GEC105 - Ekonomie

Page 110

GEC105 Ekonomie Geleentheidskoste is ook ter sprake wanneer ons met werkloosheid te doen het. Ons het vroeër aangedui dat die geleentheidskoste die koste is van die alternatief wat verbeur word. Indien werkloosheidsprogramme deur, byvoorbeeld die regering aangepak word, beteken dit dat daar minder geld beskikbaar is vir ander bestedingsprogramme, wat dus ʼn geleentheidkoste inhou. Geld word dus benodig om werkloses te ondersteun en daarom moet besteding aan staatsgoedere en -dienste opgeoffer word. Wanneer ons praat van werkloosheid kan ons egter onderskei tussen verskillende tipes werkloosheid (bladsy 206). Maak seker jy ken die verskil tussen: •

Vrywillige werkloosheid en onvrywillige werkloosheid

Wrywingswerkloosheid

Seisoenswerkloosheid

Sikliese werkloosheid

Strukturele werkloosheid

Bestudeer bladsy 208 tot 212 om beleide te kan identifiseer om werkloosheid te verminder en werkloosheid te verstaan volgens die Keynesiaanse en AD-AS modelle. 5.7.2

Werkloosheid en inflasie: die Phillipskromme

Handboek: Mohr, 2012:212 – 214 Hersien die AS-AD model in paragraaf 4.9.1 van hierdie begeleidingsgids. Ons het vroeër gesê dat ʼn toename in totale vraag (AD) aangewys word deur ʼn regwaartse beweging van die AD-kromme. Hierdie toename in AD lei tot ʼn toename in produksie en inkomste (Y) en ʼn styging in pryse (P). Aangesien die indiensnemingsvlak verband hou met die prysvlak, kan ons dus aflei dat indiensneming sal styg en werkloosheid gevolglik sal daal wanneer produksie toeneem. In afdeling 9.2 gaan ons kyk na die Phillipskromme en hoe dit verband hou met die AD-AS model. As gevolg van die aanname wat gemaak is dat die indiensnemingsvlak verband hou met die prysvlak, ontstaan die vermoede dat inflasie (wat te make het met prysveranderings) verband kan hou met werkloosheid. Verwys na tabel 9-2 in die handboek vir ʼn opsomming oor totale vraag, produksie, pryse en werkloosheid. Daar is ʼn vermoede dat daar ʼn omgekeerde verband tussen inflasie en werkloosheid is, wat beteken dat indien inflasie toeneem, werkloosheid sal afneem (verwys na figuur 9-2). Die verband tussen inflasie en werkloosheid word deur die kromme aangedui wat afwaarts van

©akademia (MSW)

Bladsy 108


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.