Weslander 27 Januarie 2012

Page 5

Nuus ∙ News

Weslander 26 Januarie 2012

5

Storm toe in ’n teekoppie, of wat? Ronelle Terre’Blanche Sowat 329 senuagtige groentjies het by die vlootbasis, SAS Saldanha aangemeld vir opleiding. FOTO: VERSKAF

Nuwe jaar, nuwe rekrute Bianka du Plessis SALDANHA – Sowat 329 senuagtige groentjies het Maandag, 16 Januarie by die vlootbasis, SAS Saldanha aangemeld vir opleiding. Volgens lt Ruwayda Grootboom, mediawoordvoerder vir die vlootbasis, gaan dié rekrute vir die volgende ses maande basiese mi-

litêre opleiding ontvang. Die rekrute is deel van ’n twee jaar vrywillige militêre vaardigheidontwikkelingsprogram (MSD). Gedurende die MSD-kontrak sal die rekrute nié net toegerus word met dissipline, vlootkultuur en tradisies nie, maar ook met basiese kennis en kwalifikasies om indiensneming in die private sektor makliker te bekom.

Vloot-heining kry wel aandag Ronelle Terre’Blanche SALDANHA – “Vrye toegang tot die vlootbasis SAS Saldanha bly ’n voortslepende probleem wat so ver moontlik deur die Militêre Polisie bestuur word.” Kapt Valason Pillay, bevelvoerder van SAS Saldanha, het die week kommentaar gelewer oor die vandalisme by Seemeeupark Pre-primêre skool op die terrein (waaroor Weslander verlede week berig het). “Die oorsaak hiervan is die voortdurende vandalisme en diefstal van die heining tussen die vlootbasis en White City,” het hy gesê. In die verklaring word gestel dat die dept van openbare werke verantwoordelik is vir die onderhoud en instandhouding van die heining, in samewerking met die militêre en plaaslike owerhede. “Die beplanning vir die herstel en oprigting van die heining is op dreef,” lui die verklaring.

SALDANHA – Is dit ’n geval dat die een hand nie weet wat die ander hand doen nie? Of bloot ’n storm in ’n teekoppie? Gideon Terblanche, skeepsbouer en slopingskontrakteur van Saldanha, is deur lede van Saldanha-seiljagklub en die publiek beskuldig dat hy onprofessioneel en sonder toestemming, werksaamhede by die ou skeepswerf tussen die seiljagklub en die Slipway-restaurant wil bedryf. Terblanche daarenteen, het deur sy regspan laat weet dat sake van naamskending, laster, aanranding en moontlike teistering teenoor lede van die Terblanche-gesin, teen een of meer van dié persone ondersoek word. Dié reaksie het gespruit uit verlede week se berig met die titel “Margaret skuit maak golwe “(Weslander/19/01/12), waarin Rena Brown van Boats in Saldanha teenoor die koerant uitgevaar het oor Terblanche se modus operandi. Brown het ook beweer dat Terblanche meer as R4 miljoen aan Weskussers verskuldig is, en hom om die rede laat sekwestreer het. Johan Victor, prokureur van Durbanville wat namens Terblanche optree, het bevestig dat sy kliënt gesekwestreer is en dat ’n skuldberader die aansoeker was.

’n Onafhanklike trustee is deur die meester van die Hoë Hof aangestel om toe te sien dat die insolvente boedel ondersoek word en dat alles gedoen word om skuldeiers se eise volgens wet te hanteer. “Mev Brown en haar seun, Trevor Brown, daarenteen is reeds op 5 Desember 2011, ná ’n onsmaaklike voorval in die openbaar, skriftelik versoek om hulle te weerhou van kwetsende, beledigende, lasterlike, en vernederende uitsprake teenoor die Terblanche-gesin,” lui ’n prokureursbrief wat aan die Browns gerig is. Die brief lui voorts dat, sou die Browns nie berou toon of verskoning maak vir die versoek om hulle te weerhou van verdere benadelende optrede nie, die Hoë Hof genader sal word vir ’n interdik. Oor werksaamhede by die skeepwerf het Terblanche bevestig dat ’n bufferskans by die skeepswerf gebou is, wat sal verhoed dat enige skade aan die romp van ’n skuit veroorsaak word. Die kostes vir die voorbereiding van die vasmeer-fasiliteite het sowat R150 000 beloop, en sluit hyskraankostes, lone vir duikers en ander werkers, sowel as sleepbote se kostes in. “Die ankers wat die skeepsweë tussen die werf en die seiljagklub bepaal, lê reeds jare in die baai. Ek het slegs die boeie en toue laat aansit om die roete te identifiseer,” het Terblanche gesê. Saldanha Diving het die werk gedoen.

Die heining, of gebrek daaraan, tussen die vlootbasis SAS Saldanha en White City. FOTO: RONELLE TERRE’BLANCHE

Frederik Johnson van die dept openbare werke in Kaapstad, het teen druktyd nog nie op Weslander se navrae gereageer nie.

WM_VALENTINES_AD_CONVERT.indd 1

2012/01/10 11:10 AM


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.