Swartland gazette 24 sept 2013

Page 8

8

Leader - Hoofartikel

Swartland Gazette

Liefhebbers van genot, nie van God

Wat nou nodig is Die amptelike misdaadstatistieke wat verlede Vrydag op die Suid-Afrikaanse polisie se webwerf bekend gestel is, is tussen ses en 18 maande oud. Dit, en die feit dat dit nie die ware toedrag van sake wat misdaad betref, weerspieël nie, maar slegs gevalle wat aangemeld is, is van die redes waarom mense nie vertroue in die statistieke het nie. Polisie op Malmesbury het tydens ’n vergadering erken hulle besef mense het nie vertroue in die polisie of die regstelsel nie. Misdadigers word vasgetrek net om op tegniese punte weer vrygelaat te word. Of misdadigers bly op vrye voet omdat ’n speurder dalk nie die “bloedhond-gesindheid” het om hulle vas te trek nie. Daar is korrupte polisielede wat kop in een mus met dwelmhandelaars is, daar is ook polisielede wat nie net oortreders in hegtenis wil neem nie, maar ook werklik hul gemeenskap wil help. Ongelukkig is dit ook so dat een of twee korrupte lede ’n slegte naam aan almal gee. Dit is waar dat inwoners nie altyd effektief deur polisie gehelp word nie, maar daar is ook baie mense wat met lof van die polisie praat. Dit is maklik om te veralgemeen en almal oor dieselfde kam te skeer, maar is dit regverdig? Wat die gemeenskap egter hoofsaaklik van die polisie verlang is groter deursigtigheid, meer sigbaarheid en beter samewerking tussen alle rolspelers.

KONTAK ONS Redaksie Charlotte Lesch T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: charlotte.lesch@media24.com Lizette Smit T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: lizette.smit@media24.com Advertensies Carol de Jager T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: carol.dejager@media24.com Geklassifiseerd en admin Natalie Tenn T: 022 482 3817 / F: 022 482 3818 E: natalie@swartlandgazette.co.za Swartland Gazette is een van sewe Gazette-titels wat deur Boland Media uitgegee word en is ‘n lid van Media24. Altesaam 15 850 kopieë word weekliks in Darling, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Yzerfontein versprei.

Tuesday 24 September 2013

PASTOOR PIET SMIT

GOEDHARTIGE BESOEKERS: Lloyd Alexander, Anthony van Rhyn en Sven Fautley van die Kaap het op ’n baie nat Vrydag per fiets op Malmesbury aangedoen op pad na Piketberg. Hierdie vriende het stormwind en gietende reën trotseer in ’n poging om meer as R20 000 vir Alan Marshall, ’n kankerlyer, in te samel. Hulle kon nie uitgepraat raak oor die vriendelikheid en gasvryheid van plaaslike inwoners nie ná hulle gratis by Wimpy kon eet en gratis verblyf by die TulaTula gastehuis geniet het. Hulle het ook hul bewondering uitgespreek oor die “pienk dorp” en hoe die gemeenskap saamstaan in die stryd teen kanker. FOTO: LIZETTE SMIT

A salute to Wendy Fleming (1930-2013) Throughout our lives folk come and go, Many stay as friends, a few leave as foe, But I’m happy to say mrs Wendy Fleming Became a friend of mine. She filled our house with music And it was a joyful time. A pianist par excellence, Wendy could play anything From sophisticated classics to syncopation

and swing. ... So Wendy, rest in peace dear friend, Your struggle with life has come to an end. We shall forever miss you. Malmesbury has lost a most worthy citizen. In this town and beyond, You will be fondly remembered.

DINAH VAN DER WERF, Malmesbury

Swartland Shiraz and Art weekend The annual Swartland Shiraz Matazz festival will be held on Saturday 28 and Sunday 29 September. At Riebeek Kasteel you can do wine tasting on the Square, listen to live entertainment and buy something special at the Shiraz Matazz market. From lunch-time onwards you can relax to the tunes of Velskoen and Melindi Charle, Rory and Mike, Donald en Denvor, Martin and his

drums to name but a few. At Riebeek West you can visit the Funky Fresh Market from 09:00 till 13:00 or spoil yourself at the Trio: Flavours with Shiraz at Pulpit Rock Winery with nine taste portions and nine wine tastes. Don’t forget to feed your soul with inspiring Art Walks that will be held in both towns. For further information on the weekend visit www.riebeekvalley.info or call 022 448 1545.

Fynbos kry hulp van VN HENDARETHA KELLERMAN HERMON - Die Swartland-streek se unieke fynbos-bioom verkeer onder geweldige druk en wetenskaplikes voorspel ’n skerp toename in die patroon van onbeheerde veldbrande. Aardverwarming en die toename in veldbrande wat daarmee gepaard gaan, raak die plaaslike landbou, ekonomie en toerismebedryf en . Intussen kom toeriste jaarliks juis hierdie streek besoek om die veldblomme te besigtig. Daar rus dus ’n groot verantwoordelikheid op die skouers van plaaslike gemeenskappe om die natuurlike hulpbronne te bewaar. Maar hoe kan ons bydra? Wie gaan hiervoor betaal? Die Global Environmental Fund (GEF) het met finansiering van die Verenigde Nasies Ontwikkelingsplan (UNDP), die FynbosFireprojek van stapel gestuur. Die projek het dit ten doel om die kapasiteit van brandbeskermingsverenigings (BBVs) uit te brei en ’n finansiële hupstoot te gee sodat hierdie instansies selfonderhoudend sal wees wanneer die projek in Maart 2015 eindig. Die Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging (GCBBV) en FynbosFire-projek het

’n gesamentlike doelwit: geïntegreerde brandbestuur binne die grense van die GCBBV. Dit behels voorkomende maatreels om die risiko van onbeheerde veldbrande hok te slaan. Brandbestuursplanne, brandstofladingsbestuur, brandbane en die beheer van indringerspesies word deur opgeleide spanne toegepas en uitgevoer. Hierdeur poog die GCBBV om sy lede by te staan om só ook aan die bepalings van die Nasionale Veld en Bosbrand Wet (Wet 101 van 1998) te voldoen. Die projek finansier agt weerstasies wat die brandgevaarindeks bepaal en ’n belangrike rol in gemeenskapsbewustheid speel. Ander hulpbronne, wat ook deur die GCBBV bestuur word, sluit in voorligtings- en operasionele personeel, ’n versendingskantoor, gespesialiseerde opleidingsgeleenthede en toerusting. Die kapitale invloei van die GEF FynbosFireprojek is van onmeetbare waarde gedurende die oorgangsfase waartydens gemeenskappe geleer word dat voorsorg beter is as nasorg. Grondeienaars word aangemoedig om aan te sluit by ’n brandbeskermingsvereniging. Die brandseisoen is op hande en die GCBBV kan behulpsaam wees om die risiko’s te verminder.

2 Tim. 3:1-4 – “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God.” Die Bybel is waar. Dis die laaste dae en wat vind ons? Die mense het geword wat die Bybel teen waarsku: Meer liefhebbers van genot as van God. In die plek van “genot” kon daar net sowel gestaan het, “sport.” Dan sou die vers soos volg lees: “Meer liefhebbers van sport as liefhebbers van God.” Hoor net die “magtige” verskonings as dit by die kerk en die Here se dinge kom: •“Die petrol is nou so duur ek kan nie kerk toe kom nie.” •“Dis winter en dis so koud om soggens of saans kerk toe te gaan, ek bly nou maar by die huis.” •My bydrae is maar klein, want alles is so duur.” Máár Saterdag is die stadions uitgepak. Dan is die petrol nie duur om Nuweland toe te ry nie. Dan is ’n kaartjie van R800 sommer niks. Reën en koue hou hulle nie weg om op ’n oop paviljoen te gaan sit nie. 2 Kor 13:5 – “Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef.”

Swartland is tops Ons wil graag baie dankie sê aan die inwoners van die Swartland wat ons met ope arms verwelkom het en altyd reg staan om te help. ’n Spesiale dank aan die Swartland Munisipaliteit se puik diens. Ons huis op Moorreesburg se planne is binne rekordtyd van slegs ’n week goedgekeur. Die eiendomsagentskap, Chas Everitt op Moorreesburg, bly ons steeds bystaan selfs nà die transaksie afgehandel is. Baie dankie vir julle goeie diens. Baie dankie ook aan Anton, ons argitek op Moorreesburg. Ons ken nie sulke goeie, flink en vriendelike diens vanwaar ons kom nie. Die vriendelike gemeenskap is ook ’n bonus. Almal groet jou en verwelkom jou. Ons kan nie wag om in die Swartland te kom bly nie.

OKKIE EN BETTIE BRITS, Middelburg

‘Speedy’ diens op Malmesbury So twee weke gelede het ek ’n probleem met my bakkie se skokbrekers gehad. Ek het uitgevind dat daar ’n driejaar waarborg op foutiewe skokbrekers is. Soos mens maar doen, neem ek dit terug na die besigheid wat dit oorspronklik ingesit het. Hulle diagnose was dat daar niks fout is nie. Ek gaan vra toe ’n tweede mening by die fabrikaat-handelaar en hulle bevestig dat daar beslis fout is. Ek besluit toe om Speedy Malmesbury te nader. Fanie toets die skokbrekers en bevestig ook dat daar fout is. Speedy het net daar en dan albei voorste skokbrekers gratis vervang. Dit is hierdie tipe diens wat ek wil aanbeveel vir so veel moontlik mense wat ek ken. Baie dankie Speedy julle diens en vriendelikheid maak my trots om te kan sê dat ek van nou af net met julle besigheid sal doen.

RIAAN VORSTER, Malmesbury


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.