Worcester Standard Edition 19.01.12.pdf

Page 13

SKOLE

STANDARD 19 JANUARIE 2012

13

Nuut by Lanner House:

Lanner House het met die begin van die skooljaar nuwe aanstellings gemaak. Van links is mej. Anuschka von Bentheim (kleuters), mnr. Warick Middleton (skoolhoof) en mev. Amanda Ungerer (Graad 2). Foto: Verskaf

Links is mnr. André Cilliers (departementshoof), mev. Margo le Roux (departe­ mentshoof), mnr. Sjoerd Selders (adjunkhoof), mnr. Tim Tunner (hoof van King’s Hawford), me. Anna Tunner (sy dogter wat saamreis) en mnr. Hannes van der Westhuizen wat op besoek is van Nederland. Die hoof van WPS, mnr. André Peens, was afwesig met die neem van die foto. Foto: Líomee van der Merwe

Nuwes:

Die Worcester Primêre Skool het nuwe aanstellings gemaak. Agter (van links) is mee. Joleen Stemmet (assistent, bemarking), Alida le Roux (tegniese sekretares­ se), Helené Fourie (finansies) en Mieke Serfontein. Voor is mnr. Henry Searle (graad 6) en mee. Ingha Rathbone (graad 5) en Lin­Mari Bekker (graad 2). Foto: Líomee van der Merwe

WPS sluit vennootskap LÍOMEE VAN DER MERWE ’n VENNOOTSKAP tussen die Worcester Primêre Skool (WPS) en King’s Hawford in Nederland (ook van die dorp Worcester) is onlangs gesluit om in mekaar se sukses­ planne vir die onderwys te deel.

Nuwe onnies by WG:

Die nuwe onderwysers wat by Worcester Gimnasium aangestel is, is, agter (van links), mnr. Gerhard Raal (besigheidsbestuur), me. Mari Neeth­ ling (Engels), mev. Michelle du Toit (lewensoriëntering) en mnr. Nielen du Toit (tegnolo­ gie). Voor is mev. Helma Schoeman (lewensoriëntering en lewenswetenskap), me. Mari­ ette Bruwer (wiskunde), mev. Lindsey Newman (Engels) en mev. Elma de Vos (fisiese wetenskap en wiskunde). Foto: Líomee van der Merwe

Met die doel om die leerders te bemagtig gaan daar ook idees uitgeruil word rondom die kurrikulum en tegnologiese ontwikkeling. Volgens die adjunkhoof van WPS, mnr. Sjoerd Selders, wat met die idee vorendag ge­ kom het, voel hy baie sterk oor “skole in Suid­ Afrika wat dit nie kan bekostig om op hul eie

eiland te sit waar elkeen sy eie ding doen nie”. Selders het ’n DVD saamgestel van WPS en dit bekendgestel aan skole in Nederland. Hy noem dat ’n onderwyskollege en nog ’n skool buiten King’s Hawford reageer het. Verlede week het die skoolhoof, mnr. Tim Tunner, en sy dogter, Anna, by WPS kom kuier om te sien wat hulle alles doen en hoe hulle mekaar kan help. Die onderwysers van die twee skole ruil ook idees onder mekaar uit, en die Engelse leerders van WPS ruil briewe uit met maats anderkant die waters. King’s Hawford beplan ook ’n rug­ by­ en netbaltoer in 2013 na Suid­Afrika waar hulle teen WPS sal meeding.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.