2012 September

Page 12

12

Wat Sê Die Reg?

Lions telefoongids

Deur Christelle de Villliers Vroueregte: Nie net wette nie, maar veral gesindheid sal deurslag gee

Kontroleer jou kontakbesonderhede in Telkom se telefoongids. E-pos: johanenjoan@gmail.com Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556 Joan: 084 466 4269

Sedert die instelling van die Grondwet, is vele wette aanvaar wat vir vroueregte voorsiening maak en wat nie voorheen bestaan het nie. Alhoewel die Grondwet voorsiening vir geslagsgelykheid in alle fasette van die samelewing maak, kan dit egter nie mense se houding verander nie. Daarvoor is ‗n paradigmaskuif van binne die gemeenskap self nodig. Die Navorsingsinstituut het om hierdie rede ‗n boekie met die titel ―Die Lang Pad na Gelykheid-‗n Vroueregte Handleiding‖ in ‗n hele paar tale uitgegee. Vroue, veral in die arbeidsmark, ondervind steeds heelwat diskriminasie soos voorheen. ‗n Groot hindernis tot sosiale vooruitgang vir vroue is ook hul eie onkunde: baie vroue is nie van nuwe wette bewus nie, en dra dus nie kennis van die voordele wat dit vir hulle insluit nie. Daarom kan hulle nie op hulle regte aanspraak maak nie. ‗n Goeie voorbeeld hiervan is die Wet op Gesinsgeweld – het jy geweet dat dit nie net gaan oor fisiese geweld nie, maar ook oor emosionele afkraking en finansiële mishandeling? Maw, as jou gade vir jou sê ―as jy sis en so wil optree dan is dit reg, maar dan sal ek maar net nie vir jou geld gee vir dit of dat nie‖. Hierdie gedrag is totaal en al onaanvaarbaar, en kom neer op finansiële mishandeling. Die vraag is of vrouens dit weet? Net so is daar baie regulasies in arbeidswette oor die werks-omstandighede van swanger vroue-byvoorbeeld dat ‗n vrou nie verplig kan word om nagskof te werk in haar laaste 8 weke van swangerskap nie. Net so maak die Wet op Egskeidings voorsiening vir ‗n her-verdeling van bates in die geval waar vrouens buite gemeenskap van goedere getrou het onder die maritale mag. Net so is die Wet op Seksuele Misdrywe gewysig om bv vrouens te beskerm binne die huwelik teen sekere seksuele dade, bv verkragting deur jou eggenoot. Ons land het wonderlike regte vir vrouens, en daarom is dit belangrik dat elke vrou moet weet hoe die landswette jou beskerm. Baie lande het steeds geen vroue regte nie. Mosambiek: vrou is deur drie seuns verkrag as ―straf‖ omdat sy per ongeluk op ‗n besnydenis seremonie afgekom het toe sy deur die veld stap oppad kerk toe. Sy het niks daar verloor nie, en daarom is die verkragting nie vervolg nie-dit was haar verdiende loon. Indië: In sekere streke is dit ‗n oortreding as ‗n vrou jonger as 40 jaar ‗n selfoon besit-dis voorbarig en as sy wil bel kan haar man dit namens haar doen, of sy moet bel in sy teenwoordigheid op sy foon. Saoedi-Arabië: Vrouens mag nie bestuur nie, hulle het eenvoudig net nie die vermoë nie en in ‗n hof is bevind dat ‗n vrou wat bestuur onbetroubaar is.

Naaldwerk Insit van ―zips‖, korter maak van broeke, knope vervang en enige ander herstelwerk wat u verlang

Kontak M. Nel by 073 166 8065 of 022 913 3438

Yskas, Vrieskas & Lugverkoeling (voertuig en residensieël) Herstel, Installasie en Hergas Kontak:

Henk Pieters

071 583 6164

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.