Veepos Newspaper May 2013

Page 14

MEI 2013 I Die VeePos

14

CSA NUUS

As dit lewe, hoort dit êrens Die Biologiese Klassifikasie Stelsel EQUUS AFRICANUS ASINUS. Wat vir ‘n ding is dit? Dit klink na ‘n lelike paar woorde. En watter taal is dit – dalk Grieks? Nee, die taal is Latyns en dit is die taal waarmee wetenskaplikes alles wat lewe beskryf. Die rede hiervoor is sodat alle wetenskaplikes en alle ander mense dieselfde naam vir dieselfde organisme kan gebruik sodat almal onmiddellik weet waarvan daar gepraat word. Elke spesie wat op aarde voorkom en waarvan ons weet, het ‘n Latynse naam. Hierdie is die behoorlike naam vir die spesie. Equus africanus asinus is die donkie. Ons het baie ander streeksname vir donkies in Afrikaans: Vaaltyn en Langoor, byvoorbeeld. Maar Equus africanus asinus is die donkie se behoorlike naam. Die naam vertel ons ‘n paar dinge van die donkie. “Equus” beteken dit is ‘n perdagtige dier. ‘n Zebra se Latynse naam is byvoorbeeld Equus quagga – die kwagga waarvan ons weet. Maar dit vertel ons net dat die donkie en die kwagga aan dieselfde Genus behoort. Daar is verskillende spesies zebras: Equus quagga burchelli (Burchell se zebra); Equus zebra zebra (die Kaapse bergzebra) en nog ‘n hele paar ander. Equus vertel ons dus dat die genus die perdegroep is, maar die tweede naam na hierdie genusnaam wys ons watter spesifieke spesie dit is. Maar die klassifikasiestelsel vir alle lewende dinge op aarde is baie meer omvangryk as net die genus en die spesie. Kom ons kyk ‘n bietjie hoe dit werk. (This part comes after the schematic picture) Deur die Biologie Klassifikasie Stelsel kan ons dus, soos ons in Namakwaland sê, die donkie se hele “pedigree” met een opslag sien. Ons weet nou dat die donkie lewend is, dat hy meersellig is, ‘n oneweredige getal tone, hoewe, lang ore en ‘n soogdier is – ons kan alles verneem wat daar te wete is van ‘n donkie en verstaan hoe hy inpas in die groter skema van diere. Elke ding wat lewe op aarde, pas op ‘n manier in die Biologiese Kwalifikasie Stelsel. Ek is grootgemaak in Leliefontein en laerskool op Leliefontein bygewoon. As kind het ek graag stories opgemaak en ‘n baie aktiewe verbeelding gehad. . Op hoërskool, by Hoërskool Namakwaland, het ek geleer om my verbeelding te gebruik om stories te skryf en so het my liefde vir skryf ontwikkel. Ek het later besluit om my liefde vir skryf na ‘n ander vlak te neem en het besluit om by City Varsity te gaan om joernalisme te studeer. Tydens my opleiding het ek die geleentheid gekry om praktiese ervaring

foto deur ©TMildenhall: Donkie stap in die veld in Leliefontein

Diere het ook regte vvlg van bl 11... DIT IS ook onwettig om ‘n dier met opset in vuil toestande waar parasiete hul aanval, aan te hou. Die wet vereis ook dat eienaars van diere hulle moet behandel teen uitwendige parasiete soos bosluise en vlooie en dat hul ook nie behandeling van siek diere mag weerhou nie. Die wet gaan so ver om te sê dat as so ‘n dier te ver heen is as gevolg van hongerte, dors en siektes, die dier tot niet gemaak moet word om die dier se lyding te be-eindig en dat om dit nie te doen nie, ‘n oortreding van die wet is. Waar inspekteurs van die staat vind dat eienaars enige van die bogenoemde vereistes oortree het, kan so ‘n persoon ‘n boete van R4000 of 12 maande gevangenisstraf ontvang.

Nuwe Intern vir die NGED

Kim Meissenheimer op te doen en het vir twee weke by radio NFM in Okiep as intern gewerk. Daar het geleer dat die krag van die media ook gebruik kan word om mense se lewens te verryk. Ek het ook by die Olifantsrivier Gazette ‘n internskap gedoen en opleiding by Die Plattelander gekry waar ek geleer het wat dit verg om vir ‘n gemeenskapkoerant te werk. Ek het onlangs as kommunikasie intern by CSA Springbok begin en sien uit na die uitdagings wat voorle en die blink toekoms wat my nader wink.

Nog ‘n area wat deur die wet gedek word is hondegevegte. Hierdie wrede sport lei dikwels tot ernstige beserings of die dood van honde en is totaal en al onaanvaarbaar. Selfs om ‘n hond vir hierdie doeleindes op te lei of as ‘n veghond te verkoop, is teen die wet. Sou ‘n persoon die wet in die opsig oortree, sal daar ‘n boete van R5000 aan hom of haar opgelê word, wetstoepassers het die reg om die hond van kant te maak en kan ook die kostes van die konfiskering van die hond en die uitsit van die hond van die eienaar eis, bo en behalwe die boete. Ons as mense, is aangestel om te regeer oor die diere en soos enige regeerder, het ons die plig om reg te handel met ons diere, wat stemloos is en afhanklik is van ons. Dit is ‘n voorreg om ‘n dier te kan aanhou en as diere reg behandel word kry ons oor en oor liefde en getrouheid en diens van daardie diere. Moenie anderpad kyk as jy diere sien wat mishandel of verwaarloos word nie. Skakel jou plaaslike polisiekantoor of die staatsveearts en meld dit aan. Praat met mense in jou gemeenskap en met leerders by die skool en help om ‘n kultuur van goeie dieresorg in jou gemeenskap te kweek.

Die fontein van Leliefontein DIE LELIEFONTEIN Kerk is een die oudste Metodiste kerk in Suid Afrika en die tweede oudste kerk in Namakwaland. In 1828 is dit deur pastoor Barnabas Shaw gestig en vandag is die kerk ‘n nasionale gedenkwaardigheid en word die geskiedenis nog sterk gereflekteer in straatname soos Shawstraat en plaaslike mans wat na Barnabas Shaw vernoem is. Een van die dinge wat die Leliefontein Metodiste Kerk so spesiaal maak is dat ‘n vleiland deel is van die eiendom waarop die Kerk en die pastorie staan. En dis hierdie fontein en die Aäronskelke wat daar groei, waaraan Leliefontein sy naam ontleen het. Die fontein sou natuurlik ook lank voor die koms van die kerk deur die plaaslike Khoi mense gebruik geword het om hul vee by water te gee. Die Leliefontein Kerkvleiland is in alle opsigte ‘n baie spesiale vleiland. Dit is onlosmaaklik deel van die dorp se geskiedenis en identiteit en dit staan op kerkgrond. Dit is gepas dat daar ‘n vleiland langs die kerk is en dis asof dit Christus se woorde in Johannes 4:14, waar Hy praat oor die Lewende Water, illustreer. Die Leliefontein vleiland, waaruit lewende water opborrel, is ‘n wonderlike simbool hiervan. Met tyd is daar populier- en bloekombome in en om die kerk se vleiland geplant en hierdie dorstige, uitheemse bome het die vleiland feitlik drooggelê en in ‘n digbegroeide bos omskep. ‘n Paar jaar gelede het die kerk ingestem dat Werk vir Vleilande, wat vleilande in die Kamiesberg restoureer, die kerk se vleiland ook restoureer. Die meeste van die uitheemse populier- en bloekembome is uitgehaal en amper oornag het die water weer teruggekom. Daar is egter toe besluit om nie al die uitheemse bome uit te haal nie en baie gou het klein populierlote weer begin groei uit die oorblywende bome se wortels en die hele vleiland weer ingeneem. Weereens is die kerk se vleiland skoongemaak, maar omdat daar nog steeds bloekom- en populierbome

in en om die vleiland staan, het die probleem homself herhaal. Werk vir Vleilande staan nou reg om nog ‘n maal te probeer. Om sukses te behaal is dit egter noodsaaklik dat al die uitheemse bome, nie net in die vleiland nie, maar ook om die vleiland, uitgehaal word. Die natuur is die Meester se handewerk en ongerepte natuur, waar alles in die oorspronklike vorm is, is soos Hy dit bedoel het. Voor daar enige populier- of enige ander bome in en om die Leliefontein Kerkvleiland was, sou die vleiland lowergroen van verskillende soorte riete en grasse wees en in die winter sou die Aäronskelk lelies skitterwit teen die lowergroen agtergrond uitgestaan het. Daar sou talle ander plante ook in die vleiland gegroei het, wat in die lente met hulle blomprag alles sou versier het. Ek kan my indink dat die vleiland, toe dit nog ongerep was, ‘n plek van rus was, waar jou siel weer hernu kon word en waar die gesang van inheemse voëls, gehoor sou word. As jy daar sou gaan sit, sou dit letterlik wees soos om na waters van rus gelei te word. Die geleentheid om die Leliefontein Kerkvleiland tot sy volle oorspronklike glorie te herstel, is weereens hier. As al die bome binne en buite om die vleiland uitgehaal word, sal die inheemse plantegroei met tyd weer terugkom. Binne ‘n paar jaar sal die vleiland weer lyk soos dit geskep is. Die riete en grasse sal teruggroei, die voëls sal terugtrek en die kerk sal ‘n plek van rus hê, waar mense ‘n oomblik kan gaan sit en ‘n idee kry van die glorie van die Skepping. Ons hoef niks by die oorspronklike vleiland te voeg nie, net alles uithaal wat nie regtig daar hoort nie, en wanneer die vleiland weer is soos dit was, sal ons sekerlik kan dink aan God se gedagte op die sesde dag van die skepping toe Hy alles gesien het wat hy gemaak het - dat dit goed is. Dit sal goed wees om die bron van lewende, natuurlike water langs die Leliefontein Metodiste Kerk te laat heel en weer ons natuurlike, kulturele en geestelike erfenis terug te kry.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.