2011 July

Page 1

1

Jaargang 18 Nr. 6

www.piketberg.com

Julie 2011

022-913 1796

Alle korrespondensie aan diepiketberger@gmail.com

Wes-Kaap Netbalkaptein Janét Stander is pas aangewys as die 0/12Netbalkaptein van die Wes-Kaapspan wat van 25 Junie tot 2 Julie in Rustenburg teen die ander provinsies te staan kom. Vir 'n Piketberger om hierdie pragtige prestasie te behaal is merkwaardig dit is weer eens 'n bewys dat PHS se leerders en sportmanne en -vroue geen tree hoef terug te staan vir groter skole nie. Janét, 'n graad 6-leerder en voormalige SAdeelnemer in Verspring, het die Netbaltitels so een na die ander ingepalm - eers Platteland, toe Wes-Boland, daarna Boland en uiteindelik die hoogste Janét Stander van PHS is die kaptein van die 0/12 Wes-Kaap sport. Te danke aan Netbalspan wat einde Junie in Rustenburg gaan deelneem. haar ratsheid, maar ook gemaklike lengte, is sy Baie geluk en voorspoed, ewe tuis as Hulpdoelverdediger of Verdedigende Vleuel. Janét –Red. Wat Piketberg dorp en Bo-Berg verder trots kan maak is dat Janét 'n ware uitvoerproduk is, aangesien sy, haar Foto en berig: ouers, Jannie en Sanet, en haar oupa Johan Smit, en Marietha Goosen grootouers Rassie en Lettie, almal Piketbergers was en is.

R2,00 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense...

Lees binne Abri na Angola ...p6 Dr Radie Kotzé ...p8 Monique open Mona-Me Boutique ...p9 Toerisme toekennings ...p15 Wittewater hou Jeugdag ...p19 Gee Gas vir Orgaan Skenking ...p20 Vier na Comrades ...p22 PIKETBERG

ONE STOP MOTOR PART SHOP

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

 022 913 1939  022 913 2404

Nuut!!!! 550g Chicken Polony R13.75 1kg Viennas R18.95

altyd u beste keuse... Langstraat 58 Piketberg 022-913 1505

022-913 2410

JY KAN DIE GELUKKIGE WENNER WEES VAN ‘N APPLE IPHONE BY

! SIEN AGTERBLAD VIR MEER INLIGTING


2 Redaksioneel Streeknuus Ek en een van die Suzette'e in my lewe gesels die ander dag oor elke nuusbulletin wat so oor en oor herhaal word en min nuwe nuus deur die dag oplewer. Dis bykans deesdae onmoontlik om ontbyt of middagete saam met die radionuus te geniet, aangesien jou aptyt soms heeltemal weg is. Veral wanneer die gruwelike gebeure rondom 'n tragiese gebeurtenis tot in die fynste besonderhede letterlik 'opgedis' word. Ons verlang na die goeie ou tye, hoewel die Prediker sê dis nie wys om te verlang na die goeie ou tye nie. Waar is die dae van Streeknuus na die middagete nuusbulletin. Daar het jy verneem van bekendes en minder bekendes in jou onmiddellike omgewing wat een of ander oulike of interessante ding gedoen het. Die hoeveelheid nuus in jou kontrei het afgehang van hoe wakker jou korrespondent was. "Ja", sê Suzette, ―my pa was Worcester se korrespondent en hy was op sy tone en sy ore op die grond‖. Onthou julle die Persoonlike Kolom in Die Burger? My suster sê, toe sy klein was, het sy gedink sy moet vinnig verby dit blaai, aangesien 'n mens nie veronderstel is om iemand anders se persoonlike dinge te lees nie. By Die Piketberger wil ons iets hiervan behou - om mooi dinge oor mekaar vir almal wat dit wil lees, te skryf. Wees verseker, die ou wat wil kritiseer, is nie deel van ons lesertal nie. Jy kan dus met vrymoedigheid vir ons laat weet. Terloops, ek het uitgevind wie Petrusa de Koker is. Sy was op Aurora op skool en haar broer, Jannie, en suster, Annatjie, se spruite is by PHS - almal Kotzé's Adam, Frederik, Kleinjan en Almie. Van Streeknuus gepraat. Ek groet ons nuusvennote,

Gerard en Ilna Grobler, wat eersdaags Porterville verlaat om hulle op Kleinmond te vestig, waar hulle weer die Herald oorneem wat hulle in 1995 begin het. Julle het ons dorp, kerke, skole en organisasies bederf met al julle beriggewing en so ons mense week vir week op hoogte gehou in die Herald, toe Tempo, toe Monitor, toe Weslander. Ilna, veral vir jou en jou sonhoedjie met kamera in die hand, gaan ek baie mis. Uit jou "Nog Tee?" rubriek het ek baie geleer. Dit gaan julle goed!

Marietha Ons mis briewe van ons lesers. Laat hoor gerus van julle.

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Redaksie (diepiketberger@gmail.com) Redakteur: Kenneth Smit Mede-redakteur, berigte en foto’s: Marietha Goosen  022-913 1796; Advertensiebestuurder: Deon van Dyk  022-913 1529 Uitleg: Barbie Breunissen en Kenneth Smit

Volblad: R420 Halfblad: R290 Kwartblad: R195 Agsteblad: R120 Ander groottes op aanvraag. Skakel met Deon van Dyk om in te teken op Die Piketberger teen R85 vir 11 uitgawes (Mei tot April) per pos in RSA en R130 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland. (Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Skole sluit 24 Junie en open 18 Julie. Geniet die rustyd. DIE PLASING VAN FOTO’S IN HIERDIE UITGAWE WORD GEBORG DEUR

DOKTERS SMIT EN MORRISON.

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere. Lid van Klavierstemmersvereniging. Opgelei te Worcester. Kontak Wessel de Beer  023 232 0422 of  082 704 3276


3

LOXTON MOTORS Langstraat 60, Piketberg Tel: 022-913 1136 Faks: 022-913 2225

24 uur Brandstof Verkope VAN MOTOR EN V ERKOPE TREKKER ONDERDELE (Indien nie beskikbaar in voorraad kan binne 24h beskikbaar wees)

van Voertuie D IENSTE Vragmotors Trekkers Spuitpompe en ander plaasimplemente

V erkope van Batterye K

ontak ons gerus vir ‘n kwotasie


4

deur Jannie Lategan Iemand wat 'n toonbeeld is van sukses en INTELEKTUELE TOEVOEGING TOT PIKETBERG Mnr Seane Kotze is vanaf Januarie 2011 aangestel by die Steynville Sekondêre Skool as Fisiese Wetenskap Onderwyser vir die graad 10 - 12's. Hy is oorspronklik van Nieuwoudtville en het hom na sy graad 12 eksamen ingeskryf as student aan die Universiteit van Stellenbosch, vir die graad BSc (suiwer). Na die behaling van sy graad het hy hom by 'n myngroep te Witbank aangesluit, maar het na 'n jaar besluit dat sy rigting eintlik die onderwys is. Sy lewe vat hom egter met ompaaie na die Onderwys. Hy keer terug na Kaapstad waar hy by UNISA - Technikon S.A. ingeskryf het vir die studierigting Menslike Hulpbron Bestuur. Daarna loop sy pad as Administratiewe Bestuurder (Kliënte diens) na 'n groot winkelgroep. Hy skryf hom egter weereens by UNISA in en behaal so die Nasionale Diploma in Skakelwese en sluit hom weereens by 'n volgende Nasionale Winkelgroep aan vir 'n toepaslike pos in sy studierigting. Hy kry 'n beurs by die Wes Kaapse Onderwys Departement en skryf hom in by Die Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en studeer vir die graad B.Ed. Hy spesialiseer in Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe en Wiskunde en behaal die graad B.Ed Cum Laude in April 2011. Hy geniet Piketberg en sy vriendelike mense en is gelukkig om baie leergierige leerders in sy klas te hê. In sy vrye tyd as filatilis, versamel hy seëls, lees graag en speel skaak. Hy sê dat die plattelandse natuurlewe vir 'n gebalanseerde leefstyl Mnr Seane Kotze sorg! Hy sal graag sy liefde vir die Wetenskappe en Wiskunde met leerders wat hulp nodig het, wil deel. Skakel hom gerus, as u kind ekstra onderrig nodig het (073-121 7996).

Monique Diener vang Graad Oud-PHS’er Monique Diener (regs) het pas haar B-Com Bestuurs Rek graad behaal saam met haar vriendin. Monique het ‘n pos aanvaar by Chris de Jager in Malmesbury. Foto Verskaf

Kekkel & Kraai Kekkel en Kraai se Kiep 100ml 10ml

koekmeelblom sout peper na smaak 20ml hoenderaftrekselpoeier 100ml sagte broodkrummels 1ml kerriepoeier 2ml paprika 1,5kg hoender Voorverhit oond tot 180°C. Bespuit ‗n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Meng al die bestanddele, buiten die hoenderstukke, goed saam. Rol elke hoenderstuk in die mengsel en pak in voorbereide bak. Strooi nog van die krummels oor indien verkies. Bedek die bak met aluminiumfoelie en bak 60min lank of tot gaar. Verwyder die foelie ‗n paar minute voor die einde van die baktyd sodat die hoender mooi goudbruin kan bak. Dien op saam met groente of slaai. Genoeg vir 6-8 mense.

Langstraat 79 Piketberg 022-913 2297

Nuwe voorraad wintersklere Froggie en Green Cross skoene en Tsonga boots Uitrustings vir troues ook beskikbaar Klere vir die vrou met eksklusiewe smaak Winkel  022-913 2418

 022-942 1787 Riana Smit  022-942 1787

 082 921 1977


5

Winkelshoek kuier in Namibië Winkelshoek Wynkelder, Piketberg, saam met vyf ander lede van die Swartland wyn-en olyf roete het tussen 8 en 11 Junie 2011 deel gevorm van die Windhoek Toerisme Expo. Die kelders wat onder die Swartland wynroete se vaandel, die expo bygewoon het, is Winkelshoek Wynkelder, Org de Rac, Riebeek Kelder, Babylon‘s Peak, Nassua en Olive boutique met hulle olywe. Die Expo het Woensdag 8 Junie begin met ‗n ―traders show‖. Besigheid het maar stil begin, maar teen die einde van Donderdagaand kon ons sien dat die Namibiërs hou van die Swartland se wyne. Die top verkopers was Winkelshoek se PIPPA grenadella likeur, Riebeek se Cab Merlot en Baby-

Winkelshoek se gedeelte van die Swartland wynroete stalletjie.

lon‘s Peak se Syrah. Die olywe en die organiese wyne het baie goeie aftrek van die buitelanders gekry. Teen Vrydagaand, met een volle dag se Expo nog oor, was die volle Swartland wynroete se stalletjie uitverkoop. Ons het 1.3 ton wyn binne drie dae verkoop. Dit beteken toe dat ons lekker die BULLS vs STORMERS wedstryd op die grootskerm kon geniet. Verteenwoordigers van die Swartland wynroete wat gehelp het met die Expo was Riaan Carstens (Winkelshoek), Gilmor Boshoff (Org de Rac), Stefan Basson (Babylon‘s Peak) en Eric Saaiman (Riebeek). Voorwaar ‗n goeie span bemarkers. Foto‘s en berig verskaf deur Winkelshoek.

So het die volle stalletjie van die Swartland wynroete gelyk.

PIKETBERG 022 913 8006 total@w inkelshoek.co.za

COME SEE OUR INDOOR MENU!!


6

Abri na Angola Dis 'n mooi Vrydagmiddag met my besoek aan Abri Richter op die familieplaas. Die son skyn, die saad is in die grond en almal is besig met afrondingswerk voor die naweek. 'n Familielid is geduldig besig om 'n jong perd te leer - ek en Abri stap stoor toe na die Suzuki DR2 400, die motorfiets wat hom binnekort neem om dele van Angola te verken. So skuinsweg word daar gekyk na die perd en merk Abri op: "Daai ou het nie brieke nie, dis hoekom ek liewer motorfiets ry". Abri is kinderlik opgewonde oor die lang verwagte vakansie, met die belofte van adrenalien wat pomp, ontberings hier en daar en beslis 'n paar uitdagings en gevare. Gewapen met 5liter water vir elke man, heelwat 2-minutenoodles en John West vis, sal hy en sy twee vriende, Dewald en Bob, van Ruacana, via die Kaokoland en Foz de Kunene reis om die berugte Doodsakker op die regte tyd en gety aan te tref vir die 70km duine ry. Die Doodsakker is sekerlik die hoogtepunt van die tog. Om te weet wat moet gebeur op so 'n reis, is belangrik en duidelik, maar om te weet wat nie moet gebeur nie, is nog duideliker b e s e r i n g s , siekte,brandstoftekort en motorfietsbreke kan 'n ou se planne taamlik omver gooi. Tot 'n mate kan 'n mens beplan en voorsiening maak, maar die onseker element is altyd daar. Dalk is dit wat die hele storie so aantreklik maak.... Die perd of die ysterperd? Wel, ek dink tog ek kies maar die een sonder die brieke Abri Richter -Red. Foto en berig: Marietha Goosen

Bybelse ete

Ons is nog steeds u Nommer 1 voorsiener van die nuutste DVD’s Dankie vir u volgehoue ondersteuning!

Kom loer in om ons “specials” te sien!  022-913 2646

MEDIESE PRAKTISYNS Drs Smit & Morrison Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG 7320 

 022-913 1172 'n Bybelse ete is gehou op 7 Junie by Huis AJ Liebenberg. Inwoners en lede van Rus-'n-Bietjie-Klub luister na harp-musiek deur Martjie Hanekom. Foto verskaf

Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 19 Julie om 5nm.

alle ure / all hours  022 913 1907 Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri Sat 08:00 - 13:00


7

Susan se kunswerke

Karin van Plaasmoord

Susan Kemp is 'n oud Piketberger, nou woonagtig in Velddrift, wat al diep spore getrap het in die kunste. Sy het al baie kinderboeke geillustreer, kunsklasse gegee en kan omtrent in enige medium werk. Sy is veelsydig en baie verbeeldingryk. In haar solo uitstalling tans te besigtig by AntheA Delmotte gallery in Voortrekkerstaat 47 (Die historiese gebou- die Bio) is 80 kunswerke in verskillende m edium s . Buiten olieverfSusan en ‘n kliënt praat oor ‘n skilderye, gemengde Kunswerk. medium werke, pas-

Karin Brynard, skrywer van Plaasmoord, het Piketberg se Leeskring op Woensdag 15 Junie besoek. Sy word sommer saam met die blare hier ingewaai en is dadelik tuis en daar word heerlik saamgekuier. Soos sy gesê het, joernalis het van dag een vir haar gevoel so tuis soos 'n voet in 'n lekker uitgetrapte pantoffel. Sy het haar lewe met ons gedeel van vertaler na joernalis, getroude lewe, navorsing en skryf. Wie het nodig om brood te bak, as jy kan toor met woorde en lesers laat naels kou. Die kykie agter die boek is net so lekker soos die boek self. En as iemand wonder; miskien so by Kersfees kan ons kyk vir nog 'n naelbyter op die boekwinkels se rakke. Karin Brynard het vroeër 'n fotografie kursus by Colla Swart bygewoon en hulle kon weer lekker gesels oor al die lekker dinge op Kamieskroon.

telle en sketse is daar ook twee jaar se koerant stro-kiesprente, 'n animasie van 'n film, handgemaakte boeke en ook beeldhouwerke in verskillende mediums. Alles van hout, keramiek tot klip. Die uitstalling sal oop wees vir die volgende 6 weke. Die gallery ure is 9-1nm en 2-5nm. 'n Baie interessante uitstalling....moet dit nie misloop nie.

Skildery deur Susan Kemp.

4U VERVOER  

6 ton en 8 ton platbak vragmotors 2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel … Nou beskikbaar: Voldoende transito dekking. Vooraf bespreking noodsaaklik. Tuinsand en plaasmis teen Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie billike pryse  082 660 2470  022-913 3984

Digger Loader werk Uitgrawe van grond en sand

Gerna Croeser, Karin Brynard en Colla Swart. Foto en berig verskaf deur Leeskring.

PLAASVLEIS PIKETBERG Kloofstraat 34

2 Spitbraaie en/of -braaier te huur Ons reël alles en maak die kos. Ons maak u funksie vir u maklik. Reël alles van begin tot opruim. Verskaf alles (kos, eetgerei, alle glase ens.) Tuis gebak ook beskikbaar Fourie Lötz beskikbaar om self die braaiwerk te doen @ bekostigbare prys

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS Ons verwerk ook vleis en wild wat by ‘n goedgekeurde abattoir geslag is Skakel Adam  078 148 1771 of

Fourie Lötz  082 660 2470  022-913 3984


8

Vaarwel Dr. Kotzé Dr Kotzé is op 18 Februarie 1919 op Redelinghuys gebore en het in 1936 aan Piketberg Hoërskool gematrikuleer. Op die ouderdom van 18 jaar het hy sy mediese studies aan die Universiteit van Kaapstad begin. Aangesien die onderrig slegs in Engels was, het hy letterlik met sy woordeboek onder die arm daar opgedaag. Boonop was van die dosente en professore Skotte en Iere, wat vir ‗n boerseun na Grieks moes klink. Na sy studies het hy etlike jare gedurende en ná die Dr Radie L.M. Kotzé Tweede Wêreldoorlog op Williston in die Karoo gepraktiseer voordat hy in 1956 die eerste mediese superintendent van die Karl Bremer Hospitaal in Bellville geword het. Daarna is hy aangewys as die Tyger ber g Hospitaal se eerste mediese superintendent en was as sulks nóú betrokke by die beplanning van die hospitaal. Voordat die hosp i t a a l Dr Radie by die opening van die geopen is, hospitaal in 1987 is hy aangewys as Adjunk-direkteur van Hospitaaldienste in die voormalige Kaapprovinsie (wat die hele hedendaagse Wes-Kaap, Oos-Kaap en die grootste gedeelte van die Noord-Kaap provinsies ingesluit het). Kort daarna het hy Direkteur van Hospitaaldienste geword en gedurende daardie tyd het die Hospitaalraad van Piketberg hom genader om die beplande, nuwe hospitaal op Piketberg na hom te vernoem – iets wat hy as ‗n groot eer beskou het. Hy het altyd sy bande met sy grootwordplekke, Redelinghuys en Piketberg, behou en reeds in die vyftigerjare grond in die distrik gekoop wat steeds in sy familie se besit is. Hy en sy vrou het hulle ná sy aftrede op sy plaas by Redelinghuys gaan vestig. Na ‗n huwelik van 55 jaar het Mev Willa Kotzé hom in 2000 ontval. Dr Kotzé is op 5 Junie 2011 op Calvinia oorlede op die geseënde ouderdom van 92 jaar na ‗n lewe van goeie gesondheid. Hy word oorleef deur drie seuns en ‗n dogter, 11 kleinkinders en 10 agterkleinkinders. Berig en foto‘s: Verskaf Die Piketberger betuig hiermee meegevoel en waardering teenoor die familie van Dr Radie Kotzé

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg 7320  022-913 2933 Faks: 022-913 2959 Dave Ferguson  083 306 2572 E-pos praktika@intekom.co.za

Minimax Vervoer Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement, losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1) Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435


9

Ewig Trou Beloof Kobus Scholtz, seun van Apie en Mienie Scholtz en Yolanda Wolfaardt, dogter van Wyle Albertus en Amanda Wolfaardt het einde Februarie in Bonnievale getrou. Foto: Verskaf

Dirk en Lizaan van Dyk is op 16 April in die NG Kerk Piketberg in die huwelik bevestig deur Lizaan se pa, ds. Johan Smit. Die onthaal was by Laatson, Porterville Foto: Verskaf

Monique open Boetiek Monique Konigk het gematrikuleer by Hoërskool Piketberg. Sy het tydens haar skoolloopbaan drie jaar deur Die Coetzee Ateljee ook ‗n prys gewen as beste Mode Ontwerper, vir ‗n Woolworths kompetisie. Sy het na skool gaan studeer vir Mode Ontwerper vir nog drie jaar by Elizabeth Galloway Academy of Fashion Design in Stellenbosch. Haar punte was goed genoeg om ook die Internasionale Diploma van City of Guilds in Londen te verwerf. Sy is tans Monique Konigk 22 jaar oud en woonagtig in Clanwilliam. Maandag, 30 Mei 2011 het sy ―gemerge‖ en ‗n Boetiek geopen en ook die winkel ‗n nuwe ―look‖ gegee asook ‗n nuwe naam, Mona-Me Boutique. Berig en foto: Verskaf

Die volgende Piketberger verskyn op 23 Julie. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 19 Julie om 5nm.


10

TERRA NOVA TUISNYWERHEID TEL 022-913 3761 Deel van Kochelmanders, langs Groot en Kleinhandelaars skuins oorkant Iets vir Iets Hoofstraat 50, Piketberg – Die groot ou geel huis met die Akkedis teen die muur !!!

 VERJAARSDAE  HUWELIKE  VOORSTELLINGS  AANNEMINGS  Enige geleentheid tot viering of nagedagtenis

BESTELLINGS BY WINKEL – Tel. 022-913 3761 Pragtige Geleentheidskoeke op aanvraag! Fyn gebak

koeke

terte

beskuit

koekies

pasteie

lekkernye



KOCHELMANDERS TEL 022-913 3761 Hoofstraat 50, Piketberg Tel/Faks 022-913 3761 epos: arkoch@mweb.co.za

Koffiewinkel

handelspos geskenke en dekor goeters en meubels van toeka

KOM KLOP DIE KOUE BY ONS KAGGEL MET KOEK EN KOFFIE!!  SOP, PANNEKOEKE EN VELE MEER  ALLES AS WEGNEEM OOK BESKIKBAAR  SUSHI PLATTERS OP BESTELLING  SPYSENIERING

TERRA NOVA + KOCHELMANDERS = HOOFSTRAAT 50, PIKETBERG


11


12

Vroue van Môre

Eendekuil se gr R’s het pret

'n Baie leersame middag is aangebied vir Vroue van Môre met sprekers oor Rekenaarvaardigheid en FAS (Fetale Alkoholsindroom). Vroue is steeds welkom om by die organisasie aan te sluit en sodoende ingelig te bly.

Op eendekuil word daar al te lekker partytjie gehou in die graad R-klas.

Louwna Hoving, VLV Sirkel President Weskusstreek, het Piketberg se Vroue van Môre besoek. By haar staan Liezl Ntane, voorsitter Vroue van Môre. Foto‘s: Marietha Goosen

Partytjietyd! Agter van links: Estorine Okkies, Jéhan Brink, Eunise Filander (die verjaardagmaatjie), Mika van der Merwe, Madelein van Zyl en Manus van Zyl. Ons speel én leer met klei, Mika, Madelein en Eunise. Foto‘s verskaf deur Eendekuil

Marthie du Toit, VLV Piketberg en dryfveer agter Vroue van Môre, staan hier by twee van die sprekers, Solly Benjamin oor Rekenaarvaardighede, en Suster Merle Adams, Gesondheidsbevorderaar van Piketberg Kliniek, oor FAS. Adelé Cruywagen, onderwyseres van die Eenheidsklas by Steynville Primêr, het die gehoor toegespreek oor oa die gevolge van FAS en oor die algemeen oor Verstandelik gestremdhede. Vier van die leerders by die Eenheidsklas het saam kom kuier en opgetree. Hulle is Helga, voor op haar skoot, en agter Nettie, Lientjie en Madré.

Ons speel te lekker met die WKOD se opvoedkundige speelgoed. Jéhan, Mika, Estorine, Manus, Eunise en Madelein voor.


13

Tuinbou Dié vrolike tuinboulede het deelgeneem aan 'n werkswinkel oor die manipulasie van loof. Palmtakke is gevleg, vlasblare is in rose verander, aspedistrablare is gedraai en gevorm in baie bruikbare ontwerpe, selfs die strelitziablaar is in 'n kunswerk omskep. Hulle het geleer dat hulle asemrowende ontwerpe uit loof kan maak. Moenie die tuinbouklub se uitstalling by die skou van 4 tot 6 Augustus misloop nie. Daar is geen vergadering in Julie nie.

Eendekuil VLV hou suikersoet middag Denim en diamante Sirkeldag te Eendekuil. VLV dames van 15 takke vanaf die Weskus Sirkel het die dag meegemaak. Die dames was geklee in denim en alles wat blink. Die spreker van die oggend was Johan Cloete bekende chef van Kaapstad – hy is ook die seun van Elizabeth Cloete, paneelbeoordelaar van VLVK. Johan Cloete het onderskeidelik op twee televisieprogramme aanbiedings gedoen,Top Billing se hoedereeks uit sjokolade en suikerkuns op Pasella. Johan het demonstrasies op Pastry, sjokolade- en suiker tegnieke en nageregte gelewer.

Tuinboulede by blaarmanipulasie kunswerke Foto en berig verskaf deur Tuinbou.

Jan Spaarkloof se Herwinning Die gedagte om by herwinning betrokke te raak het drie jaar gelede posgevat. Ons het almal ‗n plig om ons land en planeet te bewaar, maar ons hou aan om ons bronne te vermors. Twee jaar gelde het die VLV ‗n skrywe gerig aan die Bergrivier Munisipaliteit op Piketberg om te vra vir hulp sodat daar aflaaigeriewe op die dorp kom vir bottels, blikke en papier. Aangesien ons geen reaksie ontvang het nie, het dit ons genoodsaak om weer verlede jaar ‗n skrywe te rig. Die saak is weer die jaar op ‗n vergadering bespreek. Intussen beywer die Vrouediens Kaapland en ons gemeente hul ook vir dieselfde doel. Toe hoor ons dat Jan wat by die Koöperasie werk, bottels bymekaar maak vir herwinning en in sy vrye tyd dit stukkend kap. Sodra hy 3 ton het sal ‗n firma dit kom oplaai. Terwyl ons net praat en briewe skryf het hierdie flukse man iets begin doen. Dankie Jan, jy is ‗n aanwins in baie opsigte vir ons gemeenskap. Ek hoop jy verdien ‗n paar sent in die proses. Sukses met jou onderneming. Hoe lyk dit, is hier nie ‗n entrepreneur wat met ‗n blikkie projek wil begin nie? Volgens ‘n amptenaar van die Bergrivier Munisipaliteit is dit nie so maklik om ‘n herwinningsprojek aan te pak nie, daar is baie wetgewing betrokke. ‘n Kontrakteur is reeds deur hulle aangestel om huishoudelike vullis te herwin en hierdie proses begin reeds volgende maand.

Te Koop Mans- (2deur) en Dames- (3deur) Geelhout/ Embuia Klerekaste. Kontak 082 462 1345 Allinant Passive Slimmer Kontak 082 462 1345

Johan Cloete (spreker) Louwna Hoving (president) Estelle du Plessis (vise-president) Elmarie Cumpsty (voorsitter Eendekuil). Berig en foto‘s verskaf deur VLV Eendekuil

Suikerkunswerke deur Johan Cloete. Die ―soet‖ dag is afgesluit met ‗n ligte middagete en natuurlik ‗n nageregbord voorberei deur Johan Cloete. Borge wat die dag moontlik gemaak het: Boland Super Spar te Piketberg (vrugtesap tydens middagete), Fruit and Veg City (middagete), Liebco Vleismark te Piketberg (kontant).

Touching Hearts kursus Woensdag 20 Julie om 18:30 Kontak Christa de Waal 084 314 7261


14

Boendoestoe Borduurwerk 082 462 1345 boendoes@vodamail.co.za

Vir bekostigbare en kwaliteit borduurwerk op enige kledingstuk. Maak jou instansie, besigheid, sportspan, toer jag uitstappie, plaas en skool uniek met ‘n besonderse embleem. Ook ontwerp van enige logo

LRB Le Roux bike repairs + services

Herstel & dienste aan motorfietse

Kontak Tokkie 082 462 1345 boendoes@vodamail.co.za

Le Roux Rossouw

Sel: 082 870 9510 Tel/Faks: 022 913 2792


15

Toerisme TOERISME

TOURISM Piketberg Toerisme het ‗n gesellige aand aangebied waarop verskeie besighede erkenning ontvang het vir hulle besonderse rol in die Toerisme aangeleenthede in Piketberg. Die gehoor is ingelig oor die aantal toeriste wat Piketberg besoek, bemarking, ‗n nuwe webblad en die moontlikheid van nuwe staproetes op die berg. Die toekennings is oorhandig deur Jan du Toit en Johan Botha.

Anthea Delmotte (Gemeenskapsbetrokkenheid en uitbouing van toerisme d.m.v. Biodiversiteit Mosaïek).

Bo verskyn Henry en Sarie Leslie (Intaba), Ansel van Schalkwyk (Toerismebeampte), Jan du Toit (Voorsitter Piketberg Toerisme Buro), Barbara Langeveldt (Tesouriere: Vroue van Môre), Andrewline Afrikaner (Jong Entrepreneur: Piket-Bo-Berg), Jasmine Kayster (O/voorsitter: Vroue van Môre) en dr Sam Scheepers (nuwe lid). Adene Koch, eienaar van Kochelmander vir toewyding tot toerisme.

Jong Entrepreneur, Andrewline Afrikaner, verkoop die bossie om ‘n vuur te begin vir ‘n ekstra inkomste. Foto links: Cathy Daniëls ontvang namens De Berge die toekenning by Jan du Toit.

De Berge Gastehuis vir die besonderse toevoeging tot toerisme fasiliteite in Piketberg, asook toewyding en ondersteuning aan toerisme.

Foto’s: Berenice Scheepers

Sonja Louw, eienaar van Pulpetaan Gastehuis, vir haar spogtuin. Alda Burger ontvang namens Org de Rac vir die Uitbouing van toerisme d.m.v. toerisme biodiversiteit aktiwiteite.

TOERISME


LAERSKOOL REDELINGHUYS IS 100 JAAR OUD

16

Arbeidskolom Johan Coetsee

Siekverlof en Mediese Sertifikate Volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, en ook sektorale bepalings van toepassing op verskeie werkers, het ‗n werknemer 30/36 (afhangend of hy 5 of 6 dae per week werk) dae siekverlof krediet in ‗n 3 jaar siklus. Indien ‗n werknemer meer as twee dae aaneenlopend afwesig is weens siekte of meer as twee keer (selfs vir 1 dag) in ‗n agt weke periode, kan die werkgewer ‗n mediese sertifikaat vereis. ‗n Paar aspekte verdien aandag: 1. Siekverlof akkumuleer nie. Na elke 3 jaar siklus, wat gewoonlik begin op dag van indiensneming, word die dae wat nie geneem is nie weer aangevul tot 30/36 dae krediet, al was daar niks oor nie. 2. Indien die krediet vir ‗n siklus uitgeput is, en die werknemer gaan weer afsiek, is dit onbetaalde verlof, tensy die werkgewer goedgunstiglik dit wil omskep in vakansieverlof. 3. Indien ‗n werknemer te dikwels afsiek gaan, is daar niks wat die werkgewer weerhou daarvan om ‗n ondersoek in te stel na die geskiktheid van die werknemer om in diens te bly weens swak gesondheid nie. 4. ‗n Geldige mediese sertifikaat is een wat a. Uitgereik is deur ‗n mediese praktisyn of iemand wat wettiglik diagnoses mag maak, en geregistreer is as sulks in terme van wetgewing b. ‗n Geldige mediese sertifikaat moet in terme van Reël 15 van die reëls van die ―Health Professions Council of South Africa” die volgende inligting bevat: (i) die naam, adres en kwalifikasie van die praktisyn; (ii) die naam van die pasiënt; (iii) die indiensneming datum van die pasiënt (indien van toepassing); (iv) die datum en tyd van die ondersoek; (v) of die sertifikaat uitgereik word as gevolg van persoonlike waarnemings deur die praktisyn tydens 'n ondersoek, of as gevolg van die inligting ontvang van die pasiënt en wat gebaseer is op aanvaarbare mediese gronde; (vi) 'n beskrywing van die siekte, aandoening of kwaal in leke terminologie, met die ingeligte toestemming van die pasiënt, op voorwaarde dat indien die pasiënt nie bereid is om sodanige toestemming te gee, die mediese praktisyn of tandarts net moet bepaal dat, in sy of haar mening gebaseer op 'n ondersoek van die pasiënt, die pasiënt ongeskik is vir werk; (vii) of die pasiënt totaal ongeskik vir werk is en of die pasiënt in staat is om minder inspannende take in die werksituasie kan verrig; (viii) die presiese tydperk van aanbevole siekverlof; (ix) die datum van uitreiking van die sertifikaat van die siekte, en (x) ‗n duidelike aanduiding van die identiteit van die praktisyn wat die sertifikaat persoonlik moet onderteken en sy voorletters en van in drukskrif daarop moet aanbring. 5. Sou hierdie inligting onvolledig wees, of ontbreek, kan die werkgewer weier om die mediese sertifikaat te aanvaar, en dit as onbetaalde verlof beskou tot tyd en wyl die werknemer na vore kom met ‗n geldige en volledige en geldige mediese sertifikaat.

Laerskool Redelinghuys het op ‘n feestelike wyse hul 6. Sertifikate uitgereik deur ‗n verpleegster, ‗n tradisionele 23 Oktober 2010 gevier. Die dag is met ‘n besige pro geneser, ens. is dus nie geldige sertifikate nie, en hoef leerder vantedie skool nie aanvaar word nie. wat as seremoniemeester opgetr 7. ‗n Sertifikaat wat sê dat dieDie werknemer siek leerders was ―sooshet ‘n d ‘n paar liedjies gesing. laerskool meegedeel‖ is nieREDELINGHUYS ‗n geldige mediese sertifikaat nie. LAERSKOOL IS 100 JAARhoof OUD!! deur Mev. Sannie Voges vertel. Die huidige M Daarom is dit so belangrik dat werknemers dokter moet vir jare se hulle ondersteuning. gaan terwyl siek is.

Laerskool Redelinghuys het op ‘n feestelike wyse hulle E Geskryf deur Johan Coetsee van HR Dinamik 23 Oktober 2010 gevier. Die dag is met ‘n besige progra Vir baie was dit ‘n heerlike familie byeenkoms. Daar leerder Laerskool van die skool wat as seremoniemeester opgetree h Redelinghuys skooldae en daar is lekker saam gekuier en geëet. ‘n paar liedjies gesing. Die laerskool leerders het ‘n dans is Voges 100 jaar oud deur Mev. Sannie vertel. Die huidige hoof Mnr. Dit wasse‘nRedelinghuys wonderlikehetwyse om hierdie besonderse ja vir jare ondersteuning. Laerskool op ‗n feestelike wyse hulle

Eeufees herdenking met ‗n heerlike ontbyt op 23 Oktober 2010baie gevier. is met ‗n familie besige program afgeskop Vir wasDie ditdag ‘n heerlike byeenkoms. Daar is b met Andries Vermeulen, oud-leerder van die skool wat as Die Hanekom familie wat die dag bygewoon het. skooldae en daar is lekkerhet. saam en geëet. seremoniemeester opgetree Hy gekuier het staaltjies uit die verlede vertel asook ‗n paar liedjies gesing. Die laerskool leerders ‗n dans en koor itemom gelewer. uit die jaar a Dit was het ‘n wonderlike wyse hierdieStories besonderse verlede is deur Sannie Voges vertel. Die huidige hoof Mnr. Van Lill het die 150 gaste toegespreek en bedank vir jare se ondersteuning. Vir baie was dit ‗n heerlike familie Die Hanekom familie die gesels dag bygewoon het. byeenkoms. Daar is baiewat gelag, en ook gepraat oor die skooldae en daar is lekker saam gekuier en geëet. Dit was ‗n wonderlike wyse om hierdie besonderse jaar af te sluit.

Oud sowel as huidige onderwysers van Laerskool Red Die Hanekom familie wat die dag bygewoon het.

Vlnr: Me. Mostert, Mnr A Moster, Me. Breytenbach Oud sowel as der huidige onderwysers vanZyl, Laerskool Redeli Mev. M van Merwe, Me A van Mnr. Van Lil Oud-onderwysers en huidige onderwysers Niekerk van Laerskool Redelinghuys.

Vlnr: Me. Mostert, Mnr A Moster, Me. Breytenbach,M Mev. M van der Merwe, Me A van Zyl, Mnr. Van Lill, M Niekerk

Vlnr. Me. Mostert, mnr A Mostert, Me. Breytenbach, Me. Coffee, Mnr. Breytenbach, Me. G Louw, Mev. M FOTOS : geneem deur Gerda van Schoor. van der Merwe, Me A van Zyl, Mnr. Van Lill, Me. A van Lill, Me. M Brand en Me W van Niekerk. Berig en foto‘s: Gerda van FOTOS : geneem deur Gerda vanSchoor Schoor.


17

Kinderpinkster - Vrugtefees met die Heilige Gees

Vyf en vyftig kinders het gedurende Pinkster ‘n Vrugtefees met die Heilige Gees geniet. Elke aand was propvol verrassings uit die kombuis van Sjef Fruity. Daar is heerlik gesing aan die Groente en Vrugte liedjie, kliphard geleer aan Gal 5:22-23 en smaaklik

gesmul aan Sjef Fruity se vrugte kombinasies. ‘n Herinneringskaartjie met nege simbole wat die Vrug van die Gees voorstel, is aan die einde van die week huis toe geneem.

Berig en Foto‘s: Marietha Goosen


18

Die groot trek Magdaleen van Zyl 13 Mei bel Elna my vroegoggend: ―Net vandag kan ‗n mens ‗n vlug op Mango bespreek vir R199 rand of R299, hang af waarheen mens vlieg, en kom ons vlieg Johannesburg toe en gaan kuier vir Lydia, gaan jy saam of nie?‖ Alles in een asem. Ek is nog by die Mango vlieg-stuk, en verwerk nog die R199, toe trek sy al weer by die volgende stuk: ―ag, toe, man - jy gaan nooit nêrens nie, en Jacques en Juan is groot en dit kos so vrek min ons gaan nooit weer in ons lewens so ‗n kans kry nie: (Mens sou sweer ons het ‗n oorsese reis gewen!) Ek belowe om die saak te oordink, dink toe heeldag tot vier-uur die middag en koop toe gou ‗n kaartjie. Vertel haar niks, tot ‗n week –en-‗nhalf daarna, toe sy eendag so afferig lyk. Sy‘s histeries, bel dadelik vir skoonsuster, wat ook saamgaan, en net daar word die reis in detail bespreek - tot wat ons gaan eet. Die dag van ons vertrek breek aan. Ons ry nou nie meer ses-uur nie, want ―sê-nou-net ons kry ‗n pap wiel‖ ons ry nou vyf-uur die oggend. Die ander twee lyk vreeslik gedoen, maar ek vee nog slaap uit my oë uit. ―Ek hoop jy gaan op die lughawe make-up, sê my lojale (?) vriendin. Nou moet ek eers sê, toe Elna vir my, my tas, my skouersak en my handsak kom oplaai, was die kar al vol. In die kattebak is toe haar reuse shockingpienk tas en my meer beskeie een, en nog los goed (weet nie wat nie). Binne in die kar is Duke (haar mikroskopiese brakkie) se hondehok, en ‗n reusagtige bruinpapier pakkie wat so ‗gewrap‘ is dat g‘n mens dit seker sonder ‗n hengse klomp tools sal oopkry nie. Sy sê dis Lydia se carrycot wat sy gemaak het, en binne-in is nog ‗n spul presente ook, en al wat ek weet is dat die ding die hele agterste sitplek volstaan. Nou moet julle weet: Wilna plus haar bagasie moet nog in! O ja, en dan is daar nog ‗n doos met hoede in, en ‗n baie groot sak, wat verskriklik swaar is. Ek plak my voor neer, want ek wil nou amper sê gelukkig kry ek karsiek, en Wilna is darem bietjie kleiner as ek. Op my skoot is my skouersak, my handsak, die hoededoos, en langs my Elna se handsak. Bo-op haar skoot sit Duke. Na ‗n her-pakkery deur Willie, squeeze Wilna by ‗n gaatjie in waar ‗n kind van drie miskien sal inpas - langs haar die bruinpapier-monster, die hengse groot hondehok vir so ‗n piepklein hondjie, die loodswaar sak, haar tas, en ‗n spul odd goed. Gelukkig is dit donker sodat ‗n spietkop toggie kan sien hoe lyk die kar gelaai nie. By die lughawe is dit ‗n helse affêre. Elna dra net haar handsak en vir Duke, en ek en Wilna is verdwerg deur twee hooggelaaide trollies. Ons kom amper nie weg nie, en bult af hol Wilna se trollie amper met haar weg. Binne is dit ‗n ander storie, want Duke moet piepie, en ons wil ook, so iemand moet die massiewe trollies oppas terwyl die ander een toilet, en anders-om, en Elna en Duke paradeer in die blomme buite die gebou. Uitendelik is ons by inboek, dat ons tog net kan wegkom van die spul goed. By die een toonbank is al die gewone bagasie, dan moet ek en Wilna na ‗n ander toonbank, ‗n kilometer weg, loop om die ‗fragile‘ goed in te boek, terwyl Elna vir Duke gaan boek. Na, wat soos ‗n ewigheid voel, kry ons mekaar uiteindelik by Mugg & Bean met net die handbagasie (wat nou misleidend klink, want dis ook nog ‗n halwe trollie vol), en Duke is ook nog op die arm, want hy moet nog ‗gedose‘ word. Terwyl ons toe tee en slaptjips doen (wat ‗n belaglike kombinasie), kry Duke

teelepels vol laté plus ‘n skoot valume deur sy tande - die stomme ding. Uiteindelik gaan bêre Elna vir Dukie, en ons kan die vliegtuig bestyg. Ek en Wilna dra die handbagasie saam-saam, want dit voel vir my daar is goudstawe in. Elna sê dis Kaapse wyn, ons kontrei se konfyte, gevriesde sop (want Lydia huil so oor haar ma se sop), gevriesde hoenderpastei en nog ‗n paar ‗kleinigheidjies‘. Dis loodswaar!!! Uiteindelik sit ons. Johannesburg, hier kom ons - hoop die dorp gaan dit oorleef! Ek maak my reg in die hoek by die venster om verlore slaap in te haal, en die ander twee bekyk die mense. Hulle twee begin ook sommer land en sand gesels met wildvreemde mense rondom ons, terwyl ek maak of ek hulle nie ken nie - nou te vaak. Ek moet nou net op hierdie stadium sê: Lydia (Elna se getroude dogter, wat hel en gone in Slurry woon - nog 3 en ‗n halfuur se ry van Johannesburg af, en hoogswanger is) weet nie ons kom nie - als ‗n hengse verrassing!!! Haar vriendinne reël ‗n baba-tee om saam met ons kuier te val, en als is net die ene opwinding. (Word vervolg......die baba-tee)

Tobi Jooste-aand samel klere in Die ―Projek om die land aan te trek‖, ‗n gesamentlike poging tussen sanger en sakeman Tobi Jooste en die ACVV landwyd, het verlede week vir die Piketbergtak afgeskop met ‗n sop-en-sjerrie aand by Org de Rac Wynlandgoed. Tobi Jooste, nasionale ambassadeur vir die ACVV, het die meer as 100 gaste met sy pragtige stem en pittige vertellinge vermaak. Die idee met dié projek, wat in 2011 gaan poog om 100 000 kledingstukke en R1 miljoen in 365 dae landwyd in te samel, is om klere aan almal teen bekostigbare pryse beskikbaar te stel. Want, soos Tobi sê: ―Almal verdien om mooi te lyk!‖ Konsertgangers moes dus, behalwe vir hul toegangskaartjie, ook vier kledingstukke tot Sanger Tobi Jooste, Elsabé Lie- die projek bydra. Die ACVV op benberg (Voorsitter ACVV Piketberg gaan op Piketberg) en Angeline Engel25 Junie vanaf 9vm brecht (O/voorsitter ACVV Piketberg) by die kledingstukke die kledingstukke wat tydens die konwat tydens die Tobi Joostesert en andersins konsert by Org de Rac ingesamel is, voor Wynlandgoed ingesamel is. die Ou Handelspost (die ou Build It-gebou) vir tussen R2 en R20 per kledingstuk verkoop. Heerlike pannekoek sal ook te koop wees. Kom maak ‗n draai en koop iets vir jouself, jou vriendin of behoeftiges in jou gemeenskap. Kontak die ACVV-kantoor op Piketberg by 022 9131525 vir meer inligting. Piketberg ACVV bedank graag die volgende borge: Jannie en Sanet Stander, Eswé Visagie, Hendrie Bredenkamp, De Berge Gastehuis, Winkelshoek Wynkelder, Org de Rac Wynlandgoed, Dollies Verhuring en almal wat 'n tafel geborg het. Foto en berig: Berenice Scheepers.


19

Wittewater se jeug bly ingelig Wittewater se jeug het hulle dag opgeoffer om na sprekers te gaan luister wat hulle meer vertel oor hoe om ten volle te leef en sukses te behaal. Suster Merle Adams praat oor aborsie en afspraakverkragting, Pieter Levies van gemeenskap ontwikkeling en SASSA praat oor die regte van die jeug se kindertoelae. Andrew Don het met hulle gesels oor die gevaar van dwelms. Wittewater biblioteek het verskeie boeke wat tieners met hulle verhourings en kwessies sal help.

Agter is Konstabel Andrew Don (SAPD), Soloman Benjamin (Toerisme van Wittewater), Dirk Adams (plaaslike raadslid) en Donavan Dietrich (SASSA). Voor is Daniel Goliath (Wittewater biblioteek), Suster Merle Adams (Piketberg kliniek) en Pieter Levies (gemeenskap ontwikkeling).

Dis amper Zebrafeestyd ‗n Gesinsdag propvol vermaak in ‗n veilige omgewing, met veilige parkering, heerlike plattelandse kuier en gasvryheid, billike toegangsgelde en iets vir almal. Ja, dis die ZEBRAFEES! Top kunstenaars soos Anke, Waldo Lotz, Jennifer Zamudio, Jan Visser, Burger, Nic Stevens en ander is maar enkele hoogtepunte waarna Piketbergers en die omgewing se mense kan uitsien wanneer die hekke oopmaak vir die jaarlikse Zebrafees op Saterdag 24 September by Piketberg Hoërskool se sportgronde. Vanjaar se fees sluit die gewilde Boland Superspar Potjiekoskompetisie, Pikkie Braaikompetisie, hope kindervermaak en kaskenade aktiwiteite, kuns- en vermaakstalletjies, ‗n koffiekroeg, biertent en natuurlik hope watertand kosstalletjies in. Toegang is slegs R15 vir skoolgaande kinders en R30 vir volwassenes. ‗n Toevoeging tot vanjaar se fees is die Zebra Pretdraf/ Pretstap, ‗n veilige sirkelroete wat toeganklik is vir alle ouderdomme. Vir die minder fikses en jongspan is daar die 2,5km roete, terwyl die meer ernstige drawwers die 5km kan aanpak. Inskrywings is R5 vir kinders en R10 vir volwassenes, en kan by PHS of op die dag van die wedloop gedoen word. Heerlike pryse is op die spel! Die wins van vanjaar se Zebrafees gaan aangewend word vir die PHS Busfonds. Hou Die Piketberger dop vir meer inligting en ‗n volledige Zebrafees Program. Navrae kan gerig word aan Lynne Liebenberg by 073 265 3396.

Die jeug van Wittewater wat die praatjie bygewoon het.

Die jeug is met lekker warm Dwayn Adams het ‘n koffie bederf. beurs ontvang en vertrek volgende jaar na Oxford Universiteit in Engeland Foto’s en berig om B-Com te studeer. Kenneth Smit


20

Gee Gas vir Orgaanskenking Gee Gas is ‗n nie-winsgewende organisasie wat bestaan uit ‗n groep vriende wat die liefde van vierwiel motorfiets ry aanwend om finansiële hulp te verleen aan instansies. Hierdie lede van Gee Gas van die Bergrivier streek is Petrie Smith, Charl Smith, André van Zyl en Gerhard Kretschmer. Saterdag 11 Junie 2011 was geen uitsondering op hulle program nie. Hierdie keer was die geleentheid tweedoelig van aard. Die opbrengs van die dag is aangewend vir atlete wat die wêreld oorplantingspele in Swede bygewoon het vanaf 15 Junie tot 24 Junie. Die dag het plaasgevind te Broodkraal Landgoed, Piketberg en die deelnemers het ‗n roete van 90km langs die Bergrivier afgelê. Ongeveer 80 deelnemers was daar om van die dag ‗n sukses te maak. ‗n Baie belangrike tweede aspek van die dag was die geleentheid om orgaanskenking en die lewe ná orgaanoorplanting te bemark. Die atlete wat die spele gaan bywoon het, het almal organe soos hart, lewer, long, nier of beenmurg ontvang. Elke atleet is ‗n lid van SATSA (SA Transplant Sports Association). Die spele is ‗n viering van die lewe en die lewe ná oorplanting. Dit motiveer ‗n gesonde lewenstyl en bring vriende wêreldwyd bymekaar. Aan Gee Gas ‘n baie groot dankie vir die onbaatsugtige werk wat hulle doen deur die tyd op te offer vir ‗n doel soos hierdie.

Vadersdag se oorsprong Ons het so pas Vadersdag gevier, menigte pa en oupa se dag is gemaak deur kuiers, geskenke, oproepe en sms‘e met goeie wense van hul kinders en kleinkinders, maar die meeste van ons weet nie hoe Vaders dag ontstaan het nie. Vadersdag, soos ons dit vier bestaan nie eers 100 jaar nie, maar die gebruik om jou pa te eer op hierdie spesiale dag is oor die 4 000 jaar oud. Blykbaar het ‗n jong seun van Babylon, Elmesu ‗n Vadersdagkaartjie uit klei gekerf. Hy het sy pa goeie gesondheid en ‗n lang lewe toe gewens. Daarna het die viering van Vadersdag tradisie gebly in verskeie lande. Me Sonora Louise Smart Dodd van Amerika het seker gemaak dat ‗n Vadersdag gevier word nadat sy ‗n Moedersdagpreek geluister het en gewonder het hoekom daar ‗n Moedersdag is, maar nie ‗n Vadersdag nie. Sy het baie sterk gevoelens daaroor gehad aangesien haar ma op ‗n baie jong ouderdom oorlede is en haar pa vir haar en haar broers en susters grootgemaak het. Die eerste Vadersdag is op 19 Junie 1910 gevier en dit het daarna al hoe gewilder geraak. VS President Woodrow Wilson het die idée goedgekeur in 1916 en jare later in 1966 het President Lyndon Johnson ‗n presidensiële proklamasie geteken waarin hy ver-klaar het dat Vadersdag op die 3de Sondag van Junie elke jaar gevier sal word. Baie mans dink dit is elke dag Vadersdag, maar nou weet julle, julle het julle die hele tyd misgis!

90 dae van hoop Petrie Smith, Charl Smith, André van Zyl (lede van Gee Gas). Die vierde lid van Gee Gas is Gerhard Kretschmer, wat reeds op roete was toe die foto geneem is. Regs is Sakkie van der Westhuizen van Piketberg, atleet wat ‘n nieroorplanting ondergaan het en deelgeneem het aan die Wêreldspele in Swede.

Die Gee Gas roete by Broodkraal vir orgaanskenking. Berig en foto’s Verskaf

In die veranderende wêreld is daar darem nog sommige dinge wat dieselfde bly, soos raadslid Ray van Rooy, wat al sedert 2110 wyk 4 op die Bergrivierraad verteenwoordig en sy 90 Dae van Hoop-projek wat hy pas vir die sesde agtereenvolgende jaar begin het. Van Rooy vra die hele gemeenskap se samewerking aangesien groot getalle mense in die streek die Winter gebuk gaan onder uiterste ellende, verval seisoenwerkers. Baie mense het in die koudste maande van die jaar geen inkomste nie. Die projek het nog altyd na enigiemand in nood uitgereik en Van Rooy het belowe om dit weer so te laat gebeur. Van Rooy doen ‗n beroep op inwoners wat dit enigsins kan bekostig om blikkieskos, nie-bederfbare produkte, komberse en klere te skenk aan die projek. Produkte en klere kan afgegee word by Calendulastraat 23, Boland Superspar of by die LB Wernich-biblioteek. Hy sou graag die produkte na omliggende dorpe wil uitbrei. Die projek het op 3 Junie begin en duur tot 31 Augustus. Berig: Ilna Grobler

Kontak Sakkie van der Westhuizen by 022-423 8383 of 082 307 3563 vir meer inligting oor orgaanskenking.


21

PHS se Sportborge

Gert en Johan Kotzé van Epping Privaat Mark, wat by Jacques Rossouw staan, is die borg van die O/19Arugbyspan se baadjies.

Herman van Zyl van Piketberg Bandediens oorhandig die O/19A rugbyspan se oefenhemde aan Jacques Rossouw. Baie geluk aan Jacques Rossouw wat vir die tweede agtereenvolgende jaar Boland Craven week speel.

Dr Sam Scheepers (borg) oorhandig die truie aan Freddie Visser, kaptein, vir die O/11-rugbyspan van PHS.

Conrad Basson en Ettienne Botes van HCT Konsult, wat by Jacques Rossouw staan, is die borg van die O/19A-rugbyspan se broekies.

Delanie Jooste oorhandig namens Boland Superspar die O/19A netbalspan se speelklere en sweetpakke aan Carla Smit.

Delanie Jooste oorhandig namens Boland Superspar die O/19A rugbyspan se speeltruie en togsakke aan Jacques Rossouw.

Wilma Rossouw is die borg van die O/19A rugbyspan se rugbysokkies. Hier oorhandig sy dit aan Jacques Rossouw.

Fotos: Marietha Goosen

Piketberg Lionsklub Die Lionsklub van Piketberg beplan om ‘n nuwe uitgawe van hul gewilde telefoongids op te stel. As jy ‘n nuwe intrekker in die dorp is of ‘n nuwe besigheid begin het of jou nommer verander het, skakel asseblief vir Lion Pat Kuhn op 022 913 1726.


22 posisie was 961ste, as man 921ste en in sy ouderdoms– kategorie (40—49 jaar) was hy 249ste. Adelé Cruywagen van Porterville het vanjaar haar eerste Comrades aangedurf en klaargemaak in ‗n tyd van 9:25:00 en daarmee ‗n bronsmedalje huis toe gebring.

Eswé Visagie borg die O/13 rugby– en netbalspanne se speelklere, rugsakke, togsakke en opwarmingshemde. By Eswé staan Bendert Smit, Matthew Grobler en Melanie Visser.

Peet Myburgh, Abé Afrika en Richard Butcher Foto: Christa Myburgh

Swartland MTB Funride en Koringberg basaar

Die O/19B-rugbyspan wys trots hulle opwarmingshemde wat hulle ontvang het van hulle borg Fluffy Toiletpapier, Eddie Mostert en Abraham de Villiers. Foto: Magdalena Mostert

Comrades 2011 Agttienduisend atlete het vanjaar ingeskryf vir die Comrades Marathon, waarvan ongeveer 14 500 atlete deelgeneem het. Drie Piketbergers, almal lede van die Swartland Atletiekklub het baie goed gevaar. Abraham (Abé) Afrika het sy eerste Comrades gehardloop in ‗n tyd van 7:22:56 wat aan hom ‗n silwer medalje besorg het. Hy was algeheel 363ste, in sy ouderdoms-kategorie (30 – 39 jaar) was hy 202de en as man 347ste. Hy was ook die Sportman van 2010 vir die Swartland Atletiekklub. Richard Butcher het vanjaar sy 27ste Comrades voltooi. In sy ouderdomskategorie (60 jaar plus) het hy 41ste gekom en as man 3341ste en sy algehele Adelé Cruywagen in aksie posisie was 3734ste. Sy tyd was Foto: verskaf 9:52:36 wat aan hom ‗n bronsmedalje besorg het. Peet Myburgh voltooi sy 8ste Comrades in 8:11:58 wat aan hom ‗n Bill Rowan medalje besorg. Sy algehele

Die Swartland MTB Funride-bergfietsresies vind vanjaar op 20 Augustus plaas vanaf Org de Rac wynlandgoed. Hierdie resies is verlede jaar deur die Pedal Power Association (PPA), die grootste fietsryorganisasie in Suid-Afrika, as die beste nuwe resies vir die 2010 funride-seisoen landwyd aangewys. Die prentjiemooi roete is volgens afstand in drie afdelings verdeel wat dit geskik maak vir amateurs, gesinne en meer ervare ryers. AFSTANDE: 70 km; 40 km; 20 km WEGSPRINGTYE: 70 km @ 08h30; 40 km @ 08h50; 20 km @ 09h10 ORGANISEERDERS: Swartland MTB VENUE: Org de Rac Wynlandgoed NAVRAE: Kobus Dippenaar / Dewald du Toit TEL: 082 897 2490 / 082 940 4901 E-POS: swartberg@moorreesburg.net; dutoitdewald@yahoo.com PRYSUITDELING/AFSNYTYD: 13h00 VOOR-AF INSKRYWINGS SLUIT: 18 Augustus 2011 AANLYN INSKRYWINGS: www.pedalpower.org.za Voor-af inskrywings Laat Inskrywings AfstandPPANie-PPAPPANie-PPA 70 kmR80R90R100R110 40 kmR80R90R100R110 20 kmR50R60R60R80 CSA Dag Lisensie R35 R35 Tydelike nommer R5 (unseeded) R35 seeded R5 (unseeded) Koringberg NG Kerk se jaarlikse kerkbasaar, voorheen bekend as die Broodfees, vind die daaropvolgende Saterdag, 27 Augustus plaas om 10:00. Soos oudergewoonte sal dit die kwaliteit van die produkte en die plattelandse gasvryheid wees wat mense van ver af laat ry na hierdie besonderse dorpie en hulle basaar. Daar sal vleis, tuisgebak, allerlei brode en disse soos potjiekos en pannekoek beskikbaar wees. Maak seker om vroeg genoeg te kom sodat jy nie uitmis op die vleistafel wat blitsig uitverkoop nie!


23

BOLAND SUPERSPAR WEN ‘N KAR KOMPETISIE SPAR het vanjaar soos ouder gewoonte die ‘Wen ‘n Kar’ Kompetisie aangebied waar 50 gelukkige SPAR Klante elk ‘n splinternuwe POLO VIVO gewen het. Vanjaar was Boland Superspar ongelukkig nie een van die gelukige winkels wat gekies is om ‘n motor weg te gee nie, maar die feit dat daar wel ‘n motor weg gegee is op Porterville, mag dalk beteken dat ons geluk binnekort mag draai! Dalk is 2012 ons Piketbergers se gelukkige jaar in die Kompetisie, so hou ons rakke dop vir die 2012 kompetisie! Ons wil graag die volgende wenners gelukwens wat vanjaar die gelukkige wenners was van ‘n ‘Wen ‘n Kar geskenkpak’! Van links na regs: Week 1: Mnr I Adams, Week 2: Me Mina Alexander, Week 3: Me Berta Smit, Week 4: Mnr Pieter Swarts, Week 5: Mnr P Venter. Baie Geluk

PENSIOENARIS KLUB WENNER VIR MEI

Hoërskool Aurora Sangaand

Baie geluk aan Mnr Gert September wat hierdie maand ’n koopbewys ter waarde van R340 gewen het. Hier oorhandig Hester Hagen (Bestuurder) die koopbewys aan hom. Alle persone wat ouer as 60 is, is welkom om aan te sluit by Boland Superspar se Pensioenarisklub. Verskeie voordele soos Gratis koffie in ons koffiewinkel en afslag op inkopies kan geniet word!

Hoërskool Aurora het tydens Junie ‘n Sangaand aangebied as fondsinsameling. Hierdie glansaand het ‘n heerlike maaltyd ingesluit en Boland Superspar het die inisiatief ondersteun deur produkte by te dra tot die goeie doel. Hier oorhandig Marietjie Pedro van die produkte aan Hendrien Joubert, Koorafrigter.


24

See instore for more details ! 45505

NUWE REEKSE NOU BESKIKBAAR BY BOLAND SUPERSPAR!

AL ooit gewonder waar

Willy Wonka

sy inspirasie kry vir sy Sjokolade Fabriek‌?


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.