Page 1

11 APRIL 2013

EERSTE UITGAWE

DIE KLETSKOUS

CAPS SILLABUS GETROUE HANDBOEK WORD WEER IN VOLSTOOM IN SEKURITEITSWAGTE - Casey Dibakwane gr.7MZ SKOLE GEBRUIK WERKING - Simoné van Wyk gr.5ML

- Simoné van Wyk gr.5ML Met die intree van die nuwe skooljaar het ons onderwysers en kinders saam die uitdaging aangepak met die oorskakeling na die CAPS sillabus. Onthou dat die sillabus self nie verander het nie, net die metode van onderrig. Ons kinders sal nou ook provinsiale en nasionale eksamens skryf. Ons onderwysers is almal baie positief oor CAPS en so hou hul ook ons kinders positief en gemotiveerd. Met CAPS maak ons gebruik van die Platinum handboekreeks en die uiteensetting en aanbieding is regtig netjies en gebruikersvriendelik. Die skool vra asb dat hierdie handboeke deur elke leerder wat dit ontvang, in samewerking met die ouers, versterk sal word en netjies met plastiek oorgetrek word. Hierdie handboeke bly die skool se eiendom en moet elke jaar aan ander leerders oorgedra word vir gebruik. Sou hierdie handboeke verlore raak sal dit deur die leerders self vervang moet word. Wat die vakke betref, het daar ook verandering gekom. Vir die gr.7’s is Tegnologie nou weer deel van Wetenskap, maar dit val weg as 'n vak by gr. 4 - 6.

MAMMAS WAT OMGEE WERK HARD - Zanri Hanekom gr.4DP

Ek het met 'n paar van ons onderwysers, ouers en leerders gepraat om hul opinie te kry oor die nuwe Platinum handboekreeks. Is dit beter of net 'n las? Dit is wat hul te sê gehad het:

Johannes Mmola en Itai Nushonga Ek is seker ons almal het al gewonder wie hierdie man is wat elke oggend en middag so getrou by die skoolhek staan en die hek oop of toe maak. Wie is hy en waar kom hy vandaan? Johannes Mmola bly in “Beverley Hills” in Mashishing, maar hy is gebore in Burgersfort op 3 Julie 1950. Johannes is getroud en het vyf kinders. Hy werk al twee jaar by Laerskool Lydenburg. Hy maak gebruik van sy fiets om by die werk uit te kom, hy is altyd vriendelik met almal maak nie saak klein of groot. Daar is nog sekuriteitswagte, maar Johannes is die oudste van hulle almal. Dit was net 'n plesier om met hom te kon gesels. Hierdie hardwerkende man verdien almal se respek. Johannes, met so 'n mooi geaardheid gaan jy baie ver kom. Hou so aan! Jy is `n voorbeeld vir ons almal.

KLIPPIE IN MY SKOEN - Juffrou Koba de Visser

Links: Tania Heyns en Megan Marx

Ons het mammas by Laerskool Lydenburg wat baie vir ons omgee. Juf. Ronel Lindeque sê “Die omgee groep se mammas is daar om die juffrouens se hande te vat en te help waar hul kan met ekstra oefeninge vir kinders wat individuele hulp nodig het.” Die mammas is elkeen in 'n junior-klas ingedeel en help met groeplees, inoefening van spelwoorde, ekstra wiskunde-oefeninge, buitespel, liggaamlike oefeninge en individuele aandag. Die mammas help verskriklik baie en die juffrouens waardeer hulle hulp. Jana Joubert sê: “Tannie Tania (foto) help ons met klankies en lees, dit is baie lekker.” Dankie aan elke mamma wat help.

Klippie in my skoen tussen my tone en lê parmantig in die holte van my voet – dit pla! Het ons 'n “weggooi-nasie” geword? Heg ons waarde aan ons goedere, maar boal pas ons ander se besittings op? Hope sportklere word na elke byeenkoms bymekaar gemaak. Hoe is dit moontlik dat 'n atletiekhemp, pas gehuur, net weer langs die netbalbane weggegooi of verloor word? Hoeveel pret kan dit wees om padtekens om te ry of te buig? Nuwe potlode, penne ens. ens. word daagliks gekoop! Koop ons net te maklik 'n ander een? “Dit kos geld, pas jou besittings op!” hoor ek nog my ma se stem. Gebruikersgoedere is peperduur en 'n trippens se waarde lankal verby! Waar is my rooi pen nou? Klippie uit my skoen, weg met jou!

CLOTHING FOR AFRICA STOCKISTS OF:Schoolwear, Bedding & Linen, Hair Accessories, Footwear and Lots more!

TEL: 013 235 4680

27 LANGE STREET, LYDENBURG

Juffrou Erika Scheepers: Te min drilwerk – veral in Afrikaans. Maar dankbaar vir al die leesstukkies daarin. Dit is beslis kleurvol en die regte grootte skrif,maar baie groot en swaar – veral as mens al 6 vakke se boeke in jou tas moet dra. Marietjie de Vries: Daar is beter navorsing gedoen, meer skrywers en instansies is betrokke by die nuwe skoolhandboeke. Die gedrukte skrif is groter en daar is meer prentjies by elke hoofstuk om die werk beter te verduidelik. Die uiteensetting is van hoë gehalte en die verskillende kleure wat gebruik word, maak dit lekker vir enige kind om te leer Chrismari Aucamp: Die gebruik van handboeke by laerskole word landswyd verwelkom deur hoërskole en universiteite. Statistiek het getoon dat gr 8 - 12 leerders glad nie handboekvaardig is nie en gevolglik nie navorsing kan doen nie. Dit is 'n uiterse knelpunt by hoërskole en geniet nou aandag dmv die handboeke wat aan laerskole voorsien is. Leerders kry die geleentheid om handboekvaardighede aan te leer en dit is 'n wonderlike gereedskap waarmee leerders toegerus word. Oor die kwaliteit van die boeke kan ek my egter nie uitlaat nie, maar ek sien dat Wes-Kaap, een van ons voorste akademiese provinsies, ook die boeke gebruik en hul welslae is nie te versmaai nie. Ons kinders het die geleentheid om naslaan en handboek-vaardighede te bemeester, wat ‘n lewenslange bydrae lewer in ons kinders se lewens. Die mag van lees, handboek en naslaanvaardighede is ongelooflik belangrik vir sukses! Danika Luies 7RP: Dit is beter, want jy hoef nie nou meer inligting vir take op die internet te soek en rond te krap nie, dis alles in die handboeke.

Anne Louise

BLOEMISTE BLOEMISTE FLORIST FLORIST

Voortrekkerstraat 30 Lydenburg 1120 TEL: 013 235 2901

CELL: 076 093 8777 EMAIL: annelouise@polka.co.za

5

BRIEWEKAS Hoe voel jy daaroor dat die skool Vrydae om 13:30 verdaag ipv 12:30 soos in die verlede? Ons het die volgende briewe ontvang met leerders en onderwysers se mening. Ek is Wian van der Schyff in gr. 2MP en het in graad 1 op Vrydae vroeg uitgekom. Na skool het ek gaan swem en dit was baie lekker. Nou is daar te min tyd. I am Imaan Arbee in grade 3AP. I think it is not fair that the school comes out at half past one on Fridays, because our prayer time starts at one o' clock and we have a hour long prayer and we still have to go to Madressa till five o' clock. We go home earlier and then we miss the last period on a Friday and I do not like that. My naam is Tiaan Hein en ek is in gr.4AP. Ek hou daarvan om op `n Vrydag tot half twee skool te gaan, want baie keer doen ons lekker goed in die klas tydens die laaste periode. In Engelse periode neem ons dan boeke uit en in LO doen ons lekker oefeninge buite op die veld. Ek is Thalita Weweje in gr.5ML. Ek voel nie gelukkig nie. Dit was altyd lekker om vroeg op `n Vrydag uit te kom. Ek het altyd by my tannie gaan kuier en nou kan ek nie meer nie. Die middag is te kort. Ek, Clarika van Wyk in gr.6HD, dink dis sleg, want dis die einde van `n skoolweek en ons moet `n bietjie rus en nie eers half twee uitkom nie. Dis al wanneer ons kan kuier, want baie keer het ons sport of take om op `n Saterdag te doen. My naam is Dian Breitenbach (hoofseun) en dis goed om op `n weeksdag om half twee uit te kom, want dan het ons genoeg tyd om al ons skoolwerk klaar te maak. Maar op `n Vrydag! Nee, dan kan ons maar `n bietjie vroeër uitkom, want ons werk hard deur die week. Ek, Ilse du Plessis is gr.4DP se voog. Dis vir my dieselfde, want daar gaan steeds `n groot persentasie leerders vroeër huis toe. Vrydagmiddag voel soos elke ander middag.

Kletskous Mei 2013  

Laerskool Lydenburg Koerant

Read more
Read more
Similar to
Popular now
Just for you