Issuu on Google+

Klassieke ballet Woensdae by die Wenakkersaal Vanaf 4 jarige ouderdom In die oggend volwasse beginners

SPORTBLAD Toekie van Zyl

Koop vir R300.00 of meer en staan`n kans om een van 3 pryse te wen

Inskrywings steeds oop vir 2013 Skakel nou aangesien net beperkte plek beskikbaar is

Sel: 082 750 5470 Tel/Faks: 013 235 1043

Vir meer inligting kontak Trinette Joubert 083 650 5379

Kerkstraat 27 Winkel no.3 Lydenburg

e-mail: hengelenkuns@vodamail.co.za

AGTER ELKE ATLEET

28 MEDALJES TYDENS INTERLAER - Simoné van Wyk gr.5ML

- Zanri Hanekom gr.4DP

Juffrou Koba de Visser en Saskia van Vuuren tydens die Interhuisbyeenkoms

'n Heerlik sonskyndag het ons almal begroet op 15 Febuarie 2013, Die Interlaer is afgeskop met die skole se dirigente wat almal in die regte gees gekry het met hul energieke optredes. Laerskool Lydenburg het hierdie jaar op “Allyden” (Aladdin) se towermat die dag begin. Die aanbied van 2013 se interlaer deur Laerskool Barberton was vir hul 'n besonderse geleentheid aangesien die skool ook vanjaar sy 110de bestaansjaar vier. Ongeveer 800 atlete van al die betrokke skole het deelgeneem. Die sewe skole wat deelgeneem het was Laerskole Lydenburg, Barberton, Nelspruit, Nelspruit Primary, Bergland, Witrivier en Laeveld. Ons skool het algeheel in die 3de plek geëindig en ons atlete het die ander outjies keer op keer gewys waar Dawid die wortels begrawe het. Tiaan Pretorius het ons skool se naam hoog gehou en is aangewys as die beste seunsatleet op die baan asook die beste seunsatleet vir die dag. Die hoogtepunt was toe hy ook gekroon is as Senior Victor Ludorum! Ons atlete het altesaam 9 goue, 9 silwer en 10 brons medaljes huis toe gebring. Om trots op Laerskool Lydenburg se atlete te wees, was nog nooit só lekker nie! Links agter: Ruan vd Schyff gewigstoot silwer o/12, Tiaan Pretorius hekkies 75m en 150m goud, gewigstoot silwer, hoogspring silwer o/12 (Snr Victor Ludorum, beste seuns baanatleet en beste prestasie vir seuns vir die dag) Fritz Koch gewigstoot brons o/12, Kobus Nel 100m brons o/12 Zandré van Rensburg verspring silwer o/10, Links middel: Weandré Willemse hekkies goud o/11, Jean vd Merwe 1200 silwer o/11, Byron Snyders hekkies 75m silwer o/11, Sipho Malele 80m silwer o/9 Links voor: Zimele Sibanyani 60m en 80m goud o/9, Gerhard Taljaard hoogspring brons o/12 en Ivan Scott hoogspring goud o/11

Agter elke suksesvolle atleet is 'n toegewyde afrigter. Ek het bietjie met Juffrou Koba de Visser gaan gesels: Het juffrou op skool aan atletiek deelgeneem en aan wat ? Ja, gewigstoot, aflos, diskus en spiesgooi. Hoe lank is juffrou al `n afrigter ? Vir veertig jaar, dit was 'n belewenis. Wat rig juffrou af ? Gewigstoot is my hart se punt en ek was gek na aflosse. Wat is vir juffrou lekker van atletiek? Die interaksie met die kinders. Om elke kind wat glo en weet hy kan, te help om sy volle potensiaal te bereik en bo alles te deel in elkeen se vreugde. Watter raad kan juffrou gee vir leerders om te presteer in atletiek ? Baie oefening en om gefokus te wees. Stel vir jouself 'n doelwit en klim reënboë, spring oor riviere - reik na die hemel om jou mikpunt te bereik. Dan is jy 'n wenner!!! Elke atleet is een !!! Hoe kwalifiseer `n atleet vir die SAKampioenskappe? `n Atleet moet ten minste `n 1ste plek behaal tydens al die Departementele byeenkomste. By die Mpumalanga kampioenskappe moet `n atleet wen en `n kwalifiserende tyd/afstand Links agter: Liadri Pretorius hoogspring goud o/13, Miané du Plessis behaal om deur te dring na die SA- verspring silwer, 1200m brons, hekkies 75m silwer o/11, Nicole Grobler kampioenskappe. 100m brons en 200m brons 0/13, Tshiamo Makhubela verspring brons Hoe voel juffrou oor die Subo/10, Jané Vorster gewigstoot brons o/12 streekbyeenkoms wat afgestel is? Links voor: Lowelle Cupido 1200m goud o/10, Ons as afrigters is nie tevrede met dié reëling Stephnie Fritz 1500m brons o/13, Robyn Beukes 100m brons o/11, nie, want die alteet word hierdeur benadeel. Abiyah Hibbers 80m silwer o/9 (inlas)

Spoilt for choice

GOGGA BYT VIR TIAAN - Sarah-Lee le Roux gr.5CJ Hoe het jy gevoel toe jy as Victor Ludorum by die Interlaer aangewys is? Ek was baie bly. Ek het dit nie regtig verwag nie, want daar was so baie ander goeie atlete. Vertel ons meer van jou atletiekloopbaan. Ek doen al vanaf gr.1 atletiek. In gr.4 is ek vir die eerste keer SA’s toe en van toe af het die gogga my gebyt. Ek begin al in September oefen by tannie Rina van Heerden. Ek oefen elke dag vir `n uur by die skool in atletiekseisoen en dan ook vir `n uur by tannie Rina na skooloefening. Wie is jou grootste ondersteuners? My ouers natuurlik! My pa en tannie Rina motiveer en inspireer my elke dag. Hulle raad Tiaan Pretorius is vir my goud werd. Wie is jou rolmodel? Usain Bolt, want hy is `n baie goeie naelloper. Wat beplan jy vir die toekoms? Ek wil graag elke jaar aan die SAKampioenskappe deelneem en ek sal bly wees om `n medalje van die SA’s af terug te bring. Wat is jou grootste droom? Om eendag `n professionele sportman te wees.

MUSSA ATLETE HOU SKOOL SE NAAM HOOG - Sarah-Lee le Roux gr.5CJ Die MUSSA atletiekbyeenkoms is op Saterdag, 2 Maart 2013, in Middelburg by Steelcrest Hoërskool gehou. 18 van Laerskool Lydenburg se top atlete het aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Die kompetisie was baie straf en ons atlete het teen skitterende atlete deelgeneem. Elke atleet het besonder goed gevaar en het Laerskool Lydenburg se naam hoog gehou. Baie geluk aan al hierdie atlete en `n groot dank aan al hul ouers vir hul ondersteuning deur die seisoen.

Volkswagen Highlands * 34 Kerk Street, Lydenburg 1120 * Tel: 013 235 1900 * 082 456 5006 * dp@vwhighlands.co.za

Come and view our spectacular range of vehicles and select your new wheels today. Parts and Services also available.


Kletskous Mei 2013