Web agri jun jul

Page 24

agri Nuus/News <<< page 21 In light of this, it is suggested that instead of imposing a further tax burden, government should concentrate on rehabilitating the public sector and raise the education level of its people and producing the skills that are currently in short supply. But most importantly, the focus should be on curbing wastage and eliminating corruption that is currently draining the fiscus. As a developing country South Africa needs more growth and not more taxes. The proposed forms of wealth tax will lead to wealth destruction, low investment, low growth and lower taxes collections. It is therefore recommended that there should be a socioeconomic impact assessment conducted on imposing wealth tax, taking into account all the concerns raised by organised agriculture and the citizens of South Africa. <<< bladsy 23 gemeenskap bestaan oor kommersiële landbou en hoe dit verbeter kan word. Hoewel die Trustfonds in hoofsaak gefokus is op ’n verbetering van landelike veiligheid en tersaaklike ondersteuning van beveiligingsprojekte, kan beveiliging deur middel van pro-aktiewe beplanning in werking gestel word. Om pro-aktief te wees, beteken

agri JUNIE/JUNE • JULIE/JULY ‘17 bladsy/page

dat die individu en gemeenskap op enige voorval bedag en gereed daarvoor moet wees. Hoewel individue in staat is om hulself tot ’n sekere mate te beskerm, is ’n waaksame gemeenskap ’n doeltreffende afskrikmiddel. Die meganismes van landelike beveiliging bestaan in hoofsaak uit die weerbaarmaking van die huis, die inoefening van gebeurlik­ heids­beplanning vir die inwoners en gemeen­ skap, die organisering van optredes en inligting-insameling en kommunikasie tussen werkgewer en werknemer, met die breër gemeenskap, asook met plaaswagte. Dit is belangrik om nie geleenthede vir misdadi­gers te skep nie, maar deur betrokke te raak by die strukture van georganiseerde landbou en die implementering van landelike beveiligings­ planne kan misdaad aan bande gelê word. Onthou: geen beskermingsmaatreëls is ’n waarborg dat ’n plaasaanval moontlik nie sal plaasvind nie, maar dit kan ’n aanval vertraag en/of bemoeilik. Een van die pilare vir die suksesvolle implementering van die Landelike Beveiliging­ strategie is die reservistestelsel. Tesame met ’n goed funksionerende plaaswagstelsel, asook aktiewe gemeenskapbetrokkenheid, kan reserviste ’n belangrike beveiligingmeganisme teen plaasaanvalle wees. Reserviste speel dus ’n rol om misdaad in toom te hou en behoort op plaaslike vlak bevorder te word.

24

Kernfunksies van reserviste behels alge­mene funksionele diens op stasievlak, insluitend die voorkoming, bestryding en onder­soek van misdaad, die handhaaf van openbare orde, die beskerming van lands­ burgers en hul eiendom en die handhawing en afdwinging van die wet. Dit is daarom belangrik dat plaasgemeenskappe betrokke sal raak by beveiligingstrukture tot hul beskikking. Hierbenewens is dit belangrik dat plaasgemeenskappe waaksaam moet wees vir dinge wat van hulle ’n teiken kan maak, soos: • Maklike toegang tot die plaas – pas die protokol vir plaastoegang deurlopend toe; • Groot hoeveelhede kontant wat by die woning gehou word, veral wanneer plaasprodukte van die plaas verkoop word; • Sigbare en maklike toegang tot kluise; • Maklike toegang tot voertuie vir ontvlugting – verwyder sleutels uit voertuie wat nie gebruik word nie; • Wees versigtig om in die donker uit te gaan om ondersoek in te stel; • Gebrekkige beveiliging van die woning – installeer veiligheidshekke voor buitedeure, diefwering voor vensters wat oopmaak en installeer ’n goeie alarmstelsel; • Gebrekkige kommunikasie tussen boere – maak seker dat goeie kommunikasieverbindinge tussen bure bestaan.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.