Zoutpansberger 25 Mei 2012

Page 13

ZOUTPANSBERGER

25 Mei 2012 13

Deur Linda van der Westhuizen

SASSA stel pensionarisse gerus Die South African Social and Security Agency (SASSA) verseker die ontvangers van ouderdoms­ pensioene dat alles in hulle vermoë gedoen word om die herregistrasie vir hulle so gemaklik as moontlik te maak. Die inwerkingstelling van die herregistrasie skuif waarskynlik in sommige gevalle ‘n paar maande aan. Die nuwe sisteem wat deur SASSA geïmplementeer word om maatskaplike toelaes uit te betaal, geskied met behulp van ‘n biometries-gebaseerde betalingsisteem. Dit sal meer sekuriteit verleen, omdat uitbetalings met ‘n kaart en vingerafdruk gedoen word. Die kaart stel die begunstigde in staat om meer opsies vir betaling uit te oefen. Maatskaplike toelaes se geld kan byvoorbeeld getrek word by enige handelaar wat MasterCard onder­ steun. Die R10 miljard kontrak om die uitbetalings vanaf April te doen, is deur SASSA toegeken aan Cash Paymaster Services Eiendoms Bpk, wat op die NASDEQ en JSE gelys is. SASSA se uitbetalingsnorme en -standaarde se norm 5 stel dit duidelik dat alle betaalpunte moet verseker dat basiese fasiliteite soos toilette, water, noodhulpkassies en beskerming te alle tye beskikbaar is (www.sassa.gov.za). Die SASSA streekkantoor in die Vhembe distrik sluit daarby aan en vereis water, stoele, toilette en elektrisiteit by die geboue wat vir herregistrasiedoeleindes geïdentifiseer is. Die herregistrasie program in Limpopo sal duur van Junie tot Desember 2012. “As SASSA

agentskap wil ons ons ouer en gestremde begunstigdes in ‘n veilige omge­wing registreer,” lui ‘n brief van die Vhembe distrikkantoor. Die­ gene wat gewoonlik na betaalpunte gegaan het, moes volgens die oorspronklike beplanning vanaf April soos gewoonlik daarheen gaan om pensioen te ontvang en herregistreer te word. Diegene wie se toelaes in hul bankrekening of by die poskantoor inbetaal word, sal ‘n brief ontvang om hul herregistrasiedatum aan te dui. Hulle sal ook dan ‘n Smart-kaart ontvang. Dit behoort iewers in die periode vanaf Junie tot Desember te gebeur. Die sogenaamde Sekulua kliënte, wat ‘n soort debietkaart gehad het, moes vanaf April begin herregistreer. Mnr. T. D. Muofhe, amptenaar van SASSA se Vhembe streekkantoor, het hierdie week gesê dat die distrikte in Limpopo ingedeel is in die tydperk Junie tot Desember. Die navraag het gegaan oor die Makhado-, Tshikota- en Vleifonteingebied. Hy het gesê dat diegene wie se toelaes by die bank of poskantoor inbetaal word, waarskynlik in Oktober aan die beurt sal kom, maar het beklemtoon dat elke begunstigde ‘n brief in dié verband sal ontvang. Augustus is genoem vir die herregistrasie van diegene wat by betaalpunte toelaes ontvang. In Makhado sal Ons Tuiste se inwoners volgens die oorspronklike skedule vroeg afgehandel word. “Die bejaardes wat oor 75 is, moet nie bekommerd wees nie. Ons sal hulle by hulle huise kom besoek,” het die amptenaar gesê.

Fokus op die mediese bedryf en versekering Finansiële nuus

Hoekom bly lewensdekking steeds vir ons belangrik? Die meeste mense leef asof hulle vir altyd daar gaan wees … miskien omdat ons eie sterflikheid nie iets is waaraan ons graag dink nie. Hoewel ons in die sorgvrye kinderjare daarmee kan wegkom, kan dit ons duur te staan kom as ons as volwassenes die harde werklikheid van lewe en dood in ons finansiële beplanning buite rekening laat, sê Willem Barnard, Besigheidsbestuurder Sanlam Limpopo. Hoekom Lewensdekking? Lewensdekking is waarskynlik die mees ontasbare vorm van alle versekeringsprodukte. “Dit is vir die meeste mense moeilik om te aanvaar en te verstaan hoe dit hulle sal baat om vir iets te betaal wat nie onmiddellike voordele inhou nie, “sê Willem. “Dink egter net ‘n oomblik daaraan en oorweeg die implikasies: Wat sal gebeur as jy more sou sterf? Wie sal jou uitstaande skuld betaal? Wie sal vir jou ouers of jou wederhelf en kinders sorg – nie net oor korttermyn nie, maar ook in die jare vorentoe? Hoe sal jou gesin sonder jou maandelikse inkomste klaarkom? As jy ‘n verbandlening het, sal jou gesin die eiendom kan hou, of sal hulle uiteindelik nie meer ‘n dak oor hul kop hê nie, terwyl hulle nog die hartseer moet verwerk? Sal daar genoeg kontant wees om uitgawes soos die begrafnis, eksekuteursgelde en boedelbelasting te dek? “As jy ‘n verband of motorskuld het, vir jong kinders verantwoordelik is of ‘n belang in ‘n besigheid het, kan lewensversekering help verseker

dat jou geliefdes en/of afhanklikes nie deur jou finansiële verpligtinge lamgelê word nie, en hulle in staat stel om jou skuld te vereffen en hul bestaande leefstyl te handhaaf. As jy ‘n finansiële adviseur vra om jou met ‘n omvattende finansiële ontleding te help, sal dit jou ‘n goeie idee gee van hoeveel dekking jy nodig het.” Wat bied ongeskiktheidsdekking? Jou grootste bate is jou vermoë om ‘n inkomste te verdien. Daarom is dit uiters belangrik om dit te beskerm. Indien jy hetsy tydelik of permanent arbeidsongeskik raak, kan dit ernstige gevolge vir jou geldsake inhou, sê Willem. Volgens die Mediese Navorsingsraad word 150 000 Suid Afrikaners per jaar ernstig beseer in motorongelukke. Sê nou jy word een van hierdie slagoffers? Hoe sal jou onvermoë om aan te hou werk, jou en jou gesin se finansiële posisie raak? Gevreesde siekte-dekking Baie mense maak die fout om te dink dat ‘n mediese fonds genoeg voorsiening maak vir siekte en hospitalisasie. Wat hulle nie besef nie, sê Willem, is dat ‘n ernstige siekte of trauma moontlik nie deur hul mediese fonds gedek word nie. En selfs al word dit gedek, kan die koste op die lang duur baie groter wees as die voordele wat hul mediese fonds verskaf. Die meeste skemas maak nie voorsiening vir nasorg by die huis of by ‘n geskikte inrigting nie. Om sake te vererger, sal jy miskien ‘n geruime tyd ook nie in staat wees om ‘n inkomste te verdien nadat jy deur so iets

getref is nie, of jou siekteverlof kan uitgeput raak. “Met gevreesde-siekte dekking kry jy gemoedsrus dat indien ‘n gevreesde siekte by jou gediagnoseer word, jy die nodige fondse sal hê om jou inkomste te beskerm en voorspruitende mediese of ander koste te dek.” ‘n Tragiese lewensgebeurtenis soos sterfte of ongeskikraking is een van die mees traumatiese ervarings wat mense in hul leeftyd moet hanteer. As jy ‘n uur of twee by ‘n finansiële adviseur spandeer om seker te maak dat jy genoeg dekking het, sal dit verseker dat die bekommernis oor geld nie deel van jou las word nie. (Artikel verskaf deur Sanlam Finansiële Dienste)

Dr. André van der Walt M.B. Ch.B. (Pret) * PR. No.: 1452258

Algemene Praktisyn General Practitioner Tel: 015 516 5105 Presidentstraat 87B Posbus 350, Louis Trichardt, 0920

`

Hoop jy jy kan vir jou gesin voorsorg tref? Waarvoor jy ookal hoop, maak seker dat jy die regte plan daarvoor inspan. Ons kan jou deur die besluite lei wat jou finansiële toekoms sal beïnvloed. Met Sanlam se omvattende portefeulje oplossings kan ons voorstelle maak oor wat jy werklik nodig het. • • • • •

Spaar en beleggings Aftreevoorsiening Persoonlike dekking Testamente en trusts Voorsiening vir jou kinders se opvoeding

Sanlam CI0011MS1976BPA

Bel ons vir deskundige advies, aangevul deur korttermynversekering en selfs belastingontleding as dit nodig is.

Kobus McCabe

Freek Clifford

015 534 2702/015 519 9707 083 452 8776

015 534 2702 076 422 1337

GELISENSIEERDE VERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

Dr. Michiel P. Roos Ingelyf LOUIS TRICHARDT

TANDHEELKUNDIGE CHIRURG - PRAKTYK NOMMER: 5445469

Baie welkom aan Dr. Rosanne Naudé (tandarts) & Jolande Viljoen (mondhigiënis)! Tel: (015) 516 6914 • Faks: 086 5312 398 • E-pos: orthodentist@limpopo.co.za

24 Uur Nood Kontak Nommer: Tandarts - 082 561 1241

Advies is volop, maar finansiële advies is skaars

Vir kundige advies kontak ons by die volgende nommers Ralda van Wyk: 015 583 0232 / 082 854 5910 Danie Cronje: 015 516 5090/ 083 305 9529 Gerhard Maré: 082 452 1624


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.