101 SLAAIE

Page 29

100. SOET-SUUR BOONTJIESLAAI: 410g botterboontjies 410g pynappelstukke in natuurlike sap 50ml asyn

60ml gebleikte sultanas 50ml sagte bruinsuiker 20ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas ongedreineerde boontjies, pynappelstukkies, sultanas, suiker en asyn in ‘n kastrol. Bring tot kookpunt. Verdik met mielieblom en kook vir 1 minuut. Laat heeltemal afkoel en bedien. Hierdie slaai kan vir tot 3 dae in die yskas gebêre word. Lewer 6-8 porsies.

101. BEET IN ROOMSOUS: 1kg rou bete 15ml kookolie 100ml koekmeelblom knypie fyn kruienaeltjies sout en peper na smaak sap van ½ suurlemoen gekapte uiegras

2 repe spekvleis, gesnipper 2 middelslag uie, gekap 500ml vleisaftreksel knypie fyn kaneel 125ml vars room 5ml suiker

Kook bete in soutwater tot sag. Trek skille af en sny bete in kwarte indien hulle groot is. Braai spekvleis in kookolie tot goudbruin. Voeg die uie by en soteer tot sag. Voeg meel by en roer tot gemeng. Voeg aftreksel, naeltjies, kaneel, sout en peper by, roer gereeld en kook 10 minute oor matige hitte. Voeg 100ml van die room by asook die suurlemoensap en suiker. Voeg die bete by en laat 5 minute lank prut. Skep in opskepskottel, gooi res van room oor en strooi die gekapte uiegras bo-oor. Sit dadelik voor.

‘n Paar idees vir Kersdag. Ekstra. Net om BAIE DANKIE te sê vir jou ondersteuning!

29


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.