Web agri okt 2016

Page 115

agri Promosie/Promotional

Goeie nuus vir beesboere – bloubosluis­ beheer met Ivomec Gold Vir die Suid-Afrikaanse beesboer is die enkelgasheer-bloubosluis die algemeenste bosluis waarteen hy diere moet dip.

B

loubosluise dra bloedsiektes soos Afrika- en Asiatiese rooiwater en galsiekte oor. Dit kan tot groot produksieverliese en selfs vrektes lei. Die opbou van bloubosluisweerstand teen van die bekende dipmiddels is in sekere dele van die land só erg dat effektiewe bosluisbeheer al hoe moeiliker word. Die goeie nuus is dat Merial se Ivomecreeks produkte steeds doeltreffend in bloubosluis-bestrydingsprogramme gebruik kan word. Boonop maak dié middels (Ivomec Inspuitbaar, Ivomec Super en Ivomec Gold) ook ’n aantal ander uitwendige en inwendige parasiete dood. Dit is veral die Ivomec Goldinspuiting vir beeste met sy lang nawerking (wat bloubosluise vir tot 75 dae beheer), wat deur meer en meer beesboere gebruik word. Alle weidings is tot ’n mindere of meerdere mate met parasiete besmet. Navorsing het bewys dat beeste wat met inwendige parasiete besmet is, lusteloos is en minder vreet, wat produksieverliese tot gevolg het. Daarom is Ivomec Gold ’n produksiemiddel wat produksie bevorder en die boer gemoedsrus gee. Veral langwerkende Ivomec Gold, wat ’n hoë

konsentrasie (3,15%) ivermektien bevat, het homself deeglik as ’n strategiese bestuursmiddel gevestig. Dié produk word in die begin van en tydens die bloubosluistyd gebruik om bloubosluise tot 75 dae lank en rondewurms ses tot sewe weke lank te bestry. Hierdie middel bestry ook bytende en suigende luise, spykerwurms, longwurms en tampans. Die produk is voorts doeltreffend vir die bestryding van vals kneusing (parafilaria). Beesboere wat Ivomec Gold gereeld in hulle bosluisbeheerprogram gebruik, het gou die groot voordele wat doeltreffende beheer van inwendige en uitwendige parasiete inhou, ondervind. Daarom vertrou meer en meer beesprodusente op Ivomec Gold vir uitstekende resultate.

Ivomec Super – drie-in-eenparasietbeheer Die Merial-produk Ivomec Super (inspuitbaar) het ’n drieledige werking. Dit bestry inwendige rondewurms, uitwendige parasiete en is boonop doeltreffend teen volwasse lewerslak. Ivomec Super het homself reeds bewys en beesboere wêreldwyd maak daarop staat. Een inspuiting bestry rondewurms en het ’n nawerking van 21 dae teen bruinmaag-, knoppies- en longwurms. Die nawerking

teen haar- en beesbankrotwurms is 14 dae. Afgesien van die inwendige wurms, bestry ’n enkele inspuiting ook bloubosluise drie weke lank. Ander uitwendige parasiete wat bestry word, is myte en luise, asook spykerwurms (tot twee weke lank). Waar sandtampans ’n probleem is, bestry Ivomec Super dit drie dae lank. Hierdie middel help ook met die beheer van vals kneusings. Boonop beheer Ivomec Super ook volwasse lewerslak. Ivomec Super is ook geregistreer vir gebruik by skape. Hoewel die meeste skaapboere die produk vir sy doeltreffende bestryding van skaapbrandsiekte ken, is dit net so doeltreffend teen rondewurms (soos haarwurm en bruinmaagwurm), volwasse lewerslak asook neuswurm en Australiese jeukmyt.

Vir meer tegniese inligting skakel gerus vir vir dr Hein Hesse van Merial SA (Edms) Bpk, tel no 083 280 8638 Ivomec Gold (reg no G3080, Wet 36 van 1947) bevat 3,15% m/v ivermektien. Ivomec Super-inspuiting vir beeste en skape (reg no G2629, Wet 36 van 1947) bevat 1% m/v ivermektien en 10% m/v klorsulon. Ivomec inspuiting vir beeste en skape (reg no G2329, Wet 36 van 1947) bevat 1% m/v ivermektien.

agri OKT/OCT • NOV ‘16 bladsy/page

115


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.