Page 1

DIE KLETSKOUS

EERSTE UITGAWE

11 APRIL 2013

LYDENBURG MOET BEGIN HERWIN - Stephanie Nel gr.7RJ

Lydenburg se asgate lyk nie goed nie! Op Saterdag 9 Februarie 2013 het ek die asgate besoek. Daar is net hope en hope vuilgoed wat net platgedruk word deur `n trok. Eenkeer `n week sit ons, ons vuilgoedsakke uit en dit word weggery deur ons munisipaliteit sonder dat ons enigsins wonder waarheen dit gaan. Dit lyk al soos `n berg, maar eintlik is dit net vuilgoed. As jy daar gaan rond kyk is daar so baie goed wat herwin kon word, maar wat ons doen is, ons gooi alles saam in een sak weg en dink nie aan al die nuwe goed wat ons daaruit kon maak nie. Oor 10 jaar is daardie hoop moontlik so hoog soos die silo's as ons nie vinnig begin herwin nie. Hulle sê as die hoop te groot word kan hulle dit verbrand, maar dink net aan al die lugbesoedeling! By Pick `n Pay is daar herwinningskratte, maar niemand gebruik dit nie, in ons skool word hope papiere weggegooi en ons kan so baie nuwe papier daaruit maak. Kom mense, red `n boom! Juf. Karin het verlede jaar in die Natuurwetenskapklas vir ons gesê: “Hoekom kyk ons of Lydenburg nie kan begin herwin nie.” Ek dink dis `n goeie plan. Kontak Stephanie Nel van die Redaksiespan as jy enige idees het en ons kyk of ons iets aan die saak kan doen. Kom Lydenburg, ons kan begin herwin, al herwin jy net `n stukkie plastiek of papier, elke bietjie help.

17

LONGTOM MARATHON AFGESTEL VIR 2013

VONKE SPAT OOR VUURWERKE IN LYDENBURG

- Janeldi de Vries gr.5CJ

Nadat die 2011 en 2012 Longtom marathons onder geweldige finansiële druk plaasgevind het, is besluit om die 2013 marathon na - Zanri Hanekom gr.4DP 2014 toe te skuif. Die druk wat die huidige ekonomiese klimaat op die plaaslike gemeenskap plaas en die invloed wat dit op hoofborge het, het versoorsaak dat die organiseerders besluit het om die marathon vir 2013 af te stel. Hierdie jaar sou 18 van Laerskool Lydenburg se personeel deelgeneem het aan die gewilde marathon. Annalize Cross, Laerskool Lydenburg se marathon koördineerder sê: “Ek was baie teleurgesteld toe ek hoor dat die marathon vir 2013 afgestel is. Dis die hoogtepunt van elke jaar en ek en nog ander onderwysers en kantoordames het alreeds begin oefen.” Daar moes besluit word om die marathon af te skaal of om die normale marathon aan te bied in 2014. Die feit dat die Twee Oseane marathon en die Longtom marathon twee weke uit mekaar sou plaasvind, het geen invloed op die besluit gehad nie, aangesien die persentasie atlete wat aan beide deelneem baie klein is. Mense wat alreeds ingeskryf het en betaal het, kan die volgende organiseerders kontak by loma@antsevents.com of 082 557 9604 Op Oujaarsaand het die vonke behoorlik (Loma) 071 605 1507 (Griselda) 071 605 1506 (Rialta).

gespat. Baie Lydenburgers het al vroeg begin om vuurwerke te skiet en teen middernag het dit soos oorlog geklink. Alhoewel die meeste mense saamstem dat die vuurwerke mooi is, was daar ook baie klagtes. Die aanhoudende geraas tot in die vroeë oggendure het mens en dier tot raserny gedryf. Almal het gesukkel om te slaap en klein kindertjies was bang. Tannie Susan van L.A.P.S.A.R. sê haar hond het die deur begin kou so bang was hy. Tannie Marinda Grobler van Lydenburg Diere Spreekkamer sê: “Ons moes baie kalmeer stropies uitdeel en heelwat mense het ook gebel oor verlore honde.” Liané Hanekom sê: “Ek dink dis mooi, maar iemand het iets baie, baie gevaarlik gedoen. Hulle het 'n noodfakkel in die dorp geskiet.”

REËNVAL GEDURENDE EERSTE KWARTAAL - Stephanie Nel gr.7RJ Ons as inwoners van Lydenburg was besonder geseën met baie reën in Januarie 2013. Februarie en Maart 2013 was minder geseënd. Dit het nie dieselfde hoeveelhede op al die plekke in Lydenburg gereën nie, dus sal die statistieke van plek tot plek verskil. My inligting het ek verkry vanaf tannie Marie Gouws wat woonagtig is in Kiepersol woonstelle. Hieronder volg die besonderhede soos deur haar aangeteken. Daar was dae wat dit twee tot drie dae aaneen gereën het en dit is ook so aangetoon. Die totale reënval vir Desember was 229mm, Januarie 89mm, Februarie 36 mm en 1 tot 20 Maart 90 mm. Ons kan net ons Hemelse Vader dank vir die reën wat hy so oorvloedig aan ons skenk. Hoop almal se tuine is nat en dat daar sommer lekker tuingemaak word.

CHICKEN LICKEN LYDENBURG Shop 2, Shoprite Complex Tel: 013 235 4115 E-mail: aasiya.abree@vodamail.co.za

R29.90

R46.80

R45.90

R74.90

R35.90

R13.90

Kletskous Mei 2013  

Laerskool Lydenburg Koerant

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you