101 SLAAIE

Page 7

20. QUICK –QUICK ( GOU –GOU ) SLAAI: Dié ongewone slaai het pragtige kleurkontras en is maklik om te berei. 300 g geel of groen vlapampoentjies 60 ml heuningmosterd-slaaisous suurlemoen vars gemaalde swartpeper

30 ml vars gekapte basilie of pietersielie 200 g kersie tamaties gerasperde skil van 1 gegeurde seesout vars kruie om te garneer

HEUNING SLAAISOUS 100ml heuning 50ml lemoensap 45ml sonneblomolie 5ml mosterdpoeier knippie vars gemaalde swartpeper

60ml suurlemoensap 1 lemoen se skil (fyn gerasper) 20ml wit wynasyn knippie sout

Gooi al die bestanddele in 'n glasflessie van minstens 275 ml. Verseël die flessie en skud deeglik. Bêre in 'n yskas. Sny die vlapampoentjies in agstes. Meng die kruie met die slaaisous. Gooi die slaaisous oor die vlapampoentjies en laat staan sowat 35 minute. Sny die tamaties middeldeur en rangskik op 4 mediumgroot borde. Strooi gerasperde suurlemoen skil oor die tamaties en sprinkel sout en swartpeper oor. Stapel vla pampoentjiestukkies in die middel van elke bord, garneer met vars kruie en sit voor.

21. ANDERSE PIESANGSLAAI: Hierdie is 'n slaai wat jy in minute kan voorberei en as bygereg tot 'n braai of kerriegereg kan bedien 5 ryp, maar ferm piesangs 125 ml grenadellajogurt

5 droë appelkose, gesnipper 37,5 ml kondensmelk

Sny die piesangs in skyfies in 'n slaaibak. Voeg die gesnipperde appelkose by. Meng die jogurt en kondensmelk en voeg by die vrugte. Meng liggies met 'n vurk. Variasie: Voeg ook avokadoblokkies by die piesangslaai.

22. ANDERSE WORTELSLAAI: 450g geelwortels (geskil en grof gerasper) 75g radyse (gewas en in skyfies gesny) SLAAISOUS: 90ml olie 60ml lemoensap 2,5ml sout

1 groot lemoen (geskil &in skyfies) 60ml gekapte pietersielie 30ml suurlemoensap 5ml heuning

Meng alle sous bestanddele goed saam. Meng alle slaai bestanddele liggies saam, en giet slaaisous bo-oor. Verkoel in yskas voor opdiening.

23. ASPERSIESLAAI: 500g vars gekookte aspersies 60ml fyngekapte sprietui 250g gaar boontjies, gedreineer 12.5ml fyn gekapte pietersielie

150ml slaaisous 12.5ml gekapte grasui 1 klein kropslaai

Meng aspersies en die boontjies met 125ml slaaisous terwyl dit nog warm is. Was en droog slaai blare af, gooi res van slaaisous oor boontjies/aspersies en meng slaaiblare daarmee. Rangskik slaai in glasbak en besprinkel met fyngekapte sprietui, pietersielie en grasui.

7


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.