Kouga Express 13-12-12

Page 4

4

NEWS/NUUS

Kouga Express: Donderdag, 13 Desember 2012

oof llêê nna a 442 2 jjaar aar ddie ie ttuig uig nneer eer H Hoof MONIQUE BASSON

“E

K kry skoon hoendervleis as ek dink dat more my laaste dag is. Vir 28 jaar het ek elke dag van die week dieselfde pad gery, en nou gaan alles verander.”

Na 42 jaar in die onderwys, lê Cedric Nel, skoolhoof by die Laerskool Kruisfontein, die tuig neer. Foto: MONIQUE BASSON

Só vertel skoolhoof van die Laerskool Kruisfontein in Humansdorp, Cedric Nel (62), Maandag. Na 42 jaar in die onderwys, waarvan 32 as skoolhoof was, lê Nel op 1 Januarie 2013 ampetlik die tuig neer. Nel het sy onderwysloopbaan by die Laerskool Misgund in die Langkloof begin waar hy na nege jaar as skoolhoof van die voormalige Kruisfontein UCC aangestel is. Toe die skool sy deur in 1982 sluit, is hy na die Laerskool Graslaagte in Humansdorp verplaas. In 1985 is Nel as die eerste skoolhoof van die huidige Laerskool Kruisfontein in diens

geneem. Dit is hier waar hy talle hoogte- en laagtepunte beleef het, en Dinsdag vir die laaste keer sy kantoordeur toegetrek het. Volgens Nel is dit ’n gelukskoot dat hy in die beroep beland het wat hy vir niks op aarde sal verruil nie. “Na ek matriek geskryf het, was daar nie geld om verder te gaan studeer nie. In daardie stadium het die Departement van Onderwys lesings vir onderwysstudente aangebied, en dit is toe dat ek besluit het om in die rigting te gaan studeer,” vertel Nel. “Die dag toe ek voor my eerste klas as ’n gekwalifiseerde onderwyser gestaan het, het ek geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. Dít is waarvoor ek gebore is.” Nel kan met trots terugkyk op ’n loopbaan vol hoogtepunte en prestasies. In 2008 is die laerskool aangewys as die Fokusskool in die Kouga-gebied en is kort daarna gekroon as die beste Fokusskool in die Uitenhage Skoledistrik. “Die toekenning gaan aan ’n skool vir uitstekende prestasies op akademiese gebied en wat ’n leidende rol in onderwyskringe speel,” sê Nel met trots. Nog ’n hoogtepunt vir hom is die bydrae wat hy oor die jare tot skolesport kon lewer. Nel het in 1997 by skolesport betrokke geraak en is as die voorsitter van die Sport Unie Humansdorp en Distrikunie aangewys. Onder sy leiding is die Suidoos-Kaap Skolesportraad gestig. Hy het hom daarvoor beywer om die Gamtoos, Langkloof en Tsitsikamma, wat voorheen nie georganiseerde sport aangebied het nie, by kompeterende sport betrokke te kry. Daar was ook laagtepunte oor die jare. “Daar was baie dae wat ek gevoel het dat ek my goed wil vat en loop. Die moelikste tye was veral die afgelope vyf jaar. Aan die begin van ’n nuwe jaar het jy nooit geweet hoeveel onderwysers daar gaan wees nie. Dan is daar die nie-betaling van tydelike onderwysers. Hoe kyk jy jou kollegas in die oë as jy weet dat hulle nie vir hul harde werk betaal word nie,?” sê Nel. “Daar was nie een dag wat ek gevoel het dat ek wil loop as gevolg van die kinders nie. Die kinders en al hul moeilikheid en probleme was nooit te veel vir my nie.” Volgens Nel gaan hy dit die meeste mis om met die kinders te werk. Tweede op sy lys is sy staatmakerpersoneel gevolg deur die streng roetine wat sy dae gekenmerk het. “Gedurende my tydperk as skoolhoof van die Laerskool Kruisfontein, het ons ’n hele paar goed reggedoen. As almal daarop kan voortbou en die lesse wat ons uit die verlede geleer het ter harte neem, sal dit goed gaan met die skool en die leerders,” sê Nel. “Verder moet ouers verantwoordelikheid neem vir die toekoms van hul kinders.”

BRIGETTE DAVIDS IS LEARNER OF THE YEAR

1BY4JM5AA-131212-KG-hs-buco

Bright little Brigette Davids stole the show at the Talhado Children’s Haven Pre­Primary School graduation evening for 2012 held at the school on November 22nd. She was awarded Learner of Year for Outstanding Academic Achievements.She is seen here with Lesley Moore, school administrator, who handed her the certificate and congratulated her and her family.The occasion marked the twelfth year since the pre­primary school opened its doors to the children of Sea Vista. In its first year, the school enrolled 25 learners and this year no fewer than 68 learners graduated to go on to “big school” in 2013. Photo: LYN AITKEN


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.