Die Pos 16 November 2012

Page 11

diepos.linmedia.co.za

16 November, 2012

DIE POS/THE POST

Bladsy 11

Oudhede en kunswerke kan versteekte skatte wees Oudhede en kunswerke in huise en kantore kan dikwels van onskatbare waarde wees. Die Art E-Newsletter het onlangs berig dat kunswerke van Suid-Afrikaanse meesters ter waarde van miljoene rande wat langer as 50 jaar in kantore, vergaderplekke en teen korporatiewe gangmure “versteek” was, onlangs die eerste keer as versameling vir die publiek oopgestel is. Daar is werke waarvan die publiek nie geweet het nie en wat nooit op uitstallings vertoon of in kunswinkels of op veilings te koop aangebied is nie, letterlik afgestof. Sommige van dié

werke is gerestoureer en ’n kenner se hulp is ingeroep om die versameling te takseer. Oral oor die land, veral op die platteland, is daar baie ou skilderye, meubels, deure en selfs vensters uit vervloë dae. Dié goedere is dikwels baie waardevol en kan die waardasieleer hoog laat klim. Volgens Antony Wiley, waardeerder vir Artinsure (www.artinsure.co.za), is skaarsheid en vraag van die belangrikste komponente van ’n item se waarde — soos met ’n volledige stel Harry Potterboeke in Afrikaans. Volgens Wiley sal die waarde van sulke boeke

oor ’n paar dekades duisende rande wees — veral as dit in ’n taal anders as Engels is. Maar stadig met die Anglo-Boereoorlog-oudhede. Die mark hiervoor is tans plat, sê hy. Die vraag is nou na Afrika-stukke soos ’n Shona-kopstut. Skilderye van oudskilders soos Maggie Loubser en Irma Stern kan duisende rande werd word. Om oudhede of kunswerke te waardeer, kan waardeer-

Nag van ’n duisend sterre op Bela-Bela om die draai Die Bela-Bela Toerisme-vereniging se toekenningsaand, Night of a Thousand Stars, kruip al hoe nader. Dié spog-aand vind vanjaar op Vrydag, 30 November, om 18:30 by Forever Resorts op Bela-Bela plaas en word gereël om spesiale mense op die dorp te vereer. ’n Paneel vanuit die Bela-Bela-toerismekomitee sal dié spesiale mense identifiseer wat tydens die galaaand met ’n toekenning beloon sal word. Volgens die voorsitter van die Bela-Bela-toerismekomitee is dié “sterre” mense in die gemeenskap wat ’n besondere bydrae maak tot die dorp en sy mense en oor die karaktereienskappe beskik van vriendelikheid, moed, deursettingsvermoë of ’n besondere talent toon in sport of kultuur — kortom, dit is individue wat op een of ander wyse spesiaal is vir BelaBela en sy mense en raakgesien word. Die toerisme-bestuurskomitee win

gewoonlik voor die tyd inligting in om dié “sterre” te identifiseer en die gemeenskap kan steeds benoemings stuur na enquiries@belabelatourism.co.za(.) Dié aand self is gewoonlik ook ’n hoogtepunt op die dorp se sosiale kalender en verskeie plaaslike gaskunstenaars sal gedurende die aand optree. Kaartjies kos R200 per persoon en sluit ’n ete in. Sake-ondernemings kan ook tafels koop vir die geleentheid as een van hul personeellede op die lys van “sterre” verskyn of dié funksie sommer gebruik as ’n jaareindfunksie vir personeel. Of hulle kan sommer net lekker saam om ’n tafel kuier met kollegas, vriende en kliënte. Vir meer inligting oor die kompetisie of vir besprekings, bel Amanda Moco by die toerismekantoor in die Waterfront-sakekompleks by tel. (014) 736-3694 of tel. 078 797 8300.

Gebore Bosvelder, Egmond du Plessis, het die afgelope twee jaar groot sukses ervaar in die musiekwêreld. Sy eerste agt treffers se musiekvideo’s speel gereeld op die TopTV-kanaal ASTV, as-ook verskeie radio- en internetstasies landswyd. Du Plessis het einde Oktober ’n nuwe musiekvideo getiteld, Ongelooflik, op YouTube bekendgestel. Arnaldo Suarez van Argentinië het die hervermenging van die snit behartig en speel self ook in die video. Du Plessis se opkomende album word op Vrydag, 30 November, vrygestel. Vir meer hieroor of om die musiekvideo te sien, gaan besoek die webtuiste www.egmond.co.za(.)

ders of betroubare veilinghuise gekontak word. Dit is ook nie altyd nodig om Johannesburg of Pretoria toe te ry vir ’n waardasie nie, dikwels is ’n foto genoeg.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.