Vaalweekblad 13 - 15 Junie 2012

Page 9

Nuus

Vaalweekblad, 13 - 15 Junie 2012

9

Ondanks ‘n pragtige steenwoning op die plaas, het die staat gemeen dat dit nie goed genoeg was vir die nuwe boer nie en vir hom dié houthuis van R30 000 laat oprig.

-

r

t e g

e

Vervloë trots nou seeroog Christo Nolte

n

-

t

In die tweede aflewering van Christi Nolte se ondersoek na die stand van landbougrond wat deur die staat opgekoop is vir opkomende boere, besoek hy hierdie week ‘n plaas tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom. Christi, wat self as plaaskind in die Vaaldriehoek-omgewing grootgeword het, het ongelukkig hier ook tekens van ernstige verval teëgekom. Vorige eienaars van hoewes of plase wat aan die staat verkoop is en nog foto’s het van hoe dit destyds gelyk het, is welkom om Christi by 082 565 2993 te skakel.

Die plaas wat ek vandag besoek, roep baie herinneringe uit my kinderjare op. Die plaas is 200 hektaar groot en is ‘n paar jaar gelede as ‘n lonende saak aan die staat verkoop. Implemente en beeste was by die koop ingesluit, asook lande wat reeds beplant was. Die oes was vir die staat se huurder. Die koopprys van die plaas was R3 miljoen. Die eens statige opstal met gewels en ‘n Kaapse boustyl staan nou verwaarloos. Mnr. T, die opkomende boer wat die grond van die staat ontvang het, woon al bykans vier jaar hier. Sy terugbetaling aan die staat moet R60 000 per jaar wees om hier te kan boer. Hy het die eerste oes, wat nog deur die vorige boer geplant is, afgehaal en die beeste verkoop, maar kon geen terugbetalings aan die staat maak nie. Sy verweer is dat die staat hom fondse belowe het om die plaas te bestuur, maar dat hy niks ontvang het nie. Die staat sou hom volgens sy inligting ook fondse gee om ‘n nuwe huis ter waarde van R300 000 te bou. In die plek daarvan het hy ‘n houthuis ter waarde van R30 000 gekry. Die vraag wat dadelik by mens opkom is hoekom geld op ‘n huis spandeer as daar dan reeds ‘n goeie huis op die plaas was? Die ou opstal is vandag in ‘n erg gehawende toestand. Die groot ingang na die huis, wat eers ‘n soliede houtdeur was, word nou met die verwyderde dakplate toegemaak. Die eens groot en gerieflike sitkamer is nou net ‘n vertrek waar daar bier gebrou word, wat

blykbaar aan die plaaslike gemeenskap verkoop word. Waar die plaas eers almal hier van kos en werk voorsien het, het dit nou verval tot ‘n armsalige bierbrouery. Tog gaan hierdie reeks nie oor die opstalle nie maar oor die grond wat vir ons van kos moet voorsien. Landerye wat in die ou dae bewerk was en mielies wat aangeplant was, word nie meer gedoen nie. Beeste wat gemelk is en ook vir slag geteel was, is nie meer nie. Wat is die effek hiervan op die gemeenskap? Die plaasbestuurder wat aan my voorgestel is, jag nou net met sy honde. Hy sê dat daar selfs nie meer wild op die plaas is nie en min voëls. Die implemente van duisende rand wat op die plaas rondstaan, is lankal nie meer in lopende

toestand nie. Terwyl ek so wegstap, dink ek aan die tye wat ek saam met my pa op hierdie einste plaas kom kuier het en oom Hendrik my opgetel het en op sy Afrikanerbul laat ry het. So versorg en mak was sy Afrikaners dat hulle uit jou hand geëet het. Die wye horings wat intimiderend was vir my as kind, het niemand ooit skade gedoen nie. Ek kyk so oor die veld waar eers mielielande was en onthou hoe oom Hendrik my pa altyd laat groenmielies pluk het en dit dan deur die tannie gekook is. En dan eet jy dit met lekker selfgemaakte botter. Sal ons kinders ooit weer hierdie plaaslewe kan ervaar soos ons?

Bo: Voorheen ‘n gerieflike sitkamer - nou ‘n nie-amptelike bierbrouery. Links: Die eens indrukwekkende gewelhuis lyk nou verwaarloos.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.