes van Albrechtstraat en ná al die dreigemente van ou Fluisterstem op ons persoonlike inbellyn 086-MUIS. Gelukkig is laasgenoemde deur ons selfoonskerpioen opgespoor, uitgelewer aan die kerkraad en toe vir rehabilitasie by Skinder-en-ander Bitterbekke Anoniem op-

In elk geval, só vlieg Kerkmuis toe dankbaar saam met Oupa Grootdominee rigting die ondergaande son. Liewe mense, dis onvoorstelbaar ver. Miskien het dit ook langer gevoel, want ons is honger hier weg, veral Oupa Grootdominee. Shame, hy was gedaan: moes ook nog oogdruppels vir Grandma Retha by Berg-en-Dal se eie! persoonlike! oogdokter kry en dan verlang die Afrikaanse Amerikaners na Marmite en Milo en ander Trots Suid-Afrikaanse produkte en Spar maak vroeër toe. Só vlieg ons van New York af nóg verder wes, Chicago lê regs en Oklahoma City linksonderkant. En asof dit nie al ver genoeg vir vlees en bloed was nie, loer Oupa Grootdominee by die vlieënier in en vra of ons nie net effens verder kan aanhou nie: Salt Lake City was daar voor op die radarskerm en hy wou baie graag die Mormoonse Tabernakel Koor van Fanie Smit-faam hoor... Gelukkig swenk ons suidwaarts en kom met 'n wye boog oor Omaha in. En toe ons neerstryk, is die rooitapyt al uitgerol en wag Mayor Carl Brewer (Democrats) ons in. Met vlag en fanfare (die orkes het spesiaal iets tradisioneel Afrikaans ingeoefen: “Ek's 'n dapper Muis, kyk hoe... ens.”). Nou ja, Kerkmuis kan bevestig dat dit met die groeiende gesin Afrikaanse Amerikaners goed gaan. Grandma Retha het mooi gesorg ver bo die waarde van korale. Nog skaars gesit vir koffie, toe is een van daardie groot lang slap swart Taxi's daar om Kerkmuis en Mevrou na ons luukse Holiday Inn Express Hotel te neem - komplimente onse redakteur en Beursiebotha. En dáár aangekom... * Telefoon lui. “Kerkmuis, I'm not avai...” “Mr. Mouse, this is Pres. Obama - call me Barack...” “Sir - good morning! How are you? May I convey the personal presidential greetings from our pres. Zuma and his wifes. Unfortunately he couldn't come, due to some urgent domestic concerns with certain mr. Hlophe/Shaik/ Chuene/Niehaus/ Nestle...” “Yeah, I understand, Mr. Mouse, I was actually looking for an appointment to discuss some strategic issues in the Dan Pienaar region with you. I'm a regular visitor to your website and...”

Nou ja, só, geliefde lesers, sit die uwe en Oupa Grootdominee en 'n tolk toe af na die Withuis. Mooi kantoor, sagte mat, soet tee and cookies (no “cooksisters”!). Ongelukkig was die inhoud van die gesprek van so 'n sensitiewe aard (RE: Ondersoekkommissies, Dag-en-Nagbesture, Ongeoorloofde Grappies, 2010) dat ons nie nou meer daaroor kan sê nie. Die ander rede is dat die uwe en Mevrou se kuiertjie kortgeknip is weens amptelike verpligtinge tuis. Op versoek van Sir John Bentwood moes Kerkmuis alreeds op 6 September hier wees om as gasdirigent en kerkkoorkenner op te tree - Veldmuis het dit alles grafies hieronder vir julle vasgevang. Dit was nou onvergeetlik! En behalwe dat onse redakteur se reiskoepon toe uitgeput was, was daar nóg 'n rede vir ons spoedige terugkeer... * Telefoon lui. “Kerkmuis, I'm not available, I'm in America...” “Pa, dis ons, Pa se verlangende Muiskroos hier in die vaderland. Pa, Pa moet nou nie oorhaastige besluite neem nie, maar die haas ondenkbare het hier gebeur... “Wat is dit my kind?” “Pa, gaan op Skype. Ons het familieprobleme, Pa. Oom Pleinmuis-hulle is sak en pak hier weg terug oor Genl. Hertzogrenbaan na hul halfgeboude gat agter die sinke....” “Hoe dan so, my kind? Andrew het gesê hy maak eers 1 November 2010 oop?” “Pa, hier's nuwe intrekkers en toe sê Oom Pleinmuis hulle is anders as ons there goes the neighbourhood en nie eers die rektor gaan ons kan integreer nie daar word nou haas onoorkomelike eise aan ons infrastruktuur gestel...” “Wie's die intrekkers, my kind?” “Pa, kyk, hier's 'n foto wat ons bo van die uitkykpunt op die Hobo 16 geneem het, Pa, dis haas onmiskenbaar nie muise soos ons nie, Pa...”

Groete, geliefdes... Van: jul vlugfloue, dog immervrolike Kerkmuis! Kerkmuis is arm, anoniem en onaantasbaar orals alles aan't uitsnuffel.


Kwartaalblad-sept-2009