DistrictMail 16 May 2013

Page 4

4 Distrikspos Vissers op Strand aangerand en van hul toerusting beroof

Nuus News

16 Mei, 2013

ILLANA FRANTZ ’n Man van die Strand wil ander vissermanne waarsku ná hy en sy skoonseun Saterdag by die Strand aangeval is. Die man (47) wat anoniem wil bly, vertel hy en sy skoonseun (24) het dié aand oorkant die Melkbaaiwoonstelle in Kusweg gaan visvang. Omstreeks 22:30 het van die ander vissermanne die see ingegaan. Die twee mans het ’n groep jong seuns by die nabygeleë toilette opgelet wat in hul toerusting gekrap het. “Ons het vir hulle geskree en hulle het weggehardloop. My skoonseun het toe een van hulle agterna gesit en gevang en hom begin slaan omdat hulle ons toerusting wou steel,” vertel die man.

Die res van die groep het toe op ’n wit bakkie gespring. “Dit het gelyk of hulle uit die parkeerarea gaan wegry, maar toe het ’n nog groter groep, seker so agt van hulle, met slaangoed uit die bakkie gespring.” Die groep het die twee mans op die strand gejaag en met klippe en sand bestook. Die skoonseun is teen die kop getref en die man teen die skouer. Wat hulle egter gered het, was die sirene van ’n aankomende polisie-voertuig op pad na ’n ongelukstoneel. Die groep seuns het toe weggehardloop en tussen die huise verdwyn. “Ons het die polisie gestop en hulle vertel wat gebeur het. Die beampte het gesê dat sy eers na die ongelukstoneel sal gaan en dan weer terug sal kom,” vertel die man, wat

HAS MOVED:

Come visit us at: 28 Chilwan Crescent, Helderberg Industrial Park, Strand

021 801 3126/9

2013 LD TTSTruck7x2

TTS TRUCK and TRAILER SALES

H. Cilliers & Ass t/a

S

Truck & Trailer Sales Reg No. 2005/084298/23

die afgelope drie jaar in die Strand woon. Toe die polisie weg is, wou die groep weer terugkom, maar ’n man in ’n wit Volkswagen Jetta, wat ook wou kom visvang het, het by die pa en skoonseun gestop. Hulle het hom van die gebeure vertel en gevra om daar te bly staan terwyl hulle die res van hul toerusting, wat nie gesteel is nie, in hul motor gelaai het. “Ek het nie die saak by die polisie aangemeld nie, want teen daai tyd wou ek net by die huis uitkom. “Ek is nou te bang om weer te gaan visvang. Ek moet nou eers ’n wapen kry om myself te beskerm, want my kar is sekerlik gemerk.” Die man het gesê dat ander vissermanne uit sy ervaring moet leer en waaksaam moet wees wanneer hulle saans gaan visvang.

Die skoonseun se ’n kopwond ná hy met ’n baksteen gegooi is.

Man kry 21 jaar ná moord op beampte Ngakweliphi Nyati (38), die man wat van die moord op ’n Vetus Schola-beampte aangekla is, is Maandag tot 21 jaar tronkstraf in die Somerset-Wes-landdroshof gevonnis. Die beampte, Jhuvonne Julies (33), is op 21 Julie in Lourensfordweg, oorkant die Shell Garage, deur Nyati met ’n mes aangeval. Op die betrokke aand het Julies op ’n oproep van personeel by die Shell-vulstasie reageer. Volgens ooggetuies het Julies, wat toe slegs twee maande in diens van die sekuriteitsmaatskappy was, uit sy voertuig geklim toe Nyati op hom afgestorm het en hom met ’n mes gesteek het. Julies het van sy aanval-

ler probeer vlug, maar het gestruikel en geval. Nyati het toe na bewering bo-op Julies gaan sit en hom herhaaldelik in die bors en nek gesteek waarna hy met Julies se vuurwapen weggehardloop het. Julies het op die toneel aan sy beserings beswyk. Nyati is op 30 Augustus in Somerset-Wes in hegtenis geneem nadat hy luidrugtig en onder die invloed van drank in die openbaar was. Tydens ’n visentering is ’n vuurwapen met patrone in sy besit gevind. Die vuurwapen is later getoets en positief met die voorval waarin Julies dood is, verbind. Nyati se tronkstraf is opgedeel in 15 jaar vir die

moord, drie jaar vir die diefstal van die vuurwapen, waarvan 12 maande opgeskort is vir vyf jaar, en drie jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen. Nadene Kannemeyer, Julies se vriendin, het gemengde gevoelens oor die uitspraak gehad. “Ek was een keer by die hof, maar dit het my net ontstel want ek weet hy het dit moedswillig gedoen. “Dis goeie nuus en ek is bly. Die Here is goed.” Sy het ook die ondersoekbeampte, ao. Carleigh Noemdoe, geprys vir sy rol. Somerset-Wes stasiebevelvoerder, kol. Mary Ann Williams, het ook waardering vir Noemdoe se puik speurwerk uitgespreek.

SATURDAY 18 MAY 2013 - 10H30

3‐IN‐1 MASSIVE LIQUIDATION PUBLIC AUCTION (DON’T MISS OUT)

PUBLIC AUCTION

ENTIRE STOCK HOLD WHOLESALE LIGHTS & ACCESSORIES COMPANY (1 MILLION RAND’S WORTH) GRANITE & SANDSTONE TILES (PALLET’S FULL) CORICRAFT & OTHER FURNITURE, QUAD BIKES AND MORE

3 - S E AT E R & 2 - S E AT E R L E AT H E R C O U C H E S , IMBUIA BALL & CLAW COFFEE TABLE, 4X MAHOGANY DINING ROOM CHAIRS, 8X METAL SHELVING UNITS, LG TOP LOADER WASHING MACHINE, INDONESIAN STYLE 8-SEATER DINING TABLES, NEW LIGHT FITTINGS, LAMPS, BULBS, (BRIGHT STAR, RADIANT, EUROLUX, OSRAM AND MORE), NEW COMPLETE TOILETS, WASH BASINS, GRANITE & SANDSTONE TILES, AEG BUILD IN OVEN WITH GAS HOB & EXTRACTOR, 2X SUEDE TUB CHAIRS, DIXON HOME THEATER SYSTEM, 2-SEATER & 3-SEATER CORICRAFT LOUNGE SUITE, 4X BAR CHAIRS, GIRLS BED WITH MATTRESS, DOUBLE BED SETS, 3-PCE LOUNGE SUITES AND MANY, MANY MORE...

ALL MUST SELL ON THE DAY!! ADDRESS: CNR N2 & HAZELDEN AVE, SOMERSET BUSINESS PARK, SOMERSET WEST VIEWING: 17 MAY 2013 TERMS: R500.00 REFUNDABLE DEPOSIT

021 851 2542 OR 072 490 2312

Experts at Alzheimer workshops Alzheimer’s SA will be hosting awareness workshops at Livewell Suites (41 Lourens Street, Somerset West) on Thursday 30 May and Friday 31 May and Saturday 1 June. The programme for the three days are similar and prominent speakers will address a variety of related subjects, including the latest clinical trials, international and local research, case studies and success stories. The speakers are experts in their respective fields and attendees will gain valuable information about this debilitating disease which affects close to a million South Africans. Sufficient time will be available for questions and discussions. Book your space by contacting Jimmy at jimmy@livewellsa.co.za, 082 343 0097 or 021 851 6886. Entry is R30.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.