BIS105 - Bedryfsinligtingstelsels

Page 107

BIS105 Bedryfsinligtingstelsels

Datatipes. Daar kan verskillende tipes data in die velde van ʼn databasis gestoor word (Jacobs, 2006: 245). Hierdie datatipes moet aangedui word wanneer elke veld geskep word. Die volgende is voorbeelde van datatipes (Jacobs, 2006:245): o

Gewone teks

o

Verskillende tipes numeriese waardes (bv. Heelgetalle en reële getalle)

o

Datums en tye

o

Ja of Nee waardes (Waar of Vals)

o

Foto’s, prente, diagramme en musiek

ʼn Naam of van sal as teks gestoor word. ʼn Ouderdom sal as ʼn heelgetal gestoor word. ʼn Salaris sal as ʼn reële getal gestoor word. Hoewel ʼn mens se eerste instink is om ʼn telefoonnommer ook as ʼn heelgetal te stoor, moet daar in ag geneem word dat ʼn gebruiker nooit enige berekening met ʼn telefoonnommer sal doen nie. Die telefoonnommer moet dus nooit as ʼn getal gesien word nie, maar as ʼn reeks karakters (tussen 0 en 9) en word altyd as teks gestoor. Figuur 3.9 dui aan hoe datatipes in Microsoft Access vir ʼn tabel se velde bepaal word:

Figuur 3.9: Spesifikasies vir velde se datatipes in Microsoft Access

©akademia (MSW)

Bladsy 105


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.