Police Gazette 1-19

Page 67

• Ingestuur deur Frik Schutte via Ron Aylward. (Dankie vir die naaldekoker van die orde Odonata! [Middel van foto – onder]). • Blykbaar ‘n algemene verskynsel in die “ou” dae om ‘n aantal rondawels as polisiestasie te gebruik.

Terugvoer oor Polisiekoerant 18A Hallo Hennie, Dankie vir die artikel oor die Natal Mountian Police, dit was vreeslik interresant. Dit blyk dat oproer en onluste al van vêr terug kom en nog heelwat sal voorkom in die toekoms. My vrou se oorlede ouma se pa en sy broer was lede van die NMP en MP en was gestasioneer op PMB. Hy was Phillipus Hugo Theron en is in 1925 oorlede. Hy en sy broer het ook in Duits-Suid-Wes gaan veg en was blykbaar gebasis op Maltahohe. Terwyl ek in Walvisbaai was het ek eenkeer vir ouma die plek gaan wys waar haar pa was. Sy het my heelwat staaltjies vertel ... hy was blykbaar 'n moeilike man en het gehou van die vuurwater en dan het hulle as gesin deurgeloop. Sy moes ook altyd sy kamaste skoon hou. Sy het ook vertel van die lang togte wat hy uithuisig was op diens. Dit is net jammer dat 'n mens nie sulke vertellings op band opneem nie...so verloor 'n mens al die vertellings. Groete vir jou tot 'n volgende keer! Johan Jacobs. • Ek het nie “rekord” van hom nie. Enige inligting, foto’s edm oor Trooper PH Theron en sy broer sal welkom wees. 67


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.