2012 September

Page 13

13

Vroue Landbou Vereniging beurs In die jaar 1991 het die destydse bestuur van die Vroue Landbou Vereniging van Piketberg, o.l.v. Hepsibah Richter, die bedrag van R5000 belê met die doel om die rente jaarliks as studiebeurs toe te ken aan ‗n lid of lede se kinders wat tersiêre onderrig ontvang. Dit was die wens van Hepsibah dat hierdie toekenning ‗n jaarlikse instelling sou bly, dat die beleggingsbedrag aangevul word en dat beurse toegeken word soos en wanneer moontlik. Vanjaar was Marlize Rossouw die gelukkige lid wat R1 000 vir haar seun, Pieter, huis toe geneem het. Hy is ‗n student in sy eerste jaar in Megatroniese Ingenieurswese aan CPUT in Bellville. Dit was die dertigste keer sedert 1992 dat die beurstrekking plaasgevind het. Marlize Rossouw en haar seun Pieter, wat die VLV beurs ontvang het. Foto verskaf

Huis AJ Liebenberg se Vleismark verskuif na 27 Oktober 2012

Ubuntu uitreik op Vrouedag in Piketberg

Mac Dixon, gemeenskapswerker, Ami Greeff en Pat Dixon, vrywilligers van Piketberg Animal Welfare (PAW), reik uit na die gemeenskap op Vrouedag in die gees van ubuntu, met pakkies honde- en katkos asook ‘n inligtingspamflet oor troeteldierversorging. PAW bedank die gemeenskap asook besoekers vir hulle lojale ondersteuning. Foto verskaf

Skou 30 en 31 Augustus en 1 September besluit het dat vrees en onsekerheid tekens van swakheid is. Dit is in werklikheid ‗n genade, ‗n emosie wat sorg dat jy nie so ver van die pad afdwaal dat jy nie weer jou pad terug kan vind nie.

Nood leer mens bid en planne maak. Nood het vir my en Wesley geleer om in kulkunsies te glo. Daar het op ‗n dag ‗n hoed oor ons pad gekom en ons het met moeite ‗n haas daaruit gepluk. As jy dit eenmaal kan regkry, raak die volgende kere net makliker. Daar is altyd ‗n uitweg, altyd ‗n rede om nog bietjie vas te byt. Die restaurant het my en Wesley se geloof met rasse skrede verbreed. Dit het ‗n milieu geskep waar wonderwerke kan plaasvind en nood het gesorg dat ons nie soos voorheen te blind was om dit raak te sien nie. Die mens benodig elke nou en dan ‗n groot probleem sodat hy weer ‗n slag aarde toe kan kom. Sodat hy kan besef dat hy nie ‗n eiland is nie en wel vriende en familie benodig. Sodat hy kan besef dat hy nie sonder sy Skepper kan lewe nie. Dis normaal om bang te raak. Dis net die mens self wat

Wanneer ek deesdae bang raak, onthou ek die volgende woorde, en dit bemoedig my: ―Alles van waarde is weerloos.‖ Jy is net ‗n mens. Onthou dit ‗n slag en raak rustig in die wete dat die Here nooit bedoel het dat jy altyd die antwoorde en oplossings gereed moet hê nie. Dis juis wanneer jy op jou swakste is, dat die omvang van die Here se mag en liefde duidelik raak. Voordat jy volgende keer die hoed in die vuur wil gooi, maak eers seker of die Here nie vir jou ‗n hasie daarin gelaat het nie

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop): Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel groepbesprekings aanvaar indien vooraf met ons gereël is)

Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00 Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00 Sondae: 08:00 – 14:00

Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 info@cornberg.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.