Issuu on Google+

DIE KLETSKOUS

EERSTE UITGAWE

11 APRIL 2013

WIE, WIE IS WIE ... TYDENS GEMASKERDE VALENTYNSOKKIE - Christiaan Engelbrecht gr.7RJ

Links: Stephanie Fritz, Danica Luies en Stephanie Nel

Op 8 Februarie 2013 was ons jaarlikse Valentynsokkie en soos vorige jare het die sokkie glad nie teleurgestel nie. Inteendeel was dit die lekkerste Valentynsokkie OOIT!!! Almal was opgewonde en uitgevat vir die geleentheid. Die meisies in hulle fraai kleertjies het behoorlik die manne se koppe laat draai en almal was reg om die lywe te swaai. Die saal was stampvol en die musiek was uitstekend, mnr. Morné Lindeque, ons eie ‘DJ’, het hom goed van sy taak gekwyt. Die een liedjie op die ander het die vorige oortref, ons voete het so gejeuk dat ons nie kon stilsit nie. Dit was verseker 'n aandjie wat ons nie gou sal vergeet nie! Links: Albert Strecher en Nicole Botha is as mnr. en mej. Valentyn gekroon

2013 LEIERS EN HUL OUERS IN AKSIE - Stephanie Nel gr.7RJ Ons leiers het sommer vroeg al begin om van die jaar 'n sukses te maak deur by die skool te help 'n dag voor die skooljaar begin het. Ons het om 8 Januarie 2013 by die skool bymekaar gekom waar ons die onderwysers gehelp het om die klaskamers se tafels en stoele reg te skuif, handboeke help dra en ander takies wat die onderwysers ons mee kon besig hou. Soos altyd is ons gedurende die skooldag oral besig met leier opdragte. Ons het ook die nuwe gr.4-leerders gehelp met klaswisseling en op die speelgronde het ons die nuwe gr.1leerders gehelp om hulle voete te vind. Ons eerste groot taak van die jaar was die voorbereiding vir die sokkie wat op 8 Februarie plaasgevind het. Die week wat Valentynsdag vooraf gegaan het, is daar verkope in die skoolsaal gehou van allerlei heerlike eetgoed en interessante speelgoed. Die onderwysers, ouers en leiers maak beslis 'n gedugte span net soos al die vorige jare. Tydens die atletiekbyeenkomste wat op ons velde gehou is, was ons almal in ons rooi en wit hemde oral op die veld te sien waar ons diens gedoen het. Ons het almal lekker saamgewerk om die byeenkomste spesiaal en suksesvol te maak.

Baie lekker kos Gesellige atmosfeer

Handewerk van die hardwerkende leier-ouers

GRAAD 4 REIS DEUR DIE GESKIEDENIS - Zanri Hanekom gr.4DP

Links: Amy Harvey en Aimee Neethling

OKUS RESTAURANT 104 Vijoenstraat 079 067 8996

13

Biltong

Die gr.4’s het op 'n staptog deur Lydenburg gegaan om al die historiese geboue te besoek as deel van hul Geskiedenis sillabus. Van die plekke wat Tel: 013 235 2034 hulel besoek het was: die Cell: 082 577 6711 Kruithuis, die 1ste landdros se huis, die Rooi-Posbus, die

Vir die heerlikste biltong en droëwors Pick `n Pay Centre 53 Kantoor Street Lydenburg, 1120

Links agter: Deanu van Rooyen, Xanli Fourie, Gabi van der Merwe, Amy Boshoff, Zanri Hanekom Links voor: Esmé van Aswegen, Bernice van Wyk, Jessica Snyders en Anke Alberts in die ou kerkie wat in 1850 gebou is ou kerkie, skool en die tronk. Vir baie maats was die verhaal van die landdros die interessantste. Die landdros het van die Kaap gekom en sy vrou het terug verlang. Hulle was almal godsdienstig, daarom het hy besluit om 'n stuk van sy plaas vir die kerk te gee. Hy wou 'n kerk bou om sy vrou se verlange na die Kaap minder te maak.

LOWVELD LAWNMOWERS Tel: 074 159 2912 Cell: 078 012 9164 071 285 3606

Posbus 1116 Lydenburg 1120

Realize your child’s potential · nable your child to excel in Maths and English · evelop your child’s confidence and concentration · ork at a pace tailored to your child’s needs Maths and English study programmes for children of all ages and abilities. Lydenburg Kumon Centre: 083 357 7842


Kletskous Mei 2013