Avanti, Term 1, 2016

Page 13

WAT BESKOU MENEER AS MENEER SE SNAAKSTE STORIE? Ek is gejaag deur 2 swart mambas. Ons het gedink dit is twee stokke. Toe beweeg hulle weg van mekaar af en ek bevind myself toe in ’n boom.

AS MENEER MENEER SE LA ROCHELLE ERVARING IN EEN WOORD KON BESKRYF, WAT SOU DIT WEES? Ajuba!! [amazing]

WATTER MUSIEKGROEP(E) WIL MENEER NOG BAIE GRAAG SIEN OPTREE? - Elvis Presley - Boston - The Beatles - The Proclaimers

“Ons het gedink dit is twee stokke ...ek bevind myself toe in ’n boom.”

WAT WAS MENEER SE BUITEMUURSE AKTIWITEITE OP SKOOL? - Skaak - Krieket - Badminton - Rugby - Fietsry

SAL MENEER OOIT IN FRANKRYK WIL BLY? HOEKOM OF HOEKOM NIE? Ja en nee. Ja, as ek iewers in Auvergne in die platteland kan bly. Dit is `n besonderse mooi deel van die land. Ek sal `n gastehuis of skryfbehoeftewinkel wil oopmaak of selfs dalk `n boutique. Nee, want ek werk heerlik by La Rochelle en hou baie van my Larries.

HOEKOM EN WANNEER HET MENEER BESLUIT OM FRANS AAN TE LEER? Beste besluit van my lewe! Ek wou na skool met vakansie na Frankryk gaan en het self-help Franse CD’s gekoop, maar ek kon nie verder as CD 1 kom nie. Ek moes toe noodgedwonge formele Franse onderrig op universiteit ontvang. Van dag een af in daardie piepklein Franse klassie was ek

13|NEWS 14

MNR. SPIES

MNR. BOTHA heeltemal hooked. Dit was die hoogtepunt van elke dag. My toewyding is ook te danke aan Prof. Naòmi Morgann, wat my baie gemotiveer het.

KAN MENEER, MENEER SE ERVARING BY LA ROCHELLE IN EEN WOORD OPSOM? Nee, jammer… in drie! Innoverend, uitmuntend en… ver! [ek woon in Seepunt]

“Van dag een af in daardie piepklein Franse klassie was ek heeltemal hooked.”


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.