Rekord - Nigel & Heidelberg

Page 12

PAGE 12

NIGEL/HEIDELBERG REKORD - ONLINE EDITION www.rekord.org.za

27 MARCH 2012

Heidelberg se eie Bonsai klub ‘n Nuwe Bonsai Klub, Heidelberg Bonsai Kai (klub) is in die dorp gestig met sy wortels diep in moeder aarde geplant. Met 27 jaar se kennis agter hom is die nuwe voorsitter, Frikkie Möller uitmuntend geskik om die groep van meer as veertig Bonsai entoesiaste van die nuwe klub tot groot hoogtepunte te lei. Heidelberg Bonsai Kai is die dorp se eerste eie plaaslike geregistreerde Bonsai klub. Die nuwe lede van Heidelberg Bonsai Kai het ná die amptelike verkiesing van die nuwe komitee, ywerig ingespring om hulle eerste boompies te knip nadat Möller hulle in die kuns begin inlei het. Die ou baard onder die Bonsai boompies wat op uitstalling was, was ‘n grootblaar struik (pivet) wat 46 jaar gelede sy eerste wankelende wortels as ‘n Bonsai uitgesprei het. Op sy hake, maar tien jaar jonger, was ‘n kleinblaar struik wat 37 jaar gelede geplant is. Die klub het nou 13 kwekers en verskeie beginners wat almal die begeerte het om Heidelberg Bonsai Kai ‘n trotse naam in Bonsai geledere te gee. Möller sê die geskiedenis van Bonsai strek terug tot in Egipte voor Christus se geboorte toe Egiptenare kruie in potte begin plant het. Mense wat belangstel om die Bonsai kuns aan te leer, kan Möller bel by 082-426-2286.

Lede van die nuwe Bonsai Kai in Heidelberg met voorsitter Frikkie Möller wat ‘n Bonsai vashou.

Kerslig brand by MOTHS ‘n Kers word in pikdonkerte aangesteek ter herinnering aan gevalle kamerade wat sedert die eerste wêreldoorlog gesterf het. Só word elke vergadering van die oud soldate beweging, die MOTHS in Heidelberg en elders ter wêreld geopen. Aan die einde van die vergadering word die pit weer in duisternis geblus. Verlede week Dinsdag het die Suikerbos rand Shell Hole van die MOTHS (Members of the Order of the Tin Hat) weer hul maand-vergadering in die ou tronk naby die Victoria Sentrum gehou. Terwyl die kers nog by die aanvang van die vergadering brand, lees die Old Bill (Voorsitter) van die Bomskuiling (Shell Hole), Wille Kotzee die herinneringsbelofte aan die gevallenes voor terwyl die oud soldate op aandag staan. Dan word die openingseremonie afgesluit met die sing van “Old soldiers never die, they just fade away...” Hannes Lauschagne, die adjudant van die klub, werk tans in Zambië en neem ‘n gemonteerde foto van die ou tronk saam om daar in Kitwe teen die mure van die MOTH klub te hang. Die klub in Kitwe val onder die beheer van die Suid-Afrikaanse hoofkwartier van die MOTHS in Durban.

Johan, Mark en Frikkie

Heidelberg: 23 Schoeman Str TEL: 016 341 2187 / 8 FAX: 016 341 6702

SHARIFF’S TYRE CENTRE H0621

Van links is Hannes Labuschagne, adjudant, Willie Kotzee, Old Bill (Voorsitter), Willie van Rensburg, Wee Bill (Klein Bill of dan ondervoorsitter) en Jackie Jannse van Rensburg, Pay Bill (tesourier) van Suikerbosrand Shell Hole.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.