Issuu on Google+

Opgetof van kop tot tone All dressed up and

Oktober 2012 Uitgawe 1

everywhere to go. Dit is omtrent die perfekte opsomming vir die Formele dinee van 2012. Meisies opgetof in hulle mooiste rokke en die ouens moes probeer kersvashou met hulle pragtige dates terwyl hulle in hulle pakke langs die mooi spesies staan. Die aand het begin met ‘n voorsmakie van wat die aand inhou met geslags geӧrienteerde pons, wat onderskeidelik lippies en snorre op die strooitjies gehad het. Met verskeie toekennings en die nuwe seniorbond wat aangekondig is agter die rug, het die joligheid begin met die meisies wat op “I’m walking on sunshine” dans , en toe hulself model hou voor die fotograaf. Die aand het so vrolik geloop dat Inez se skoene verdwyn het, en sy ‘n ander meisie se date se skoene geleen het. Dit was behoorlik ‘n aand wat nie vergeet sal word nie.

M-Adam & St-Eve Bingle sêr 2012 Met die algehele bingle sêr tema van “dit wat kon wees” was die moontlikhede vir ‘n tema vir bingle sêr 2012 eindloos. Na deeglike beplanning was dit besluit dat Bellatrix en Thaba-Jäh ‘n Adam en Eva tema sal uitbeeld. Die rol van Eva is vertolk deur ons eie prim, Inéz, en die rol van Adam is vertolk deur Anton, saam was hul ‘n dinamiese paartjie wat die gehoor aan hul lippe laat hang het. Die vermaaklike toneelspel is geskryf deur Andri Oberholzer en ander interessante rolle was ook deel van die vertoning om die prentjie kleur te gee soos onder andere die rol van ‘Rafiki’ uit Lion King vertolk deur Mia Malherbe. Die storie het gegaan oor alles wat verkeerd sou gaan as Adam die verbode vrug eerste geëet het in plaas van Eva. Hitler sou ten einde ‘n hippie Sparkle Oktober 2012

Danielle Pieterse

Bellatrix en Thaba-Jäh tydens hul optrede in die Amfi-teater

sweetheart wees, Alexander Bell sou nie die foon ontdek nie en Isaac Newton sou nooit spoed ontdek nie. Elke aspek was mooi uiteengesit in die treffende eie komposisie, verbode wette, wat ‘n volle 78.33 punte verwerf het, geskryf en afgerig deur die talentvolle Marizel Neethling. Die openingslied was die bekende multikulturele lied van die fliek Lion King, Circle of life. Verdere medleys verwerk deur die afrigter FJ wat gevolg het was die ‘peace medley’ asook die afrikaanse medley wat elke toeskouer trots Suid-Afrikaans laat voel het. Onder die ferm hand van Michaela Earle en die bekwame leiding van FJ Liebenberg was daar baie Uitgawe 1

hard geoefen elke aand om alle note in plek te kry. FJ Liebenberg se verhoognaam is Lee Berg en hy verskyn in die nuutste uitgawe van Vrouekeur waar meer inligting oor hom verskyn. Die aand van die vertoning het elke deelnemer soos ‘n volwaardige hippie gelyk ten danke aan Michaela se harde werk om almal se hemde te tie dye. Vol opwinding is die vertoning gelewer met uistekende kommentaar vanaf die toeskouers. Ten spyte van die algehele 11de plek vir bingle sêr was dit steeds ‘n uitstekende produksie waar ware vriendskappe gebou is met Thaba-Jäh. Vernice Steenkamp

bl 1

Sleepover...ZzZZzZz Bellatrix dames deel ‘n spesiale sustersbond wat aan niemand anders beskryf kan word sonder om dit self te ervaar nie. Om hierdie spesiale bond te versterk het die nuwe huiskomitee en die seniorbond dit goedgedink om ‘n sleepover te hou waar almal mekaar kan leer ken en kwaliteit tyd saam kan spandeer. Op 12 Oktober het talle meisies opgewonde hul tas gepak en na die klubhuis toe gegaan vir die opwindende geleentheid. Daar gekom was dit ‘n geklets en gekuier van die begin af, almal het naamkaartjies gehad en so kon almal ook mekaar beter leer ken. Daar is worsbroodjies gebraai, maar met onvoldoende toerusting moes Slakkie vinnig improviseer en sy het ‘n plastiekswaard as braaitang genuttig en ‘n vurk is as ‘n mes gebruik. Daar was ‘n koelerboks vol punch om almal gesellig te hou en die aktiwiteite vir die aand kon afgeskop word. Elkeen moes ‘n lukraak feit van hulself op ‘n papier skryf en interessante beSparkle Oktober 2012

vindinge is gemaak van elkeen. Van die raaisels wat na vore gekom was dat iemand ‘n vark in hul kamer aanhou, ‘n ander een is dat iemand haar hare blou gekleur vir matriekafskeid Hierdie speletjie het elkeen se uniekheid in die koshuis beklemtoon en het ook gesorg vir baie vermaak. Ballonkarakters was met moeite gevou totdat daar besef is dat daar instruksies agter op die pakkie is. Later die aand het die partytjie verskuif na die joolplaas waar sommige meisies in hul slaapbroeke en gumboots die deelnemers van die cycle challenge gaan ondersteun het. Na ‘n geswoeg en sweet het die televisie ook uiteindelik gewerk en die meisies kon vroegoggend ‘n dvd geniet en verder kuier. Die sleepover was verseker een van die lekkerste gebeurtenisse die jaar en dit is beslis iets om oor spyt te wees as jy dit gemis het.

Uitgawe 1

Vernice Steenkamp

bl 2


“ Have you got this ? ”

Lindy Beukes en haar JOOLkomitee by hulle Chinese ZEN-garden

Mari Botha besig om te trap

‘n Opwindende JOOLplaas ervaring JOOLympics, Pot & Pons en Cycle Challenge Orals op die joolplaas is Trixies te sien in hul blou tsunami hempies. Dit is duidelik, ONS is ernstig oor dié saak. Die naweek van die 12de en 13de Oktober was ‘n naweek van pret en plesier. JOOLympics en ‘n 30 ure aflos Cycle Challenge (vanaf 12:00 die Vrydagmiddag tot 18:00 die Saterdagaand) was genoeg om elkeen se fiksheid te beproef. Aktiwiteite gedurende JOOLympics sluit Chicken Run, volleyball, sokker en trollieresies

E

in. Die dames in ons koshuis het hard gewerk om mekaar af te los met fietsry en het sodoende ‘n groot sukses van die Cycle Challenge gemaak ( Volgens ons JOOL HK-lid, Lindy Beukes, het ons 1103,22km gery! Andri Oberholzer het die oor haar ervaring op die Joolplaas te sê gehad: “Ek het 20km getrap en dit was werklik amazing! ‘n Groot hoogtepunt vir my was Bellatrix teen Karlien – die meisies het sand geëet soos McDonalds.” Jean Viljoen, ‘n lid van ons sleep Thaba-Jäh, meen dat Pot & Pons

vir hom ‘n hoogtepunt is. Hy sê verder: “Ek is regtig trots op ons Zen-tema!” Na ‘n lang Saterdag in die son kon ons uiteindelik beoordeel word Die kalmte van die Chinese Zen tema was genoeg om enigeen se aandag te trek en hul te laat ontspan. Ons het ten einde ‘n 9de posisie met JOOLympics en ‘n 10de met Pot & Pons bekleë. trotse Trixies van formaat, dis immers waarvoor ons staan! Sharné Sassenberg

GROEN TRIXIES, al tyd Jah

endag, nie so lank gelede nie, die 11de Oktober om presies te wees, was daar ‘n Koshuissleep genaamd Vol-TRIX-JAH. Hulle het ‘n paar boonsaadjies geplant onder ‘n windpomp, om te sien wat sou gebeur. Tot hulle verbasing het ‘n verskriklike groot boontjierank opgespruit. Hy was ‘n hele 1 verdieping groot gewees. Vol-TRIX-JAH was so geïnspireerd deur die natuur wonder, dat elkeen wat deel is van hierdie koshuis sleep,‘n belofte gemaak het om die natuur en al sy wonder te beskerm en altyd Sparkle Oktober 2012

te onthou dat hoe GROTER hoe GROENER! Dankie aan ieder en elk wat deel was van ons feëverhaal. Vir elke belofte wat gemaak is en ogie wat kom loer het. En al het ons nie koning gekraai aan die einde nie, was dit ‘n heel genotvolle dag gewees. Kyk uit vir die verseie “groen punte” op Kampus en help om die NWU-PUK ‘n groener en gesonder omgewing te maak! Van die groen-beloftes wat deur ons Trixies gemaak is

Uitgawe 1

Maryke Fouché

bl 3

Dit is weer daardie tyd van die jaar, waar prokrastenasie die “nuutste” tendens op die PUK is, DC lokale soos miernesse lyk, ‘n middagslapie ‘n dag slapie word en die springclean gogga Potch se studente byt. Dit is die tyd waar dosente oorval word met studente se e-posse waar gebedel en gepleit word vir daardie ekstra twee persent net om toelating te hê tot die eksamen. Ja dit is inderdaad daardie tyd van die jaar. EKSAMEN! Die woord ontlok verskillende reaksies en emosies by studente wooronder die algemeenste vrees en angs is, ‘n kombinasie van hierdie twee emosies lei gewoontlik tot ‘n kroniese onontsnapbare reaksie: STRES! Stres word deur die Psychology Glossary gedefinïeer as “A psychological and physical response of the body that occurs whenever we must adapt to changing conditions, whether those conditions be real or perceived, positive or negative.”

”The University Student Advice and Information blog bevat ‘n reeks wenke om stress tydens eksamen te verminder, daaronder is die belang -rikste: •Begin vroegtydig hersienhoe vroëer jy begin studeer hoe meer tyd het jy om te leer. •Beplan vooruit maak seker jy het genoeg tyd om deur al jou werk te gaan.• Kry ‘n goeie nag se rus na ‘n harde dag se leer. •Eet genoeg en gesond- so verseker jy dat jy genoeg energie het om te leer en nie moeg word nie.

JOU Huiskomitee 2012/2013 Inéz Engelbrecht Primaria, Seniors & Tug 073 138 7116

Lindy Beukes JOOL, Publikasies & Bemarking 073 00 22 697

Michelle Coetzee Onderprim, Eerstejaars,Behuising & Akademie 082 934 0665

Esmé Voogt Finansies, Borge & Klerasie 084 584 6527

Chanté Kooiman Sosiaal, Kantoor & Klubhuis 082 377 1126

Soemaryn Koen Werwing , AKSA & Argief 084 752 1603 Sparkle Oktober 2012

Rouchelle Eksteen SJGD, Studentebelange & Sekretaresse 084 445 9769

Michaela Erale Kultuur 079 496 6654

Sophia Botes Sport 079 193 6626 Uitgawe 1

Eksamenstres

Lindy Beukes

ONTHOU DUS: •Bourbons is nie sinoniem vir biblioteek nie- en ons almal weet dis nooit “NET een drink “nie! Neurobioloog Hitoshi Morikawa se navorsing aan die Universiteit van Texas toon dat alkohol die mens se vermoë verminder om informasie in te neem en te onthou. •Met genoeg eet beteken dit nie om in die volgende maand te kyk of jy elke item op Mcdonalds se spyskaart kan eet nie an Apple a day keeps stress away! •Koffie kan jou stresvlakke verhoog, ‘n studie gedoen by die Duke University Medical Center het bewys dat kaffien inname in die oggend ‘n invloed op die ligaam het wat volhou tot die aand en stres vermeerder deur die dag, daarom oordryf kaffien stres in mense wat dit elke dag inneem. Hoewel dit weer daardie tyd is wat ons almal verpes is daar geen manier om dit te ontsnap deur bloot net die bul by die horings pak. En onthou Trixies “You’ve got this!” *Volg hierdie link om die eksamenrooster af te laai: http://www.nwu. ac.za/sites/default/files/files/pacademic-administration/dokumente/akawww/November.xls

bl 4


Sparkle 2012/2013 - Oktober 2012