Sa duiwe nuus maart 2013

Page 24

MASKAM POSDUIF FEDERASIE het ʼn Nuweling tot die sport; as 2012 kampioen gekroon Opgestel deur - Jos De Kock Sel 076 829 2260

W

at die prestasie merkwaardig maak is dat die vorige kampioene almal saam baklei het om bo te eindig. Johan Mostert wen egter die laaste wedvlug en volg dit op met ʼn tweede plek om te verseker sy voorsprong wat hy voor die wedvlug gehad het kan nie ingehaal word nie.

Die vliegspan kry Woensdag B12 in die water en Donderdag oggend kry hul mielies wat oornag in warm glukose water geweek was.

Die duiwe gogga het hom in 2010 beetgekry en met plaaslike lede se skenkings is daar gou ʼn paar duiwe in die hok, hy gaan haal egter ʼn paar duiwe in Riebeeck Wes by Johan Foot, wat die kern van sy hok sou word.

Duiwe wat siek vertoon word onmiddelik verwyder en apart behandel, afhangende van die kwaal.

Medikasie bestaan uit die ent van die duiwe teen Paramyxo en ontwurming voor die seisoen begin en weer een keer in die middel van die seisoen.

Hy glo sy sukses op die langpad lê daarin dat die duiwe nie oormatig gevlieg word nie en genoeg rus tussen vlugte moet kry.

Die eerste jaar is daar gemengde welslae maar 2011 begin hy die pap dik aanmaak deur 3 Federasie vlugte te wen; onder andere die Bloemhof vlug met enigste duif terug op die dag. Die jongduif met die meeste punte, 273 ‘n geruite wyfie, saam met haar twee sussies sou nog wys dat hy op die regte spoor met sy boerdery was.

Hoogtepunte: Om ‘n duif tydens die week voor ‘n vlug op grond van sy houding en gedrag in en om die hok te identifiseer en dan die Saterdag presteer. Wat grief jou in die sport? Jaloesie en verdagmaking van lede as hul presteer; in plaas van gaan uitvind wat die persone reg doen.

Die jaar 2012 was ‘n besonderse jaar; van die begin af maak hy sy stem dik deur kort-kort wedvlugte te wen. Ek persoonlik dink die groot kanonne het hom onderskat en nie verwag wat gaan kom nie. Maar op die langpad sou die kaf van die koring geskei word. Hy wen op die einde 6 Federasie vlugte onder andere die Derby wedvlug, met nog 4x 2de, 8x 3de, 2x 4de en 5x 6de plekke om maar ‘n paar te noem.

Sy raad aan beginners. Is om broeipare wie se kinders presteer of hul kuikens te bekom. Hou min duiwe maar kwaliteit aan en ken jou duiwe. Moet nie net aandag aan hulle gee gedurende die vliegseisoen nie. Geen simpatie word aan duiwe wat nie presteer betoon nie. Die plat op die aarde man; met sy stil geaardheid, gaan nog diep spore trap in die duiwesport, want om Federasie Kampioen te word het hy vermag wat baie lede na jare se probeer nog nie kon regkry nie.

Die Algehele beste duif 273-10 in die federasie wen 3 wedvlugte, ‘n 5de en 7de om Johan te help om as die langpadkampioen gekroon te word.

Baie geluk Johan, jy is ‘n waardige Kampioen!

Ek het hom uitgevra oor sy oefen metodes, Die duiwe doen padwerk tot op 200km voor die wedvlugte begin en word dan in drie spanne opgedeel van 20 elk, omdat hy met min duiwe vlieg. Die duiwe wat Saterdag moet vlieg word al die vorige Sondag uitgesoek en word apart gehou en behandel. Op die end word net 10 tot 15 uitgekies om aan die wedvlug deel te neem.

n

Maandag word 70km padwerk gedoen, Dinsdag 40km en Woensdag en Donderdag 25km net voor sononder, met die res van die duiwe wat om die beurt om die hok oefen, wyfies soggens en mannetjies saans. Die geslagte word apart gehou en oefenbeurte word omgeruil. Hy lê absoluut klem op die duiwe se gedrag en houding in en om die hok, die week voor die vlug, dit bepaal wie gestuur word. Voeding bestaan uit gewone vliegmengsel en as hulle van wedvlug terugkeer wag ‘n fynkos mengsel met o.a. gars as bestandeel en vitamiene B12 in die water tot Maandag toe. Dinsdag geen kos. Vanaf Woensdag word weer gewone vliegmengsel gegee wat stelselmatig vermeerder word tot Saterdag wanneer die normale rantsoen weer bereik word.

SA & World Pigeon News - March 2013

Johan Mostert se geruite wyfie 273-10, Beste jongduif en algehele beste duif in die Federasie 2012

24

SA & Wêreld Duiwe Nuus - Maart 2013


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.