Swartland gazette 24 sept 2013

Page 9

Tuesday 24 September 2013

24 September-29 September )CY Indoor Market 2013 will take place at Welbeloond in Durbanville with this years theme, “Stories”. Visit our website for more information www.cymarket.co.za Tickets (R20) available at the gate. Credit card facilities.

27 September )DA Piekniekdans in die Wesbank-gemeenskapsaal met die All Sounds Band. Bring eie verversings. Kaartjies kos R40 en is beskikbaar by Maude of Annet by 082 643 1344 of 073 194 0271 of 022 486 5198. )Flamingos op Langebaan bied ’n Bravofees Afterparty aan. Bel 022 772 1915 vir meer inligting.

28 September )Die Volle Evangelie Kerk op Malmesbury hou sangaand van 19:00, toegang is R10. Navrae: 022 486 4498. )Die ACVV hou Markdag. Bespreek tafels teen R50 elk by Riana by 022 482 2245 of 022 482 3328. )Yzerfontein-hengelklub bied aan: Galjoen Derby Navrae by Gawie Steyn by 083 379 6044 of epos: gsteyn@wcaccess.co.za )Flamingosop Langebaan bied aan ’n Somer Dans. Bel 022 772 1915

6 Oktober )Die Dorings-rugbyklub hou die eerste algemene vergadering ter voorbereiding vir die 2014-seisoen. Navrae by die voorsitter by 073 937 0785.

2 November )A recreational and development family fun day hosted by the NVC learnership students of West Coast college will be held at the Wesbank sport fields from 9:30 to 17:00. Contact Ebrahim Larey at 073 566 8238 or Heylin Williams 078 706 5204 to book a stall at the event and for any enquiries.

16 November )Inskrywingsvorms vir die Langebaan Country Estate Lagoon Cycle Challenge in die Weskus Nasionale Park nou beskikbaar by www.lagoonchallenge.co.za, met skakels na www.pedalpower.org.za en www.racetec.co.za. Twee roetes, 35km en 80km. Navrae: Pam Ruthledge by 022 772 2787 of 071 160 282, Elbeth le Roux by 022 772 1021 of 082 899 8616, of e-posadres info@lagoonchallenge.co.za

Sakekamer wil strategie bepaal MALMESBURY - Die bestuur van die Malmesbury Sakekamer het onlangs ’n projek van stapel gestuur onder lede asook nie-lede wat deel is van die Malmesbury-sakegemeenskap. Die doel van die projek was om die huidige behoeftes, tevredenheid en algemene mening oor die sakekamer vas te stel, sodat die bestuur ’n toepaslike strategie vir die toekoms kan bepaal. Die sakegemeenskap word nou uitgenooi na ’n spesiale ledevergadering op Dinsdag 1 Oktober om 19:00 en nie 19:30 soos die gebruik is nie, by die OLOK-saal. Die kollektiewe terugvoer van hierdie projek sal aan almal teenwoordig voorgelê en bespreek word. Aangesien hierdie ’n buitengewone ledevergadering is, sal daar geen ete bedien word nie. Daar is dus geen koste verbonde aan die bywoon van hierdie vergadering nie. Die terugvoering is sowat 30 bladsye en indien daar vooraf ’n kopie daarvan verlang word, kan jy jou naam en ’n e-pos adres gestuur word aan rkruger@worldonline.co.za. RSVP asseblief stiptelik teen Vrydag 27 September om 13:00 by Annebelle van der Merwe, Bester en Vennote, 0022 4821060.

General - Algemeen

Swartland Gazette

9


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.