CSE105 - Kliëntediens en Etiek

Page 123

CSE105 Kliëntediens en Etiek waar nodig, so goed as moontlik. Wys ook aan die kliënt dat hy of sy belangrik is en maak seker dat daar nie verdere brûe verbrand word nie, jy sal verbaas wees hoe gereeld jy dalk weer “die rivier sal moet oorsteek”. 3.11 Samevatting Kommunikasie is werklik belangrik in enige organisasie of onderneming vir ʼn verskeidenheid van redes. Een daarvan is dat kommunikasie die organisasie se kliënte raak. Daarom is dit noodsaaklik om die basiese probleme rondom die studie van kommunikasie, ook hoe kommunikasie prakties aangewend kan word om kliëntedienslewering te verbeter, te verstaan. Elke organisasie moet oor ʼn doeltreffende kommunikasiestrategie beskik wat parallel loop met die strategiese behoeftes, ander behoeftes en ook kliëntebehoeftes. In hierdie studie-eenheid is die groot belang van doeltreffende kliëntediens, die gepaardgaande kommunikasie, ook met betrekking tot uitnemende dienslewering, in alle besonderhede bespreek. Wanneer kliënte nie ervaar dat hulle vir ʼn onderneming belangrik is nie, sal dit moeilik wees om hulle as kliënte te behou. Daarom is die stappe wat elke onderneming en sy werknemers kan neem om uitmuntende diens te bevorder, deeglik beskou en ontleed. Die onderbou van ʼn duidelike, gedefinieerde kommunikasiestrategie is ook aangebied. Wanneer die tien wette vir “stappe na uitnemende diens” inderwaarheid toegepas word, moet dit ʼn positiewe impak op ʼn onderneming se dienslewering meewerk, so ook die gepaardgaande groei van so ʼn onderneming en elkeen van sy individuele werknemers.

©akademia (MSW)

Bladsy 121


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.