Page 1

DIE KLETSKOUS

EERSTE UITGAWE

11 APRIL 2013

RESENSIE Charlie en die Sjokoladefabriek deur Roald Dahl

MY GESONDE DIE BLACKBERRY SELFOON KOSBLIK `n Seën of `n vloek - Deandré Cordier gr.7MZ

- Christiaan Engelbrecht gr.7RJ

- Christiaan Engelbrecht gr.7RJ Charlie Bucket en meneer Willy Wonka, die mees voortreflike en merkwaardige sjokolademaker, speel die hoofkarakters in die uitsonderlike boek. Die boek handel oor 'n seun met die naam, Charlie Bucket, hy kom uit 'n baie arm huis waar daar nie elke dag kos was om te eet nie. Eendag het sy oupa vir Charlie van sy spaargeldjies gegee om vir hom 'n sjokolade te gaan koop. In die sjokolade omhulsel ontdek Charlie 'n goue kaartjie, 'n uitnodiging na meneer Willy Wonka se sjokoladefabriek. Elkeen wat die dag bywoon, sal 'n leeftyd se voorraad lekkergoed ontvang om terug te neem na hulle families. Min weet Charlie watter ongelooflike avonture op hom wag! “Ek sal die boek 'n 8 uit 10 gee en die boek aanbeveel vir kinders van 10-13 jarige ouderdom.” As jy hou van avonture, lees die boek gerus!

ie an s k a v .. D i e e rb y . is v

rtaal .. a w k . 2 de o m e k k hier

15

Is dit my oorlewingspakkie of my kospakkie? Dis die vraag wat ek my afvra elke dag voor ek my kosblik, wat met liefde en deernis deur my ma of pa gepak is, oopmaak.Dit lyk my hulle is volstrek oortuig dat ek van die honger gaan omkom by die skool. Dis seker omdat hulle sien hoe aggressief ek die yskas bestorm met my tuiskoms. Dit gebeur toe, soos die noodlot dit wil hê, dat my ouers op een of ander manier op `n gesondheidspaadjie beland het en, of ek wil of nie, is ek ook daarby betrek en uit die aard van die saak DUS ook my kosblik! Hulle is seker bang ek beswyk op `n jong ouderdom aan `n hartaanval soos hul die kosblik van my met gesonde happies verfraai. Hulle reken seker hoe mooier, hoe gretiger sal ek dit wil eet, maar wat hulle nie weet nie: `n gr.7-kind het meer breinselle as dit. Ons weet wat lekker is en wat ons graag wil hê. Lekker KFC, Wimpieburgers en vleispasteitjies is mos wat ons verkies, om nie eens van harde aartappelskyfies te praat nie. Feite is feite en statistiek bewys dat vetsug en diabetes ook nou toeneem onder ons jeug, te danke aan ons verkeerde eetgewoontes. Om `n lang storie kort te maak het ek maar besluit om my kosblik, met al sy plantaardige gediertes soos boontjies, wortelstokkies, groen boompies, neute, rosyne, ryskoekies, biltonghappies en vele meer, te aanvaar. My ma sê honger is `n goeie kok en ek moet sê ek voel self nogal goed vandat ek so gesond eet. Net soos Daniël en sy vriende in die Bybel gekies het om gesond te eet en hulle kondisie verbeter het vertrou ek ook die Here dat my gesondheid goed sal wees. Ons liggame is tog die tempel van die Heilige Gees.

Daar word baie gesê oor die Blackberry. Sommige mense sê dis `n vloek, veral tieners se ouers! Ander sê weer as dit reg gebruik word is dit `n seën. Maar het jy nie al gewonder waar kom die Blackberry vandaan nie? Ek het dit gou gaan “google”en op die volgende interessante inligting afgekom: Blackberry is die handelsmerk van 'n koordlose, draagbare elektroniese toestel wat ontwikkel is deur die Kanadese telekommunikasie maatskappy RIM wat staan vir “Research In Motion”. Die eerste Blackberry toestel, die 850, is vrygestel in 1999 as 'n tweerigting ‘pager’ in Duitsland. In 2003 is die meer algemeen bekende smartphone Blackberry vrygestel, wat e-posse, sms'e en fakse kon stuur en ontvang en jy kon ook die internet ‘browse’. Die meeste Blackberry selfone word geken aan hulle vermoë om eposse en boodskappe te stuur en te ontvang. Hulle is ook ontwerp om vir jou toegang tot die internet te gee, vir kamera gebruik, om toegang tot speletjies te hê, om na musiek te luister ens. Blackberry rekeninge maak deel uit van sowat 3% van alle selfoonverkope in 2011 landwyd. In September 2012 was daar reeds 80 miljoen mense wat Blackberry's besit het. Wow, dit klink of daar baie mense is wat ten gunste is van die Blackberry. `n Opname in ons skool het getoon dat 33% van ons senior leerders Blackberry’s het. My opinie is dat Blackberry’s so gewild is, omdat die foon oor BBM beskik wat beteken dat jy boodskappe, foto's, video's en ‘voice notes’ gratis kan stuur na iemand wat ook 'n Blackberry besit. Solank die telefoon oor 'n dataplan beskik, is BBM gratis. Ek haal me Coreen Schoeman aan “Die Blackberry se boodskapen e-pos- funksies is 'n goedkoop manier van kommunikasie tussen my en die Kletskous redaksielede. Ek weet dadelik as `n redaksielid sy berig vir my ge-e-pos het. Dis maklik en vinnig om te gebruik, maar ongelukkig hou die battery nie lank nie. Ongelukkig het Blackberry’s ook sy nadeel: vandag se jeug sit nie meer met hul neuse in boeke nie, maar met hul vingers op die selfoon!” Stephanus Grobler hou van sy Blackberry, maar hy sê dat die foon baie maklik virusse optel. Tristan Lindeque hou van die internet wat hy kan gebruik en die foto’s wat hy kan neem, stoor en maklik vir sy vriende kan stuur. Leandri Kotze gesels al te lekker met haar maats, want dis goedkoop, maar sy sukkel om lugtyd op te laai en die foon “hang”maklik en dis `n groot frustrasie. Met al die voor-en nadele is dit moeilik om `n besluit te neem. Dit hang seker af waarvoor jy jou Blackberry gebruik. `n Seën of `n vloek - dit moet elkeen maar vir homself besluit!

BlackBerry Curve 9320 Smartphone * BlackBerry 7.1 Operating System * 3G Connectivity * 3.2MP Camera with Flash * Built-in FM Radio

Vodafone Webbook * Ubuntu Softwae * Email Client * Webcam * Video & Music Player

Kadsons CommunicationsNokia t/a C2-01

Vanaf 31 Januarie 2013 Elke 2de Donderdag

Fast 3G for Web Browsing 3.2MP Camera, Mp3 Player, FM Radio Ovi Store for Games, Apps & More Facebook App, Bluetooth, Java, Email

Lydenburg Cellular

Independent Vodacom Dealer and Multichoice Agency

Tel: (013) 235 4406 Fax: 086 536 7734 Email: admin.kadsons@vodamail.co.za

Cnr Voortrekker & de Clerq Str. (opp. Municipal court) Shop 26, Heads Centre Lydenburg, 1120


Kletskous Mei 2013  

Laerskool Lydenburg Koerant

Advertisement
Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you