Page 25

Kondisionering is ‘n splinternuwe en opwindende sportprogram wat by die skool aangebied word. Enige iemand kan by hierdie sessies aansluit. Die elite groep meisies is in twee groepe verdeel en word deur die chiropraktisyn Dr. Jaco Blaauw gekondisioneer. Hierdie sessies vind plaas op Dinsdag- en Dondagoggende om 05:30. Die res van die skool kan Maandae-Donderdae na skool kondisionering bywoon

wat onder andere deur Mnr. Spies en Tannie Ronya Bouwer-Bosch aangebied word. Kondisionering is ’n wonderlike geleentheid om fikser en sterker te raak vir somersowel as wintersporte. Daar is geen kompetisie onder mekaar nie en jy daag slegs jouself uit, met die doel om elke week beter te vaar. Die oefeninge is glad nie ingewikkeld nie en maak dit maklik vir enige iemand om te doen. Die program

is tot dusver ’n reuse sukses en kan van hier af net beter raak. Enige iemand kan hierby baatvind. Al doen jy nie sport nie kan jy steeds kom om fiks en sterk te raak. Die resultate maak beslis op vir al die harde sessies en as jy nou begin kan jy slaggereed vir die netbal-en hokkieseisoen wat voorlê wees.

Iriné van Zyl

Kondisionering “Enige iemand kan hierby baatvind.” 26 25|SPORT

Profile for Avanti

Avanti, Term 1, 2016  

Hello to all our Avanti readers! You can look forward to our latest edition to be released at the end of June! Keep your finger on the puls...

Avanti, Term 1, 2016  

Hello to all our Avanti readers! You can look forward to our latest edition to be released at the end of June! Keep your finger on the puls...

Advertisement