MKT206 - Bemarkingspraktyk

Page 41

MKT206 Bemarking Hoe sal ʼn pragtige glimlag geprys word? Dink krities hieroor: Watter kwessies kom na vore met betrekking tot koste, aanvraag en mededingende prysbepaling? Mededingingsgebaseerde pryse vir dienste Hierdie prysbenadering kyk na wat ander verskaffers vir dieselfde tipe produk hef, en besluit dan of die onderneming bo, onder, of op dieselfde prysvlak as die mededingers moet wees (Rix 2005:277). Aspekte ter sprake: •

Die grootste probleem wat soms mededingingsgebaseerde pryse in diensmarkte bemoeilik, is dat dienste geneig is om nie gestandaardiseerd te wees nie. As gevolg hiervan, kan dit kliënte se direkte prysvergelykings bemoeilik (Rix 2005:277).

Twee banke se verbandprodukte kan, byvoorbeeld, oor ʼn soortgelyke rentekoers beskik, maar kan grootliks verskil t.o.v. fooie en kostes, onttrekkingsfasiliteite, boetes vir die vroeë terugbetaling en selfs in die vaardighede en houdings van die leningsdepartementpersoneel. Hierdie eienskappe sal die vergelyking van prys (rentekoers) bemoeilik (Rix 2005:277).

1.9.2

Prysstrategie

Daar moet op een van die bostaande prysbepalingsbenaderinge besluit word – dit is ook belangrik om uit te vind wat mededingers bied en wat hulle vra. Indien navorsing oor mededingers gedoen word, kan hierdie inligting gebruik word as ʼn grondslag. Wat ookal die prys is, wat vasgestel word, moet die onderneming seker maak dat dit die kostes dek en ʼn wins gelewer kan word (Business Link 2009). Die volgende aspekte is belangrik: •

Dit sal onwys wees om pryse veel hoër, of baie laer vas te stel, sonder ʼn goeie rede. As die prys te laag is, sal wins weggegooi word. As die prys te hoog is, sal die onderneming kliënte verloor, tensy iets aangebied word wat hulle nie elders kan aanskaf nie.

Die persepsie van die produk of diens is belangrik. In baie markte is ʼn hoër prys bydraend tot die persepsie dat die produk van premium waarde is. Dit kan kliënte aanmoedig om te koop, of dit kan dalk prysbewuste kliënte afskrik.

Dit kan nuttig wees om verskillende pryse te vra aan verskillende kliënte, bv aan kliënte wat herhaaldelik koop, of byvoeging van produkte wat aangekoop word. Dan word die laer prys as ʼn dankie vir hulle lojaliteit aangebied. Hou in gedagte dat kliënte wat baie kos om te bevredig, minder winsgewend sal wees, tensy dit beheer word deur hoër pryse. Eenmalige verkope kan meer kos as herhaalde besigheid.

©akademia (MSW)

Bladsy 39


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.