2012 September

Page 24

24

Deaunin Swartz wen Goud Op 11 Augustus 2012 het vier Piketbergers gaan deelneem aan die Boland Atletiek Landloop Kampioenskappe te Dal Josafat Stadium, Paarl. Dit was nat, glad en baie koud, maar dit het nie ons kampioen Deaunin Swartz, ondergekry nie. Deaunin het (letterlik) modder in die ander se oë geskop en uitgeblink deur goud te verwerf in die landloop o/14, 4km item. Baie geluk Deaunin ons is trots op jou en al die ander deelnemers wat so Deaunin Swartz braaf was om in die winterweer Foto verskaf aan die verskeie landloop items deel te neem. Soreen Gouws het silwer verwerf vir die Meester Dames 4km landloop item.

Piket-Bo-Berg Personeel by ECD Kursus Die kleuterskole en speelgroepe van Piket-Bo-Berg het 'n 5 dae ―Early Childhood Development‖ kursus bygewoon in Mei. Die kursus is aangebied deur Grassroots en op Piketberg gehou. Die opleiding is gereël en befonds deur Departement Maatskaplike Dienste. Van die Bo-berg gemeenskap was Heldervue, Achtervlei, Zwaanswyk, Pomona en Harmonie teenwoordig. Die opleiding vorm deel van gemeenskapsontwikkelings-program van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging.

Wetenskap Week ‗n Wetenskap week is begin Augustus aangebied en leerders is meer bewus gemaak van Genetika en Forensiese ondersoeke.

Aanbieders Lyndon Manas (Kurrikulum Adviseur Fisiese Wetenskap), Dr Renate Rebello en David Green (Kurrikulum Adviseur Lewenswetenskap) saam met twee leerders van Steynville Primêr, Hagan Thomas en Nicoleten Booysen.

Aanbieders Lyndon Manas (Kurrikulum Adviseur Fisiese Wetenskap), Dr Renate Rebello en David Green (Kurrikulum Adviseur Lewenswetenskap) saam met twee leerders van Piketberg Hoërskool, Pieter Geustyn en Wilmaré Kok.

Agter van links is Magrieta Boois, ’n kursus ganger van Harmonie, Kathy Klaasen, Bettie Mentoor, Katrina Maarman en Magrieta van Wyk. Voor is Grieta Jagers en Lydia Dietrichs. Foto verskaf

Die AME Kerk op Piketberg hou 'n Mount Olive Liebco Classic Golfdag op Saterdag 22 September By De Hoek Golfklub. Inskrywingsfooi is R180-00 en die formaat 4BBB. Groot pryse te wen. Kontakpersoon: Louis Ntane 076 290 7312 of 022-913 1498

Aanbieders Lyndon Manas (Kurrikulum Adviseur Fisiese Wetenskap), Dr Renate Rebello en David Green (Kurrikulum Adviseur Lewenswetenskap) saam met twee leerders van Stawelklip Primêr, Bradley Klaasen en Nordia Jansen. Foto‘s: Marietha Goosen


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.